Lesersbrief: Veiligheid op plase

kallie-du-plessis

Kallie du Plessis. Foto: Verskaf.

Kallie du Plessis van Vanderbijlpark skryf:

Ek werk steeds in die landboubedryf en kry nog steeds met baie van Noordwes se boere te doen en weet van hulle swaarkry die afgelope jare met die droogtes en insetkostes wat die hoogte ingeskiet het. Vir my egter is veiligheid op plase die faktor wat die meeste aandag moet geniet en boere moet alles in hulle vermoë doen om hulself en hulle geliefdes te beskerm. Veral die ouer boere is nie paraat genoeg nie en gee weinig of geen aandag aan veiligheid.

Verlede week is ʼn bejaarde egpaar wreed aangerand op hul plaas. Die man het uitgegaan om mak tarentale te voer en die boosdoeners het hom ingewag. Ek lees nêrens van honde wat geblaf het of alarms wat afgegaan het om die paar te waarsku dat hulle plaas betree is nie. Nog minder lees ek van radioverbinding met bure of paniekknoppies wat hulle kon aktiveer nie. Daar is nie sprake daarvan dat ʼn mens deesdae veilig is op plase nie. Ons in die dorpe en stede is ook nie veilig nie.

Almal op plase moet hul honde snags binne laat slaap. Kwaaddoeners sal twee keer dink as hulle hoor daar is honde in ʼn plaashuis. ʼn Mens moet doen wat jy kan binne jou finansiële vermoë, maar mens kan nie níks doen nie. Ons wat van die boere afhanklik is vir ons voortbestaan, geldelik maar ook vir kos op ons tafels, wil ʼn beroep op boere doen om die aanslag teen hulle af te weer: Word paraat, wees veilig, sover dit menslik moontlik is.

Alles in Suid-Afrika is besig om met rampspoedige gevolge ten gronde te gaan en ons regering gee nie ʼn duit om vir die boer van vandag nie. Ons moet almal saam veg vir Suid-Afrika se boere, maar intussen moet julle die grensdrade om julle huise hoog span, julle honde binne laat slaap, radiokontak met bure hê, paniekknoppies kan aktiveer ensovoorts. Ons is saam met julle in die stryd. Ons voortbestaan hang ten nouste af met wat julle vermag daar op die plase, en ons bid vir julle!

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Produksie, Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Disselboom ·

‘n Fonds om boere se veiligheidsmaatreëls te subsidiëer kan dalk help. Dit is ‘n gemeenskaplike verantwoordelikheid om die boere op hul plase te hou en dit sal daad by die woord voeg as die stedelinge bydra vir die sekuriteit van die boere – die voedselproduksie (en hou in gedagte dat ander produkte soos wol ook van boerdery kom en deel van die ekonomie en toekoms van die land is).

Claudie le Roux ·

Is daar ‘n manier om die ou kommandostelsel weer aan die gang te kry?
Ek is bereid om finansiele bydrae te gee vir ‘n fonds inisiatief, is daar iemand wat kan raad gee oor die daarstel van so fonds? Daar moet ‘n manier wees om ‘n basiese sekuriteits risiko analise te doen en voorstelle te gee van opgradering.
Basiese sekuriteit kan die installering van bewegingsmonitors wees, ek glo nie dis te duur en ‘n paar om die huis kan dalk net ‘n verskil maak en die mense binne die huis waarsku.
As iemand wat op ‘n plaas grootgeword het, verstaan ek baie van die boere se uitdagings en lê die bedryf my na aan die hart. Hulle moet ondersteun word, kom ons kyk waar enige praktiese hulp gegee kan word.

Johan Briedenhann ·

Stem saam met die kommando stelsel. Nou die aand op Radio Pretoria het ‘n ou generaal die idee afgesiet. My persoonlike gevoel is, daar is baie blanke werkloses wat met BEEE en ander wette getref is. Hulle kan op plase werk en ook opgelei word in beskerming tegnike, ook dan by die hudige stelsels in te skakel, nie iets ongewoon as ek dink hoeveel mense het al in Amerika en Israel op plase gaan werk.

Peet J ·

Kallie, net ter inligting dit is maklik om te praat beveilig jou woongebied en wees paraat. Ek bewoon ook ‘n kleinhoewe:-
Om my woongebied met palisade 2 meter hoog te omhein het dit my R70 000.00 uit die sak gejaag baie van die werk het ek en my seun self gedoen. Die instalering van ‘n sekuriteitstelsel het my R3500.00 gekos met ‘n maandelikse paaiement van R350 .00 vir gewapende reaksie. My skaap en bokke se kampe kos my R30 000 met ligte en sirenes . Die elektriesekabel van een van my boorgatpompe moes ek vervang weens diefstal 30 meter. Die stoor waar my elektriesegereedskap geberg word was oopgebreek en my skade het ongeveer R15000.00 beloop geen assuransie . Ek het maar besluit om alles wat nog oor is te verkoop maar is nog dankbaar dat ek nog lewe. Om in jou eie tronk te sit kan nie eers meer gesellig met jou familie verkeer nie want jy moet gereeld oor jou skouer loer en met een oog toe en die ander oog oop mee slaap en elke nag geluid wat jy hoor te probeer identifiseer is om van jou ‘n senuwee wrak te maak.

JC ·

Wat kan ons doen Peet, wat kan ons doen?
Ons het nie ‘n keuse nie, met ONS land in ‘n toestand van ‘n smeulende lae intensiteit burger oorlog. Vandag sien ek twee swartes by die winkel met EF “student command” petjies op; toe wil ek my kapabel lag!! Waaroor is die mense kwaad dink ek toe by myself, is dit nie genoeg dat hulle kan studeer nie? Waar is die dankbaarheid? Maar toe onthou ek: hulle studeer nie,ten minste nie soos ek en jy die konsep van akademiese studies verstaan nie. Miskien kan hulle eendag ‘n “meestersgraad” bekom in opstokery, moeilikheidmakery en politiekery. Intussen studeer ons Afrikanerkinders hard met neuse in hul boeke, om eendag van hulle bestaan ‘n sukses te maak. Wat gaan eendag van die “studente” word wanneer hulle klaar “gepolitiek” is, gaan ‘n werknemer vir hulle ‘n werk aanbied op grond van hul vorige politiekery? Ek dink nie so nie.

Andrea ·

Nee, JC, hul kry werk op grond van hul velkleur terwyl my en jou kinders wat so hard studeer het, werkloos sit.

George ·

Dit is waar dat a sekuriteits stelsel by en om a plaashuis duur is .Realiteit.Dit is ongelukkig nie genoeg nie As daar nie a ten minste 80 persent gemeeskaplike betrokkenheid by a bykomende gemeenskap sekuriteits skema is nie gaan die gevaar faktor baie hoog bly.Daar is instansies en sekuriteits firmas wat sulke projekte aanbied wat relatief goedkoop uitwerk as die hele boeregemeenskap in a area betrokke raak.

Peet J ·

Volgens my ondervinding waar ek tans woonagtig is stel die swartes wat ook kleinhoewes hier bekom het geensins belang om sekuriteitstelsels waar hulle woonagtig is te laat implimenteer nie hulle is ook nie bekommerd oor grensdrade nie (vra my) . Gemeenskaplike betrokkenheid wat op blankes betrekking het, Ja ! maar die oorgrote meerderheid kleinhoewebewoners het ‘n skarale maandelikse inkomste asgevolg van ouderdom, siektes en afhanklikes ;kom vergewis jou maar self wanneer markdae gehou word, die stalletjies waar die items van die hand gesit word, word ook nie kosteloos aan die entrepreneurs beskikbaar gestel nie. Ek weet nie maar ek dink die Afrikaner se voortbestaan in die NSA Gauteng, laat veel tewense oor. Daar is nog veiliger provinsies om heen te gaan in die Noorde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.