Veg vir eie universiteite in pragtige moedertaal

Een van die lede van die #UPrising-beweging. Foto: ANA

Een van die lede van die #UPrising-beweging. Foto: ANA

Deur Ouma M Hatfield

Baie dankie vir uitstekende inligting op Maroela oor die situasie by universiteite in ander lande.

Dit maak my egter nog meer ongerus en laat my meer en meer besef dat jongmense nie weet hoe die geskiedenis verloop het nie.

Ek verwys spesifiek na Suid Afrika.

Die universiteite wat nou so fanaties geteiken word oor hulle taalbeleid, het ‘n geskiedenis waarop ons Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners baie trots is. Vergun my om vir die agitators te vertel hoe Tuks, Maties en Pukke tot stand gekom het.

Na die Tweede Anglo-Boereoorlog was die inwoners van die twee Boererepublieke emosioneel, finansieël en fisies verpletter. Die Boere was verarm en ook van hul taal en selfrespek beroof. Kinders mag nie Afrikaans in skole gepraat het nie en Engels is verklaar as die enigste amptelike taal.

Die Afrikaanssprekendes het toe nie die Engelse instellings geplunder en aangedring om in Afrikaans bedien te word nie ……! Nee, hulle het opgestaan, hul rug reguit gemaak en vir die behoud van hul eie gestry.

In 1904 is die ACVV, die Afrikaanse Christelike Vroue Vereniging, gestig. Hulle het hulself beywer vir die reg van Afrikaans as onderrigtaal. Voor 1910 is drie Afrikaanse universiteite gestig, naamlik die Universiteite van Pretoria, Stellenbosch en Potchefstroom. Die verarmde Afrikaners het opgestaan. Dit was die begin van ‘n baie klipperige, steil pad vir die Afrikaanssprekendes om vir hulself in ‘n pad oop te kap teen die Engelse veroweraars. Engeland was nie ‘n geringe klein volkie nie!
Die Afrikaners het nie gaan lê nie, maar ook nie getoi-toi en verwoesting gesaai nie!

Geagte meneer Malema, u is so ‘n sterk leier! Kan u nie asseblief vir u volgelinge sê dit is nie ʼn prestasie om skilderye te verbrand nie?

Nou wil ek ook vra. Geagte Zoeloe, Xhosa, Sotho, Pedi jongman en jong vrou, staan op vir jul taal! Maak jou rug reguit! Veg vir jul eie universiteite in jul eie pragtige moedertaal. Jul voorgeslagte was sterk mense wat trots was op hul eie! Julle het ‘n kultuur waarop julle trots kan wees. Hoekom wil julle nie bou op julle eie kultuurgoedere nie? Elke volk het tog ‘n trots in sy eie herkoms.

Vergeet die onreg van die verlede soos die Afrikaners die onreg wat die Engelse hulle aangedoen het, moes vergeet. Kom ons vat regtig hande en praat nie net daarvan nie en respekteer mekaar. Om in die verlede te leef, is soos om in grafkelders waar dit nie lekker ruik nie, rond te dwaal. Asseblief los ons universiteite wat ons met trane en bloedsweet bekom het. Julle is so welkom om saam met ons Tukkies, Maties en Pukke te geniet, maar respekteer my plek en my taal soos ek jou en jou taal respekteer!

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

marlene muller ·

ja laat ons ons eie skole en universiteite bou net vir blanke Afrikaners en engels wat belang stel en sommer ons eie government ook en banke winkels en hospitale laat ons sien waar kry die goed dan werk

Theo ·

Ouma, ek voel net soos jy. Ek/Ons ken ongelukkig hierdie ander mense op die punte van ons vingers. Ons het immers mos “saam” hulle groot geword. Daar is beslis n derde mag agter die huidige “nuwe” generasie van die EFF, en daarom moet ek op jou skrywe reageer met “dreams are good friends” Ek is glad nie negatief nie maar is ook nie n volstruis nie.

Johann Marx ·

Ouma begin haar brief so mooi……en dan wys sy duidelik HOEKOM ons in die gemors sit waarin ons sit as sy eindig met “julle is so welkom om saam met ons tukkies, maties en pukke te geniet….” Nee, Ouma, dit sal nooit gebeur nie. Die “mense” wat jy so gulhartig uitnooi, het nog nooit aan enige iets gebou nie, tot stand gebring nie, beskerm of ontwikkel nie…..waarom sal hulle dit wat jy en jou voor-ouers ontwikkel, gebou, uitgebrei en in stand hou enigsens “respekteer”? Apartheid was nie net ‘n drogbeeld in iemand se drome nie……dit was ‘n realiteit want dit was nodig. Jy in jou universiteit, en ek in myne. In jou universiteit kan jy jouself gedra tot jou volle potensiaal…..en in my universiteit sal ek dit wat bestaan oppas, uitbou, uitbrei, benut, en strewe daarna om van myself ‘n beter mens te maak tot voordeel van almal om my. As dit nie jou strewe is nie, gaan leef dit êrens anders uit….APART.

Trolle ·

Goeie berig maar ek dink nie Malema gee om vir sy taal nie hy het nou net een doel om afrikaans heeltemal te vernietig.Dit is maar weer die Engelse wat agter hom sit en se wat hy moet doen.geld is nou belangrikker vir hom,en so vat hy sy eie mense na die afgrond.

wilma ·

Trolle ek kan nie meer met jou saamstem nie. Rhodes en sy kronies het ons afrikaners vandag waar ons is!. Vier kleur bo!!!

Theresa Papenfus ·

‘n UItstekende brief. Billik, sterk en waardig.

Frans ·

Ontwikkeling met gepaardgaande vooruitgang werk soos ‘n magneet. Mense stroom daarheen omdat waar hul vandaan kom daar niks is wat hul daar hou nie. Dus beter onderwysgeriewe word oorstroom .Maar die oorstroming lei ook tot verwoesting omdat
beperkte kapasiteit tot frustrasie lei onder diegene wat nie plek kry nie.

Dus verwoes dit wat daar is want dan is ons almal gelyk en niemand het iets nie.Dit is die verhaal van Afrika en ook Suid Afrika.Om die rede gaan enige privaat instansie ook die pad loop want die mense kan eenvoudig solank ons dieselfde grondgebied deel nie hul hande van ander se eiendom en voordele wat dit bied afhou nie,want hul beskou die totstandkoming daarvan as onregverdige bevoordeling op grond wat hul reken hul grond is.

Rina ·

Ek is self Afrikaans, maar ek dink dis hoog tyd dat studies in Engels aangehad word.
Ons moet ophou om ander uit te sluit en liewers n same Lemington bou waaraan almal kan deel wees.
Engels is n goeie middeweg.
As all universiteite in xhosa was sou ek graag wou gehad het dit moet ook na Engels draai om almal n kans te gee.
Ek stem nie saam op die manier waarvoor dit geveg word nie, maar wel die rede.
Kom ons gun alle Suit Afrikaners n plekkie in die son.
En om voor te stel hulle moet hulle eie universiteite gaan nou bring nie versoening nie, maar skei ons almal net en daarin lê juis ons probleem.

Frans ·

As ‘n mens se moedertaal nie meer as ‘n taal gesien word vir onderwys nie, dan is die skrif aan die muur vir die Afrikanervolk.

Trolle ·

Rina ek verstaan nie wat jy se nie.Almal moet n plekkie in die son gegun word maar mag nie meer sy taal praat nie.Hoe gebeur dit as jy gedwing word om engels te praat.Wat maak jou engels so spesiaal.In my wersplek word ek gedwing om engels te wees,as ek gaan uit eet word ek gedwing om my kos in engels te bestel al is dit my geld wat daarvoor betaal so hoe op aarde word ek n plekkie in die son gegun wat baie graag my taal wil praat?

JC ·

Jy is uiters naief, en het duidelik reeds die stryd vir JOU TAAL opgegee.

Ek en ander wat soos ek voel sal nie! Ek sal nie! Ek weier!!

chrisp ·

Rina.
Gaan maak ‘n koppie koffie en begin dink vir ‘n slag wat jy hier probeer skryf.Kyk of dit enige sin maak.

“Ophou om ander uit te sluit”—– Daar is hoeveel universiteite wat hulle uitsluit? Nie een nie almal bied engels ook aan dus is jou stelling snert.

“Engels is ‘n middeweg”——— Hoekom brand wits en UCT dan ook gereeld?weer snert

“as alle universiteiete Xhosa was sou ek ook graag wou gehad het dit moet engels draai”—— Miskien jy ek sou ‘n afrikaanse universiteit bou presies soos wat in die 1920’s gebou is toe daar net engelse universiteite was(US,TUKS,PUK.) Nog snert.

Kom ons gee alle Suid Afrikaners ‘n plekkie in die son.—–Almal behalwe die Afrikaner het jy vergeet om by te voeg, blykbaar.

“Hulle moet hulle eie universiteit gaan bring nie versoening nie,maar skei ons almal en daarin le die probleem.——- Dis juis jou versoening wat die probleem is. Dink jy werklik as daar ‘n Afrikaanse universiteit is daar afgebrand sal word? Nogmaals snert.

Therese ·

Janee, los maar eerder, Rina. Dalk is jy in elk geval by die verkeerde adres. Soos JC hierbo noem, daar is ook bruin- en swartmense wat Afrikaans praat. Dis net bitter jammer dat hulle so stemme so stil is in hierdie saak.

Ons praat hier van twee of drie universiteite waar Afrikaans nog net hier en daar gehoor word in lesingsale, terwyl daar ten minste twintig ander suiwer Engelse instellings is. En jy praat van “‘n plekkie in die son vir alle Suid-Afrikaners”?

Gaan dink weer daaroor, en lees ‘n paar opvoedkundige boeke oor moedertaalonderrig. Of nog beter, bied jou hulp aan met die akademiese ontwikkeling van ‘n swart taal en dra op die manier by tot versoening.

MCS ·

Mense, wanneer gaan jul sien dit gaan nie oor afrikaans! Die saak n veel dieper, dit gaan oor wit vel, swart vel! Die vel kleur is n bedreiging vir sommiges en waarvoor ons staan! As jy in n hoek is gebruik jy als om daaruit tekom!

DEE ·

Kan iemand asb hierdie mooi brief in die ander 10 tale vertaal en versprei? Dan kan almal n beter geskiedenis agtergrond he en mekaar dalk probeer verstaan en tegemoet kom?

Theresa ·

Die skole en universiteite is mos net ‘n klein deel van al die skade en vernietiging.
Wil ‘n land gehad het. Het hom gekry. Nou besig met vernietiging. Ek kan dit eenvoudig nie respekteer nie. Sou beter wees met beter idees vir almal om die land te benut, te geniet en te bevorder. Absolute snert en loutere leuens.

Tobias ·

Pragtige briefie en mooi sentimente. Dog, span ons nie almal steeds die kar voor die perde in nie? Dit probleem is nie taal of selfs kultuur nie, die probleem is dat ons onvry is, vreemdelinge in eie land, met geen effektiewe seggenskap oor enige eie sake nie. Die vreemdeling word toegelaat asof hy die reg (wat nog te se die kennis, wysheid of mentaliteit) het om voor te gee dat hy oor ons kan regeer. EERS eie territorium en volwaardige onafhanklikheid (selfbeskikking noem die Volkereg dit), en DAN herorganiseer ons onsself in ons eie staat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.