Christelle Vorster, ʼn junior jeugleier by die Ruimsig-gemeente in Ruimsig, Gauteng skryf:
Joshua en Kaleb was die enigste 2 uit 12 verkenners wat teruggekom het van Kanaän en nie bang was nie. Die ander 10 verkenners was vreesbevange. Hulle het vergeet van die wonderwerke wat God vir hulle gedoen het.
Bybelkenners meen dat Joshua en Kaleb tussen 30 en 40 jaar oud moes gewees het toe hulle as verkenners gekies is. Die vermoede is dat die hele groep van 12 mans min of meer in daardie ouderdomsgroep geval het. Dit laat my wonder waarom slegs 17% van hulle steeds in God se krag vertrou het. Het hulle so vasgevang geraak in hul bestaan in die woestyn dat hulle begin vergeet het om tyd saam met God deur te bring of sy aangesig te soek en sy Woord te oordink? Het hul ouers steeds vir hulle die stories van God se almag vertel sodat hulle Hom kon leer ken en op Hom kon leer vertrou?
Wanneer ek by skole Bybelonderrig aanbied, is ek geskok oor hoe min kinders die mooiste stories van God gehoor het. Hulle ken nie die verhaal van die brandende bos, Jona en die walvis, die see wat geskei is, Daniël, Simson, Dawid, Bileam se donkie, Jesus se verlossing ensovoorts nie. Dit laat my hart fisiek pyn.
Hoe kan ons verwag dat die volgende generasie moet inkoop in die gedagte van genade en die verlossing wat Jesus bring as hulle God se hart nie leer ken deur hierdie verhale nie? Dalk is dit presies wat gebeur het met die ander 10 verkenners: Hulle het vergeet of God eenvoudig nie meer geken nie.
As jy iets nie gereeld beoefen nie, verleer jy dit. Ons kan nie toelaat dat toekomstige generasies verlore gaan as gevolg van ons onvermoë om hulle te onderrig in die goedheid van ons Hemelse Vader nie! Lees sommer vandag nog vir jou kind die wonderlike verhale van die Woord en sien hoe hul oë begin skitter met die hoop wat geloof in ‘n almagtige, goeie God bring.
Ek onthou wie God is en wie Hy nog steeds is. Oral waar ek gaan kan ek getuig van Sy wonderwerke – iets so doms soos ‘n reenboog is ‘n wonderwerk.
As jy opstaan in die oggend is dit ‘n wonderwerk – as jy by die huis veilig aankom ‘n wonderwerk – as jy kos het om te eet ‘n wonderwerk. My hele lewe is ‘n wonderwerk en Hy lewe. Lief vir U my Alpha, my Omega my begin en einde Amen.
Wat staan ‘n ouer te doen wat al hierdie verhale aan haar kind vertel het, hom gereeld kerk en Sondagskool toe geneem het en dan vertel hy vir jou daar is nie ‘n God nie?
Dan vertel jy hom van die haarkapper, wat ook nie geglo het daar is n God nie. n Man het sy hare laat sny, gesels toe oor God, maar die haarkapper het geseg, nooit, daar is nie n God nie, want as HY daar was, sou daar nie soveel pyn en hartseer gewees het nie. Sou die “grootmense” nie die kinders, so mishandel het nie. Sou verkragting en moord nie gebeur het nie. Na die man se hare gesny is, betaal hy en stap uit. Buite kry hy n boemelaar. Hy bring hom na die haarkapper en seg, daar is ook nie haarkappers nie. Vererg, seg die haarkapper, maar daar is, kyk hier leg jou hare nog wat ek nou net afgesny het? Maar waarom is die man, die boemelaar, se hare nie gesny nie? Toe seg die haarkapper, MAAR EK SOU, SY HARE GESNY HET. HY MOES NET GEVRA HET! Gee jou kind n Bybel en E-sword – sodat hy die Bybel self ervaar en leer ken. God Self sal jou kind leer, dat HY wel IS!
Jy hou moet nooit ophou bid nie…..jy het niemand se toestemming daarvoor nodig nie