Ope brief: Hoeveel meer, mnr. President?

Jayde en haar man Christopher. Foto: Facebook

Jayde en haar man Christopher. Foto: Facebook

Ek het gelees Jayde Panayiotou se liggaam is gevind.

Indien jy nie weet wie sy is nie, sal ek die bietjie verduidelik wat die meeste van ons weet:
Jayde was ʼn onderwyseres. Sy was ʼn pa en ma se dogter. Sy was iemand se vrou.

En nou, soos soveel van die talle daaglikse, sinnelose moorde in ons land, is sy nou (eintlik) net ʼn statistiek. Hoeveel Jaydes gaan dit nog neem vir jou om te besef dat ons land verby die punt van in-die-moelikheid is?

Hoeveel moorde nog? Hoeveel verkragtings nog? Vergeet vir ʼn oomblik dat ek wit is en jy swart. Vergeet vir ʼn oomblik dat jy president is en ek nie. Vergeet vir ʼn oomblik van alles wat jy weet van Suid-Afrika se geskiedenis.

Maar dink hieroor: Een (of meer) persoon het ʼn ander persoon vermoor. Wíl jy iets hieraan doen?
Nie ‘wat gaan jy doen nie?’

Wíl jy iets doen om hierdie onsinnige moorde te keer, mnr. Zuma? Wíl jy iets doen aan die xenofobiese geweld in Suid-Afrika? Wíl jy iets doen teen die groeiende rassehaat wat ons elke dag sien en ervaar? Wíl jy iets doen aan die Eskom-kragkrisis? Wat presies doen jy, mnr. President?

Is jy so diep in jou Nkandla-kammaland dat jy nie meer iets wil doen nie? Jy kán; jy is die tog die president. Maar jy doen dit nie.

Jy maak eerder uitsprake oor Jan van Riebeeck as om daadwerklik IETS TE DOEN.

Jayde se familie en vriende gaan haar eersdaags moet begrawe. Elke dag word baie Jaydes in die land begrawe. Elke dag verloor iemand sy/haar lewe. Elke dag is daar families wat by grafte moet staan en wonder hoekom. Ons harte brand vir hulle.

Kan jy dit voel? Voel jy die trane, die vrees, die woede, die hartseer? Sien jy die bloed op die vlaktes, in die townships, in plaashuise, in hostelle? Ruik jy die reuk van moord, van verkragtings, van barbarisme. Hoor jy die skote van baie lewens wat eindig, die geskreeu van ’n nasie wat nie meer die geweld kan ervaar nie.

Ek hoop jy kan, mnr. Zuma.
Anders is ons in die moeilikheid.

Die ope brief is geskryf deur Armand Cloete, sosiale media-bestuurder van Radio Rosestad.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Theresa ·

Uitstekend geskryf!! En as Zuma nie reageer nie – versprei diè brief verder sodat almal dit kan sien. Stuur ‘n afskrif aan al die verskillende partye. Oorsese mense moet dit ook kan lees en voeg dan by hoe lank tyd het verloop vandat jy die brief gerig het en nogsteeds dat jy wag op sy antwoord of reaksie. Ek hoop uit my hart uit hier kom iets van.

RK ·

Nie alleen hoor en sien zuma en sy gespuis dit nie, dit dra nie net hul goedkeuring nie, maar dit is PRESIES wat hy en sy gespuis nog al die pad beplan.

Een ding wat hy/hul vergeet is dit: daar is niks so gevaarlik soos ñ man wat niks het om te verloor nie. Wanneer daai man ñ Boer is, wel kom ons sê maar net as ek hul was het ek solank begin hardloop…

chris ·

Armand.
Puik geskryf ons moet egter besef dat dit nie sy skuld is nie.Hy is verkose deur by verre die meerderheid mense in die reenboog wees eerder kwaad vir hulle.Ek kan jou waarborg sou daar vandag ‘n verkiesing wees sal hy weer wen by verre.

Anneleze Gerber ·

Hy mag wel deur hul gekies wees, so daar om is hy in die positief om iets te doen, hoe op aarde is dit nie sy skuld nie! Bring terug die doodstraf! !

Elize ·

Hy, al sy vrouens en kinders het wagte wat hulle oppas, selfs as hul slaap….. dink julle nou vir een oomblik hy word geraak deur al die moord en doodslag. Die dag as dit hom raak sal hy die seer en pyn, besef en beleef wat BAIE ons mense daagliks moet beleef.

Louis ·

Hi Armand, baie akkurate brief. Ek vra wel dikwels vir myself wat doen die president aan due probleme in SA. Maar dan word ek ook gekonfronteer deur wat doen ek en jy daaraan. Ons skryf briewe en doen optogte en dan sit ons terug en hoop vir die beste. Ons kla oor SA met n bier in ons hand by n braaivleis vuur. Maar gebruik ons genoeg tyd om ons eie kinders van waardes en karakter te lees. Se ons ook soos baie ander dat ons het net nie meer tyd op ons hande om met ons kinders te praat nie maar ek kan jou presies se wat gisteraand in 7de laan gebeur het. Ons is so besig om te fokus op wat in ons land aangaan sonder om te besef dat ons iets daaraan kan doen en dit is om seker te maak dat jy jou eie gesin op die regte pad hou. Ons word kwaad oor Jade en ander maar vanaand sit ons kinders voor die tv en kyk alle snert of speel walglike rekenaar speletjies maar ons is te besig om met hulle te gesels. Ons kan dal nie due wereld veilig maak vir ons kinders nie maar ons kan ons kinders veilig maar vir die wereld. Elke krimineel is iemand se kind wat gevaal het is sy ouerlike plig.

rika kotze ·

ek vra ook wanneer gaan dit stop. Die barbaarse dood van die vroutjie het my diep ontstel. Ek kry die gevoel dat hulle besig is om ons blankes uit te moor. Ek het nog nooit gehoor dat die regering of president die moorde op boere veroordeel nie, dis maar net reg vir hulle. Nou word die weermag ingestuur omdat hulle nie hulle eie mense kan beheer nie. Dankie Armandt, ons voel ook soos jy, hoop hierdie brief behaal ook die media oorsee

Daphne ·

Terwyl Ek die brief lees sien ek net een prentjie in my geestesoog…die President wat lag. Dit het my geruk, dit wat in my onderbewusyn skuil!

Braam ·

Ek is bevrees, jy mors jou tyd om sulke vrae te vra aan n krimineel wat nie net nie omgee nie, maar wat dit instigeer. “… Bring me my machine gun, they are going to run…kill the Boer…..”

catryn ·

BOIKOT DIE REGERING VAN SUID-AFRIKA DEUR MIDDEL VAN ONAFHANKLIKHEID

‘n Ope Brief, ‘n petisie, handtekeninge, is vir die ANC niks werd nie – as ons onafhanklikheid verkry, dan boikot ons hulle met alles – die paar boere wat vir hulle wil werk is welkom, die paar wat hulle help om krag op te wek, is welkom, die paar wat in die SAP vir die regering wil werk is welkom…. dit is tyd dat ons ons Eksterne Selfbeskikking/Self Determination opeis voor ons 3 miljoen vermoor is en op ekonomiese vlak uitgesterf het.

Ons skryf al lank briefies, onderteken petisies, ons woon kongresse by UNPO by, ons hou rooi ballon dag, optogte na die Uniegebou en werk dit? NEE

VERKRY ONAFHANKLIKHEID EN SO BOIKOT ONS HULLE – hulle kan dan self opsnork en selfsienkomklaar – hulle doen dit vir 21 jaar met ons met swart bemagtiging – so hoekom langer wag dat ons uitvermoor is. Niemand gaan vir ons standbeelde oprig en se: Mooi so: jy was ‘n vasbyter tot die einde toe nie.

Net ons kan ons selfbeskikking opeis en ons menseregte herstel – niemand anders gaan of kan dit vir ons doen nie.

Tom Theron ·

Moenie jou asem ophou vir enige reaksie van die prez se kant nie.

Andre Boshoff ·

As ons gaan aanhou vir die swartes en Zuma en die ANC blameer vir alles terwyl ons op ons agter ente sit en nie n kommisie stig wat na ons mense gaan kyk nie baie seuns sit wonder werk daar is baie Ryk Boere wat ons kan help aanbied maar terwyl ons op ons gatte sit gaan dit net aanhou

davi ras ·

In 1963 slaan die SAP toe op ‘n plasie in Rivonia waar die SAKP/ANC besig was met die beplanning van ‘n reuse rewolusie in SA. As gevolg van die inligting wat hulle daar kry word o.a Nelson Mandela. Bram Fischer en andere gearresteer.
In die dokumentasie wat hulle daar kry verskyn hierdie insiggewende paragrafie: “In this phase of our Guerilla operations . …….shamelessly attack the weak, and shamelessly flee from the strong”……
Die beplande aanval se kodenaam was Operation Mayebuye
Dit was in 1963. Wat het gebeur sedert 1994 ? Wie was die meeste aangeval ? Die swakkeres in ons samelewing . Vrouens, kinders , bejaardes…..Dis nie net die aanvalle nie, dis die wreedheid en marteling wat daamee gepaard gaan. ‘
Ons almal is woedend oor wat met Jayde gebeur het. Maar het ons so gou van tweejaar oue
Willemientjie Potgieter vergeet.?
Hoeveel weet van Kobus Zwart–gekaap en vermoor. Ek onthou nog die vrees en paniek onder sy kollegas en familie toe hulle na hom begin soek het. Die boodskappe op facebook …..Help soek asseblief !
Hoeveel is al vermoor vir ‘n simpele selfoon ? Of was die selfoon werklik die rede ?Ek vra altoos DIE vraag by die lees van ‘n moord berig–was dit moord met die doel om te roof, of roof met die doel om te moor ?
Is Mayebuye nog steeds aan die gang ? Dit lyk so .
Miskien is dit die vraag wat mens aan Zuma moet stel.

Marius ·

Die Regering ANC sal skielik iets wil doen wanneer die BLANKES genoeg gehad het Zuma daar het genoeg bloed van BLANKES gevloei ,Jy het die Land gefaal as beskermheer Dit was een van jou beloftes as presdent,Die blankes se BLOED is aan jou hande DOEN IETS

Hannelie ·

Puik Armand!! Ons kamtige President kan duidelik nie lees of skryf nie, want dan sou hy lankal gereageer het op wat besig is om in ons land te gebeur!! OF eerder, sy land, want hy en sy regering maak en breek die reëls. Hoeveel blankes moet nog vermoor word? Maar laat een van sy eie vermoor word, dan is dit ‘n ander storie. Bring die doodstraf terug!! Dan sal ons sien watter deuntjie sing hy.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.