Studente neem nóú standpunt in!

f-white-people-hemp

‘n Foto wat glo by Wits geneem is. Foto: Facebook

Die onlangse gebeure by verskeie universiteite in die land het waarskynlik nie as ʼn ontnugtering oorgekom vir die meeste wit studente aan universiteite nie.

Die woord “wit” of “blanke” word selde in ʼn nie-verdoemende konteks in die media gebruik. Die woord “minderhede” word liefs gebruik om aanstoot te vermy. Die gebruik van die woord “minderhede” in die konteks van onlangse aanslae by universiteite sou egter ietwat eufemisties wees, aangesien dié aanslae uitsluitlik op wit studente gemik is. Ek pak dus die bul by die horings.

Nóg ʼn artikel oor die dubbelstandaarde in verband met ras sou oorbodig wees. Ons kan ons dae lank verstom oor hoe wit studente wat hulself pers verf met onmiddellike effek geskors is, maar swart student wat ʼn “F*$% whites”-veldtog begin, word vrygespreek omdat dit kwansuis deel van “vryheid van uitdrukking” uitmaak. Maar vir wat sou ons dit doen? Die regering en veral die wêreld sal hulle beslis nie steur aan ons tirade nie. Om nie eens te praat van die hoofstroommedia nie!

Daarom moet ons eerder ons posisie verstaan en daarvolgens optree. Ons behoort eerder kennis te neem van ʼn nuwe narratief wat onlangs ontluik het, dat swartmense doodeenvouding nie rassisties kan wees nie. Volgens talle swart ekstremiste kan slegs swartmense slagoffers wees van rassime.

Die konsep, “rassisme”, word dus ingestel met die hoofdoel om witmense te vervolg en te veroordeel op ʼn basis van diskresie, wat hoofsaaklik deur ekstremiste, soos die EFF en Open Stellenbosch, bepaal word. Hierdie veroordeling gaan hand-aan-hand met die konsep van “white privilege”, ʼn konsep wat meestal gebruik word om welverdiende wit prestasie te kriminaliseer en verkleineer op grond van ʼn groteske persepsie van die verlede en die hede.

Hoe nou gemaak? Jy en jou ouers presteer omdat jy wit is en onderworpe is aan “white privilege”. As jy hierdie siening verwerp, word ʼn titel aan jou toegedien wat in ons samelewing van skewe waardes selfs meer verwerplik is as om ʼn verkragter of reeksmoordenaar genoem te word – rassis.

In ʼn poging om die haatlikste titels van alle titels – dit is nou natuurlik die rassis-titel – te ontsnap, moet wit studente, selfs dié met die edelste intensies, daagliks toegewings maak en die spreekwoordelike voete was van swart studente. Asof dit nie genoeg is vir wit studente om versoening en transformasie, nóg ʼn heilige koei, na te jaag nie, word dit van hulle verwag om konstant “jammer, jammer” te bly prewel oor hul witheid.

Dit is waarom die “F*&# White People”-veldtog geen herrie uit wit geledere ontketen het nie. Wit studente is gekondisioneer om te glo dat hulle inherent op minder regte geregtig is as ander en dat enige haatveldtog jeens hulle eintlik regverdigbaar is.

Dit is hierdie doktrine wat ʼn geweldige psigiese skade aanrig aan die wit student. Daar word van die wit student verwag om pa te staan vir die feit dat daar ʼn geweldige agterstand in Afrika is, dat miljoene mense arm is en dat daar vervolgens ongelykheid is. Misplaaste skuldgevoel is die sleutelbeginsel wat aangewend word om blanke studente se vryheid, potensiaal en vooruitstrewendheid in te perk.

Wat dan nou, sou u my vra? Aanvaar ons bloot dat ons gekondisioneer word om ʼn sekere posisie in die samelewing in te neem – dié van ʼn sondebok wat vrees vir sy reputasie, aanvaarding en selfs sy lewe elke keer wanneer hy iets polities sê of grimeer vir ʼn koshuispartytjie? Probeer ons weereens akkommodeer en aanpas by die huidige narratief wat daarop gemik is om ons prestasie te reduseer tot “privilege” en ons potensiaal te stuit in die naam van “transformasie” en “regstelling”? Bêre ons die pers verf?

As ʼn student sou ek u ten sterkste aanraai om dit nie te doen nie. Organisasies soos Open Stellenbosch en die EFF herinner my aan ʼn kind wat vra vir ʼn suigstokkie en dan twee minute later vra vir nog een. Na ʼn vierde of vyfde suigstokkie sou die ouer natuurlik weier om verdere toegewings te maak en dit is wanneer die kind begin skree en sy/haar ouers in die openbaar in die verleentheid stel en slegmaak.

Transformasie, om verskoning vra en die prysgee van jou kultuur, taal en erfenis is suigstokkies. Daar sal nooit genoeg uitgedeel word nie, todat die laaste een uitgedeel is. Tot dan, wanneer universiteite in die grond in getransformeer is en dit uitsluitlik swart en Engels is, sal blanke studente die ewige geweeklag, verdagmakery en afdwing van misplaaste skuldgevoel moet verduur.

Hou dus daarom asseblief op om almal met jou beperkte voorraad suigstokkies te paai en begin asseblief om standpunt in te neem – ten gunste van jou taal, kultuur, erfenis en reg om met goeie bedoelings te sê wat jy wil en om nie skuldig te voel oor die probleme van Afrika nie, maar trots dat jy een van die min is wat kon uitstyg ten spyte daarvan.

John White, derdejaarstudent

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Michael ·

Ek kon dit nie beter se nie en ek glo die meerderheid wit mense glo ook so maar is te bang om dit te sê ????

Izzy ·

Baie goed opgesom. Sou ook graag ‘n ‘like’ knoppie wou druk.

Johann Marx ·

En terwyl julle besig is, gaan sit Totius terug waar hy hoort……waar elke student wat graad vang langs hom kan gaan staan vir ‘n foto. Dis ‘n tradisie….wat NIKS uit te waai het met rassisme nie. Ek verstaan ook nie rassisme nie. As jy van ‘n stelsel hou waar alles aan die staat behoort om uit te deel, is jy ‘n kommunis. As jy van ‘n stelsel hou waar alles aan almal behoort, is jy ‘n sosialis. As jy van jou eie ras hou, is jy ‘n rassis…….Rassisme is nie “rasse haat” nie? Dis Xenofobia?? Nie waar nie?

Thuunda ·

Goed gese en ek weier om jammer te se vir iets wat ek nie te blameer is voor nie.

Trots Afrikaans, nog trotser Afrikaner!

Eugene ·

Hierdie is bes moontlik in my beskeie mening die mees gepaste en beste beskrywing van ‘n uiters sensitiewe saak!

Puik gestel!

Antionette ·

Ek stem saam. Ons moet nou begin vasskop. genoeg is genoeg. Dit is veral instansies wat moet begin rug styfmaak teen hierdie belaglikhede. Net so min as wat `n swart persoon gekies het om swart te wees, net so min het `n anderskleurige dit gekies.

Aartappel ·

Baie mooi gesê…..Iemand sal.moet inspring en die land red….. Ons is vinnig oppad om soos Zimbabwe te word.

HEVW ·

En daardie iemand is niemand anders as onsself.!!!!!!!!
Onbegryplik en tragies is dit dat sommige van ons eie Afrikanerstudnte en selfs Afrikaners in beheerliggame deelnemers is aan hierdie slopingsproses. En dan is daar die groter papsakmassa wat nie die piep van n muis maak nie.

Trolle ·

Dink nie die mense weet nie maar daar is n aanslag teen witmense in die hele werld besig nou.
Dankie goeie berig kon dit nie beter stel nie.

charmaine ·

Die berig is baie goed geskryf en so waar. Om te dink dat die studente nie eers deel was van die “struggle” nie, meeste van hulle is so oud soos ons kinders wat in 1992-1994 gebore is. Wonder wie gaan die skuld kry en wat gaan hulle dan op hulle WIT t-hempde skryf as alle Universiteite swart en engels is? En hulle nie hulle eksamens deurkom nie? Punt is ons opvoeding en ons breinkrag kan niemand niks aandoen nie, as n matriek leerder besluit hy/sy wil 9 of 10 onderskeidings kry wat is fout daarmee? Wie se skuld is dit? Hoekom jammer se omdat ons geleer is,leer hard, werk hard want dit vir jou toekoms.

Ronnie ·

Knap gedaan, John. Ongelukkig gaan jou van, White, ook dalk aan rassisme grens… Ek wonder hoekom sekere sake net uit een groep se oogpunt gesien word. Vanoggend het dr Danny Titus op rsg genoem dat die omstrede t-hemp NIE haatspraak was nie. Ek vra myself die vraag af: was presies is die verskil tussen “F*^& white people” en “F*^& black people”? As ek laasgenoemde op my t-hemp gedruk het, sou hulle my ryskorrels met ‘n kettie by my seldeur ingeskiet het. Ons lewe almal onder dieselfde stel reels en wetgewing. Maar dit is selgs van toepassing op sekere mense. Ek wens elkeen wat met so ‘n veldtog begin wil eers by hulself begin: Hoe sal jy, as ‘n sogenaamde “swart” mens voel as iemand ‘n soortgelyke t-hemp aantrek. Maklik: die meeste van ons “minderheidsgroepie” is net nie so ingestel dat ons sulke bar en onsmaaklike taal uitstal nie. Want die meeste van ons het geleer om te werk vir wat ons het en nie daarvoor te toyi toyi nie. Ons het net eenvoudig nie tyd vir sulke belaglikhede nie. Want ons moet vir elke voorreg betaal: betaal om te studeer, betaal om krag en water te kry, werk om elke maand se sakgeld te verdien. Ander as ander persone wat net nog meer wil he. En minder te doen.

Deon ·

“Ons het net eenvoudig nie tyd vir sulke belaglikhede nie”.Really?Ons word al 22 jaar vertrap en jy wil nog steeds polite wees.Jammer oor die Engels wat ek ingooi maar moenie die feit prober sugarcoat dat 80% van ons wittes in ‘n senuweeagtigge klomp lafaarde verander het nie.Sal altyd ‘n verskoning soek om nie betrokke te raak nie.Miskien is ons,ons eie grootste vyande.

Leonie Booysen ·

Deon ek stem saam met jou . Drie kwart van ons blanke volk is doodsverslae mense. Hulle droom dat die land weer reg sal kom. Hulle is mense met n swak beeld wat nie n stand punt kan in neem ne. Hulle is mense wat altyd in groepe in skool was omdat hulle nooit alleen die pad kon stap nie. Hulle is altyd die een wat agter ander weg kruip en dan later skree “Hier is ek Hier is ek”. Hulle is die mense wat die bogger die wit mens pilletjie elke dag drink en niks wil weet van sy mede volksgenote nie. Ek gaan dit nou se Hulle is swakeling

Poplap ·

Goed gestel Ronnie.
Waarom Deon en Leonie Booysen hul die reg toe-eien om die meerderheid blanke mense te veroordeel, weet nugter.
Gelukkig weet die meerderheid Afrikaners, soos blyk uit die meerderheid kommentare, watter weg ingeslaan moet word.

Theo ·

Jammer Deon en Leonie, maar ek stem nie saam julle siening oor die meerderheid Afrikaners nie. Dalk 80% van die mense wat julle ken ja. Kom bietjie daarbuite en sien vir julle self. Die Afrikaner is besig om stadig maar seker te verenig.

Johan ·

Wel ek glo nog steeds aan ‘n goeie pakslae help n kind om hom/haar te gedra veral in die openbaar. Ek dink net dit is tyd dat die kinders wat so skreeu vir nog ‘n suigstokkie sommer ‘n pakslae in die straat moet kry en dan sommer weer een by die huis ook sodat hulle kan leer om hulle self te gedra.

ALWYN BEETGE ·

Daar kom n tyd dat die prys van vrede te hoog raak. Om jou self , taal en kultuur te verloen is totaal onaanvaarbaar.

Kerneels ·

Die mense wat Verwoerd ingestem het en Apartheid begin het is heelwaarskynlik al almal dood. Verwoerd self is al 50 jaar dood. Wanneer gaan dit ophou. Dis nie my skuld dat ek geleer het terwyl ander betoog het nie.

Elize ·

Alwyn en Kerneels, jul slaan die spyker op kop!! Ons is van eerlikheid, opregtheid ensv geleer deur ons ouers. Werk hard vir wat jy wil kry in die lewe. Dis ook nie my skuld dat my tans swart baas sê dat hy wens hy kan my kloon nie…. net omdat dit by sy ander besighede waar BEEE aanstellings is, so gesteel word. Ek is trots op wat ek is en wat ek van myself dink….. TROTS SUID-AFRIKAANS. Laat die ander maar steel hul tydjie raak kort want die koei is op sy knieë

Oom Boer ·

John White, pragtige stukkie skryfwerk en stelling, ek gee jou 10/10. Ek is ‘n trotse Suid Afrikaner en lief vir my taal, my kultuur, geloof, musiek en mense, maar ek sal geen voete was om my so te verlaag nie. As jy enigsins opstaan tot enige regverdigheid in jou eie kultuur, dan word jy onmiddellik deur massas aangevat en verkleineer en valse beweringe toegesnou van rassistiese optrede. As ‘n individue staan jy alleen teen ‘n magdom van vertrapping en verdrukking.

Johann ·

Ek is keelvol jammer gese. Ek is keelvol vir blankes wat aanmekaar jammer se EN MINDERWAARDIG voel. Ek is keelvol dat my seun wat in 1996 gebore is nie medies kan swot of werk kry – vir een rede, sy velkleur!!! Ek is keelvol om toe te kyk terwyl my mense verarm en uitgemoor word. Ek vra nie meer omverskoning! My voorgeslagte is al 322 jaar in Suid Afrika. Dis MY land – tyd vir jammer se of skuldig voel is finaal verby vir my!!!

Leon ·

Ek was met die oorgang van die nuwe regering reeds ‘n volwasse persoon. Ten spyte daarvan het ek hard gepoog om die nuwe beleid te steun deur vir almal in Suid-Afrika ‘n plekkie in die son te gun.

Nie net die afgelope jaar se gebeure op die politieke en openbare front nie, maar ook persoonlike ervarings met ‘n groep mense wat aan ‘n ander ras en kultuur as ek behoort, en in baie gevalle my “meerderes in werksgesag” is, het my denke tot stilstand en herbesinning gebring. Dinge beweeg nie in dieselfde rigting as wat mnr. Mandela en ander politieke figure in sy era bedoel het nie.

Die situasie dwing my om my (simpatieke) houding te verander en my morele, finansiële en ander vorme van steun te beperk tot dit wat vir my sin maak.

Ulrich ·

Mooi, ek is so bly mense begin nou wakker word! Tyd vir jammer sê is lankal verby, tyd vir aksie is nou! Pragtige artikel!

Arno ·

Eks glAd nie lellik nie… Maar dit maak nie regtag saak of afriforum of wie ookal hiernatoe en daantoe gan en n klag hier in dien en daar in dien nie want tog is die realityd net dat ons maar eintlik teen wind baklei… Ek sien glad nie meer die punt om enigstins positief te bly nie want daar is nie regtag iemand wat ons minderheid kan help nie… Dis maar net my opinie…

Johan ·

Ek stem saam daar niemand is wat ons kan help nie Arno maar om op te gee en negatief te raak sal ook nie help nie. As ons ons self nie help nie gaan niemand dit doen nie. Ek gaan eerder dood terwyl ek myself en ander probeer help as om dood te gaan terwyl ek op die as hoop sit en my self bejammer. Hulle wil ons probeer verneder voor hulle ons uit moor. Maar ek sal hulle nie die bevrediging gee en my self respek verloor omdat ek negatief was nie. Staan op staan saam… en dalk maak ons net ‘n verskil.

Dirk Breytenbach ·

Arno, gaan lees gerus in diepte op oor waarmee Afriforum hulle besig hou en jy sal dalk meer ondersteunend en positief kan raak. Kyk sommer ook hoe Solidariteit veg vir hul lede se regte. Regte wat op alle Suid Afrikaners van toepassing is. As dit nie vir hulle was nie was AL ons regte reeds vertrap en afgeskaf. Alles is nie verlore nie ons moet nou fokus op ‘n nuwe toekoms in groepsverband met inagneming van die Suid Afrikaanse realiteite. .

Dirk Breytenbach ·

Arno, gaan lees gerus in diepte op oor waarmee Afriforum hulle besig hou en jy sal dalk meer waardering kry vir die werk wat hierdie en ander Afrikaans geleide organisasies vir ons doen. Kyk sommer ook hoe Solidariteit veg vir hul lede se regte. Regte wat op alle Suid Afrikaners van toepassing is. As dit nie vir hulle was nie was AL ons regte reeds vertrap en afgeskaf. Alles is nie verlore nie ons moet nou fokus op ‘n nuwe toekoms in groepsverband met inagneming van die Suid Afrikaanse realiteite. Wees trots op jou herkoms, jouself en jy hoef nie verskoning te maak omdat jy Afrikaans is nie.

merk ·

Baie dankie vir hierdie goeie artikel/mening. Die tyd is meer as ryp vir so ´n artikel of mening.

Die ironie is dat presies hierdie aanslae op wit en Afrikaanse kultuur en psyche, die wit mense en Afrikaansprekendes (en bruin mense) eers regtig sterk kan maak. Die uitkoms kan die teenoorgestelde wees van dit wat die onderdrukkers (of ware rassiste) probeer bereik.

John White is reg. Die wêreld sal ons nie help nie. Op die oomblik kan die Europeërs hulself nie help nie. (Maar hulle is self besig om wakker te word uit ´n soortgelyke situasie.)
Ons moet ons self help. Dit is ons skuldig aan ons voorouers wat die laaste 350 jaar hul beste gedoen het. Staan op vir dit wat jy is. Ons moet ons taal, kultuur en erfenis beskerm.

Gerhard ·

Dink ek mos ook nou sommer aan George Orwell se “Animal Farm” waar die varke die plaas so oorgeneem het by die mense.

Is dit nie wat hier in Suid-Afrika gebeur het nie? Is dit nie van toepassing op ons nie?

“All animals are equal, but some animals are more equal than others!”

anna ·

kyk wat het in lion king gebeur toe scar oorgeneem het na mufasa. geen kos of leiding. totale verval. ek sien dit gebeur nou hier. geen leierskap wat die moeite werd is nie. dit gebeur nou ook in duitsland met merkel. sy het die kluts kweitgeraak en is besig lm haar eie mense te versaak ten koste van ander. net die immigrante het nou regte en nie die duitsers nie. hier het net die een groep regte maar nie die blankes nie. ek is so trots om te kan se ek is wit en trots daarop. en daarvoor sal ek veg

Pieter ·

Ons het meer mense met ruggrate soos jy nodig. Goeie artikel – Trots om Afrikaans te wees #HierKomBollie

tinah ·

ja ons is senuweegatig en ja ons is lafaards ook, studente is onskuldig aan die gemors, ook die mense wat gebore is in die 50’s die 60’s, asb gaan skop sand oor die se grafte wat skuldig is, gaan vandalise daai grafte…………..dis nie ons nie, maar ons moet met die gemors saam leef!!

Pieta ·

Wat kan jy nog doen behalwe om te raas, te blaas en stof op te skop???

Racheltjie ·

Goed gestel ! Baie dankie John White – ons het nog van jou nodig – gee my weer moed vir die toekoms – het al gedink ons jeug gee nie meer om nie !

zanie ·

Ek het twee klein kinders en ek wik en weeg al ‘n hele ruk al of dit beter sal wees om in ‘n ander land ons wortels te gaan skiet vir my kinders se onthalwe. Die artikel het my net laat besef hoe sleg dit regtig gaan tussen ons rasse, ek was onder die indruk dat die versoening beter is tussen die jonger generasies, maar ek kom nou agter ek was verkeerd. As dit nou al so moeilik is vir ons jong Afrikaansprekendes wil ek nie eers weet hoe dit gaan wees as my kinders eendag moet gaan soek vir hul plekkie in die son nie. Die laaste ding wat ek vir my kinders wil hê is dat hulle moet voel hulle is minderwaardig en ongelukkig is die paadjie wat hulle gaan loop as ons in die land gaan bly wat ons nie meer wil hê nie. Dit maak my baie hartseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.