Stemtyd is om die draai

Betogers maak amok in die weste van Pretoria. Foto: Facebook

Betogers maak amok in die weste van Pretoria. Foto: Facebook

Deur Kallie du Plessis

In verwysing na die koerantopskrifte van vandag wat vir die wêreld wys hoe ʼn eens pragtige land in vlamme opgaan: Dit is nie net sogenaamde frustrasie van die agtergeblewenes hierdie nie, dit is anargie en misdaad teen die volk wat die minderheid is wat die land opgebou het. Hier aan die suidpunt van Afrika het die witman ʼn beskawing kom vestig, en voorspoed en welvaart gebring, al wil sommige die teendeel bewys.

Hier het ons kommerloos in die strate gespeel, na skole en universiteite gegaan waar daar gesag en dissipline geheers het. Alles was skoon en netjies met pragtige tuine, die ratte van die wiel van beskawing het geruisloos voortgesnel tot die dag van demokrasie aangebreek het, ʼn vrye Suid-Afrika vir al die volke wat hier woon. Daardie dag het beskawing grusaam gesterf, miljoene stemme het dit in die modder vertrap en ʼn eens pragtige, vooruitstrewende land is besig om in die rioolpoele van korrupsie en bedrog en anargie te vergaan.

Dit wat met bloed en sweet opgebou is, word deur dieselfde mense vernietig wat nou die strate vol dans en slagspreuke skree. Almal wil alles verniet hê en die onbekwame, onbevoegde kaders stuur boodskappe die land in wat nie haalbaar is nie. Die massas wat nie weet wat dit kos om strukture op te rig en in stand te hou nie verwoes alles voor die voet, daar is geen gedagte dat daar môre niks gaan wees om in skool te gaan of om lesings in te kry nie. Kyk hoe lyk die staatshospitale, klinieke en ander geboue! Alles is vieslik vuil en vervalle. Die toerusting werk nie, daar is nie medikasie nie en die kaders spring in die duur SAL-vlugte (ook nou bankrot) na ander lande vir hulle skete en kwale, en die belastingbetalers wurg weer aan die uitspattige koste.

Stemtyd is om die draai en al hierdie miljoene wat so spring en dans vir beter dienslewering, huise, goedkoper vervoer, gratis onderwys en dies meer gaan weer vir dieselfde party stem wat ons oor die afgrond het. Hoekom? Want hulle is bang hulle verloor hulle welsynstoelae, bang die nes van korrupsie word oopgevlek as iemand anders die bewind sou oorneem, bang die tenderbedrog word aan die lig gebring en so kan ’n mens aangaan.

Grondvergrype, nes in Zimbabwe, wag op ons; ons kan ons nie blind staar daarteen nie. Pres. Zuma wysig al wat wet is om voorbrand daarvoor te maak. Ons wat tans in die minderheid is, kan kapsie maak soos ons wil; net soos ons nie hond haaraf maak in die parlement nie, net so sal ons hierdie aaklige situasie waarin ons ons tans bevind, moet aanvaar.

Ons sal laag, laag moet buig voor ons Herder en bid dat Hy die jakkalse van ons sal weghou, want die Vader weet, na wie anders gaan ons draai?

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Veritas ·

Kallie dit klink erg as jy dit so reguit uitdruk maar ongelukkig is dit waar. Ons voorouers het hulle uit erger penaries gebid en ek kan nie sien hoekom ons dit nie kan doen nie. As Afrikanervolk moet ons terugkeer na ons Hemelse Vader, ons voor hom neerbuig en vir krag, wysheid, leiding en ‘n oplossing smeek. Hy is almagtig en sal ons opregte gebede verhoor.

M A ·

Ek lees graag die reaksies op Maroela berigte en dit val my op hoeveel haat daar is deur Afrikaanssprekende mense. Niks sal verbeter as mense net die slegste van ons landgenote dink nie. Dis verkeerd en dis hartseer. Ja, daar gaan baie slegte dinge in ons land aan maar almal is nie onopgevoede skurke nie. Laat ons liewers hande vat en opbou waar ons kan. Haat en wrewel gaan ons niks baat nie. En terloops, dit kom voor asof die pers ywerig die onmin aanblaas!

Trolle ·

Aai MA dis so snaaks dat jy net die haat in ons raaksien? Ek kan verstaan dat mense so voel mens kan nie net aanmekaar die ander wang gee om gelkap te word nie.Kan jy nie sien daar is klaar oorlog teen ons verklaar nie en niks gaan dit kan keer nie.Tensy jy vir malema kan oortuig om sy nonsens te stop<kan jy?

fransie ·

Dankie vir die stukkie eerlikheid MM,
En ja ons is gatvol om vertrap te word, ons
land ons taal, erfenis en tradisies is ons trots.
Teleurgesteld dat ons parlement so slapgat is, te bang hul verloor kiesers.

Bruno Stef ·

Dan is daar ook diegene onder ons wat soos die drie apies is hulle Sien niks/Hoor niks/Se niks AGV politieke korrektheid wat daartoe aanleiding gee dat hulle tog nie gevra moet word om n standpunt in te neem nie want dan word dit afgemaak as braaivleis praaitjies wat dit ookal beteken.

matie willemse ·

MA kyk you tube “her name is ms ann” dan kan jy hande vat hê hê hê”!!!! veral by minuut 4 af.

Elize ·

MA, geniet die hande vat, ek sal dit ongelukkig nie kan maak nie, het belangriker dinge wat my tyd opneem. En terloops, hande vat op die laat stadium gaan ons niks baat nie.

Hendrik ·

Vir watter party die meerderheid stem is wat die toekoms van S.A. gaan bepaal. Die 7 % wat sorg vir die belasting gaan nie ‘n baie groot inpak he nie. Wat wel ons kan red is dat die niksdoen van mense omgedraai moet word na iets doen, ander is Zim ons voorland. Hoe? Sluit aan by Burgerregtegroepe om die staat te beweg. Wie? Burgerregte groepe soos OUTA( e-toll en belastings) , Right to known (documente wat die staat wegsteek. Section 32 (skoolboeke) , Afriforum (algemene regte). Hoekom? Omdat ons in ‘n regstaat bly is die enigste manier waar mense hulle regte kan afdwing om die staat hof toe te vat. Soos al die hofsake wat Afriforum wen, Right to know campaign en vele meer. Die grondwet se baie maar beteken eintlik niks vir mense wat nie geld het om die staat te beveg nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.