Lesersbrief: Weerwolwe en die ou Suid-Afrikaanse vlag

natasha-venter

Natasha Venter. Foto: Verskaf.

Natasha Venter skryf:

Mense het nog altyd die behoefte gehad om iets, buiten die self of die groep, te blameer as daar wesenlike fout in die samelewing is. In ’n Middeleeuse Franse dorpie was dit byvoorbeeld makliker vir dorpenaars om te aanvaar dat ’n weerwolf besig was om jong meisies weg te dra as om te erken dat daar ’n reeksmoordenaar in hul midde was.

Deesdae, in hierdie verligte tyd (mits daar nie beurtkrag is nie), kan mense nie meer gedrogte die skuld gee wanneer dinge donker lyk nie. En die stand van sake wat tans in Suid-Afrika heers – hoë werkloosheid- en misdaadsyfers, swak dienslewering, korrupsie, onbekwame owerhede, noem maar op – beteken dat mense na iets soek om te blameer. Ongelukkig is die weerwolf in hierdie verhaal die sogenaamde wit rassisme waarop politici ywerig jag maak, sodat die “dorpie” tog nie moet besef wie die eintlike skurke in hierdie verhaal is nie.

Hierdie tendens is te bespeur in die Nelson Mandela-stigting (NMS) se aansoek om die ou Suid-Afrikaanse vlag tot haatspraak te verklaar en hul voeging van AfriForum as ’n respondent tot die saak.

Volgens die NMS se visie is dié stigting verbind tot ’n samelewing wat sy verlede onthou, na alle stemme luister en maatskaplike geregtigheid najaag. Vanweë hul aansoek moet mens dus aflei dat hierdie visie nie vir sekere groepe van die Suid-Afrikaanse samelewing geld nie. Die ou vlag kan immers nie bloot gesien word as die apartheidsvlag nie, soos wat die NMS redeneer – dit het ’n veel ouer en dieper geskiedenis, en ’n verbod daarop is ’n ontkenning van hierdie geskiedenis.

Die antwoord op bogemelde vraag kan verder afgelei word vanuit die onlangse bevinding van die Menseregtekommissie (MRK) dat ’n politikus se uitsprake dat hy “nog nie vir die slagting van wit mense vra nie” nié op haatspraak neerkom nie. In hierdie bevinding beweer die MRK dat slegs sekere “kwesbare” groepe toegelaat moet word om hul woede en pyn uit te druk deur middel van die gebruik van kragtige woorde. Dit beteken dus dat individue van sekere rassegroepe rassistiese dinge mag sê, mits hulle dit in die regte konteks doen.

Wanneer genoeg blaam egter op die denkbeeldige weerwolf geplaas word, hetsy deur die gemeenskap of die owerhede, sal die mense ’n uitlaatklep begin soek. Maar in plaas daarvan om die eintlike skurk (bogemelde diensleweringskwessies, korrupsie en onbekwame owerhede) die stryd aan te sê, word mense dikwels deur politici op ’n heksejag gelei om die aandag van die eintlike probleme af te lei.

Die gelykheidshof het Maandag ‘n aansoek van die Nelson Mandela-stigting en die Menseregtekommissie aangehoor om ’n verklarende bevel te kry oor duidelikheid oor die definisie van haatspraak. (Foto met vergunning van Forum Nuus)

Gelukkig is daar diegene wat besef dat alle spookstories ʼn oorsprong het en die ware feite uitwys – organisasies soos AfriForum en Solidariteit wat, onder meer, die NMS se aansoek teenstaan, die MRK se beslissing betwis, gildes stig om Afrikaanse sangers te vereer nadat hulle liedjies in effek gesensor word, en sportkwotas en aanstellings op grond van velkleur beveg. Deur verder lig te werp op die eintlike kwessies wat die Suid-Afrikaanse samelewing kwel, sal die wanopvatting dat wit rassisme die enigste of hoofoorsaak van alle probleme in die land is, binnekort die nekslag toegedien word en sal die denkbeeldige weerwolf weer in die mis verdwyn.

  • Natasha Venter is veldtogbeampte vir navorsing en inhoud by die burgerregte-organisasie AfriForum.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sakkie ·

Ek weet ek hoor nie aldag goed nie, maar ek het nog nooit gehoor dat die ou vlag iets sê nie.

J van Rensburg ·

Laat hulle die ou vlag verban, so what? Dan kan ons die Vier Kleur weer laat wapper, of die flag van Natalia, of die ou Lydenburg se rupebliek vlag. Dan is daar ook die ou Vrystaat republiek vlag. Soos hulle sê in die rooi taal “more than one way to skin a cat”

Andre Stander ·

En as niemand bereid is om vir die Ou Suid Afrikaanse landsvlag te veg nie – wat gee jou die idee iemand gaan vir die Vierkleur baklei..??

So tragies dat ons so maklik net opgee, ingee, terug staan, en dan vir ons self regverdig ‘ons het nog ander’.

aj ·

Ons kan die Oranje Blanje Blou …. op miljoene plekke vertoon op die sosiale media en by ons huise.

Kom ons laat die vlag WAPPER …. op elke denkbare en ondenkbare plek!

Mense wat beswaar het teen die ou vlag veroorsaak SÉLF hulle “pyn” !

SOOS MASOCHISTE!

John ·

…. nee, hierdie wolf gaan nie verdwyn nie, want hy pas in by die bestuurstyl van die regering. Hy sus veral die gewete en word daagliks gevoed. Oor 500+ jaar sal die sg wit rassisme steeds die skuld vir alles kry en daarby gaan die ‘alles’ vreeslik baie word want wit mense gaan al minder raak en die gekerm net meer. Diè dat spoke altyd wit is.

Hendrik ·

Sesessie is die antwoord vir die hele probleem. Omdat die nuwe grondwet/demokrasie
swak beding is, sal daar altyd probleme wees. Die oplossing is ooglopend maar dit gaan saam met goeie beplanning en harde werk.

Stephan de S ·

Dankie Natasha dis n lekker kort artikel wat n mens laat dink. Vir die arme ou met die gehoorprobleem : n goeie begrip het n halwe woord nodig.

marco polo ·

Om eerlik te wees, uit ‘n estetiese oogpunt was die ou vlag maar vervelig en nie juis mooi nie en vir my was dit maar net ons vlag. Die nuwe een was die teken van ‘n nuwe begin en het nogal nie sleg gelyk nie. Maar hierdie beoogde verbod storie gaan nie oor die vlag nie, dit gaan daaroor om alles wat kosbaar is vir die Afrikaner, sy geskiedenis en kultuur, te vernietig deur die swartman, sodat hy vir sy volgelinge kan se dat hy die Afrikaner oorwin het en beter is as ons. Dis maar deel van sy diepgewortelde minderwaardigheidskompleks. Dis ons keuse of ons hierdie openlike aanvalle op ons gaan toelaat of nie.

Jan ·

@ marco polo. Die Nuwe ANC vlag, lees die huidige nasioanale vlag van Suid Afrika, is nog meer vervelig. En daar het die anc almal gefop om die anc vlag as basis te gebruik. Ek het nou seker ‘n miljoen verduidelikings gehoor wat die die huidige vlag eintlik verteenwoordig EN elke verduideliking is anders. Nou hoe nou? Die ou vlag het ‘n herhaldiese betekenis, die nuwe oorgangs vlag (soos dit in 1993/4 gestel was) se herhaldiese betekenis is bra moeilik om vas te stel.
Die eintlike punt gaan om alles wat Europees te vernieting behalwe die Englese taal. Punt

Herman ·

Ek werk al vir amper 10 jaar in afrika lande noord van SA.
Die verval van die lande na kolinalisme is tragies om te aanskou maar tog is die grootste veesvieringe elke jaar met “onafhanklikwording”.

Kolonialisme is steeda die weerwolf na meer as 30 jaar en die dorpies se mense glo dit steeds. Dit laat my soms die intelegensie van die dorp se mense veraagteken.

Piet parys ·

Se vir die mandela stigting as die anc , eff en blf hulle vlae laat verander en die swart gebalde vuis spiese en skild van hulle vlae verwyder want dit het meer van n haatspraak in hulle vlae as wat die ou vlag het dan kan ons miskien die ou vlag van die strate af haal .As die werker nie van die werkgewer se vlaggie hou nie kan hy die pad vat . So die werkgewer moet tevrede wees met sy anc t shirt of wat se ek .
Ja en

JohanL ·

Marco Polo is 100% korrek – en behoede ons as die uitspraak dalk so ver gaan dat ons dit nie eers in ons huise mag hang nie. Weet natuurlik nie hoe hulle dit gaan “check” nie. Maar ja, die kern van die saak is dat die swarte die aandag heeltemal weg vat van die swartman se onvermoe om enige iets positiefs in hierdie land te doen. En in Afrika – kyk maar na die geskiedenis van al die swart onafhanklike lande in Afrika – ons ignoreeer die noorde van Afrika waar meerendeels Arabiese groeperings is. Op enkele uitsonderings is almal ‘n mislukking.

Jan ·

JohanL. Ek stem saam met jou en wat jy se. Ongelukkig stem ek nie saam met marco polo nie

barend v d westhuizen ·

die vlag sal my vlag bly die nuwe gemors wat hulle n vlag noem is vir die nuwe suid afrika wat uit mekaar val deur swak bestuur van n swart regering wat nie wil herken dat hy die land baie gou kan reg rik deur bee af te stel en mense te gebruik wat weet wat hulle kan doen

AndrewL ·

Hierdie nuwe vlag lyk tog al te veel na ‘n jock onderboek se Y-Front. Ek skaam my dood as ek dit in die openbaar moet wys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.