Lesersbrief: Regstellende aksie is uitgedien, het geen bestaansreg meer

frik-lotz-sasolburg

Frik Lotz. Foto: Verskaf.

Frik Lotz van Sasolburg skryf:

Regstellende aksie benadeel baie wit mense en al meer bruin mense en Indiërs word ook negatief daardeur geraak. Geweldig baie mense het hul tasse gepak en oorsee gegaan omdat hulle nie hier werk kry nie en geen toekoms vir hulself of hul kinders sien nie. Sodoende het baie kennis verlore gegaan vir die land.

Dit gaan juis beroerd by munisipaliteite omdat daar nie meer kundige mense aangestel word nie, maar eerder diegene wat bevoordeel word deur regstellende aksie. Dit alles lei tot swak dienslewering en munisipaliteite wat nie behoorlik kan funksioneer nie. Die beste persoon moet tog aangestel word vir ʼn pos, of hoe? In Suid-Afrika werk dit egter nie so nie en dis hoekom ons land in so ʼn benarde posisie is.

Nee wat, regstellende aksie se rakleeftyd het verstryk en moet heeltemal afgeskaf word.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

apie ·

Ek stem ook saam. ek vra myself elke dag af hoekom daar regstellende aksie teen ‘n 8% van die bevolking minderheid is. SA is die enigste land in die wereld waar so teen ‘n minderheid diskrimineer word

John ·

Al manier wat die ANC kan uitdink om werk-te-laat-skep vir die massas is om bekwames te vervang. Die domste van idees is dat as iemand instap waar alles reg werk en die boeke mooi op die rak staan, die volgende persoon sommer so vanself sal verander in die vorige kundige. Baie maklik. Maar gou hang die blindings voor die vensters skeef, le pakkies vol ou olie-druppende skyfies in die snippermandjie en verlep die hen-met-kuikens op die nou smerige lappie. En… die ergste is die stoel agter die lessenaar staan leeg want al wat die nuwe baas weet is hoe om sy/haar nuut gevonde salaris in die Mall te gaan spandeer en waar om nog beter skyfies te gaan koop… o ja, en op vergaderings te gaan kla dat daar nog ‘n rassis iewers in ‘n kantoortjie sit… wat al die rekeninge moet probeer balanseer en sowieso saans eers 9 uur by sy skamele tuiste opdaag waar boetie vaak wag om pappie te herinner aan sy skoolfonds.

A ·

Jip, maar hoe anders gaan hy die massas wen en iemand anders blameer. Dis net baie gerieflik en so stuur hy die land in sy kanon in.

Frans C ·

Dit is verstommend dat nie een van die onderhandellaars die posisie voorsien het nie.Dit was tog duidelik dat die ANC nie oor die ondervinding beskik het om die regering op enige vlak oor te neem nie.

Die ANC was deeglik bewus daarvan en het vinnig omsendbriewe veral deur plaaslike onder werknemers laat versprei waarin die klem geplaas is op potensiaal en dat mense met potensiaal ook ‘n geleentheid moet kry,want hoe anders moet hul ondervinding verkry!

Die mense met potesiaal het egter meer belanggestel in die vergoeding vebonde aan die poste en het hul heel gou tuisgemaak in koloniale /westerse regeringstrukture waarin hul darem hul indabakultuur kon uitleef.

Praat kan hul goed,maar soos die spreekwoord lui:’leë praatjies vul geen gaatjies’.

Anoniem ·

Ek stem saam, regstellende aksie kelder die land. Weg daarmee! Fokus liewers op goeie op goeie opvoeding, sodat daar baie bekwame mense is om hard te werk in Suid-Afrika. Dis hoe Duitsland kon herstel na die 2de Wêreldoorlog.

UItgedien ·

Die ANC bly aan bewind deur WERK aan die meerderheid te belowe, die mense wat vir hulle gestem het het na 20 jaar begin moed verloor want die ARMES is steeds ARM. Ek praat nie van ‘n klein groepie black elite nie. So nou wil hulle kom incash op wat aan hulle belowe is en al wat Zuma oorhet om te gee is WIT beheerde PLASE. BEE het wel ‘n swart middelklas op die been gebring, maar die probleem is hulle wil nie meer middelklas wees nie, almal wil BESTUURDERS wees. Ek lees ‘n week gelede die skoonmakers by ‘n sekere mall het betoog want ‘hulle wil ook franchise eienaars wees’ in die mall. Noujatoe .. niemand se jy moet vir ewig ‘n skoonmaker wees nie maar hoe word jy ‘n eienaar van ‘n winkel? JY KOOP HOM, en as alles verniet belowe is, gaan hulle die twee nooit bymekaar uitbring nie. Die ANC het sy mense geindoktrineer en gemanipuleer, en vir hulle vertel wittes het alles VERNIET gekry, GAAN VAT DIT TERUG. So as die blanke ‘n winkel in die mall het, soek HULLE (ANC ondersteuners) ook een want dit is hoe dit aan hulle verduidelik is. BEE is ‘n onding en na 20 jaar behoort dit heeltemal UITGESKAKEL te word op alle vlakke, mens kan nie REGSTELLING vir ewig doen ten koste van ‘n minderheid nie. Almal moan oor apartheid, dit is niks anders as APARTHEID nie.

JC Klok ·

Ek stem saam dat die ANC kiesers stem soos hulle omdat allerhande beloftes aan hulle gemak is, beloftes wat geen rasionele mens sou glo nie omdat dit eenvoudig onuitvoerbaar is, MAAR die ANC gebruik ook ‘n ander baie effektiewe meganisme – omkopery. Die ANC koop potensieele kiesers om om vir hulle te stem deur aan hulle welsyns en ander toelaes te gee, RDP huise, gratis munisipale dienste, en deur so veel as moontlik in regeringsinstellings ens Staatsondernemings aan te stel. Die ANC beloon ondersteuning deur belastinggeld kwistelik uit te deel in die vorm van milde salarisse, ook betaal die reels soos minimum voorgeskrewe lone ens. Teenstand deur andersdenkendes word daarenteen gestraf met allerhande beperkings.

Hendrik ·

Aan die al die lesers : “Affirmative action” gaan nooit verdwyn nie! Die meerderheid is in beheer en die demokrasie beskerm nie minderhede nie! Jammer…

Rynhardt ·

FRIK LOTS, jy is n man van staal! Regstellende aksie is rassisme en die se raktyd is lankal verby!! SA bloei hom dood met hierdie stink beleid, maar die wiel gaan vinnig vir Zuma en kie.draai!! Die Here slaap nie.

david ras ·

Regstellende aksie het nog nooit enige bestaansreg gehad nie. Behalwe die rassisme daarin, is dit doodeenvoudig Minderheidsonderdrukking, wat sover ek kan vasstel teen die VN se handves van Menseregte is.
Ek het ‘n afskrif van die redaksionele kommentaar van Rapport 3 Junie 1994 slegs enkele weke na die groot verkiesing op 27 April 1994, waarin die redakteur, Izak de Villiers ernstig beswaar maak teen hierdie stelsel.

FW de Klerk en sy “onderhandelaars” het nooit ‘n mandaat gehad om in te stem tot so ‘n stelsel in die Interim Grondwet nie (wet 200/1993)

Die eintlike klousule wat al die ant-wit wetgewing (AA en BEEE o.a.) was artikel 8.3.a in die interim grondwet, en nou ART 9.2. in die huidige grondwet,
In die Interim Grondwet is die artikel ingelui met die woorde (ek het net die Engelse weergawe) …” in this section , NOTHING SHALL PRECLUDE steps or measures to be taken…
to create full enjoyment…..by those previously disadvantaged by unfair discrimination….” (verkort)

Dus, solank as daar iemand is wat “unfair discrimination “pleit, hetsy vir homself . of sy voorgeslagte , sal daardie wetgewing bly.
Eintlik, is regstellende aksie, en BEEE, onwettig .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.