Lesersbrief: Wanneer ’n tragedie misbruik word

Andile Mngxitama van BLF. (Foto: Facebook)

Pieter-Ben Roos skryf: 

Afrikaanse harte klop vandag volgens een ritme. Ons treur oor die verlies van vier leerders van Hoërskool Driehoek. My hart was warm toe ek sien hoe ons mense die slagoffers se naasbestaandes en geliefdes omhels. Ossewa-omgee!

Ek kon nie in my wildste drome voorsien dat hierdie fratsongeluk en die pynlike verlies van lewe gebruik gaan word vir politieke gewin nie. Die kommentare op Twitter, Facebook en so meer, het my hare laat rys.

Ons moet die onmenslikheid van hierdie gedrag op grondvlak verwerp. Elke individu wat hierdie tragedie verwelkom het, moet strafregtelik vervolg word. Die bekende nuusagentskap News24 is nie daarvan uitgesluit nie. Op 5 Februarie het hulle ʼn artikel geplaas waarvan die opskrif lui: “Black anger is justified”. Hierdie artikel kondoneer die blatante rassistiese opmerkings van sosialemediagebruikers soos ene Siyanda Gumede.

Lindsay Maasdorp, die BLF se nasionale woordvoerder, het hierdie kommentaar nie net op sosiale media oop en bloot goedgekeur nie, maar het ook gejuig en gejubel.

Hoe kan ons toelaat dat ’n party, wat nie eens hul rassisme vir onskuldige kinders tersyde kan stel nie, aan ’n verkiesing deelneem?

Die BLF het die dood van vier kinders as platform vir politieke gewin en stemwerwing gebruik. My vraag is dus soos volg: Waarom kry hierdie party meer stemme deur rassistiese praktyke? Wat is die skaal van hierdie verdwaalde, geestesversteurde ideologie? Daar moet ʼn rede wees dat hulle glo dié uitsprake gaan stemme vir hulle beteken.

Ten slotte, om die BLF in die parlement te hê, is ondenkbaar en dit moet om elke hoek en draai teengestaan word. Liberale woordspel gaan hulle nie uit hierdie geveg loswikkel nie.

Hierdie aangeleentheid is ʼn aanval op ons kinders en ons menswaardigheid en ons sal nie terugstaan nie.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

koos ·

Ons politiek laat my dink aan die Duitsers wat na die eerste wêreld oorlog vir Lenin met miljoene terug gestuur na Rusland, om soos hulle dit gedink het, die Russe van binne af te beveg met komunisme. Wel die einste Duitsers het in die tweede wêreldoorlog hulle alies teen hulle “koalisie venoot” gesien. Daarna het die Russe, Engelse en Amerikaners “mooi” saam gewerk tot die koue oorlog. Wat ek probeer sê is dat almal glo die EFF en BLF is deur die ANC geskep en “ontplooi”. Hierdie dink kan in almal se gesigte opblaas!

Pieter de Lange ·

Die mense hardloop media toe want hulle dink dit gaan hulle help. media versprei net worde en worde maak niks. Dis tyd om die bull aan die horings aan te vat die awb sou nie terig staan nie en ek gaan ook nie dis tyd vir aksie staan saam of hou op moun ons is slimmer as hulle ons weet hoe om te baklei.

willem Botha ·

Ek weet nie hoekom daar enigsins oor die blf in afrikaanse media geskryf word nie, ek stel voor die lesers stem of hulle in enige nuus van rassistiese organisasies soos die eff of blf belangstel.

Veritas ·

Willem ek voel soos jy voel oor die blootstelling wat aan die wesens gegee word. Aan die ander kant, is dit goed om jou vyand te ken

Hans ·

Wonder of dit moontlik is om strafregtelik ook teen News24 op te tree nie?

Reinhardt ·

Die BLF is idiote, punt. Maar om hulle te verban? Daarmee stem ek nie saam nie. Almal wat n party wil stig, moet dit kan doen, laat die stembus bepaal of hulle gaan stemme kry of nie. Geen regering of samelewing moet vir jou kan sê hoe om te dink nie, al is jy verkeerd. As hierdie ouens wil rassisties wees, dan laat hulle rassisties wees. Die realiteit is dat dit hulle nerens gaan bring nie.

Joeu ·

Maar volgend Mmusi en CR is “balck anger justified” nie waar nie? Eks TROTS WIT, WHITE PRIDE! en nie skaam oor my velkleur nie, die BLF moet kom toon teen toon staan, dan sal jy sien hoe pateties hulle is. Kyk bietjie na stakings, 4 000, een skoot klap, een baklei terug dan sien jy hoe van wat hul gemaak is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.