Regstellende aksie is uitgedien, het geen bestaansreg meer

frik-lotz-sasolburg

Frik Lotz. Foto: Verskaf.

Frik Lotz van Sasolburg skryf:

Regstellende aksie benadeel baie wit mense en al meer bruin mense en Indiërs word ook negatief daardeur geraak. Geweldig baie mense het hul tasse gepak en oorsee gegaan omdat hulle nie hier werk kry nie en geen toekoms vir hulself of hul kinders sien nie. Sodoende het baie kennis verlore gegaan vir die land.

Dit gaan juis beroerd by munisipaliteite omdat daar nie meer kundige mense aangestel word nie, maar eerder diegene wat bevoordeel word deur regstellende aksie. Dit alles lei tot swak dienslewering en munisipaliteite wat nie behoorlik kan funksioneer nie. Die beste persoon moet tog aangestel word vir ʼn pos, of hoe? In Suid-Afrika werk dit egter nie so nie en dis hoekom ons land in so ʼn benarde posisie is.

Nee wat, regstellende aksie se rakleeftyd het verstryk en moet heeltemal afgeskaf word.

Hierdie rubriek is ʼn lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Afrikaanse Knaap

Ek stem.

John

Al manier wat die ANC kan uitdink om werk-te-laat-skep vir die massas is om bekwames te vervang. Die domste van idees is dat as iemand instap waar alles reg werk en die boeke mooi op die rak staan, die volgende persoon sommer so vanself sal verander in die vorige kundige. Baie maklik. Maar gou hang die blindings voor die vensters skeef, le pakkies vol ou olie-druppende skyfies in die snippermandjie en verlep die hen-met-kuikens op die nou smerige lappie. En… die ergste is die stoel agter die lessenaar staan leeg want al wat die nuwe baas weet is hoe om… Lees meer »

A

Jip, maar hoe anders gaan hy die massas wen en iemand anders blameer. Dis net baie gerieflik en so stuur hy die land in sy kanon in.

Frans C

Dit is verstommend dat nie een van die onderhandellaars die posisie voorsien het nie.Dit was tog duidelik dat die ANC nie oor die ondervinding beskik het om die regering op enige vlak oor te neem nie. Die ANC was deeglik bewus daarvan en het vinnig omsendbriewe veral deur plaaslike onder werknemers laat versprei waarin die klem geplaas is op potensiaal en dat mense met potensiaal ook ‘n geleentheid moet kry,want hoe anders moet hul ondervinding verkry! Die mense met potesiaal het egter meer belanggestel in die vergoeding vebonde aan die poste en het hul heel gou tuisgemaak in koloniale /westerse… Lees meer »

Anoniem

Ek stem saam, regstellende aksie kelder die land. Weg daarmee! Fokus liewers op goeie op goeie opvoeding, sodat daar baie bekwame mense is om hard te werk in Suid-Afrika. Dis hoe Duitsland kon herstel na die 2de Wêreldoorlog.