Stilbly is ook ʼn antwoord, totdat…

julius-malema

Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

Anoniem van Centurion skryf:

In reaksie op Julius Malema se onlangse uitlating dat die tyd nog nie aangebreek het om wit mense uit te moor nie, het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, die volgende te sê gehad: “Malema misgis hom indien hy die selfbeheersing wat minderhede nou weens sy uitlokkende uitsprake toon, as ʼn swakheid beskou.”

Malema se woorde was skaars koud of sy media-span het oudergewoonte vure doodgeslaan deur te sê dat wit mense oorsensitief is, dat ons sy woorde misinterpreteer en dat ons bang is om van ons wit bevoorregting afstand te doen. Die plaaslike weergawe van die Huffington Post het ook nie teleur gestel nie en gepraat oor hoe, toe hulle met hom gesels het, Malema meer versoenend oorgekom het en dat hy homself nie ʼn verenigde Suid-Afrika sonder wit mense kan indink nie.

Woorde wek, maar voorbeelde trek meneer Malema!

Die laaste jaar of twee het ʼn opbloei in die doelbewuste beskadiging van Boere-monumente gesien – enigiets van ontsiering tot afbrandery en -brekery word deesdae as modieus beskou. Dit gaan natuurlik hand aan hand met die groeiende retoriek van swart nasionalisme en uitsprake soos Malema s’n wat sy ondersteuners knaend aanhits. Geweld kan nooit goedgepraat word nie, en dalk is dit oorbodig om te noem dat niemand beter daaraan toe sou wees nie.

Daar ís verskillende maniere om jou misnoeë te kenne te gee – sommige mense verkies haatspraak en geweld, soos jy, Malema, en ander weer meer vreedsame maniere. Persoonlik hou ek van skryf en dig, meer spesifiek om dit te blog. Waarom, mag jy vra. Want die oomblik as ek hierdie inskrywing plaas, sal dit die kuberruim in gestuur word en vir altyd, soos ʼn brief in ʼn bottel op die oop blou see, ronddobber. Daar sal dit altyd te lese wees en mense sal dit lees en weet dat jakkals verander van haar, maar nie van snaar nie.

Nog nie een keer het jy verskoning gevra vir jou “kill the boer, kill the farmer”- uitsprake nie, nog nie een keer het jy die sinnelose verwoesting van Afrikaner-monumente veroordeel nie en nog nie een keer het jy ʼn konstruktiewe gesprek met ons probeer aanknoop nie.

Jy hou daarvan om rond te loop en te smous met die “black child” se seer, maar weet jy wat in die konsentrasiekampe gebeur het? Weet jy van die verkragtings en die glas wat in die boere se kos geplaas is? Weet jy dat meer as 26 000 mense, meestal weerlose vroue en kinders, in daardie kampe dood is – grootliks as gevolg van hongerte en pes? Weet jy van Roberts en Kitchener se verskroeide aarde- beleid en wat dit alles behels het? En weet jy dat die Boere ná afloop van die oorlog dekades lank as tweedeklas burgers gesien is met hul “ox wagon venacular”?

As jy miskien oor ʼn bietjie meer insig beskik het sou jy besef het wat ʼn petrolbom op die Krugerstandeeld vir ons oor jou kastige soeke na versoening sê; wat ʼn EFF-lid se aanhitsing op sosiale media van haar partylede se verminking van Afrikaner-monumente in Uitenhage en Port Elizabeth, in Burgersdorp, in Bloemfontein, in Kaapstad, in Ficksburg, in Krugersdorp en Pretoria vir ons oor jou sogenaamde soeke na vryheid en nasiebou sê.

Moet asseblief nie my selfbeheersing, wat ek weens jou uitlokkende uitsprake en jou ondersteuners se vandalisme toon, as ʼn swakheid beskou nie, want stilbly is ook ʼn antwoord, maar net totdat dit nie meer is nie.

Hierdie rubriek is ʼn lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elsabe

Mnr Mentz mag ons hierdie skrywe aan DIE BURGER en al die ander media stuur? Of is dit uitsluitslik vir MAROELA MEDIA bedoel? Kan iemand my uit my onkunde help oor hoe om dit by hom te kry?

John

‘n Goeie voorbeeld van ‘post truth’. Mens wonder wat die Egiptenare en Arabiere sou se van Malema se teorie dat Afrika aan die swartmense behoort en dat hulle ook sal moet skoert, of… Ha, ha! As mens nie weet wat jy nie weet nie en nie kan verstaan wat jy nie kan verstaan nie, dan doen jy so en reken soos volg, nl. dat as 3+3 ses is, kan 4+2 of 2×3 nie ook 6 wees nie wat nog van 7-1… en…en. Verbasing en skok volg altyd op verkeerde aannames. Die waarheid het nooit simpatie met diegene wat dit minag… Lees meer »

Swanna

Ek stem absoluut saam met hierdie berig. Malema moet oppas.

callie

Dankie. Dit is mooi gestel. Die opregte Afrikaner is n trotse nasie. Trots Malema is iets wat jy nie besit nie. Die vernietiging van alles wat na aan die witman is, is die direkte gevolg van jou en ander swart leiers se opswepery en aanhitsing. ASB MM plaas wat ek nou skryf. Die Afrikaner is nie bang vir jou nie. Gaan vra vir die duisende daar buite wat saam met my trots ons diensplig gedoen het. Wat met trots as oorwinnaars uit die gevegsones uitgestap het. Ons weet wat oorlog is, jy nie. Dit is waarom die witman nog probeer… Lees meer »

foxi

AMEN………