Sport en Saterdag se rugby

rugbypale

Argieffoto.

Dit was RUGBYDAG op 19 September regdeur hierdie mooi land van ons.

My beskeie mening is dat ons eintlik die wenners was – ons was die beste span. Maar die stok in die wiel was die skeidsregter. Die mannetjie het gesorg dat Japan wen. Hoe dikwels was die tyd om, maar die meneer het hom glad nie daaraan gesteur nie. Die Suid-Afrikaners het hulle goed in die omstandighede gedra, al kon die spelers én bestuurder nie hul uiterste verbasing op hul gesigte verberg nie. Telkemale het NUL op die horlosie gewys, maar … Ek vra maar net: Het die skeidsregter nie openlik sy gevoelens teenoor Suid-Afrikaanse sport as onregverdig bewys toe Japan as wenners uitgestap het nie?

Daar word so dikwels gesê, “hou politiek uit alle sport”, maar hoe dikwels word dit toegepas? Die hoeveelste buitelander kan seker nie eens “apartheid” ordentlik uitspreek nie. Gelukkig is daar uitsonderings. Daar word gepraat van “appertaait”. Die woord behoort  in alle sport verban te word; dis ’n “bakleiwoord” en uit die oude doos. Sulke skeidsregters hoort nie in ons land nie.

Bokke, al was die eindtelling teen julle, het julle beskaaf, beleef en onberispelik opgetree. Julle het gister Suid-Afrika se naam hoog gehou.

Hierdie skeidsregter se ooglopende bevooroordeeldheid teenoor Suid-Afrika wys maar net weer die skewe indruk wat oningeligte mense in heelparty ander lande steeds vyandig teenoor ons kan laat optree. Bly liewer stil! Dié van julle wat so is, lewer net bewys van jul onkunde. Waarom leer julle nie uit die goeie voorbeeld van ons spanne nie? Julle is hardnekkig en “waar onkunde geluk bring, is wysheid dwaasheid”.

Ons Suid-Afrikaners is trots op ons sportmense.

Ronel Rabie van Bela Bela, Limpopo teen Japan

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Rugby, Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pikkewyn ·

Kan hie glo wat ek lees nie!!!! Jy het dit so verkeerd Japan het verdien om te wen. Die springbokke was nie goed genoeg nie hulle was 80% van die wedstryd onder druk. Ons Sal altyd agter die bokke staan maar die feit bly staan hulle was nie Saterdag goed genoeg nie. Hou op blaam sit op ander!!!

Stef ·

Genade Ronel! Jou pyn met die Bokke se neerlaag het jou heeltemal uit die sfeer van logiese denke geskud. Hoe kry jy apartheid en bevooroordeeldheid hoegenaamd versoen met die Bokke se vertoning?! Japan het verdien om te wen en basta met blaamverskuiwing.

Geskok ·

Geskok staan ek oor jou rede Ronel as ou uit is is jy uit. (Trots) ons kon trots gewees het op n Mof Meiburg n Frik du Preez n Loftie Nel ens hierdie manne het die land trots gemaak, maar hulle het ook geweet wanneer om plek te maak vir die jonger geslag hulle het nie Suid Afrika in die modder gegooi net vir nog net n paar rand nie en dit is waar ons fout is die oue tehuis was op die veld nie ons jongmense wie kon wen nie jammer ek ondersteun die span geheel en al nie

nico ·

Gedeelte stem ek saam die bokke het nie goed gespeel nie ek pak nie die skuld op die ref nie maar wragtig hy behoort nie op die vlak nie enige span sal goed speel soos die ref blaas maar as hy van die begin af konsekwent is gaan al die groot spanne groot tellings kry en is die wereld beker n klug maar maak nie saak nie ek bly n bok die wat by huisgenoot skou spel was leon schuster is my hero toe die hy lied van hier kom die bokke saam met verhoor sing skreeu ek exsra vir die bokke n opname moet vir hulle gestuur word en niemand gaan ons wen nie

Tony ·

Ek stem gedeeltelik saam. Geen speler en geen afrigter gaan op die veld om te verloor nie.
Japan was die beter span op die veld. Ons en niemand het dit verwag nie. Onthou na die lynstaan waar Victor gekla het waar die japanners totaal onkant was, het daar punte net daarna vir Japan gekom. . Coenie se afstuur was n fout as ek reg gesien het. Het hy nie meer aan die kant van die los skrum gele nie . Die politieke inmenge voor di9e booke gegaan vertrek het. Die hofsaak omm hulle te keer van die wereld beker. Dit alles moes n invloed gehad het. My geloof en ondersteuning le nogsteeds by hulle.
Verstaan mooi ek is net so telleurgesteld en was geskok. maar ek glo ons gaan die finaal haal.

Mambanza ·

Gewonder wanneer die ref die skuld gaan kry … en hier het ons dit! Die Bokke was power, punt.

gert ·

wat reg is is reg. Hoekom moet die spelers altyd die skuld kry Ons is so geneig om altyd net fout te vind. Indien jy beter is gaan daarvoor en gaan speel of gaan rig af. Nie een van ons besef die druk waardeur die span gaan nie . Gee hulle weer ASB n kans

Bloues ·

Ronel. Ek aanvaar jy kyk gereeld rugby en dis goed so. Jy moet miskien meer na die Engelse kommentaar luister want die manne verstaan die reels en vertel vir die mense.
Kom ek vertel jou wat die reels behels. Die skrum is toegeken voordat die tyd verstreke is. So hy moes aanhou met die vaste faset totdat dit korrek uitgevoer is. So dan ook met n strafskop. Maak nie saak waar die horlosie staan nie, indien n span fouteer en daar word n strafskop toegeken, moet die span die geleentheid kry om die strafskop waar te neem.
Hierdie geld egter nie vir lynstaan nie.

As ek by my werk aanjaag en my werkgewer se naam deur die modder sleep SAL ek “gefire” word. Mnr Meyer moet dieselfde pad loop!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.