Ramaphosa se nuwe kredietwet is net ʼn pleister

kredietkaart-geld-inkopies

Foto: Jarmoluk/Pixabay.com

Pieter-Ben Roos skryf: 

Vroeg in Augustus het ons geagte president besluit om ons naderende rommelstatus verdere momentum te gee deur kredietverskaffers se kapasiteit om skuld in te vorder, te kelder.

Pres. Cyril Ramaphosa se bekragtiging van die Wysigingswet op die Nasionale Kredietwet om die skuld van gebruikers wat onder R7 500 verdien, te verlaag of selfs af te skryf, is strydig met enige logiese denke en gaan verreikende gevolge vir belastingbetalers inhou.

As rommelstatus jou land in die gesig staar, moet dit jou oogmerk wees om aan internasionale markte te bewys dat hul beleggings en opbrengste veilig is ten einde te keer dat jou land se kredietgradering afgeskaal word.

Ramaphosa doen die teenoorgestelde en bewys dat die ANC bereid is om cowboy-wysigings aan wetgewing wat vir sy finansiële sektor geld, aan te bring, en dit ter wille van stemme.

Die Bankvereniging van Suid-Afrika (BVSA) se insette en advies oor hierdie verlammende wetgewing is nie eens vir ʼn sekonde in ag geneem nie. Die impak wat dit op verbruikers gaan hê, is dat banke gedwing gaan wees om hoër rentekoerse vir langtermynlenings te vra om die verliese te dek wat hierde absurde verandering gaan veroorsaak.

Volgens Bloomberg het Capitec, wat die meeste blootstelling aan ongesekureerde krediet in die land het, se waarde reeds met 2,3% gedaal en die waarde van die JE se African Bank-indeks het met 0,7% gedaal.

As ʼn mens nie wil hoor nie, moet jy voel, mnr. Ramaphosa! Ongelukkig is dit nie ons geagte president wat die nagevolge gaan voel nie, maar eerder elke burger wat by die ekonomie betrokke is.

Die korttermynverligting wat aan laerinkomsteburgers gebied gaan word, gaan ʼn druppel in die emmer wees van die katastrofiese werkverliese, inkomsteverlies en ʼn inkrimping van die ekonomie wat gaan plaasvind.

Die ANC plak weer eens ʼn pleister op ʼn been wat gebreek is.

Hierdie rubriek is ʼn lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Helien ·

Hierdie man Ramaphosa is die vekeerde persoon om die land te reageer. Ons het n groot fout gemaak om te hoop hy is ons President. Die pragtige land sal nooit weer wees wat dit was nie. Hoekom gee die ANC nie vir die wittes n plek waar ons kan bly nie, Of is hulle bang die land in mekaar val, as die wittes uit trek.

KaterinaKat ·

Want hulle soek ons belasting geld. Dit is mos al waarvoor ons goed is.

Jerry ·

Pieter Ben Roos, ten minste plak CR n pleister op n been wat gebreek is. Wat egter van waarde sal wees, is dat die opposisiepartye iets daaromtrent sal kan doen. Ons probleem le dus nie net by die ANC nie, ons probleem le by die opposisiepartye wat nie die vermoe openbaar om die ANC te kan stop nie!

Rubber ·

Ja kom ons stop hulle. Ons maak ‘n hele 20 persent uit van die sogenaamde demokrasie. Demokraties die ANC /EFF stop? Lol!

John ·

Ons het ‘n weghol-bevolkingsgroei met mega-verwagtinge tov lewensstandaard. Die grootste en duurste in ‘n winkel is die beste vir die oomblik… en nou dadelik want dit is my reg; die nuwe inkopie-motto. Geen opposisie kan soiets stop nie soos in ‘n huis waar een ouer aanpor en die ander afweer. Soos in die onderwys en opleiding is leerders se regte en toegifte no 1. Dit spoel maar net verder. In diè land veroorsaak ons ons eie orkane… en die storms gaan lelik wees.

Alex ·

Jerry, maar jy is dan teen Afriforum gekant wat darem nog probeer om die ANC te stop!
Wat wil jy nou eintlik hê?

blouapie ·

Lekker man! Nou hoe wil cr he die banke moet “our people” help maar verwag die “help” moet sommer net afgeskryf word. Hy soek seker hulle stemme, nou deel hy namens die banke geld uit.

Johan Maritz ·

Nou gaan jy sien hoeveel verdien onder R7500 om vir die in aanmerking te kom. Dit laat n mens wonder hoe die res se president n biljoener geword het want hy het maar nul aanvoeling vir die besigheids wereld. Lyk of hy altyd maar n gelukkie getref het.

Johan Pretorius ·

CR sal vinnig moet wakkerskrik uit sy diep slaap . Die land is op n afgrond en dit lyk of hy nie verstaan wat aangaan nie. Hy behoort onmiddelik sekere korrektiewe stappe te neem om die land van ondergang te red. Maar al wat hy doen is om onsinnige en dwase stappe te neem.

M ·

Eenvoudig. Moet net nie krediet gee aan mense wat onder R 7500 verdien nie ?

Rico ·

CR verdoesel die geld net op ‘n slimmer manier as JZ, maar steeds gaan ons land al hoe verder agteruit. Hy is dalk nog swakker as JZ en geen mens het gedink dit sal ooit moontlik wees nie. Ons land brand, vrouens en kinders word vermoor en verkrag, 40 moored per nag in die flats, kinders word in staatshospitale in te warm broeikaste gesit tot hulle sterf ens.… Mnr die president, jy moet wakker word.!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.