Lesersbrief: Saam kan ons plaasaanvalle oorwin

frik-lotz-sasolburg

Frik Lotz. Foto: Verskaf.

Frik Lotz van Sasolburg skryf:

Plaasaanvalle is besig om toe te neem en al hoe meer boere word vermoor, maar die regering doen absoluut niks aan die saak nie.

Net so word die leuen verkondig dat wit mense die grond gesteel het en grondonteiening sonder vergoeding dus moet plaasvind. Dit alles lei tot onwettige grondbesettings, meer plaasaanvalle en meer boere wat vermoor word. Dit veroorsaak onsekerheid in die landbou en voedselsekerheid kom in die gedrang. Boere speel ʼn belangrike rol in die ekonomie en verskaf die voedsel wat ons elke dag eet en seer sekerlik sal mens verwag die regering sal dus ingryp om iets te doen aan plaasmoorde en dit tot ʼn prioriteitsmisdaad verklaar. Hulle doen egter niks nie en president Ramaphosa reageer nie eers daarop as dr. Pieter Groenewald van die VF Plus hom daaroor uitvra in die parlement nie – dit is onaanvaarbaar dat ʼn staatshoof nie eens die moeite doen om aandag te gee aan so ʼn belangrike saak nie.

Boere word dus aan hul eie genade oorgelaat en sal moet saamstaan en begin organiseer om na hul eie veiligheid om te sien, want die regering gaan dit nie doen nie.

Net so moet elkeen van ons die boere steun waar ons kan en wys dat hulle nie alleen staan in hierdie stryd nie. Saam is ons sterker!

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Produksie, Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Maro ·

Dankie, alles wat hier staan weet ons reeds. Ons weet ook dat ons self iets gaan moet doen. Ons weet dat ons moet saamstaan. Aaaawww saamstaan…die maklikste woord wat die moeilkste betekenis het. As daar n oplossing was sou hierdie tipe artikel nie vir die soveelste keer verskyn het nie. Dit voel kompleet of ons hande afgekap is. Noem my maar so effe negatief vandag.

Bianca ·

Niks,in die betrokke artikel,wat ons nie reeds, al baie lankal weet nie!

Kallie ·

Inderdaad, nou soek ons praktiese oplossings. Wahl Bartman se maatskappy verskaf reeds intelligensie, maar dalk is die tyd ryp vir ‘n private polisiemag.

lanie ·

Die beginsel van “Shoot on site” moet deur die boere gevolg word. Hopenlik sal dit dan gestop word.

ChrisE ·

Ek het vir die boere oplossing, maar die plan sal nie aanvaar word nie. Net ons Hemelse Vader se ingryping kan die situasie omkeer. Een ding weet ek vir ‘n feit. Elke dag is ‘n dag nader dat een boer te veel vermoor word. Dit kan nie so aangaan nie.

Wielspore ·

Die vraag is, wie sal die na sy familie omsien in ‘n land waar ernstige misdaad ‘n probleem is. Die antwoord is eenvoudig, jy moet op jouself staatmaak om die beste resultate te kry. Raak as persoon en familie self betrokke by instansies wat jou hiermee kan help. As kind was my ouers lid van die Kommando en ek onthou hierdie byeenkomste waar jy geleer word om paraat te wees. Ons was op die skietbaan, daar geleer om ‘n wapen te handteer. My broer woon op ‘n plaas en hulle is betrokke by sulke instansies, die name verskil net. Moderne tegnologie soos kameras met voertuig nommerplaat erkenning, early warning systems. Hulle was as gesin eenkeer agtervolg en toe hulle die “Safety zone” betree is daar alarm gemaak. Binne 9 minute was bystand daar om hulp te verleen. Die voornemende aanvallers het pad gevat. Lees die artikel mooi, dit beteken dat jy na jouself moet omsien en nie vir die regering wag om dit te doen.

leser ·

alles in die kommentare weet ons, boere moet hulself bewapen, maar ver wat, die oomblik as die doppie die grond tref, staan die polisie daar en neem die boer, skieter, in hegtenis, heeltemal onregverdig
om ‘n private polisie mag op die been te bring, gaan daar baie water eers in die see moet loop, daars soveel plase met mense daarop, waar gaan dié polisie mag lede vandaan kom, nog nie eers van voertuie, betaling, behuising, ens., gepraat nie
dit sal ‘n ideale teenvoeter wees, maar waar begin dit, net om te dink en praat gaan nie help nie

Wirrm ·

Yeah right…. droom aan. Die oplossing gaan kom wanneer alle aanvallers uitgewis word.

Johan ·

Die ANC is en bly ‘n bevrydings-organisasie. Sodra hulle ons almal voldoende onderdruk het, gaan hulle die land nog meer in die afgrond in boender! Die misdadiger is nou in beheer, in die parlement, in die polisie en in die weermag.

Ek’t ‘n klient wat in Rustenburg se omgewing geboer het. Hy’t ‘n onwettige betreder op sy grond een aand aangetref en hom met ‘n stok-ou windbuks geskiet. Die ou windbuksie sou in elk geval nie eers ‘n voëltjie kon doodskiet nie.

Ta is dadelik polisie toe en raai wat gebeur? Drie voertuie sak op die boer toe en hy was die hele naweek agter tralies. Is dit nou die moeite werd? Sy regskostes was meer as ‘n splinter-nuwe jaggeweer!

aj ·

Bewapen en verdedig jou sélf… niemand anders gaan dit doen nie.

As ál die Boere gewapen … EN PARAAT is … sal die misdadigers met niks wegkom nie.

Aanvallers moet gevolg word tot by hulle “nes” van saamvreters … en die hele broeiplek moet vernietig word.

Soos Retief met Dingaanstad gedoen het. Daarna was daar vrede en vooruitgang vir 100 jaar!

aj ·

Korreksie!
Soos Pretorius (na Retief se moord) met Dingaanstad gemaak het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.