Lesersbrief: Watter invloed gaan ʼn wegblystem hê in die 2019-verkiesing?

frik-lotz-sasolburg

Frik Lotz. Foto: Verskaf.

Frik Lotz van Sasolburg skryf:

Daar is weer sommige mense wat sê hulle gaan nie stem nie omdat hul stem nie ʼn verskil gaan maak nie.

Dit is waar hulle juis die fout maak, want ʼn wegblystem gaan die ANC net sterker maak. Laat ek gou verduidelik soos volg: Gestel daar is 10 kiesers waarvan ses ANC stem en vier vir opposisiepartye. Dit beteken die ANC kry 60% en die opposisie 40%. Nou besluit een opposisiekieser om nie te stem nie wat beteken daar is nou nege kiesers waarvan ses nog steeds ANC stem en slegs drie vir die opposisiepartye. Dit beteken die ANC het nou ʼn twee-derde meerderheid en nie omdat meer kiesers ANC gestem het nie, maar omdat een kieser van ʼn opposisieparty nie gaan stem het nie.

So, jou stem maak wel ʼn verskil.

Dan is daar diegene wat nie stem nie omdat hulle glo nie legitimiteit aan die stelsel wil gee nie. Feit van die saak is, jy gebruik die paaie, hernu jou rybewys, koop kos en betaal BTW en betaal belasting wat beteken jy is deel van die stelsel en om dan nie te wil gaan stem nie omdat jy nie deel van die stelsel wil wees nie, hou dan mos nie water nie, of hoe?

Nee wat, daar is geen rede om nie te gaan stem nie. Moet dus nie op stemdag by die huis bly en dit as net nog ʼn vakansiedag beskou nie.

Nee, staan vroeg op en gaan maak jou kruisie agter die naam van jou party wat jy ondersteun. En weer eens, stem vir ʼn party wie se waardes min of meer ooreenstem met jou eie waardes. Sodoende sal jy gemoedsrus hê en weet daar sal beslis omgesien en geveg word vir jou belange, waardes en regte. Maak dus gebruik van die geleentheid en gaan stem op stemdag.

Onthou, die hand wat die kruisie maak is die hand wat die toekoms skryf.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

John ·

Kleiner partye wil wit kiesers dwing om vir sake wat hul teen die bors stuit te stem net om in die wind te blaas teen die ANC se groot aantal stemme bloot agv getalle waarvan baie uitlanders nou SA-burgers ‘is’. Al wat ons dan sou doen is om aan die buiteland te toon dat ons ‘n demokrasie het en dat beleggings hier gedoen kan word; die blankes is tevrede. Om bloot vir die DA en VFplussers te stem om aan jou vrese uitting te gee is nutteloos. Groot bemoeiing met die stembusse gaan vanjaar plaasvind om die ANC se wenafstand te vergroot. Die DA glo in aborsie,kla nie oor die onderdrukking van Afrikaans nie plus sien die wittes bloot as kolonialists en die VF+ is ‘n 4 man band wat net lekker leef op staatsgeld.

Ek wonder net as... ·

Om te stem. Ja. Die vraag is vir wie? In die kommentaar word duidelik laat blyk waar blankes kan stem en waar swartmense wel stem. Die argument dat ‘n stem vir ‘n klein party ‘n mors van stemme is gaan nie op nie in ons jong demokrasie nie. Elke identiteit is vir daardie persoon belangrik. Die vraag hier is waar gooi die “blankes” hulle gewig in. Baie redeneer dat dit na die 2de grootste party moet gaan ,hetsy om die ANC te verslaan of om dmv koalisies te regeer. So die DA is vir hulle die keuse alhoewel die blankes nie die DA aan bewind gaan kry nie. Inteendeel die DA kan slegs groei as die ANC kiesers swaai of die nie stemme ook besluit om dalk DA te stem. Hoe sterker die DA dus word hoe meer word die blanke se stem binne die DA gemarginaliseer. Die huidige onmin binne die DA is juis van die tekens. Dit is egter dieselfde DA wat met die EFF koalisies vorm wat nie werk nie. Hoekom sê ek die blankes maak hulle polities irrelevant. Deur dalk saam te staan in een party soos bv die VF+ kan die DA dalk ‘n meer betroubaar vennoot kry om koalisie te vorm. Dit is nou tyd om logies te dink en ons polities relevant te maak. Anders??

JohanL ·

Dankie Frik vir die skrywe en die baie eenvoudige voorbeeld wat die proporsionele kiesstelsel mooi eenvoudig verduidelik en uitlig.

Ek het jare gelede na die twee vorige verkiesingsuitslae gaan kyk. As alle stemgeregtigdes wat nie gestem het nie, wel gaan stem het vir enige party behalwe die ANC, dan so die ANC se steun net onder 50% gewees het in minstens een van die verkiesings. Maw dit beteken hulle het klaar nie die meeste stemme in parlement, waar wette gemaak word nie. Ja, my aanname is nie realisties nie, want daar was baie mense wat ANC ondersteuners is, wat nie gestem het nie. Hulle het weer gedink dit is hul manier om die ANC te straf.

Maar jou insetsel is in die kol en mense moet uitgaan en hul kruisie trek.

IK ·

Ek stem saam. Stem egter vir die party wat die minste beloftes maak want dit is hulle wat jou ook die minste sal teleurstel. ‘n Land het egter ‘n regering wat hy verdien of ons dit wil weet of nie.

Staak saam ·

Bahaha!!!
Jy ball jou self, die blanke is maar 8% van die bevolking, ek sal bitter graag wil sien hoe hierdie 8% die ANC se 61% steun gaan uitstem om die beloofte verandering te bring.
Verder, die wegbly stem word gesien as n on ontgunde goudmyn, so verkeerd, want in hierdie stem partytjie is daar diabete wat koek gevoer word maar niemand het gedink om hulle dieët te akomideer nie. Politieke partye kan die koek maar kamovleer soos hulle wil, ons sal dit nie eet nie want dit maak ons siek.
Daar is geen party wat opstaan vir n volkstaat nie, nou hoekom moet ek gaan stem, om die sambok wat my looi net verder vet te smeer.
Word wakker, politiek is nie jou speelmaat nie.

Matthys ·

@Staak saam. Stem met jou volmondig saam. Stem reg = bly weg! En die feit dat ons wel ons belastings betaal en ons rybewyse uitneem wys dat ons die regte ding vir ons land wil doen, nie vir ‘n klomp puppet masters nie. Wat beteken deur om aan die babelse sisteem deel te neem met stemmery beteken jy verstaan nie die doel van die verbondsvolk en Vader se beloftes nie.

Hendrik ·

Nee wat ek stem nie en ek mag my mening lug. Hoekom ek doen iets! As lid van ‘ n Burgerregtegroep wat al hoeveel hofsake gewen het en hoeveel verskil gemaak het in gemeenskappe, doen ek iets. Ons is ook betrokke om ons eie selfstandige gemeenskap te vestig met ons eie geld en sweet. Om elke 5 jaar te gaan stem maak jou nie ewe skielik ‘n goeie burger wat enige iets mag se omdat jy die kruisie getrek het nie. Wat doen jy werklik om ‘n verskil te maak in jou gemeenskap? Het jy werk geskep, het jy jou eie mense indiens geneem en onderstrun jy jou eie mense se ondernemings. Kruisie trek beteken dat jy ‘n klompie ouens in die parlement sit wat eintlik niks ka regkry agv hulle getale. Blanke kiesers is 2% van die stem bevolking. Kan jy nie tel nie?

Hendrik ·

Staak saam ons staak nie saam en werk saam vie ‘n eie selfstandige gemeenskap. Nie een opposisie politieke party het nog enige verskil gemaak nie. Die enigste organisasies met sukses is Burgerregtegroepe.O ek stem saam mense kan nie tel nie en minderheidsgroepe wat deelneem aan die verkiesing geen net geloofwaardigheid aan die demokrasie. ‘n Demokrasie wat 114 wette het teen ‘n minderheidsgroep. Wette soos BEE, AA, kwotasie ens.. wat gebruik word om juis die minderheidsgrope wat deelneem aan die verkiesing te straf vir die verlede. Dit wek nie so nie en mense moet maar in die tou staan hierdie verkiesing. 3 miljoen ANC kiesers wat verlede verkiesing geboikot het agv Zuma gaan nou weer stem omdat Ramaphosa daar is. Analiste reken hulle gaan ‘n 67% oorwinning kry. Kom ons kyk….

Dup ·

Stem saam, ek is nie geregistreer nie, stem vanaf 94 nie.
Hoeveel buitelanders sit met onwettige ID boeke? DUISENDE.
En raai vir wie stem hulle?: ANC
Futiel.

Db ·

@staak saam. Dan moet jy na die verkiesing stom word want jy het geen reg om ‘n woord of kommentaat te lewer nie. Jy val ook seker heen en weer soos dit jou pas

Staak saam ·

Db,
Daai slagspreuk kom mos van die DA (Zille) af, as jy nie stem nie dan kan jy nie kla nie!!! Belaglik!!
Jy sien demokrasie werk so, as jy aan die vrkiesing deelneem dan aanvaar jy die uitslag en onderwerp jy jouself daaraan, jy kan eers weer oor 5jaar jou stem laat hoor met die merk van n pen.
Ek wat nie deel in daai verkiesing nie kan elke 5jaar vir 5jaar kla want ek het myself nie gebind en onderwerp aan die uitslag nie.
Maar soos ek gese het, politiek is nie jou speelmaat nie en dit vat meer as toebroodjies smeer om demokrasie te verstaan.
Die meerderheid het gepraat en hulle soek alles wat jy het, aanvaar dit en ook die uitslag van die verkiesing.
Dit is hoe demokrasie werk!

Realis ·

Stem 110% saam met jou Staak Saam. As jy gestem het MOET jy jou berus by die uitslag. Dis jy wat jouself deel gemaak het van die proses. Oor 5 jaar kan jy weer begin mompel.
Die mense wat hulself nog wysmaak dat ‘n stemmery ENIGE verskil gaan maak aan die uiteindelike toekoms van hierdie land leef in ‘n fantasie wêreld. Die skrif was reeds teen die muur in die sestigs met die begin van Uhuru bo in Afrika. Dis een ding wat die laaste 60 jaar se geskiedenis ons geleer het; ons as minderheid staan geen kans nie.
Ek bid dat ek verkeerd is, maar ek is ‘n realis.

J van Rensburg ·

Een man een stem? Verduidelik vir my hoe is dit regverdig? Ek betaal belasting en BTW en wie weet wat nog, en my stem tel net soveel as die perd wat van “child grants” leef? Ek stel voor ons verander dit eerder na een belasting betaler een stem. Kort en lank daarvan is dat as jy nie betaal nie, het jy nie ń sê oor wie en hoe regeer word nie. Dit sal die tirranie van die baie in ń oogwink stop sit, en dis ook hoekom dit nooit sal gebeur nie.

JohanL ·

Geldige en interessante punt. Jare gelede in die ou Kaap die Goeie Hoop was daar “gekwalifiseerde stemreg” van toepassing op alle rasse (ja, swart persone nogal inkluis). So die storie dat swartmense nog nooit stemreg gehad het nie, is streng gesproke verkeerd. (Dit is ook terloops hoekom daar sommige swartes was wat aan Britse kant baklei het in die Anglo-Boere oorlog, want hulle het gehoop as die Britte wen, sal daar ook in die Vrystaat en ZAR (Transvaal) gekwalifiseerde stemreg kom).

Ek is nie seker presies wat die voorvereistes was nie, maar ek dink die beginsel is iets waarna gerus gekyk kan word. Natuurlik sal dit indruis teen die liberaliste wat reken almal het stemreg, veral op grond van ons liberale Grondwet.

Ja, volgens ons Grondwet het almal bo sekere ouderdom stemreg en ek glo nie (eintlik weet ek) dit sal sommer verander nie. Maar in wese dink ek J van Rensburg het ‘n baie geldige punt.

Veritas ·

Die skrywer maak die aanname dat die wegblystem slegs van die opposisiepartye se kant gaan kom en dat alle ANC stemgeregtigdes wel gaan stem. Dit is nie net wiskundig verkeerd nie maar ook nie prakties moontlik nie.
Glo my maar. Politici van enige party, is slegs daar om vir hulself te sorg en na die hoenders met die kiesers. Ek het laas in die tweede referendum gestem aangesien nie een enkele stemwerwer sedertdien die moeite gedoen het om met my te kom praat nie. Nadat ek egter Mosioua Lekota oor die radio hoor praat het, is ek oortuig daarvan dat Cope die enigste party is vir wie die Afrikaner kan stem.

Hendrik ·

Regrig Veritas? Cope het omtent 2 parlementslede en hulle het dieselfde handfes as die ANC. Hulle kom uit die ANC en staan nie teen BEE en AA nie. Soos die DA en EFF en UDM en NVP en IVP en EFF ensovoorts…..

Veritas ·

Hendrik jy is duidelik nie op die hoogte van sake nie. Met die eerste sg demokratiese verkiesing, was COPE die derde grootste party en het dus die derdemeeste verteenwoordigers in die parlement gehad. Daarna was Lekota uitgestem as leier en deur ‘n ANC meeloper vervang. Onder sy leiding het COPE só agteruitgegaan dat die leierskorps van hom ontslae geraak en Mosioua Lekota gevra het om hom weer beskikbaar te stel as leier.
Onder sy leiding is COPE nie meer die klein partytjie nie en ek is oortuig daarvan dat hulle die VF+ gaan uitstof.

Matthys ·

Nee dis juis die mense wat nie wil stem nie, omdat ons nie deel van die babelse sisteem wil wees nie, wat die reg het om te kla.
Dis die spul stemmers wat vir die puppet masters soos DA, VF+ stem wat nie die reg het om te kla nie, want julle stook die vure.

Afrikaanse Juffrou ·

@Staak saam: vóór jy jou uitlaat oor stem of nie stem nie, gaan leer eers spel.

Staak saam ·

Ek sal leer spel as jy vir jou n telraam aanskaf om jou te help met wiskunde jiffie.

Johan ·

Ai Mathys, hoor jy jouself en glo jy jouself? Of jy nou stem of nie, jy bly nog steeds deel van die “Babelse sisteem”, al verskil is jy het nie gestem nie. Die ironie van die saak is, jy sal dinge maar net moet aanvaar en jy het eintlik dan niks te sê nie want jy het nie eers ʼn mening wat jy per stembrief uitgebring het nie.

Deon Bosman ·

Hulle kan my stem kom koop, maar ek soek meer as KFC en ‘n T-hemp…

Anoniem ·

In Hammanskraal, noord van Pretoria, het die ANC laasweek gratis water uitgedeel.

Gert ·

Geen van die kommentare hierbo weerspreek die oorspronklike argument nie. Soos die skrywer verduidelik, enige een wat ongelukkig is oor hoe die ANC die land regeer, MOET gaan stem vir iemand anders om die ANC se persentasie te verlaag. Hopelik kan ons minstens die ANC+EFF onder 67% kry, wat dan die grondwet effens veiliger maak.

Kallie Kraamkettie ·

Nee, die hand wat die kruisie tel, is die hand wat die toekoms skryf – maar steeds sal ek gaan stem.

Frans C ·

Verkiesings word gewen deur partye wat die meeste kiesers by die stembus kry om vir hul te stem.As gevolg van Suid Afrika se geskiedenis gaan partye wat deur Blankes daar gestel is,maak nie saak hoe goed hul standpunte is,grootskaalse ondersteung van swart kiesers kry.

In die 1994 verkiesing wen die NP met behulp van die konserwatiewe stem 20.4% van die stemme,dit is 3 983 690 stemme,en verower 82 setels.Daar was 19 593 498 aanvaarde stemme, met 193 081 bedorwe stembriewe.
In 2014 ,20 jaar later lyk die prentjie soos volg.
DA 4 091 584 stemme ,22.23% en 89 sstels.Geldige stemme 18 402 497.Bedorwe stemme 252 274.Die feite spreek vir hulself.Minder mense stem,bedorwe stembriewe
verdubbel en grootste opposisieparty verower een setel meer.

Die ANC se steun daal van 62.7% 252 setels, 20 jaar later tot 62.15% en 3 minder setels,tot 249.In 1994 stem 12 256 824 mense vir die ANC.20 Jaar later 11 436 921.
Dit is 819 903 stemme of ongeveer 6,5 % minder.

Die EFF tree na vore as 2de sterkste opposisieparty met 1 169 259 (6.35%) en 25 setels.
Sy %-steun is ongeveer gelyk aan dit wat die ANC verloor.Saam het hul egter 274 setels
uit 400.of ‘n gesamentlike steun van 68.5% in die parliament.

My persoonlike gevolgtrekking.Verkiesings is keur en nie kwessiegebonde in Suid Afrika.
Daarom elke stem tel om die tendens temper.

Klopjag ·

Jy stel dit self – die verkiesing vind volgens kleurlyne plaas.

Demografies is ons uitgelewer. Die proporsionele verkiesingstelsel is “slow poison” vir die Afrikaner, en ons is reeds by die dood se voordeur.

Ons enigste hoop is, en was nog altyd, om die huidige stelsel te verwerp en aan te dring op ‘n federale regeringstelsel.

Ander Gert ·

Die ANC, EFF en ander het ‘n 2/3 meederheid in die parlement nodig om ‘n wysiging aan die grondwet te aanvaar om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Daarna sal hulle wette om mense se eiendom te vat met ‘n gewone meerderheid kan aanvaar.

Dr Pieter Groenewald van VF+ het onlangs uitgewys dat die grondwet waarskynlik nie voor die verkiesing verander sal word nie, en as die opposiepartye wat teen grondonteiening sonder vergoeding gekant is, genoeg steun kry, sal die ANC / EFF en genote nie ‘n wysiging kan deursit nie. Dit is ‘n baie goeie rede om te stem.

VF+, DA, COPE en ACDP het teen Malema se mosie in die parlement gestem. Verteenwoordiging is proporsioneel, so as jy jou eiendom wil beskerm, behoort jou stem enige van daardie partye se hande te sterk, en dit sal ‘n verskil maak.

JohanL ·

Dankie Ander Gert – baie goeie argument net om daai kwessie aan te spreek en te probeer keer.

Realis ·

Reëls en regulasies het nog nooit die ANC gestuit met wat hulle wou doen nie. As die reël vereis dat daar ‘n 2/3 meerderheid moet wees om die grondwet te verander dan druk hulle ander onteienings wette deur soos wat nou in Desember gebeur het. Vat gaan hulle vat, met of sonder toestemming.

Danny ·

Ag nee wat Frik jy suig n klomp twak uit jou duim uit voor 1994 het die ANC kieser nooit n kruisie getrek nie tog was die regering gedwing om die mag oor te gee. Die demokrasie was n bluf. Jou eerste som is oorvereenvoudig en die debat van paaie en lisensies word bloot gedoen deur my omdat ek wetsgehoorsaam is maar om van die stembus af weg te bly is nie onwettig nie. En dan julle stemmers se ou debat van as jy nie stem nie kan jy nie kretiek lewer nie is net so ver van die waarheid af. die teenoorgestelde is waar ek kan sie verantwoordelik gehou word vir die stemmers se gemors nie.

Frik Lotz ·

Ek herhaal dit weer: As jy nie gaan stem nie kry die ANC meer setels en word hul sterker. Is dit wat ons wil he? Nee, beslis nie! Hoe meer mense gaan stem vir partye wat teen die ANC is en nie met ANC sal saamwerk nie, hoe sterker word daai opposisiepartye en dit help om ANC minder mag te gee. Dit help nie om langs die kantlyn te staan en kla oor die ANC en hoe sleg dit in die land gaan nie, doen iets! n Goeie begin is om te gaan stem, so maklik soos dit! En weereens, daar is geen verskoning om nie te gaan stem nie. Die mag is in die kieser se hande, gebruik dit!

Hendrik ·

Nee wat Frik jy kan nie tel nie. Wittes is 2% van stembevolking en deur die stem gee jy net ‘n goedkeurende knik dat die demokrasie goed is en die dat daar nog wette teen ons minderhede ingestel kan word. Moenie bang wees nie en werk in jou gemeenskap op verkiesingsdag en maak die verskil. Die Demacation Board het die grense so getrek dat minderheidsgroepe altyd verloor in ‘n gebied want hulle word in elke gebied ingedeel met ‘n meerderheid. Ek verstaan proposionele verkiesing en daar is darem in elke munisipaliteit 2 tot 3 wit gesigte. Hulle helder darem die foto op. Ons verteenwoordigers ne’. Voorspoed Bravo. Ons werk in ons gemeenskap vir ‘n selfstandige gemeenskap n om elke 5 jaar wakker te skrik om ‘n kruisie te trek, om ‘n goeie burger van die demokrasie te wees help veel..

Frik Lotz ·

Hendrik, ek dink nie jy verstaan hoe die proporsionele kiesstelsel werk nie. Ek het dit mooi verduidelik in die artikel wat ek geskryf het en eenvoudiger kan dit nie gestel word nie. Kom ons vra die lesers; Verstaan jul die proporsionele kiesstelsek en gaan jul stem?

Hendrik ·

Frik ek verstaan presies hoe dit werk maar dit maak dit beslis nie reverdiger vir minderheidsgroepe nie. Dit is beslis net ‘n fopspeen vir minderhede om ‘n paar sitplekke op rade te kry. Dit sus maar die minderhede tot by die volgende verkiesing en help hulle ook goed voel dat hulle goeie burgers is om deel te neem. Vind maar uit hoe Wyk 48 in Pretoria ingesdeel is met Oliewenhoudtbosch, Itereleng en minderheidsgroepe ingedeel ise en hoe Lauduim by hoe self ingedeel is. Dan kom jy agter dat die Demarcation Board ook maar ook koopbaar is. Ek glo die meerderheidmense verstaan nie proposionele stelsel nie. Ek was 2 jaar op WYK 48 se gemeenskapsraad en daar het dadels gebeur omdat die meerderheidsgroepering alle besluite geboikot het en nooit tot ‘n besluit gekom het nie. Miskien gaan dit beter daar by Sasolburg….

Klopjag ·

Frik, jy tref ‘n valse vergelyking tussen die gedwonge gebruik van publieke infrastruktuur (gedwonge omrede die regering kompetisie onwettig verklaar) asook die betaal van belasting aan een kant, en ‘n die vrywillige aksie van stem aan die ander.

Indien jy onder dreigement van geweld ‘n aksie neem, kan dit nie as ‘n legitimisering van die onderdrukkende stelsel beskou word nie.

Indien jy vrywilliglik deelneem daaraan, is dit ‘n legitimisering van daai stelsel.

Indien jy vrywilliglik deelneem aan die demokratiese proses, moet jy jou berus by die produkte van die demokratiese proses.

Indien jy jou wil verset teen die stelsel, is die eerste vereiste dat jy nie vrywilliglik daaraan deelneem nie.

Frik Lotz ·

Nee wat, Klopjag. Jou argument oortuig my nie. Ek se weer; Gaan stem en hou op kla en verskonings soek om nie te gaan stem nie.

Klopjag ·

Frik, ek aanvaar dus jy kan nie op ‘n logiese wyse ‘n suksesvolle teenargument voer nie.

Ek is gelukkig aan niemand behalwe my eie gewete ‘n verduidelik verskuldig nie, en sal dus dienooreenkomstig nie gaan stem nie.

Lekker dag verder.

Klopjag ·

Bygesê, jy wat deelneem aan die verkiesing moet ophou kla, aangesien die ANC met jou toestemmin hulle sosialistiese ideologie wet maak.

Gert ·

Frik, ek weet nie wat kan mens meer doen nie. Hulle wil nie na rede luister nie. As die ANC+EFF deur hulle toedoen 67% kry, is ons gedoem, en niemand gaan dan luister na verontskuldigings van ” ja maar ek wou nie stem nie”.

Dup ·

Regse leiers het voor 94 gewaarsku teen dit wat nou gebeur.
Toe is hulle met tamaties gegooi deur.
Jammer al stem al die wittes gaan dit nog geen verskil maak nie.
Hulle doen eenvoudig wat hulle wil.
Demokrasie werk nie in Afrika nie.

Frik Lotz ·

Klopjag, dit dien geen doel om met jou n logiese debat te probeer voer nie, want jy glo net jouself en luister nie na ander mense se logiese menings nie. Ek en die meerderheid mense sal wel gaan stem want ons gee om vir ons mense en ons land. Ons staan nie net op die kantlyn en kla die heeltyd nie, ons probeer ten minste iets doen en een daarvan is om te gaan stem.

Maria ·

Stem, stem, stem, stem…..asseblief gaan stem!!!!!!! Daar sal n verskil kom, staan net saam, al is dit net hierdie 1 keer

Danny ·

Gert ek glo jy was n JA stemmer nou wil jy he ons moet jou help om uit die gemors te kom wat julle ons ingedompel het

Linda-Lea ·

Baie dankie, Frik, vir die baie goeie verduideliking van hoe die 60/40 kombinasie werk. Op geen stadium het jy aangedui dat enige kieser vir enige bepaalde opposisieparty sy kruisie moet trek nie, slegs dat alle stemgeregdigde kiesers wel hulle kruisies moet trek om die skaal beter te balanseer. Diegene wat altyd oor alles kla sal ons ook sonder uitsondering altyd by ons hê. Vra ‘n mens die klakouse wat hulle nou eintlik doen om die posisie te verbeter kry mens by uitsondering óf geen respons óf ‘n belangelose ek ondersteun nie die stelsel nie/nie die ANC om alles nog verder om te krap. As jy as stemgeregdigde burger van ‘n land waarvoor jy alles feil moes hê, jou dinkwerk voor die beslissende referendum gedoen het, sou S A nie nou in die posisie gewees het waarin dit is nie, maar toe was die holruggeryde rympie mos ‘ons het nie meer ‘n keuse nie’ – glo my ons het keuses gehad en ons het ons keuses tóé gemaak, terwyl ons noudat die keuse wat ons gemaak het nie meer aanvaarbaar is nie, ons rug op die gemors wil draai. Wees die landsburger wat jy behoort te wees en gaan trek weer jou kruisie – die keer miskien nie vir dit wat jy graag sou wou sien nie, maar ten minste om nie die regerende party ter wille te wees nie.

Frik Lotz ·

Klopjag, mens kan nie n logiese debat met jou voer nie want jy glo net jouself en luister nie na ander se logiese menings nie. Die saak is logies en eenvoudig verduidelik en meer as dit kan mens nie doen nie. Ek en die meerderheid mense sal wel gaan stem want ons gee om vir ons mense en ons land.Ons staan.nie net op die kantlyn.en kla nie, ons probeer ten minste iets doen om ons land te red en een daarvan is om te gaan stem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.