Oom Max, ons probeer diskriminasie oorleef!

Argieffoto.

Argieffoto.

As tweedejaarstudent is ek werklik teleurgesteld in u poging om weereens Afrikaners oor die vingers te probeer tik. In ʼn artikel wat slegs die uitdaging wat die ANC met studente in die gesig staar kan en behoort te ondersoek, vind u dit nodig om oudergewoonte anti-Afrikanersentiment in die resep te gooi. Ek wonder soms wat u probeer bereik, en of u werklik glo dat u skrywe aanklank vind by die moderne Afrikaner (veral jonges), wat deesdae wroeg om ʼn bestaan te voer met ʼn oorwegend anti-Afrikanerregering.

Dit is ook vir my verstommend dat u die vraag, “Waar was júlle Afrikaners?”, kan opper. Bedoel u dan dat alle studente verplig is om aan optogte deel te neem – selfs optogte wat kennelik gewelddadig is en behels dat visekanseliers gevange geneem word?

U is darem werklik selektief as u in “vryheid” glo, maar terselfdertyd Afrikanerstudente (en alle ander niebetogende studente) se vryheid van assosiasie en vryheid om onverstoord te studeer oorsien?

Dit wil voorkom of ʼn sekere groep mense in dié land nie net verbied word om sekere dinge te doen nie, maar ook as’t ware verplig word om wél aan sekere aktiwiteite deel te neem, soos die onlangse optogte waarmee u so in u skik is.

Die inperking van vryheid is dus tweeledig – as ʼn Afrikaner mag jy sekere dinge doodeenvoudig nie doen nie, en sekere dinge is jy ook verplig om te doen of om aan deel te neem. Dit is darem ʼn verfrissende gedagte! Praat van “damned if you do, damned if you don’t”!

Jy mag nie sekere danspassies uitvoer by die PUK nie, maar buiten dit móét jy ook deelneem en paraat wees wanneer studente, met politieke agendas wat vir seker nie deurgaans edel is nie, betoog deur voertuie en geboue te beskadig en skend, te plunder, onskuldiges aan te rand, en standbeelde van vlekkelose Afrikaanse digters wil afbreek.

Afgesien van Afrikanerstudente se onbereidwilligheid om hulle aan barbaarse gedrag skuldig te maak, het ons ook baie ander hooi op ons vurk. U vra waar ons was, en die antwoord is eintlik vanselfsprekend.

Ons was doodeenvoudig te besig om te studeer, te werk, ekstra werk te doen (sodat ons onder meer studiegeld kan betaal), en ons toekoms te verseker in ʼn land waarin alle diskriminerende maatreëls daarop gemik is om ons kanse op sukses weg te raap.

Dis reg, ja – ons het ons bepaal by ons studie om sodoende die gevolge van witwees in Suid-Afrika, naamlik uitsluiting en diskriminasie, te kan oorkom.

Terwyl ʼn sekere groep studente bekommerd was oor studiegeld, was daar ʼn groep Afrikanerstudente wat voor hul siel geweet het dat hulle waarskynlik ten spyte van ʼn 0%-verhoging in studiefooie sal sukkel om werk te kry omdat hulle wit is. En dít terwyl dit ook bykans onmoontlik is vir ʼn wit student om ʼn studiebeurs van enige soort los te slaan!

U verwag van Afrikanerstudente om ʼn week voor die eksamen afstand te doen van hul studie – hul enigste en laaste kans op uitnemendheid en welvaart in ons diskriminerende, merietelose samelewing – om geraas te maak, akademiese instellings tot stilstand te bring en visekanseliers gevange te hou? Dit is, selfs vanuit oom Max du Preez se pen, ʼn onredelike versoek.

“Ons moet vir ’n oomblik uit ons wit middelklas-Afrikanervel klim en as mense na ander mense luister, as burgers na medeburgers.”

Is dit nie wat Afrikaners al twee dekades lank doen nie, oom Max? Selfs sogenaamde “vrygeborene” Afrikaners by universiteite prewel gedurig “jammer, jammer”, wanneer hulle met hul “white privilege”, ʼn bedrieglike sinoniem vir harde werk en toewyding, gekonfronteer word.

As ʼn apartheidsman sal u nooit weet hoe dit voel om 90% in matriek te moet behaal om keuring verleen te word vir sekere kursusse nie, en daarby gedurig by universiteite berispe te word oor u witheid en taalvoorkeur nie.

Daarom het die meerderheid Afrikanerstudente nié aan hierdie optog deelgeneem nie – ons is moeg vir konflik. Ons weet ook dat dit bes moontlik dieselfde studente is wat deelgeneem het aan #feesmustfall-betogings, wat vroeër vandeesmaand nog betoog het oor die reeds bedreigde Afrikaans by universiteite, en ook “One settler, one bullet” gesing het by Rooiplein. (http://www.bonfiire.com/stellenbosch/2015/09/one-settler-one-bullet-that-escalated-quickly/)

Ons weet ook dat die eise van anargiste nimmereindigend is en dat die volgende betoging waarskynlik ʼn vermindering in slaagvereistes sal vereis. #passratesmustfall – stel u dit voor! Daaraan sal hardwerkende Afrikanerstudente waarskynlik ook moet deelneem, siende hulle andersins as “koud” deur u bestempel sal word.

U maak ook geen melding van die feit dat die wit studente wat wel aan die optog deelgeneem het, soms afgejak en weggejaag is nie. As wit studente onderworpe aan “white privilege”, het hulle skynbaar geen rol te speel gehad nie, en het ook volgens die massa nie verdien om die kollig te “steel” nie. Hulle sou dus nooit ʼn “geweldige simboliese impak” kon hê nie, bloot omdat vele swart studente hul geskiktheid as “struggle-helde” nietig verklaar het.

Oom Max, u kan dit “koud” of selfs rassisties noem – Afrikanerstudente het merendeels geen behoefte om destruktief te betoog nie, en allermins om soos ander hul lippe af te lek oor die moontlikheid van 1976: Episode 2.

Ons is nie revolusionêrgesind nie en bepaal ons veel eerder by ons studie, sodat ons kan aanhou om ʼn vlak van akademiese uitnemendheid te handhaaf wat ons in staat stel om een van die mees diskriminerende samelewings ter wêreld die hoof te kan bied.

Ek kan nie namens alle Afrikanerstudente praat nie, maar ons is nie geraasmakers nie – ons probeer eerder stilweg om goeie akademiese uitkomste te handhaaf, soos wat dit ʼn normale student betaam.

John White (20)

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Beulah ·

FANTASTIES ek stem as mede student volkome saam en soos ouma se so bek moet jam kry

Winston ·

Puik John puik man! Dis wat ek ook gesê het. Jy kan met geweld minder regkry en meer opfoeter.Mense wat werk aan n toekoms het nie tyd om te mors nie……..en ek is lankal oor die muur.

Jan ·

Met so ‘n student het ek nog hoop vir die toekoms. Goed geskryf. Mens kan uit die brief sien wie jou ouers is, mense met respek, opvoeding en agtergrond. Ook aan hulle, julle het ‘n puik “job” gedoen. Trots op jou(julle). daar is hoop

Aletha Carstens ·

Baie goed gestel John. Jy sal dit nog ver bring in die toekoms. Wit of te not! Ek moet jou verseker daar is baie swart student wat ook nie aan die optogte deelgeneem het nie meestal oor dieselfde argumente wat jy het behalwe dat hulle natuurlik nie gemarginaliseer word soos ons wittes nie. Hulle word natuurlik glad nie van gepraat nie. Alet Carstens

Leon du Plessis ·

Ek brand ook om te hoor. Maar ook bietjie bang, want slange seil subtiel en sag … en gewetenloos.

Leon du Plessis ·

John, John, John … jy maak my dag. Passievolle woorde van n jongmens in wie se hande ek graag my land se toekoms vertrou. Mag dit ontsettend goed gaan met jou studies. Mag hierdie eksamen vir jou n hoogtepunt wees en mag God jou beskerm.

Leon du Plessis ·

Hemel, dubbel Japie? Dit maak ou Max diep veertig. Ek is seker toe ek laas verneem het vas hy 92 en heeltemal besig om varkies te verloor ….

Japie ·

O nee maggies Leon, ek is meer as dubbel John se ouderdom. Geen idee waar Max nou trek nie. Weet net hy was al ‘n irritasie toe John gebore is. Nogal ironies dat John baie meer volwassse en logies oorkom.

Nadine ·

John – GIVE THAT MAN A BELLS!! Maar op n ernstiger noot, as ek ooit n dogter sou hê, sou ek hoop dat sy n jong man met jou insig huis toe sou bring. Hoe verfrissend is dit nie om so indrukwekkende brief te lees van n 20 jarige seun wat verkies om te leer vir wat hy wil bereik in die lewe as om iets te brand om dit verniet te kry! Welgedaan!

Alida Viviers ·

Mooi man John! Hoop net dat Max du Preez betyds sal wakker skrik en ophou maak asof hy ” dié nekkie van die plekkie ” is!

MJL ·

John, ek is meer as 3 maal jou ouderdom. Nou weet jy hoe lank irriteer ou Max my nou al. Ignoreer hom en gaan aan met jou lewe. Ou Max sukkel nog maar al die tyd om iewers in te pas. Sterkte vir jou vir die toekoms.

Nic Grobler ·

Baie, baie goed gestel John. Met manne soos jy kan ons nog ver kom. Net soos vir MJL is ou Max vir my ook al ‘n irritasie langer as wat ek wil onthou. Net om Max uit ons Afrikaner geledere te hou: hy het ‘n kwart eeu gelede al so ver links oorgehel (ja, gehel) dat hy nie regop kon loop nie.

Vic ·

Ek kon eers op 42 ‘n kans kry om my graad te begin deur UNISA. 3 jaar gevat om klaar te maak met onderskeiding – dieselfde tyd as ons nuwe era studente wat voltyds studeer – het seker so goed gedoen omdat ek so lank moes spaar om dit self te betaal en omdat ek net een kans gehad het… Daar was nie tyd vir speletjies nie en ek het nagte omgesit en nog die volgende dag gaan werk.
Wanneer mens werk vir iets en dit nie verniet kry nie, waardeer jy wat jy het en neem dit meer ernstig op om seker te maak dis ‘n sukses.

Reinier ·

Respek!! Ek is die enigste in my familie wat voltyds kon swot, al die res moes dit jou manier doen. Weereens, respek, want dit sit nie in enige ou se broek nie.

Jy slaan die spyker op sy kop – as dit maklik kom en geen opoffering verg nie dan beteken dit niks vir jou nie.

Pieter le Roux ·

Mooi gestel. Dis nie net die huidige studente wat nou onredelik optree nie. Ek wil weet wanneer waai die sogenaamde Rektor van my ou Alma Mater Kovsies? Hy is so besig met politiek, hy het vergeet wat de hel hy moet doen op kampus! Ek hoop daai twee “ons is jammer ons is Wit studente” neuk hom op in die hof juis, oor hulle veroordeel is oor hulle sogenaamde White Privilege.
My Pa het in die myne gewerk in sy vakansie dae terwyl hy geswot het om vir sy studies te betaal, ek het weer karre gewas en pamflette by robotte uitgedeel vir geld toe ek ‘n student was. Ons was beide Kovsies gewees. Ons het nie tyd gehad om onwettig geboue te beset nie, klippe te gooi en ons skuldig gemaak aan brandstigting nie. Nie een van die studente organisasies het op sosiale media die geweld veroordeel van uit eie geledere nie.
Hoeveel van die ANC se 30% slaagsyfer Matrieks kry beurse op grond van velkleur en dan dop hulle hul eerste jaar, omdat hulle met 30% Matriek resultate deurkom? Hulle wil dan nie hoor dat hulle nie meer mag swot as die beurse gekanseleer word nie en wil dan verniet swot. Gaan hulle dan ons brue bou, damme onderhou, riool plase bestuur. SAL bestuur? Dis wat ‘n Kommunis soos Blade dit wil he. Onthou, ‘n Kommunis glo nie aan God nie en wil als afbreek. Dis die ware agenda wat hier gedryf word en die student is maar net te onnosel om te sien hoe die staat masjienerie hulle uit buit vir hul verskuilde agendas. Nes ou Max, hy weet nie eers wie is sy meester meer nie, want niemand wil hom meer he nie. Ignoreer ‘n lee blik, dit maak net lawaai! Werk hard en maak ons nasie kop bo skouers uitstaan bo die res!

Danie Coetzee ·

Knap gedaan John – Jy is ‘n Afrikaner in hart en siel. So het ons ook in die oorlog gedoen wat gedoen moes word sonder om die Amerkaanse model van arme ek te volg. Ons het deur varsity en kampe gegaan, begin werk, gespaar kinders gekry, gevaal, opgestaan en weer prober en ons sal ophou die dag as die Here ons kom haal. Jy besiel my en ek is trots om jou volkgenoot te wees. Sterkte met die toekoms

Roelof ·

Geluk John, dis baie mooi gestel.Konsentreer nou op jou studies en moet jou nie verder aan Max steur nie.Hy soek aandag.

Emile ·

Briljant geskryf. Net jammer mense soos Max kan, wil en sal dit nooit verstaan nie.

Snaaks hoe ‘n klein mindergeid die massas soo kan bedreig…

Gideon ·

Uitstekend gestel.

Dis mos die ding van liberaliste! Jy moet saam met hulle stem.

Ek wonder of daai papbroek max vir John sal antwoord en om verskoning sal vra noudat hy so mooi op sy plek gesit is?

Maar ek twyfel of dit in sy broek sit.

Johannes Meintjes ·

John White kwalifiseer sekerlik reeds vir n top regeringspos in die Onderwys of die Volksraad? Of is hy eintlik te slim, nugter, gefokus en objektief?

Bruno Stef ·

Uitstekende skrywe John die enigste kritiek wat ek het is dat jy die armsalige persoon ter sprake as “OOM” aanspreek. Dit is n vorm van respek wat deur die Afrikaner van kindsbeen af aangeleer is om die opvoeding wat hy in sy ouerhuis gekry het te demonstreer.Moontlik sal Maroela my kommentaar nie plaas nie omdat ek die persoon minag saam met al sy meelopers.

Herman ·

Max wil hê ons moet nie net bly wees as ‘n dief ons voertuig steel nie, maar ook sommer aanbied om die tenk eers vol brandstof te maak voordat die skurk op vlug slaan.

Justa ·

Puik gestel John . Alles van die beste vir jou vorentoe. Ou Max du Preez klink in elk geval na n plaat wat vasgehak het, Dieselfde ou storie oor en oor.

Riaan ·

Lekker “ons en hulle”-mentaliteit wat hier deurslaan. John, jy swot seker op die Puk, nè? So gedink, ja.

Dawid Botha ·

Duidelik en gebalanseerd gestel, John, met ‘n wye argumentbasis. My pa, ek en my dogters het deeltyds of tydens vakansies gewerk om sakgeld en losiesgeld of klasgeld te verdien. Die huidige studentebetogings is vir ons geslagte net ten dele verstaanbaar. Ons besef daar is arm studente (maar soos ek verneem, stap van hulle wye draaie om die betogings). Vandat die leiers One Settler One Bulle-plakkate en haatliedere hier op US toegelaat het en namy kennis nie veroordeel nie, het hulle my simpatie verloor, hoewel ek nogal geamuseer is dat hulle nou besig is met Zuma Must Fall.. want dis waar hulle van die vegun moes wees …Het hulle tot ander insigte gekom?

Ek ken Max du Preez van sy eerste jaar op US. Hy is ib ons mooi kultuur nou al ‘ OOM soos ek.. Ek stel dikwels nie saam met hom nie, naar ad hy met ny saamstem voel ek Ek is nou reg… Max is intelligent, vreesloos en dapper in alle opsigte, aweregs, platjie van formaat, n gewillige en onwillige Afrikaner, ‘n tipe siener skerp analis, van nature, sonder dat hy dir kan help, ‘n effense tot kwaai moeilikheidsoeker wat egte windmeulens sonder agterryer kan platloop. So n persoon, so uitgesproke soos hy, maak foute. (mense wat niks sê of doen nie, maak min foute…) maat ek het ook al gesien dat Max eerlik kan draai selfs teen ou genote, en van mening kan verander. Vra hom liewer om te verduidelik. Hey ons meer mense soos Max nodig? Nee, voorlopig is van hom genoeg.

Louis Klue ·

John ek stem saam dat ons nie deur enige iemand gekritiseer behoort te word omdat ons waardes anders is nie. Alhoewel ek voel dat ons as Afrikaanse Afrikaners vir die selfde doel as die ander studente behoort te demonstreer dat die belasting geld wat op ‘n individu in die regering se swembad (R245m) gespandeer is, baie eerder vir onderrig aangewend kan word.

Jeanette ·

Hierdie jong man slaag uitstekend daarin om neer te pen wie die Afrikaner is. Selfs Oom Max sal dit verstaan.
Die inhoud van die skrywe kan nie hier in Maroela doodloop nie. Ons het ‘n verpligting om dit aan te stuur vir almal om te lees.

Fanie ·

Dit is die beste skrywe wat ek in ‘n lang tyd gelees het. Wel gedaan John. Voorspoed met die studies.
Ek hoop ons lees meer van jou skrywes in die toekoms.

Pietertjie ·

Max is maar net nog ‘n tipiese verloopte kommunis, wat na substraat soek om op te teer. Hy sal by enige wanorde-gat inkruip daarvoor. Met studente soos John is daar nog hoop vir die blanke Suid Afrikaner, maar of dit aan die suidpunt van Afrika gaan wees, is te betwyfel.

Dirk Breytenbach ·

John White se mening verteenwoordig ‘n groot groep redelike wit Suid Afrikaners wat beskaafde waardes nastreef en nie stilswyend ‘n “diskriminerende en merietelose” toekoms gedienstig kan aanvaar nie. “Oom” Max se wilde uitlatings en aanhoudende kritisering van Afrikaners verdien nie verder kommentaar nie.

Hannetjie ·

John White, jy is ‘n student/man so na my hart….Knap gedaan!!

Jan Pierewiet ·

Ek dink eerlikwaar dat Max du Preez nie veel verder kan dink as wat sy pen lank is nie, hy was en is nog altyd ‘n draadsitter. Ek glo dat sy ouderdom hom al so gevang het, dat hy werklik glo dat hy nog leef in die ‘Struggle’. Ek voel ook dat hy geen reg het om te vra ‘Waar was julle Afrikaners?’ nie, want in my oë was hy en sal hy nooit ‘n Afrikaner wees of verstaan wat ‘n Afrikaner is nie.

Rentia Preite ·

Mooi gestel John en ja stem saam met baie dat Max maar oorgesien moet word want die woer woer waarin hy beweeg het sy kop bietjie deurmekaar…now you see me now you dont…

Sandra ·

Ek is BAIE BAIE trots op hierdie student!!!!!! Mag jy dit nog verbring in die lewe!!!

Sandra ·

Ek is BAIE BAIE trots op John!!! Mag jy dit nog verbring in die lewe!!

Stefaan ·

Ja Max bewys net weer dat jy kan grond koop maar nie agtergrond nie

Reinier ·

‘n Stem van rede en logika vanuit die (let wel Afrikaanse) jeug. Absoluut briljant gestel. Jou voorvaders en nageslag kan trots wees op jou.

Dit is hoog tyd dat ons as Afrikaanse mense ophou verskoning vra vir ons taal, vir ons witheid, vir ons sukses. Die suksesvolle wit persone wat ek ken werk hard en offer telkemale op vir hul sukses. My ouers het albei gewerk en deeltyds studeer – terwyl hulle ons grootgemaak het – sodat ons ‘n beter toekoms kon hê. Sedertdien, het ek en my vrou dieselfde gedoen (ons is beide beurse geweier vir ons sondes – lees witheid). Ons doen dit elke dag ten spyte van die ANC rassiste wat ons probeer onderdruk en ten spyte van Max (en sy trawante) se kritiek. Ons, en vele ander Afrikaanses, offer daagliks op sodat ons:
a) Sukses kan behaal selfs al is al die “dice” teen ons gelaai
b) Ons kinders die waarde van harde werk kan leer
c) Ons kinders die geleentheid het om op ‘n beter voet te begin as wat die ANC hulle wil bied
d) Die selfrespek kan verkry wat vloei vanuit die sukses wat op harde werk volg.
Ek vra lankal nie meer verskoning vir my witheid nie. Ek vra beslis ook nie verskoning vir my Afrikaansheid nie. Dis nou genoeg van Afrikaner-jammergatgeid. Ons volk bring ons kant, doen die vuilwerk (die “hard yards” soos die Ingelse sal sê) en ons is dienooreenkomstig suksesvol.

Dawid Botha ·

Max is nou al naby aan 65. Aweregs en dikwels dwars en aspris, maar waaragtig nie n kommunis nie. n landsverraaier en al daai lelike dinge wat mense hom noem, is hy ook nie. Beslis nooit n draadsitter nie. Onthou julle sy koerant Vrye Weekblad? Ek verdedig nie al sy menings nie glad nie, maar hou tog by die feite. John en Oom Max behoort lekker te gesels

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.