Lesersbrief: Vir wie gaan jy stem?

frik-lotz-sasolburg

Frik Lotz. Foto: Verskaf.

Frik Lotz van Sasolburg skryf:

Met die nasionale verkiesing op hande is die vraag natuurlik vir watter party moet mens stem? Die antwoord is eintlik heel eenvoudig.

Kyk watter party se waardes stem min of meer ooreen met jou eie waardes en dan stem jy vir daardie party. Is Christelike waardes vir jou belangrik? Voel jy sterk oor Afrikaans, jou kultuur, geskiedenis en erfenis? Is jy gekant teen regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en die voorgenome onteiening sonder vergoeding?

Indien wel, dan moet jy stem vir ʼn party wat ook sterk staan oor bogenoemde sake en nie sal skroom om te veg vir jou regte nie.

Dit is maar net een voorbeeld en elke kieser sal self moet besluit watter party die beste na sy belange sal omsien. Maak egter ʼn ingeligte besluit en moenie val vir die propaganda dat ʼn party te klein is of iets dergeliks nie.

In elk geval word ʼn party tog groter en sterker hoe meer mense daardie party ondersteun by die stembus.

Die 2019-verkiesing gaan uiters belangrik wees en mense moet sorg dat hulle op stemdag by die stempunte uitkom en hul kruisies trek. Elke stem tel en gaan beslis nie verlore met die proporsionele stelsel nie.

Die mag is in die kiesers se hande en glo my, jou stem gaan ongetwyfeld ʼn verskil maak. Maak seker jy is geregistreer en gaan stem beslis vir die party van jou keuse op stemdag.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Hendrik ·

Dit is net logies dat jy vir ‘n party stem wat naby is aan jou waardestelsel is. Ek verwondermy net oor party Afrikaners se keuses tydens die verkiesings.

Hendrik ·

Het die Front Nasionaal al onafhanklike areas begin identifiseer vir groepering of gaan hulle inskakel by Orania en Kleinfontein? Dit is vir my belangrik dat mense nie net sitplekke warm maak in raadsale nie en maar daadwerklik iets doen wat by hul verkiesingsmanifes pas.

IK ·

Stem vir die party (persoon) met die minste beloftes want dis hy wat jou die minste gaan teleurstel.

mc ·

Ek dink die Vryheidsfront Plus kan hom maar regmaak vir ‘n groot toename in ondersteuning.

waarheid1 ·

Vryheidsfront Plus.
Ek stem vir geen ander party nie – want die hele spul dink net aan hulself en nie aan die land en sy mense nie.

Krummel ·

Dankie Frik, ek verstaan presies wat jy bedoel. Daar is net 1 party waar die Afrikaner inpas en dit is Vryheidsfront Plus. Dit is logies om vir hulle te stem, want as Afrikaner kan jy nerens anders inpas.

BAREND ·

kies reg ……………..bly weg ………………….stem HNP

Gert ·

Nou wil almal weer vir Cope stem, reeds hulle koppe gestamp met DA, nou doen weer dieselfde. Gister in ‘n ander gesprek oor Cope, stel ek toe voor wat van VF+, toe is die reaksie: Nee, ons sal vir VF+ stem in munisipale verkiesings, maar Cope in nasionaal. Dus impliseer dit: VF+ is goed genoeg om te besluit oor vullisverwydering, maar nie om betrokke te wees in die parlement waar die belangrike besluite oor bv BEE en regstellende aksie geneem moet word nie, daar stem ons eerder vir ‘n swart party. Dit terwyl VF+ die enigste party is wat opstaan teen BEE en regstellende aksie.

Andre ·

Die DA is lankal nie meer `n opsie vir baie mense.
Ek stem VF+ want Mmusi se waardes is baie ver weg van wat ek in glo.

Veronica ·

Beslis DA. Wes Kaap vertoon 100% beter as ander provinsies waar ANC in beheer is. Kleiner partye gaan koalisievennote moet oorweeg, want hulle gaan beslis nie soveel groei, dat hulle enige van ANC, DA of EFF noodwendig gaan vervang. DA weet van dienslewering, beveg korrupsie en is teen grondhervorming sonder vergoeding. Goeie beleide is in plek. Party is ook divers.

Gert ·

Weskaap vertoon beter weens sy ander demografie (bevolkingsamestelling), nie weens DA nie. Kyk maar na JHB en Pretoria, niks het verander na DA oorgevat het nie. Boonop is DA ook te klein om sonder koalisies te regeer.

klonkie ·

Gert , juis weens die DA. Jy vergeet dat die Wes-Kaap voorheen deur die ANC regeer is. Dienste is nou BAIE beter en geen korrupsie nie. So meer geld om behoorlike dienste te lewer. DA het nie koalisie vennote in die Wes-Kaap nodig nie

Koos ·

Net soos ‘n profeet nie in sy eie land erkenning geniet vir sy goeie dade en wyshede nie, is dit ook maar so hier by ons wanneer die keuse van ‘n party waarvoor gestem word, gemaak moet word.

Lees weer mooi wat Frik Lotz in sy tweede paragraaf skryf, en kies dan die party wat by jou waardes en aanvaarbare normes pas om voor te stem.
Maw, plaas jou kruisie agter die party wat jou soort die beste verteenwoordig – ten minste is jy dan eerlik teenoor jouself en behou jy jou selfrespek.

Kerneels ·

Ek stem VFplus. Ek het jare DA gestem maar my oe het oopgegaan. Ek is net gebruik. Lekota se die regte goed nou na Maimane se ware kleur(e )wys. Maar my stem vertrou ek by my eie mense.

GRIET ·

Neeeee…wat my sg. EIE mense, fw ens. het mý ookal GENOEG terleurgestel!
ALLE politici hét grootmonde en maak beloftes..CATCH 22
Gaan nié oor ñ SWART of WÍT leier of SWART of WÍT politieke party nie,gaan oor ONS MOET HANDE VAT !!
VF front VF +is HOPELOOS TE KLEIN EN TE MIN blankes, met té min impak !!!!! GEEN swart+gekleurde stem HIER NIEEEE..
COPE+ACDP+VF in koalisie hét ñ kans

Blaarman ·

Die ANC regering gaan wettiglik en demokraties hulle tirannie voortsit, ons regte vertrap, en ons eiendom onteien sonder vergoeding.

Ek weier om legitimiteit tot hierdie proses te verleen.

Daarom stem ek nie.

Kies reg. Bly weg.

Wynand ·

Net as jy voorheen ANC gestem het en jou oë nou oopgegaan het maak wat jy sê enigsins sin. Enigiemand wat teen die ANC en EFF stem maak ‘n verskil, maar om nie te stem nie is gelykstaande aan boedel oorgee…

Blaarman ·

Ons het nie vergeet hoe die DA ons herhaaldelik in die rug gesteek het nie, veral toe dit nie meer gerieflik was om nie-rassig en liberaal te wees nie.

Cherokee ·

Om DA te stem is buitendien om witmense in die rug te steek.

VD Merwe ·

Die eerste persoon met die regte kommentaar. Om aan die stemproses deel te neem is om jou stempel van goedkeuring op dit als te plaas, ongeag vir watse party jy stem. Party politiek hoort nie in ons volk nie veral nie ‘n volk wat veronderstel is om gelowig te wees nie. Hierdie proses is op ons af forseer na uniewording en mense dink dit is al proses tot verteenwoordiging. Hou op die bog op die lamppale lees en glo. EK SE WEER – JY MAG NIE AAN DIE STEMPROSES DEELNEEM NIE.

Frans C ·

Die grootste probleem in Suid Afrika is die aantal politieke partye wat matuurlik die ANC bevoordeel omdat die opposisie so verdeel word.Daar was op ‘n stadium 585 geregistreerde politieke party in Suid Afrika waarvan 285 op Nasionale vlak geregistreer was en 300 op Provinsiale vlak.

Op Nasionale vlak het jy 500 geregstreerde kiesers nodig wat jou ‘deed of founadtion’ ondersteun en ‘n R500 registrasie fooi is betaalbaar.Op Munisipale vlak is dit 100 geregistreede kiesers en R200 registrasie fooi per Munisipaliteit.

Die vereistes op Nasionale vlak is mi veels te laag.In 2014 bv het die ANC vir elke 46000
stemme ‘n setel in die Parliament verwerf.Enige Party wat dus wil deelneem behoort
ten minste 46000 geregistreerde kiesers te trek alvorens dit kan registreer vir deelname.

Dit behoort die aantal opposisie partye te verminder en met minder keuses behoort daar ‘n sterker oppisie na vore te tree.

Die DA se onlangse debakel met De Lille was teleurstellend en gaan ek my keuse verander en vir die Vryheidsfront stem.

Wynand ·

Net as jy voorheen ANC gestem het en jou oë nou oopgegaan het maak wat jy sê enigsins sin. Enigiemand wat teen die ANC en EFF stem maak ‘n verskil, maar om nie te stem nie is gelykstaande aan boedel oorgee…

Blaarman ·

Nee Wynand. Indien jy aan die stemproses deelneem, moet jy jou berus by die produk van die demokratiese proses. Dit is “the tyranny of the masses” waarna daar dikwels verwys word. Dit is nie ‘n ingewikkelde konsep nie.

Daar is ook dood eenvoudig nie genoeg opposisie om die ANC te verslaan nie, en die EFF tel nie as opposisie nie. As jy dink hulle doen, kyk maar net terug na wat alles verloop het sedert die EFF “in koalisie” met die DA gegaan het: die land het met rasse skrede gegly na radikale sosialisme. Die “grootste opposisie”, die DA, het weinig hond haaraf gemaak en groot hoeveelhede ateun verloor.

Die VF+ en COPE het darem opgestaan en beginselvaste stellings in parlement gemaak, maar dit is sover dit gaan. In terme van demokratiese prosesse het hulle weinig uitgerig gekry, en dit sal nie verander nie (hulle het eenvoudig nie die syfers nie).

Die mees effektiewe tenvoeter tot dusver was buite-parlementêr, deur burgerregte organisasies soos Afriforum, OUTA, die IRR, The Free Market Foundation, TLU SA, Solidariteit, Akademia ens. Ek gee my tyd, opgawes en energie aan sulke inisiatiewe, want dit skep ‘n alternatiewe toekoms vir die Afrikaner en ander vryheidsliewende mense.

Tot dusver was ek nie verkeerd nie.

Piet Makwas ·

VF+ is oopkop oor waar ons is en wat ons wil hê onder die huidige bedeling.

Jaco ·

Ek dink ek gaan hierdie jaar VF Plus stem. Hier in Rustenburg is die VF se plakkate op amper elke lampaal, vir meer as n week nou al. Die DA het dalk 50 plakkate opgesit, die res niks. Ek gaan stem vir n party wat moeite doen om my stem te wen en Dr Pieter roer hulle in die Parlement.

Rustenburger ·

VF plus is baie sterk in Rustenburg en groot dele van Noordwes en groei vinnig in ander provinsies. Ek gaan ook so stem.

Marie le Roux ·

Ek het al die jare DA gestem. Maar besef nou dan laat ek diskrikinasie teen my eie mense toe. Da haat blankes en is Anc lite

Fanie Kemp ·

“Die hand wat die kruisie maak, is die hand wat aan die toekoms raak”.
Asseblief! Dink aan ons kinders en kleinkinders, ons Taal en Kultuur se toekoms.
Feitlik alle Politieke Partye het klein begin en sterk geword deur kiesers wat vir hulle gestem het.
Stem volgens jou beginsels.

Blaarman ·

Mense, ons moet meer doen van dit wat werk en minder van dit wat nie werk nie.

Stem werk nie, en gaan ook nie werk nie.

Ek nooi julle uit om my met goeie logika en feite van die teendeel te oortuig (vermy liefs gemeenplase, oftewel “platitudes” en retoriek).

Hendrik ·

Ons het elke jaar verkiesing in ons selfstandige onafhanklike woongebied. Stem en werk vir wat saakmaak en nie net elke vyfjaar om ‘n goeie demokratiese burger te wees nie.

Blaarman ·

@Hendrik Verwys jy hier deur “onafhanklik” na Kleinfontein of Orania? My kommentaar is bedoel spesifiek ten opsigte van die huidige Suid-Afrikaanse politieke stelsel en demografie.

Nico Lodewyks ·

Klonkie kry jou feite reg – die DA regeer in W Kaap in koalisie met VF plus. Die Speaker, Dirk Smit is VF PLUS!.. DA is soos afkop hoenders wat sonder rigting hardloop en niemand weet waarheen nie! Ek stem VF Plus of ACDP – al partye sonder interne probleme en leierskap krisisse.

Lynette ·

Ek het voorheen DA gestem..maar nie weer nie..sal nou VF+ stem..stem vir ons eie mense en ons eie waardes..hoe meer stemme hulle kry hoe sterker word hulle en hoe meer setels kry hulle

RATEL ·

VF+
As DA regtig wil vasklou sal hul koalisie met VF+ wat OUR people meer mag sal gee en hopenlik poste. So moenie bang wees nie. Baie van ons stem al jare DA oor hul Best of the rest maar eintlik niks waarvoor Baie Afrikaners staan. En mense in hul Kaap Bubble, jy hoef regtig nie great te wees om beter as cANCer te doen nie! Sterkte aan VF+ , hoop maar van ons verlore skape kom trug kraal toe

nikkie ·

ek het vir jare vir die DA gestem maar o wee hulle gaan duidelik my stem die jaar verloor en so ook vir die volgende verkiesing, baie beloftes was gemaak en daar het niks van gekom nie . VF sal my stem wees

BAREND ·

VF+ Dit is die regte party ,mens met waardes ,hulle werk saam ,goeie mense

Heksie ·

DA sien my nie weer nie, Maimane het sy ware kleure gewys en hy kan maar netsowel dan maar saamsmelt met die regerende party, al stry hy lewe en dood dat die DA niks is in vergelyking met die anc nie.
Ek vertrou nie regtig enige van die politieke partye nie, maar VF+ sal my stem kry hierdie jaar. Kom ons kyk dan maar wat hulle kan vermag, aldan nie, want politiek bly maar politiek.

lisa ·

het ook altyd DA gestem. doen niks omtrent plaasmoorde of rassehaat nie. Ek het Mr Terror Lekota uitgekyk en hy is duidelik leier materiaal. VF+ is ongelukkig n te klein party, en met die meerderheid in die land, sal hul nooit aan bewind kom nie. dis 2019, swart, wit, kleurling, Indier, moet almal nou hande vat en n blinker toekoms vir SA maak. Dat ons nie opeindig soos Zim deur die EFF nie. (nie dat hulle inelkgeval sal wen nie. ANC is te korrup en sal nooit afstaan nie. Maar daar is seker hoop.

Hendrik ·

Onthou Lisa die DA het oorspronklik in die Wes-Kaap met die hulp van die VF+ aanbewind gekom. Onthou hoe die proposionele stelsel werk en onthou dat COPE dieselfde beleid het as die DA, ANC. Mooi dink voordat jy stem..

JohanL ·

Ek lees daar is verskeie mense wat met hul (in hul opinie) goeie redes nie wil deelneem aan die verkiesing nie.

Maar mense – dink asb mooi. Met die proporsionele stelsel, tel elke stem (en dit is nie politieke retoriek nie). Ek het jare gelede na die verkiesingsuitslae gaan kyk en “nuwe somme” gemaak, sou almal wat nie gestem het nie, wel gestem het. As al daardie persone vir enige party gestem het behalwe die ANC, dan sou die ANC se verteenwoordiging in die parlemement reeds verskeie verkiesings gelede in die lae 50 persentasiepunte gewees het. Dan sou die ANC nie sekere wette so maklik kan stoomroller deur die parlement nie.

Ja ek stem saam dat daar (ongelukkig) geen party tans is wat waarskynlik op sy eie die nodige steun sal kry om op sy eie oor te neem nie (te veel landelike steun van ongeletterdes vir die ANC). Maar ons moet probeer om die ANC so “swak as moontlik” te maak in die parlement waar die wette gemaak word. En al hoe mens dit kan doen, is om vir enige party te stem behalwe die ANC – natuurlik persoonlik ook nie vir EFF nie. Enige persoon wat hulle steun moet sy kop laat lees.

Met bogenoemde argument is DA, VF+ en Cope goeie opsies vir my, maar met persoonlike waardes in ag geneem, is VF+ my keuse. Dit dan maar my denkproses.

Blaarman ·

Deel asb jou berekeninge – dit strook nie met myne nie.

Die fout wat ook heel dikwels gemaak word, is dat sommige partye verkeerdelik as opposisie tot die ANC getel word. Soos in die geval van onteiening, is hulle nie!

VD Merwe ·

Dankie Blaarman. Jy kon dit nie beter gese het nie. As jy deelgeneem het aan die stemproses moet jy jou berus met die resultate. Demokrasie is ‘n baie mooi woord vir ‘n baie groot euwel wat baie mooi vermom is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.