Lesersbrief: Rassisme – wat beteken dit?

rassisme mnn_com

Grafika: Mnn.com

Daan van den Heever skryf:

Die manier waarop die woord rassisme in Suid-Afrika en ook wêreldwyd gebruik word, maak nie sin nie. Sekere mense sien dit net as die verskil tussen wit en swart en in ander gevalle is dit die verskil tussen rasse.

Daar is egter twee beginpunte waaruit ʼn mens kan begin redeneer en dan het dit ʼn ander betekenis. Begin ons by die Bybel, het die toring van Babel eintlik met rassisme begin toe mense verskillende tale gekry, uit mekaar begin beweeg en volke gestig het. Ook Samuel se seun wat vir sy broers sou werk vir die res van hom en sy nageslag se lewe. Die ander punt is die diereryk, waar ons van ʼn bees as ʼn ras praat en dan ook die verskillende beesrasse kry. So kry ʼn mens die Afrikanerbeesras, Friesbeesras, Herefordbeesras, en so meer.

Die vraag ontstaan dus nou, die oorspronklike inwoners van Brittanje, Duitsland en Frankryk was almal wit mense; was dit drie rasse of slegs een? Net so in Suid-Afrika, die Zoeloe en Sotho, is dit twee verskillende rasse of slegs een? Indien ons dus praat van die vyf verskillende rasse, is rasse dus gegrond op mense met verskillende tale en kulture en nie op die kleur van die verskillende mense nie.

My siening is as daar ʼn taal- en kultuurverskil is, dan is dit verskillende rasse. ʼn Mens kan in Suid-Afrika duidelik onderskeid tref met die volgende voorbeelde:

  1. Die Zoeloe se taal en kultuur verskil heeltemal van die ander swart groepe in Suid-Afrika s’n.
  2. Bruin mense praat hoofsaaklik Afrikaans en Engels en het ʼn eie kultuur.
  3. Die Khoi-San verskil totaal in kultuur en taal van ander inwoners.

Dan kom nog die ander groepe by wat oorspronklik van ander dele van die wêreld af kom soos die Chinese, Japannese, Indiërs, Hollanders, Duitsers, Portugese, Britte, en so meer. Van hoeveel rasse word dus hier gepraat, slegs twee of baie?

Wat gebeur tans hier in Suid-Afrika en ook tot ʼn mate in die wêreld? Rassisme word net beperk tot tussen wit en nie-wit. Dan kan dit nie rassisme genoem word nie, want rasse se oorspronklike betekenis is baie nouer.

Dit was nogal insiggewend met die Staatsrede Donderdagaand dat die ANC die DA toegesnou het dat die DA rassisties is en albei partye bestaan uit al die groepe in Suid-Afrika en dat daar wit mense in albei groepe is. Op grond waarvan kon die opmerking gemaak word of is dit omdat die woord rasisme so populêr geword het? Dit is ook baie insiggewend dat beskuldigings van rassisme hoofsaaklik van die Zoeloes af kom en tot baie kleiner mate van die ander swart groepe teenoor wit mense en bruin mense, maar bitter min vanaf die wit mense.

Is dit dus regverdig om enige verdere aandag aan rassisme te skenk op die wyse waarop die woord en begrip tans misbruik word?

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Burger ·

Daar is nie iets soos wit teenoor swart rasisme nie . Die liberale media en hulle gevolg propageer dit . Rasisme is enige kant toe. Rasisme kan nie verkeerd wees as my verstaan daarvan is om binne my groep en taal te verkeer nie . Die meerderheid van enige bevolkingsgroep is meer gemaklik met dit . Dis tog waarin jy groot geword het .

Vandag sit ons met haat wat aan rasisme kleef . Om dit te verstaan moet ons terugdraai na waar dit begin het en dit is nou maar die apartheidswette . Die haat word van geslag tot geslag oorgedra . Haat lei tot haat . Ons wil nou met wette haat beveg . Jy kan nie iemand se hart verander met n wet nie . Die instellings wat onder die vaandel van Christenskap die haat laat rys het ,het bloed aan hulle hande … plaasmoorde. God se Gees is bedroef gelaat . Ons het nie antwoorde nie. Berigte oor plaasaanvalle is so algemeen soos advertensies.

Die haat moor nie net boere nie , dit moor oral . Geen mens se lewe is belangriker as die ander sin nie . Die land se gemene vyhand is haatdraendheid en liefdeloosheid .
Ons sal moet regmaak soos nog nooit te vore en onder die Regte leiding .

Sara ·

Regstelling die rasse skeiding was al onder die Britte in Suid-Afrika gedoen.

chrisp ·

Meeste van die kere wat jy die woord toegesnou word is dit ‘n bewys dat jy die debat gewen het. Die liberale wereld het hierdie woord saam met vele ander betekenloos gelaat.Ek sal graag wil weet watter politikus is nie al ‘n rassis genoem nie.

Rassisme bestaan en sal nie verdwyn uit ‘n mengelmoes land nie, nooit nie.Rassisme in ‘n land is net moontlik as die land die reenboog-dogma aanhang.Lande wat homogeen is en was is en kan nie intern rassisties wees nie of anders gestel een ras bo ‘n ander bevoordeel nie.

Sterkte ·

Rassisme in SA beteken NET Blankes kan rassisties wees. Rassisme hier beteken al die politieke partye en MRK spring op twee outjies wat ‘n swart man in ‘n kis indwing en hom dreig. Dit is egter NIE rassisme as jy Wittes vloek, op T hemde skryf of sing hoe jy hulle gaan vermoor of dit in ‘n kunswerk omskep of witmense met Bazookas wil doodskiet, hulle plase afbrand of lewendig wil AFSLAG nie. Dit is egter rassisme as jy se anderskleuriges MORS op die strande. Dit is rassisme as twee wit studente hulle gesigte PERS verf maar nie as swartes WIT poppe op STOKKE voor die hof rondswaai nie. NET BLANKES mag vervolg word vir Rassisme, ANDERSKLEURIGES is geregtig op hulle MENING en word beskerm deur VRYHEID van Spraak! Moorde op blankes is NIE rassisties nie, al vat hulle niks al moor en martel hulle net. Dit is egter rassisme as jy in die donker ‘n bosvark skiet en agterkom dit is ‘n man wat jou plaas ONWETTIG betree het!

Johanna Botha ·

Boring ! ! ! Meeste mense soos deur verskeie studies nou reeds bewys is kom baie goed met mekaar reg ….dis net hier en daar wat die mudia n ding gryp en opblaas …van al die goed hoor mens mos niks nie …sensasie verkoop mos ! Mense begin dit nou ook agterkom dat dit enkelinge is en kos is vir die media ..

Rynhardt ·

Lees Esra9 waaroor predikante wereldwyd nie wilbpreek nie, nog minder wil die liberale politici daarvan hoor!

Tertius ·

Puik! Hierdie aarde, net soos die heelal behoort aan die God van Wie ons lees in Skrif. Sy Woord Is en bly die Maatstaf waaraan ons Meet en daarsonder sál ons ten gronde gaan….

Griet ·

In 1999 het ek skoolgegee in Londen. Daar was 2 meisies in my klas wat boesemvriende was: een ‘wit’, een ‘swart’. Hulle was ongelukkig ook bitter ongehoorsaam. Toe ek eendag die ‘on-call teacher’ laat roep om hulle uit die klas te verwyder, sê die ‘swart’ meisie vir my ek is ‘racist’. Ek het haar ‘wit’ vriendin tog ook laat verwyder, waarom sal dit tog ‘racist’ wees? Arme mens, iewers ‘n woord gehoor en weet dalk steeds nie wat dit beteken nie.

John ·

Ras-eie of ras-trots staan in die Afrikaanse-/Engelse woordeboeke ondergeskik aan die oorweldig negatiewe konnetasie van rassehaat. Daar word erkenning gee aan unieke rassesamestellings maar ras op sigself word ‘n speelding vir emosionele interpretasie. In die volkekunde word rasse deesdae onderspeel. Trots op die eie en die behoud daarvan word as skandelike/wrede/slegte/negatiewe kwaliteite afgeskiet. Die vraag is is nou, waarom is daar rasse, maar dit mag nie openlik erkenning kry nie en moet verkieslik vervloei. Interessant dat landsgrense ook hiermee saam moet vervaag. Wie het hierdie nuwe ideologie geskep en tot watter voordeel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.