Lesersbrief: Wat is fout met die Bulle?

donald-jansen

Donald Jansen (regs) en sy vriendin Jean-Mari is ywerige Bulle-ondersteuners. Foto: Verskaf.

Donald Jansen, ʼn rusbank-afrigter van Sinoville, Pretoria, skryf:

Baie mense vra wat is die probleem by die Bulls. Is dit die afrigter, is dit fiksheid of die Blou Bulle Maatskappy (BBM) se bestuur wat die afrigter verhoed om sy afrigting te volg, of is dit kwotas?

Laat ek begin met die een wat die meeste mense eerste blameer: kwotas.

Nee, ek glo nie dit is kwotas nie. Die spelers wat in die afgelope wedstryde as spelers van die wedstryd aangewys kon wees, is wat my betref almal spelers van kleur, byvoorbeeld Trevor Nyakane en Warrick Gelant.

Is dit die afrigter?

Ek dink die antwoord kan ja én nee wees, maar ek gaan dit anders stel, want mense sê Pote Human moet eintlik die afrigter wees ná sy sukses by UP Tukkies.

Kom ons kyk na wie Nollis Marais is:
* Nollis het by Naka Bulle afgerig wat ʼn klubrugbyspan is, waar hy self ook ʼn speler was.

* In 2003 tot 2010 was Nollis my oudhoërskool (Overkruin) se afrigter, en ek kan onthou, toe ek in 2009 begin rugby speel het, hoe goed ons eerste span was.

* 2010 tot 2013 het Nollis UP Tukkies afgerig, waar Pote Human in 2014 oorgeneem het nadat hy die span in 2011 as voorspelerafrigter na die eindstryd help neem het. By Tukkies het Nollis in 2013 die Varsitybeker gewen teen Maties met 45-5.

* Nollis het goed gevaar met die o.21-spanne en daarin geslaag om meer as een keer ʼn halfeindstryd en eindstryd te bereik.

* Nollis het laas jaar die Blou Bulle se senior span tot die Curriebeker-hoofafrigter  gebring waar hulle verloor het teen die Cheetahs.

Kom ons kyk na wie Pote Human is:

* In 2005-’06 was Pote Human die Curriebeker -hoofafrigter by die Blou Bulle.
* Hy het onder Heyneke Meyer afgerig by Superrugby (as voorspeler-afrigter, dit was gedurende die tyd toe die Bulls nog oorheers het op alle terreine).

* Hy het Nollis Marais uitgehelp by Tukkies in 2011 (ook as voorspeler-afrigter, hulle het ook oorheers).

* Hy was by Hoërskool Garsfontein.

* Hy het Griekwas afgerig en het hulle as ʼn klein rugbyunie baie sterk gemaak waar baie spanne gesukkel het om die Griekwas te wen.

As ʼn mens na Pote se geskiedenis kyk, kan jy die afleiding maak dat hy meer ervaring op ʼn hoë vlak het, maar dit maak nie Nollis vanselfsprekend ʼn slegte afrigter nie. Pote Human is tans by Blou Bulle se Supersportreeks met ʼn sterk Tukkiesspan wat dié jaar die Varsitybeker gewen het.

Albei afrigters het ʼn Varsitybeker gewen en het ʼn goeie rekord by Tukkies, so na my mening kan ʼn mens nie sê die een is beter as die ander een nie. Ek dink egter Pote is meer ervare op provinsiale vlak, asook Superrugbyvlak omdat hy onder Heyneke Meyer was. Nollis is by die diep kant ingegooi en het sekerlik die moeilikste werk in SA omdat die Bulle en die Bulls se ondersteuners beslis nie ʼn maklike groep is om gelukkig  te hou nie.

As ek vir BBM raad kon gee, is dit die volgende:

  • Maak Pote die hoofafrigter met Nollis as hulpafrigter. Pote is meer ervare en Nollis kan baie leer soos wat Human baie geleer het by Griekwas, en by Heyneke Meyer. Nollis is nie sleg nie, maar die ervaring van Pote en die kombinasie tussen die twee kan ʼn positiewe uitwerking hê.
  • Daar is gerugte dat Jimmy Stonehouse terug na SA toe wil kom. Hoe waar dit is, kan ek nie sê nie, maar as dit waar is, sou dit beslis ʼn goeie afrigter wees om by die BBM te hê met Nollis en Pote Human as hulpafrigters.
  • Wie is Jimmy Stonehouse? Seker een van SA se mees ervare afrigters naas Heyneke Meyer. Hy het ʼn baie goeie naam en geskiedenis en het daarin geslaag om die Pumas in ʼn span te omskep wat respek verdien. As dit waar is dat hy na SA toe wil terugkom, is hy moontlik die antwoord vir die Bulls met sy geen-nonsens houding.

Dit is maar net my mening vanuit ʼn ondersteunersoogpunt. Ons noem onsself maar rusbank-afrigters of TV-afrigters.

Ek weet nie noodwendig beter as die BBM nie, maar ek dink ook nie dit verg veel om te sien wat is fout met die Bulls nie – selfs die Crusaders se afrigter het gesê die spanne is onfiks ná die wedstryd teen die Bulls.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Rugby, Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pietman ·

Die probleem is die bulle speel agter die voordeellyn. Die spelers moet met spoed plat aangee neem van die Skrummie. kyk na Aaron Smith . Dis hoe NS spanne speel. Vorentoe. Hulle druk ook vorentoe op die verdediging. Ons SA spanne gee die bal 5 meter agter die voordeellyn aan stilstaade voorspelers. 1. Speel vorentoe 2. met spoed, 3 behou balle.

willie ·

Jimmy het beide my seuns by Waterkloof se 1ste span afgerig. Ek kan getuig van ñ man wat sy rugby ken en geen speler sal gekies word indien hy nie fiks is nie!

Regterbal ·

Dis die rede hoekom ek ‘n petisie opgestel het ,,,,,,Maroela ek hoop ek mag die link hier plaas petitions24.com/save_bulls_rugby

Pote ·

klink reg. net bly die kwota stelling is weerle. na elke verloor is dit die eerste rede wat aangevoer word.

die bulle het n goeie en groot groep spelers. so die gesukkel moet by afrigters en/of bestuur wees

Ampie ·

In 2005-2006 het Pote nie veel vermag met ‘n opkomende Bulle span nie. Dit was eintlik ‘n verleentheid. Net omdat jy suksesvol is met Varsitybeker beteken nie jy kan Superrugby sukses kry nie. Ek dink beide Nollis en Pote is goeie afrigters, maar die Bulle het iemand spesiaal nodig. Natuurlik moet ook ons spelers behou, wat die grootste probleem tans is. Daar is geen kernspan wat vir 3 jaar of langer speel nie (vergelyk met die Leeus). Ek stem oor Jimmy Stonehouse (hy het die Pumas ‘n paar jaar terug ‘n top span gemaak). Nog ‘n opkoemende afrigter is Brent Janse van Rensburg (toevallig ook nou by Pumas). Waar is ander oud-afrigters soos Heyneke Meyer en Phil Pretorius?

Cheetah ·

Stel die Japanees Win Won Soon dadelik as Bul afrigter aan.

Hanno ·

Goeie ontleding Donald.
Die Bulle is en sal altyd my span bly. Drie Super rugby titels – geen ander SA span kan dit sê nie – is genoeg om die grappies van familielede af te weer.
Daar ís talent in dié span, maar op die oomblik voel ek die Bulle het spélers, maar nie n span nie. Hoërskool ‘superstars’ soos Kriel, Pollard en Serfontein, maar die harmonie is net nie daar nie. Hopelik bly die spelers lank genoeg om n goed-geoliede span te word.
Groete aan al die mense en ek hoop nie die hael het vanaand te veel skade gemaak nie… Seker maar die Bloubul-warming waarvan almal so praat

John ·

Die eintlike probleem is: Die bulle dink hulle steeds is renosters wat onthoring is…. Hulle moet Meyer se gif uit hul sisteem kry..

Boerseun ·

Rerig? Meyer het nie een van die spelers in die bulls groep ooit afgerig nie so hoe is dit nou sy gif.

John ·

Die eintlike probleem is: Die bulle dink steeds hulle is renosters wat onthoring is…. Hulle moet Meyer se gif uit hul sisteem kry..

RugbyLiefHebber ·

Die Bulle se grootste probleem, soos al die ander franchises:
Rand vs Pond/Euro/Yen en deesdae ook Dollar.

Ons behou nie afrigters en spelers nie en dis nie unie se skuld nie, maar ekonomie. Hoop SARU het planne in die pyp.

Sharks vs Kings vanaand het my vanaand steeds hoop gegee

Leendert ·

Ek sien die internasionale spanne se afrigters sê daar is te veel onervare spelers in ons voorste spanne.

Rudi Botha ·

Die bestuur staan myn insiens eerste in die ry wanneer na oorsake vir die swak vertoning van die Bulls gesoek moet word. Die bestuur was verandwoordelik dat spelers die Bulls verlaat het omdat hul salarisse dramaties verminder is. Die bestuur het uitstekende spelers soos C J Marais en Jano Vermaak wat tans briljante rugby speel, onlans laat gaan. Die bestuur stel die afrigters aan wat volgens Mnr Barend van Graan een van “ons”is. Ek is van mening dat dit hier is waar die grootste probleem van die Bulls lê. “Ons” mense volg skynbaar almal dieselfde uitgediende rugbypatroon wat die afgelope jare gevolg is en wat nie meer aan die eise van die modern spel voldoende nie. Die een maal wat die bestuur hiervan afgewyk het, stel hul ‘n agterlynsfrigter aan van ‘n span wat nog nooit aan Super Rugby blootstelling gehad het nie. Hoe op aarde kon bestuur dink dat die arme persoon ‘n bydra op hierdie vlak kon maak! My versoek is vergeet van ” ons” en fokus op die Bulls. Kry afrigters wat nie by die ou patroon vasgehaak het nie en kyk na mense, ook van ander lande wat die modern spel verstaan. Aanvaar u het ‘n probleem en moet asb nie verskonings soek om niks te doen nie. Doen iets wat die Bulls sal help en moet nie net name aanstel wat een van “ons” is en wat weer terugval op die geykte afrigtingsmetodes en benaderings wat nie meer goed genoeg is nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.