Rugbytransformasie: Seuns se toegang tot rugby op skool

rugbybal-3.jpg

Argieffoto.

Miskien het Cobus Claassen (“Transformasie: ‘Ons is lankal daar,’ sê Hoskins”, Die Burger, 10 September 2015) die brief nie ver genoeg gelees nie, of dalk het hy met opset ‘n paar insiggewende kernfeite weggelaat.

Ter wille van volledigheid kortliks die volgende weggelate feite in Hoskins se verklaring (en ek sal dit kort hou):

In Kwazulu-Natal, Limpopo, Noordwes en Mpumalanga het net 3% seuns toegang tot rugby op skool. In Gauteng, die Vrystaat, Noord-Kaap en selfs die Oos-Kaap het 85% van die seuns nooit rugby op skool gespeel nie. Desondanks was 11 van die 28 spelers in vanjaar se SA o.20-span etnies swart en was daar ook talle bruin spelers in die groep.

Dit verander die prentjie nogal en dit lyk of die klagtes oor “gebrekkige transformasie” dus eerder op die regering se brood gesmeer moet word.

Org Potgieter

Welgelegen

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Rugby, Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan 2 ·

Dalk tyd om v die springbok te vergeet en te begin regte club rugby ondersteun…nie dat ek regtig omgee vir die “oorgekommersialiseerde” sport nie, daar is beter goed om te ondersteun.

piet olivier ·

Weet nie waar kry di ouens hul syfers vandaan nie of hul kan nie tel nie ,my seun is 1989 gebore het saam en teen spanne in sy skoolloopbaan gespeel waar baie swartes ook in spanne ingesluit was,my dogter het op skool netbal gespeel waar sy alleen n wit speler was die res swart ,my vraag is wat word van die spelers na matriek ,wit en swart wat word vi hul da gestel as hul ni universiteit toe gaan nie so gaan kyk ma waar le die fout en op fotos kan gesien word hoeveel swart spelers was da al van 94 af in hul spanne

Johan 2 ·

Een woord Piet: rasisme. Hulle haat dit dat ons Afrikaners nog (relatief) goed aangaan. Hul wil ons nie sien nie, een is te veel in n span…. Die massas daar buite haat witmense deur jaar na jaar se indoktronering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.