Van tuinier tot beroepsbokser met ‘bonatuurlike wilskrag’

Frikkie van Biljon en Denis Mwale. Foto: Facebook

Frikkie van Biljon van Centurion het hierdie inskrywing op sy Facebook-profiel geplaas. Dit word met sy vergunning op Maroela Media gepubliseer.

Kom ek vertel vandag vir julle ʼn storie wat 2019 soveel beter gaan maak.

Om en by 2014 het ʼn man met die naam Denis [Mwale] by my huis opgedaag en gevra of ek vir hom werk het. Ek het toe vir hom gesê dat ek werk vir hom het teen R150 per dag. Hy het dit aanvaar en het vir my in die tuin begin werk.

Een middag het hy die taxi verpas waarmee hy na sy huis in Diepsloot moes ry. Ek bied toe aan dat ek hom sal neem.

Ons twee spring in die kar en begin met ons rit in die rigting van Diepsloot. Denis, wat oorspronklik van Malawi is, het toe baie te vra oor dinge van Suid-Afrika en dit is toe nou ook die eerste keer dat ons twee werklik kans kry om mekaar beter te leer ken.

Hy vra my toe nou die een vraag wat ek nooit gedink het my en sy lewe gaan verander nie. “Which sport do you like?”

Ek antwoord toe: “I am not really into watching sport, but I do watch the big events like World Cups, Olympics etc.”

“I like boxing,” sê Denis, “I want to be a professional boxer one day.”

Min wetend dat wat ek volgende gaan sê die man se lewe ʼn totale ommekeer gaan gee.

“Then you have to work for it.”, sê ek vir Denis.

“How do I get to the top?” vra hy vir my.

’n Trofee wat Denis gewen het. Foto: Facebook

Met my leke verstaan van die sportwêreld, verduidelik ek toe vir hom hoe ek dink dit werk. Ek verduidelik aan hom dat hy sal moet begin oefen en dalk afrigting moet oorweeg. Hy moet ook aan kampioenskappe begin deelneem sodat moontlike borge hom kan raaksien en dat hy stadig deur die ranks moet gaan.

Ek laai vir Denis by sy afklimplek in Diepsloot af, ons groet mekaar en gaan die week in.

Die volgende week toe Denis inkom vir werk, sê hy vir my: “Sir, I took your advice – I’ve joined a boxing gym.”

Met sy karige salaris en sy bonatuurlike wilskrag het Denis van daardie dag af begin om sy droom te leef.

Hy sou met tye 24 km met sy fiets na die gimnasium ry en terug om seker te maak hy kom by sy oefening uit. Meer as twee derdes van sy maandelikse inkomste was gerig op sy lidmaatskapgeld.

Een spesifieke dag kom hy om te kom werk en vra vir my of ons hom nie kan help met `ʼn paar boksskoene nie. Hy het nie geld daarvoor nie en sy eerste geveg is om die draai.

Ek spring toe op die internet en bestel vir hom ʼn paar skoene met ʼn mondbeskermer en ʼn paar ekstra toebehore – maar niks fancy nie.

Die pakkie arriveer en Denis al te dankbaar vir die geskenk en sê vir my: “Sir, I am going to win.”

ʼn Week of so later, kom hy eendag by die werk aan en hy sleep my een kant toe.

“Sir, I have a present for you. I’ve won my first boxing trophy and I want you to have it.”

Ek bars toe sommer uit van die trane van trots oor die man se prestasie en gebaar.

ʼn Paar maande het verbygegaan en Denis het goed volhard met sy oefen. Hy het telkemaal boksgevegte gehad en elke keer as ek hom sien, het hy gesê: “I’m still undefeated, I am going to be a champion.”Denis het hom so opgewerk en opgebou dat hy toe een dag vir my kom sê het, “Sir, I am really sorry, but I have to quit my job. I am starting a new job at the gym where I am boxing. I passed my personal trainer exam with 97%.”

Baie opgewonde oor sy prestasie maar hartseer oor sy arbeid en vriendskap sê ek vir hom: “I wish you all the best, but please let me know when you fight your first professional match.”

Denis Mwale aan die werskaf in Frikkie van Biljon se tuin. Foto: Facebook

Deur die loop van Junie 2017 bel Denis my een dag. “Sir, I am fighting. I will be fighting my first professional boxing match. Will you be able to make it? It is in Joburg.”.

So kry ek en my skoonpa saam met ʼn vriend vir ons kaartjies en gaan kyk die boksgeveg. Dit was vir my omtrent ʼn ervaring om ʼn eerste keer ʼn bokstoernooi by te woon. Nog nooit in my lewe was ek emosioneel so in twee geskeur nie – jy wag vir ʼn K.O. maar terselfdertyd is jy bang om te sien hoe dit lyk.

Denis stap toe op en moker die witwaks uit sy opponent. So wen hy sy eerste professionele boksgeveg op 1 Julie 2017.

Ek het geweet die man kan hard werk, maar hierdie is next level.

Dit is nou 2019 en 10 Februarie is hy weer in die kryt by die Sun Arena Time Square.

Hou hierdie man dop. ʼn Onskuldige jong seun van Malawi wat sy droom leef – ongeag waar hy vandaankom. Hy is nie meer Denis van Malawi wat bly in Diepsloot en in mense se tuine werk nie, hy is nou – soos die boksers praat – Denis “The Menace” Mwale en is steeds onoorwonne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Mickey ·

Dit is nou n lekker positiewe artikel. Denis net die beste vir jou op jou toekoms.

Jepetto ·

Whow die story het my nou aangegryp eks spraakloos dit is baie mooi . Dennis baie sterkte vorentoe en Frikkie jy ook dankie v die mooi storie jy wat met ons deel en jou moeite .

Yankee ·

Wow!! Love to read positive news like this. You go guy, maak SA trots!!

Jaco ·

Awesome!! Suid Afrika kort meer mense soos Dennis! Hoop om nog baie oor jou te lees!

Jo ·

Nog n persoon wat “goed” doen, maar kan nie sonder die krediet gaan nie.

madels ·

Rerig Jo!?? Hoekom so negatief? Ek is so bly dat mense al hulle wonderlike ervarings soos hierdie deel want die nuus is altyd so aaklig, dis lekker om te lees van mense wat goed aan ander doen… Baie dankie Frikkie vir wat jy vir Denis gedoen het, mag hy net vorentoe beweeg en baaaie boksgevegte wen

LH ·

Pragtige verhaal van drome en deursettings vermoë! Sonder jou sou dit NET ‘n wens bly Frikkie Van Biljon . . . mag die seeninge op jou neerdaal! Denis keep going and reach for the stars!!!!

Marlize ·

Rerig Jo? Dis om mense bewus te maak wat daar buite aangaan en dat daar nog goeie mense en dinge gebeur op die aarde. Ek dink dis ‘n pragtige verhaal. Wie weet, miskien het hy nog steeds vandag net gewens hy sou ‘n kampioen wees. Well done Denis!! Jy is ‘n inspirasie vir ander.

Annelene Rossouw ·

Wow Denis if you believe it you can become it. May our Heavenly Father bless you

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.