Sport en Saterdag se rugby

rugbypale

Argieffoto.

Dit was RUGBYDAG op 19 September regdeur hierdie mooi land van ons.

My beskeie mening is dat ons eintlik die wenners was – ons was die beste span. Maar die stok in die wiel was die skeidsregter. Die mannetjie het gesorg dat Japan wen. Hoe dikwels was die tyd om, maar die meneer het hom glad nie daaraan gesteur nie. Die Suid-Afrikaners het hulle goed in die omstandighede gedra, al kon die spelers én bestuurder nie hul uiterste verbasing op hul gesigte verberg nie. Telkemale het NUL op die horlosie gewys, maar … Ek vra maar net: Het die skeidsregter nie openlik sy gevoelens teenoor Suid-Afrikaanse sport as onregverdig bewys toe Japan as wenners uitgestap het nie?

Daar word so dikwels gesê, “hou politiek uit alle sport”, maar hoe dikwels word dit toegepas? Die hoeveelste buitelander kan seker nie eens “apartheid” ordentlik uitspreek nie. Gelukkig is daar uitsonderings. Daar word gepraat van “appertaait”. Die woord behoort  in alle sport verban te word; dis ’n “bakleiwoord” en uit die oude doos. Sulke skeidsregters hoort nie in ons land nie.

Bokke, al was die eindtelling teen julle, het julle beskaaf, beleef en onberispelik opgetree. Julle het gister Suid-Afrika se naam hoog gehou.

Hierdie skeidsregter se ooglopende bevooroordeeldheid teenoor Suid-Afrika wys maar net weer die skewe indruk wat oningeligte mense in heelparty ander lande steeds vyandig teenoor ons kan laat optree. Bly liewer stil! Dié van julle wat so is, lewer net bewys van jul onkunde. Waarom leer julle nie uit die goeie voorbeeld van ons spanne nie? Julle is hardnekkig en “waar onkunde geluk bring, is wysheid dwaasheid”.

Ons Suid-Afrikaners is trots op ons sportmense.

Ronel Rabie van Bela Bela, Limpopo teen Japan

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Rugby, Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pikkewyn

Kan hie glo wat ek lees nie!!!! Jy het dit so verkeerd Japan het verdien om te wen. Die springbokke was nie goed genoeg nie hulle was 80% van die wedstryd onder druk. Ons Sal altyd agter die bokke staan maar die feit bly staan hulle was nie Saterdag goed genoeg nie. Hou op blaam sit op ander!!!

Stef

Genade Ronel! Jou pyn met die Bokke se neerlaag het jou heeltemal uit die sfeer van logiese denke geskud. Hoe kry jy apartheid en bevooroordeeldheid hoegenaamd versoen met die Bokke se vertoning?! Japan het verdien om te wen en basta met blaamverskuiwing.

Geskok

Geskok staan ek oor jou rede Ronel as ou uit is is jy uit. (Trots) ons kon trots gewees het op n Mof Meiburg n Frik du Preez n Loftie Nel ens hierdie manne het die land trots gemaak, maar hulle het ook geweet wanneer om plek te maak vir die jonger geslag hulle het nie Suid Afrika in die modder gegooi net vir nog net n paar rand nie en dit is waar ons fout is die oue tehuis was op die veld nie ons jongmense wie kon wen nie jammer ek ondersteun die span geheel en al nie

nico

Gedeelte stem ek saam die bokke het nie goed gespeel nie ek pak nie die skuld op die ref nie maar wragtig hy behoort nie op die vlak nie enige span sal goed speel soos die ref blaas maar as hy van die begin af konsekwent is gaan al die groot spanne groot tellings kry en is die wereld beker n klug maar maak nie saak nie ek bly n bok die wat by huisgenoot skou spel was leon schuster is my hero toe die hy lied van hier kom die bokke saam met verhoor sing skreeu ek exsra vir… Lees meer »

Mambanza

Gewonder wanneer die ref die skuld gaan kry … en hier het ons dit! Die Bokke was power, punt.