Verset teen owerheidsvergrype ook Christelike beginsel

Adi Schlebusch skryf uit Bloemfontein: 

Adi Schlebusch.

Ds. Ronald Bain skryf in sy meningstuk “Die prys van stilte kan vryheid wees” (15 Mei) dat “as ons nie besef dat dit [die afskaffing van eredienste] ’n vorm van geloofsvervolging is nie, het dit donker geraak.”

In aansluiting hierby meen ek dit is belangrik om die beginsel van Christelike verset teen owerheidsvergrype te benadruk.

Gehoorsaamheid aan die owerheid was nog altyd ’n belangrike Christelike beginsel (Rom. 13:1). Paulus skryf egter in Romeine 13:3-4 ook oor die owerheid se verantwoordelikheid voor God, naamlik om die goeie te beloon en die kwaad te bestraf.

Wanneer owerhede egter die teenoorgestelde doen, is dit nie net belangrik om hulle aan hul verantwoordelikheid te herinner nie, maar ook om God meer gehoorsaam te wees as mense (Hand. 5:29).

In die lig hiervan het baie gesaghebbende teoloë in die geskiedenis die noodsaak van verset teen ’n owerheid wat van gelowiges eis om teen God se wil op te tree, beklemtoon. Hiervan is die Skotse Hervormer John Knox seker die bekendste voorbeeld. Hy het geleer dat verset teen tirannie gehoorsaamheid aan God is.[1]

Soos gehoorsaamheid aan die owerheid, leer die Bybel immers ook dat kinders hul ouers moet gehoorsaam, maar min gelowiges sou seker beweer dat wanneer ’n pa sy kinders mishandel, weerstand ongeoorloof sou wees.

Gehoorsaamheid aan die owerheid behoort ons uitgangspunt te wees, net soos om die vrede na te jaag. Maar, soos daar ook in uitsonderlike gevalle ’n tyd is vir oorlog (Pred. 3:8), so is daar ook ’n tyd vir aktiewe verset teen owerheidsvergrype.

Ten spyte van honderde briewe en vertoë is eredienste nou al vir twee maande deur die owerheid afgelas. Gelowiges behoort hulself daarom te vra of daardie tyd nie alreeds aangebreek het nie.

[1] Knox, J. Interview with Queen Mary I. Dickenson (red.). New York: Philosophical Library, 1950.

Hierdie rubriek is ʼn lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Drikus

Om op die Here te wag, is daar twee sleutelelemente nodig: ‘n volledige afhanklikheid van God en ‘n bereidwilligheid om Hom toe te laat om die uitkoms te bepaal, insluitend die tydsberekening van sy plan. Om God te vertrou met die tydsberekening van gebeure is een van die moeilikste dinge om te doen. Psalm 123:2 “Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres—so is ons oë op die HERE onse God, totdat Hy ons genadig is. “

Chris

Ek het self met Romeine 13 gedurende die afgelope paar maande geworstel. Dit is reg en edel om teen ‘n beskaafde staat/regering in opstand te kom as iets nie reg verloop nie. Die Israeliete is telkemale deur ander nasies onderwerp en het swaer gekry. God het elke keer ingegryp en tot hul redding gekom. Van die Egiptenare tot Filistyne het die volk Isreal onderdruk. Die massas kan hulself daarop roem dat hulle ook in opstand teen die vorige regering gekom het, en God hulle verlos het met hul “bevrydings teologie”. Die skoen is nou aan die ander voet. Ons wittes… Lees meer »

Vrijburger

Moet asb tog net nie verwag dat die NG kerk of haar predikante stem sal verhef oor ongeregtighede gepleeg deur die ‘owerhede’ nie. Nog al jare kruiperig stil oor kwota’s, BEE ens.

Jaco

toe ons iets aan die saak kon doen, toe was ALMAL stil of het gekom met “dit kan nie werk nie” en “waar sal die geld daarvoor vandaan kom”. Ek verwys na klein regse organisasies wat al in die vroeg 1980’s gepleit het vir afstigting, volkstaatskepping ensovoorts. Tot die regse Konserwatiewe Party en die Herstigte Nasionale Party het met daardie 2 afgesaagde verskonings gekom.
So ja, dis ook maar ons eie skuld dat ons is waar ons is vandag. Kom mos gedurig met “dit kan nie werk nie” en “waar sal die geld daarvoor vandaan kom”.

twaalfboor

MM dis Bloemfontein en nie “Boloemfontein” nie. Regtigwaar…… soveel blatante spelfoute in baie van jul berigte.