Lesersbrief: Regering gaan pensioenfondse sink

pensioenfondse

Foto: Westerninvestor.com

Adamus P. Stemmet van Durbanville skryf:

Die pensioenfondsbedryf is R4 triljoen sterk. ‘n Pot goud wat wag om besteel te word. Hiervan behoort 50% aan staatsamptenare se pensioenfondse wat reeds deur die regering gestroop word om sy bankrot instellings soos Eskom, Denel en ander staande te hou. Hulle het nog geld dringend nodig.

Nou wil die regering sy strooptog uitbrei na álle pensioenfondse deur hulle met wetgewing te verplig om in staatsinstellings te belê. Ons weet dat dit daar tog net sal verdwyn in die sakke van ʼn paar individue wat in elk geval nooit voor die hof sal beland nie.

Iets soortgelyks is gedurende die jare sewentig en tagtig toegepas. Die uitwerking wat dit op pensioenfondse en die landsekonomie gehad het, het die regering in 1989 verplig om die stelsel te staak.

Leer ons huidige regering dan nie uit die foute van hul voortgangers nie?

Oor die jare heen het ons by AMAGP (Vereniging vir die Monitering en Voorspraak van Staatspensioene) ʼn veldtog gevoer om lede van pensioenfondse te oortuig om nie hul aktuariële belang uit die pensioenfondse te onttrek nie omdat dit nog tot hul die voordeel van hul eie pensioenfonds is. Danksy die regering glo hulle ons nou nie meer nie. Hul geld is in gevaar en natuurlik sal hulle onttrek en hardloop. Die regering is dus besig om alle pensioenfondse, en nie net dié van staatsamptenare nie, te sink.

Later vanjaar gaan ongeveer 30 000 amptenare aftree in die program om die staatsdiens te verklein. Ons vrees is dat hulle hul geld uit die pensioenfonds sal trek.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Manie van Worcester ·

Wel een ding is seker, die regering sink alles waarop hulle kan inkom. Deel van die groot plan om die land terug te rem tot afrika standaard waar niemand iets het behalwe die president en sy kruipers

Stem ·

Die regering wil als van ons vat, Blankes, Indiers, ens. Belastings word omtrent gehef, tot op pensioenuitbetalings. Dan word ons ook afhanklik van staatstoelaes. Waar gaan die slimmense heen? Nkandla toe ………….

Hello ·

Diefie hou op worry, die “slaan terug” brigade het reeds in hulle manifesto belowe om “terug te slaan”! Die brigade wag eers dat die fondse gestroop word en dan slaan hulle terug, jy gaan dan wel nie jou geld terugkry nie, maar “terugslaan geregtigheid”. Sterkte Diefie!

Manie van Worcester ·

Lyk my hulle het darm al in parlement begin slaan, jy moet maar hou by da, hulle doen geheel niks buiten kerm oor rassisme teen swart

Juliana ·

Hoe kry ek dit reg om my twee aftree anuiteite vroeg te laat uitkeer sodat ek die geld elders kan bele? ‘n Mens betaal seker ‘n stywe boete………..

MARI ·

Aftree Anuiteite kan slegs op die ouderdom van 55 jaar getrek word.

MARI ·

Uittree Annuiteite kan slegs op die ouderdom 55 jaar getrek word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.