Miskien het Cobus Claassen (“Transformasie: ‘Ons is lankal daar,’ sê Hoskins”, Die Burger, 10 September 2015) die brief nie ver genoeg gelees nie, of dalk het hy met opset ‘n paar insiggewende kernfeite weggelaat.
Ter wille van volledigheid kortliks die volgende weggelate feite in Hoskins se verklaring (en ek sal dit kort hou):
In Kwazulu-Natal, Limpopo, Noordwes en Mpumalanga het net 3% seuns toegang tot rugby op skool. In Gauteng, die Vrystaat, Noord-Kaap en selfs die Oos-Kaap het 85% van die seuns nooit rugby op skool gespeel nie. Desondanks was 11 van die 28 spelers in vanjaar se SA o.20-span etnies swart en was daar ook talle bruin spelers in die groep.
Dit verander die prentjie nogal en dit lyk of die klagtes oor “gebrekkige transformasie” dus eerder op die regering se brood gesmeer moet word.
Org Potgieter
Welgelegen
Dalk tyd om v die springbok te vergeet en te begin regte club rugby ondersteun…nie dat ek regtig omgee vir die “oorgekommersialiseerde” sport nie, daar is beter goed om te ondersteun.
Weet nie waar kry di ouens hul syfers vandaan nie of hul kan nie tel nie ,my seun is 1989 gebore het saam en teen spanne in sy skoolloopbaan gespeel waar baie swartes ook in spanne ingesluit was,my dogter het op skool netbal gespeel waar sy alleen n wit speler was die res swart ,my vraag is wat word van die spelers na matriek ,wit en swart wat word vi hul da gestel as hul ni universiteit toe gaan nie so gaan kyk ma waar le die fout en op fotos kan gesien word hoeveel swart spelers was da al van 94 af in hul spanne
Een woord Piet: rasisme. Hulle haat dit dat ons Afrikaners nog (relatief) goed aangaan. Hul wil ons nie sien nie, een is te veel in n span…. Die massas daar buite haat witmense deur jaar na jaar se indoktronering.