Lesersbrief: Teen wie word nou gediskrimineer?

hugo-kruger-frankryk

Hügo Krüger. Foto: Verskaf.

Hügo Krüger van Frankryk skryf:

Laas Maandag het talle Suid-Afrikaners die strate ingevaar om teen plaasmoorde te betoog. Dit kom voor asof die Suid-Afrikaanse regering nog te slap is om die kwessie ernstig op te neem ten spyte daarvan dat die sosiale media aan die gons was en twee boere ongelukkig op dieselfde dag nog vermoor is. Plaasmoorde is ʼn ernstige saak en dit moet nie weggepraat word nie.

Om plaasmoorde onder die loep te wil sit, beteken nie dat boere se lewens verhewe is bo ander s’n nie en nog minder dat daar een of ander absurde heimweë na die verlede is nie. Die feit is eenvoudig dat daar aandag aan gegee moet word; dat die sosiale neigings waaronder dit plaasvind wetenskaplik verstaan en aangespreek móét word. Dit gebeur in ʼn bepaalde mileu, dit is ʼn unieke misdaadsverskynsel en die oplossings sal heel waarskynlik ook uniek wees. Hoekom wil dit voorkom asof dit te veel is om te vra? Ek vra met trane in my oë: Wie gaan seerkry as ons die probleem rasioneel benader?

Laastens het die politieke leiers almal die punt gemis met hulle blatante onkenning of veralgemeningspropaganda, soos byvoorbeeld die frase: “Alle lewens is belangrik.” Natuurlik is alle lewens belangrik, wie op aarde weet dit nou nie?

As die politici hulle ideologiese oogklappe kan afhaal, sal hulle miskien die volgende vraag kan beantwoord:

“Van wanneer af is om onderskeid te kan tref, gelykstaande aan diskriminasie?” Duidelik wil sommiges nie die verskil verstaan nie.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jan_alleman ·

my liewe Hugo , dankie vir jou skrywe , laat ek jou inlig waarom die regering nie jou standpunt sal insien nie , want hulle sit agter die plaasmoorde , dit is hulle politieke agenda om die blankes uit die land te verdryf op watookal moontlike manier , blankes hier is maar net bietjie naief en het dit nog nie agtergekom nie

Therese van Schalkwyk ·

Puik brief.

Ek deel die skrywer se kommer en frustrasie oor die “blatante ontkenning” van die ware feite wanneer hierdie saak bespreek word. Natuurlik kan en móét “onderskeid” getref word wanneer terreurbendes slegs uit een spesifieke bevolkingsgroep kom. Om hierdie feit te ignoreer en politiek korrek te probeer verdoesel, is lafhartig en grens aan verraad.

Duisende wit Suid-Afrikaners is sedert 1994 letterlik as slagoffers aan die nuwe Suid-Afrika geoffer met die woorde, “almal ly onder misdaad”. Daarmee is die ‘jagseisoen’ klaarblyklik oopgestel, want géén organisasie het die moed van hul oortuiging om die waarheid te praat nie.

Danie ·

Huge dankie tog dat daar mense in die res van die wereld is wat hierdie volksmoord dophou. Ek hoop regtig dat jy jou uiterse bes sal doen om dit so veel as kan onder die Franse se aandag sal bring. Ek weet nie of hulle daarin belangstel nie, maar hoop dat ons hulp van die buiteland kan kry. Ons minderheid is heeltemal alleen gelaat en word onderdruk deur propeganda die oomblik as ons ons reg wil gebruik om ons gemeenskappe te beskerm teen hierdie semi oorlog wat teen ons gevoer word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.