Wat beteken rassisme regtig?

rassisme mnn_com

Grafika: Mnn.com

(Tensy anders gemeld, kom aanhalings uit verskillende uitgawes van Beeld)

Wanneer ʼn ekonoom ʼn stelling maak wat gegrond is op statistiese gegewens en daardie stelling word dan beskryf as rassisties en daarby word hy geskors, is dit duidelik daar moet ander faktore as gewone skeltaal wees wat die buitengewone reaksie onderlê. Wat is hierdie verskuilde faktor wat nooit genoem word nie maar eintlik die verskynsel van rassisme definieer?

Sim Tshabalala is die uitvoerende hoof van Standard Bank waar die betrokke ekonoom geskors is. Hy skryf ʼn lang en sinvolle brief aan sy personeel oor die voorkoms van rassisme en die hoop om dit uit te roei en hy gee die volgende (vertaalde) definisie van rassisme: “rassisme is die ontkenning van volle menslikheid en van die menswaardigheid van ʼn mens of groep, op grond van hul fisieke voorkoms of etnisiteit.”

Hier is weer ʼn aanduiding dat ander faktore eintlik betrokke moet wees, want die ekonoom se sogenaamde rassisme beantwoord nie aan hierdie definisie nie, aangesien hy geskryf het “More than 25 years after apartheid ended, the victims are increasing along with a sense of entitlement and hatred towards minorities …”. Sim self gee ʼn aanduiding van hierdie verskuilde faktor wanneer hy verwys na die Amerikaanse regter Oliver Wendell Holmes en sy “veronderstelling van swart minderwaardigheid”.

Is dit dalk ʼn gevoel van minderwaardigheid wat sommige swartes so sensitief maak vir wat veral witmense sê?

Eusebius McKaiser gebruik in “Run racist run”  baie van sy persoonlike emosies om die “monster” van rassisme te veroordeel. Hy rig hom eintlik tot die blankes en glo “racism has seeped into the character of the racist even when we do not see the racist performing racist actions”. Nogtans verwys hy ook na die verskuilde faktor wanneer hy vra “why is it that we often measure ourselves … against what white people do, or have done?” Hy vertel van ʼn vrou wat “had never once in her academic career, as either student or lecturer, ever felt at home anywhere because she was a black woman …”. Op ʼn positiewe noot sien hy egter tekens van “breaking the inferiority complexes we inherited socially.”

Wie sal dan tog die swart burgers van Suid-Afrika kan lei uit hulle gevoel van minderwaardigheid in wit geselskap? Nie die politici nie. Maar daar is ander leiers en gewone mense wat begin om van hulle te laat hoor. Sam Ditshego, ʼn gewone burger, skryf ʼn brief aan The Citizen waarin hy sy mense leer “Dignity is not located in seeking equality with the white man and his civilisation. It is about being oneself with all one’s own ways of being, doing and knowing.”

Nog so ʼn jong man is Temba Bavuma, Protea-kolwer wat die eerste swart speler in SA geword het wat 100 lopies kon behaal in ʼn toets. Krieket is sy passie en hy is min gepla deur mense wat dink hy is ʼn kwotaspeler, sekerlik omdat hy die innerlike oortuiging het van sy eie vermoëns. Rapule Tabane, politieke redakteur van City Press skryf (vertaal) “Ons het werklik ons wit mede-Suid-Afrikaners nodig om ons te help om teen hierdie monster, rassisme, te veg …”

Herman Mashaba, stigter van “Black like Me” verklaar: “Regstellende aksie is nie bemagtigend nie. Dit is beperkend, vernederend en beledigend teenoor diegene wat aan die ekonomie wil deelneem…” Moeletsi Mbeki, joernalis, kommentator en broer van die vorige president, stem saam dat swart ekonomiese bemagtiging (SEB) ʼn probleem is. “Ons land het entrepeneurs nodig en SEB skep ryk mense, om presies te wees, politici wat ryk mense word. Nà soveel jare het werkloosheid net gegroei …”

Al die groepe in die land moet trots word op eie identiteit, eie kultuur en moet hard werk om ʼn staanplek in die lewe te kry, om “superior individuals” te word. Dan sal rassisme vanself verdwyn.

Dr. Breytie Breytenbach

Hierdie rubriek is ʼn lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

14 Kommentare

m ·

Goeie artikel. Die grootste probleem is maar die ingebore minderwaardigheids gevoel wat hierdie mense het en hoe gouer hulle oor dit kom hoe gouer gaan dit beter gaan in die land.

JL ·

Ek stem saam.
Ongelukkig sal ras nog vir ‘n baie lang tyd as sweep gebruik word deur gierige, haatdraende politici.

Nakkie ·

Baie goeie observasie. Een kommentator skryf: “Jy kan nie sê ek moet oor dit kom nie. Dis soos om vir ‘n verkragte vrou te sê kom oor dit” . Goeie punt wat hy het. My antwoord sou net wees, daardie vrou kan nie dan haar kinders ook leer om alle mans te haat nie.

Haat kan nie haat uitwis nie. Net Liefde kan.

Dirk Breytenbach ·

Daar is twee uitdagings wat SA tans in die gesig staar. Die ekonomie en rassisme. Rassisme vernietig op verskeie terreine naamlik nasiebou, selfrespek, sekuriteit, ekonomiese vooruitgang ens ens. Voordat SA enigsins vordering kan maak op ekonomiese gebied behoort ons ingesteldheid tov wedersydse respek dramaties te verander om alle Suid Afrikaners te verseker van ‘n positiewe gedeelde toekoms. Rassisme word deur alle bevolkings groep vertroetel dis nie slegs ‘n wit probleem nie. Quo vadis?

Reinhardt ·

Uitstekende stuk. Ek sê al lank dat die minderwaardigheidskompleks van swart Suid-Afrikaners net negatiewe gevolge dra. As ek n engelssprekende n “soutie” noem gebeur daar een van twee goed. 1. Hy skop my wind uit of 2. hy lag vir my en terg my afrikaanse aksent. Maar sê ek enigiets negatief van n swarte is ek n rassis.

Magda ·

Dit is so dat ons blankes as rassiste uitgekryt word maar duisende blankes ervaar rassisme van die swartes se kant af. Dink byvoorbeeld aan die Taxi’s wat maak nes hulle wil,ry waar hulle wil en stop net waar en wanneer hulle wil. Hulle dink hulle het die reg om te maak wat hulle wil omdat hulle swart is. Wanneer jy dan bv ,nadat hy jou van die pad af gedruk het bv vir hom sou hoeter blaas, of jou doodegwoon jou kop skud omdat jy sy optrede nie verstaan nie,sonder om n skewe word of n skelwoord te uiter, word jy summier uitgeskel as : you racsist! Is dit nie dalk een van die redes waarom so baie wittes dalk “gelabel” word as rassiste nie? Bloot omdat ons optree soos normale landsburgers,maar daardie optrede word deur die swartes van ons weggevat? Bevorder hul nie self die “verkeerdelik” beskryfde rassisme wat na hulle kant toe kom nie?

Magda ·

Tog jammer dat mens se kommentaar nie geplaas word as jy die waarheid praat ..

Henk ·

Goeie, insiggewende stuk. Ek sien die problem so : Vir solank as wat daar regstellende aksie, SEB of die kwota stelsel in sport daar is en in wetgewing verskans word, vir solank sal die gevoel van minderwaardigheid onder swartes voortduur. As jy weet dat jy as gevolg van jou velkleur en nie as gevolg van meriete in enige ding aangestel is, gaan dit noodwendig veroorsaak dat jy , soos tans, ongelooflik sensitief raak vir enige vorm van kritiek wat jou geskiktheid bevraagteken . Die oplossing is eenvoudig, hierdie wetgewing moet geskrap word en meriete moet die enigste kriterium word asook dat daar moet leiers wees wat nasie-bou voorop stel. Hier kan baie lesse by ‘n ou klein landjie soos Swaziland geleer word. Daar se die burgers vir jou prontuit is jy eerstens ‘n Swazi, daarna is jy ‘n blanke, ‘n kleurling, ‘n chinees, ‘n isiSwazi of wat ook al. Hier moet ons dus eerstens Suid Afrikaners en dan as bysaak Sotho, Zoeloe, Kleurling, Indier Blank of wat ookal wees. Vir so lank as wat ons leiers het wat bly hamer daarop dat “hulle grond ” deur die blankes gesteel is en die rassisme perd bloots gery word vir al wat hy werd is om die aandag weg te lei van swak vertonings deur die regering, vir solank sal ons rassisme bly beleef.

StopTheMadness ·

Veralgemenings is n gevaarlike ding. Alle blankes is nie dieselfde nie, ook nie alle swart mense nie, ook nie alle vrouens nie, ook nie almal met bruin hare nie. Die punt is dat individue verskil. Ons moet egter aanvaar dat die ANC en ander sg. vryheidsbeweings hulle bestaansreg te danke het aan apartheid. Geen apartheid = Geen ANC. Om hierdie rede sal die regerende party altyd uit sy pad gaan om Apartheid en rassisme lewendig te hou. Die korrekte strategie sal wees om die rassisme wind uit die ANC se seile te haal. My reaksie wanneer iemand my van rassisme beskuldig is as volg: Jy weet wat, jy is reg, en dit is mense soos jy wat jou deur my optrede een maak. Tree anders op, dan sal ek ook.

Bennie ·

Mense moet begin besef dat daar is n verskil tussen rassime en die keuse van assosiasie

Kort-en-kragtig ·

Solank Afriforum of enige verteenwoordiger van hulle, geen behoorlike definisie van die woord “rassisme” het nie, het hulle geen reg om die ANC van rassisme te beskuldig nie!

tian eloff ·

DIE ANTWOORD IS EENVOUDIG.JESAJA 65 VERS 1 TOT 25.DAAR IS GROOT HOOP EN N GESEENDE TOEKOMS.ONS MOET DIT NET GLO,DIE VYAND IS KLAAR BESIG OM HOMSELF UIT TE WIS,DIE GENE WAT ONDER DIE SWAARD LEWE SAL ONDER DIE SWAARD STERF,ONS ENIGSTE EN WAARAGTIGE LEWENDE GROOT HOOP IS JAWE ABBA VADER. DIE duiwel SAL ONS KOGGEL WANT hy het sy krag lankal verloor. SUID AFRIKANERS ‘n GESEENDE VOLK EN UITERKIES DEUR JAHWE. AFRIKANER VOLK GAAN OP JULLE KNIEE EN VERMY HEELTEMAL ONGEREGTIGHEDE EN LEWE IN GEREG EN GEREGTIGHEID EN BEHAAG JAHWE ABBA VADER. AMEN

HEVW ·

Mens wil nie beweer dit is n onmoontlike om hierdie negatiewe selfbeeldkompleks te oorwin nie, maar dit wil tog voorkom asof dit die onmoontlike is. Dit is n heel natuurlike gegewe om jou medemens se aard, karakter gedrag en prestasie as maatstaf te gebruik waaraan jy jou self meet Ongelykhede soos rykdom armoede , inteligensievlakke fisisevermoens, beroepe, herkoms en verlede dien as maatstawe waaraan mense hul meet Nie net tussen rasse nie maar ook binne rasse. Of dit uitgewis kan word is sekerlik n onmoontlike Stem saam die huidige regstellende aksie en kwotastelsel sterk die selfbeeldprobleem. Dit skep dus ook problem e t. o.v. selfverwesnliking. en drang na selfstandigheid en onafhanklikheid wat dan ontbreek. Daar bestaan n persepsie dat die bevoorregte n plig het teenoor die minder bevoorregte. Dit is waar, maar dit word misbruik en dit dien allermins tot n gesonde selfbeeld. So lank jy in bedelaarsposisie is, sal daar n negatiewe selfbeeld heers.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.