Lesersbrief: Rooipootvalkies … en die wind deur my speke

oostelike-rooipootvalkie

Die Oostelike Rooipootvalkie. Foto: Maluti/Facebook

Navorsers heg deesdae klein sonaangedrewe satellietsendertjies aan die voëls om hulle migrasieroetes te kan volg. In Mei, sodra dit weer hier begin koud word, vertrek die valkies weer terug op hulle lang tog na hulle broeiplek in Rusland en China.

Ons het omgedraai waar die teerpad ophou en terwyl ons moeiteloos met die lang afdraande terugry huis toe het ek onthou dat Jesus gesê het dat ons die voëls moet dophou, omdat ons by hulle sal leer met hoeveel liefde ons Vader ons versorg (Matteus 6:26). En die hele pad terug het ek gesit en kyk na die rye en rye dapper rooipootvalkies op die lyndrade.

Ek het my probeer indink hoe ver dit moet wees van Volksrust na die noordkus van Somalië vir ʼn valkie wat 150 g weeg. En aan die 4000 km wat hulle oor die Indiese oseaan moet vlieg sonder om êrens te kon rus.

Hulle sê baie van die valkies oorleef nie die lang tog nie. En dat duisende valkies met nette gevang word by die plekke waar hulle snags moet oornag in Afrika en Indië. Soms tref hulle dit weer gelukkig en word hulle aangehelp deur sterk winde tydens hulle vlug oor die see. Partykeer kry hulle reuse swerms migrerende naaldekokers langs die pad en dan het hulle oorvloed kos vir ʼn ruk.

Lank nadat ons al terug was by die huis het ek nog aan die valkies gedink.

Dis waar dat niemand van ons weet wat die nuwe jaar gaan bring nie, maar ons ken ʼn Skeppergod wat die valkies help om te oorleef en om gefokus te bly onder moeilike omstandighede, wat hulle, as dit nodig is, halfpad om die wêreld lei om hulle te kan bring na ʼn plek waar hulle uiteindelik rus  en oorvloed kon vind – op ʼn stukkie lyndraad in die vleie van die Volksrust-Vrede-pad, jaar ná jaar.

Vir elkeen van ons wens ek hierdie jaar toe die moed en die “koershou” van ʼn rooipootvalkie en die leiding en versorging van hulle Skepper.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.