Lesersbrief: Op soek na ’n wenresep vir sosialemediagebruik

Nadia Oberholzer (Foto verskaf)

Nadia Oberholzer van Pretoria skryf:

Ons almal gebruik sosialemediaplatforms, dit is so deel van ons elkeen se lewens. Ek dink aan my kunstenaar-joernalisvriendin wat my vertel van haar privaat sosialemediateenwoordigheid, en my vriendin wat ʼn trotste mamma van ses toppresteerder-seuns is – ek reken sy maak Springbokke groot. Ek dink aan een van my kliënte wat lag-lag entrepreneur van die jaar-pryse kan opraap, maar hy gebruik net SMS’e en telefoniese oproepe – geen ander kommunikasiekanale vir hom nie, dankie.

Kan ons by hierdie leiers, elkeen verseker ʼn reus in hulle onderskeie roepings, gaan kers opsteek en leer wat hulle wenresep is vir die lewe? Het hulle iets ontsyfer van om die beste weergawe van jouself te wees? Lê dit bloot in rentmeesterskap van jou kapasiteit en hulpbronne?

Ek gesels gister met my eie werkgewer om sy wyse opinie te verwerf op die konflik in Oos-Europa. Ek dink nie eers hy besit ʼn Facebook-profiel nie. Hy verkies dit ook eerder om na luisterboeke te luister as die nuus op pad werk toe. Ek weet sy suiwer “gut feeling” is altyd so rein en onbesoedeld. In ʼn vyf minute gesprek verander hy my lewe deur sy neutrale uitkyk oor dié oorlog.

Ek sien en ervaar ook dikwels die skoonheid van sosiale media. My verlangs verwante tannie wat nou deur die rouproses moet worstel na die verlies van ʼn eggenoot.

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Met my opstelle op sosiale media kan ek weer die vriendskapsbande met geliefdes ver en naby smee. Daarin besef ek ook dat ʼn absolute woestyn-verhouding van sosiale media sal ook immers van my kosbare familie-liefde steel.

Ek soek self steeds na die perfekte resep vir die gebruik van sosiale media, maar ek besef ʼn totale stilte hier sal nie vir my nuttig wees nie, maar oormatige gebruik sal my ook emosioneel oorgewig en lomp maak.

Ek dink aan my werkgewer se wysheid, so onbesoedeld. Dalk moet ek ophou om sosiale media te klassifiseer as vriend of vyand, maar eerder soos my wasmasjien. Ek gebruik die wasmasjien wanneer dit nodig is, maar aanbid of “date” nie my wasmasjien nie.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.