Lesersbrief: Wees ʼn profeet NG Kerk

dr-dawie-botes-vrede

Dr. Dawie Botes van die NG Kerk Vrede-Wes. Foto: Verskaf.

Dr. Dawie Botes van Vrede skryf:

As predikant in die NG Kerk mis ek leiers wat opstaan as profete in hierdie tyd. Dis in sulke tye dat die kerk moet opstaan en weer onbevange profeet moet wees.

Die NG Kerk bly een van die grootste kerke en moet die leiding neem.  Moorde, verkragtings, misdaad, korrupsie en rassisme het deel geraak van ons samelewing.  ʼn Paar Sondae gelede moes ek afkondig twee van ons lidmate se kinders is vermoor. Onlangs het ek ʼn sesjarige swart kind wat vermoor is se begrafnis bygewoon.

Waar is die kerk? Die kerk kan soms so intern besig wees met dinge dat hulle nie die groter prentjie meer raaksien of wil raaksien nie. Het ons ons geloof verskraal tot niks?  Glo ons nog in gebed en die Here se Almag ?

Staan tog op teen ons regering van die dag met nuwe radikale maniere van profeet wees. ʼn Brief en ʼn e-pos aan die regering help niks meer nie, hulle lees dit nie eens nie.  Volgens statistieke van verlede jaar is reeds meer as 2 800 mense vermoor.

Wat sê die kerk teen rassisme van ons regering se kant af wat onaanvaarbaar is? Ek persoonlik bid vir verdeeldheid in ons huidige regering en dat die Here vir ons op Sy tyd ʼn ander verantwoordelike regering sal gee. Daarvoor bid ek byna elke dag.

Ons bely op Sondae “ Ek glo in God, die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde”… glo ons dit nog? Ons moet as kerk ernstige oproepe maak tot nasionale gebedsdae soos nooit te vore nie.  Word wakker NG Kerk, staan op in die Naam van die Here, waarin jy onwrikbaar glo.  Wees ʼn profeet en inspireer jou lidmate.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Des ·

Ek stem met baie wat hy sê. Die kerke in ons land het te stil geword oor onderwerpe genoem. Daar is deesdae baie oproepe op sosiale media vir byeenkomste vir gebed oor die probleme wat veral witmense aangaan. Iewers moet die kerk begin wakker word en opstaan teen al die verkeerde dinge in ons land. Hierdie oproep deur die prediker is iets wat in miljoene mense se gedagtes is. Ek hoop baie kerke en mense word bewus gemaak van hierdie brief en iets daadwerkliks word gedoen om oor te gaan tot aksie.

chrisp ·

Het nie geweet daar is nog sulke puik mense in die NG kerk nie.
Dit kan my dalk net weer ‘n draai daar laat maak.

Tian Bester ·

Hoekom swyg die kerke so oor pornografie? Het Sondag ‘n erediens bygewoon wat gelei was deur dr Jan Bothma van Moreletapark Ek was geskok om te hoor watterr effek het hierdie bose verslawi ng op die menslike brein! Hoekom so profeet van God nie meer blootstelling gee op tv en kerke en skole nie? Ja, ons land het nou profete nodig Ons mag nie swyg nie .

Genieve ·

Dis die reine waarheid en die kerk sal waarlik moet opstaan,en die Here n ere plek moet gee.Die kerk het stil geword. Maar eendag gaan ons ingerig gehou word omdat ons te bang was om te se,so se die Here van die leerskare.

Lidmaat ·

Ek stem absoluut saam. Ongelukkig kruip meeste NG kerke weg of vra om verskoning. Hulle is so bang om aanstoot te gee, terwyl hulle diegene wegjaag wat al die jare die kerk getrou bygewoon het deur hulle besluiteloosheid. Dan laat hulle gay marriages toe, dan skielik nie, dan is almal welkom, dan skielik nie. EK was vir dekades in die NG kerk, totdat hulle my begin skuldgee het vir apartheid en vir die koerantverkopers op die hoek se lot, dit terwyl HULLE dit vir jare van die preekstoele af verkondig het. Daar was tot Bybelverse aangehaal om dit te bevestig, en nou skielik is die gemeente die skuldiges en al die dominees is vergewe. Tjol man, ek het na ‘n charismatiese kerk verskuif waar ALMAL welkom is, daar word nie besluite geneem oor wie ingesluit of uitgesluit mag word of Bybelversies aangehaal om mense by te kom nie. Die preek kom uit die Bybel, en voed ons geloof, die NG kerk gaan te laat wakkerskrik.

Bees ·

Lidmaat ek stem 200% saam! Hulle eierdanse en tjolpraat kan wragtag nog net deur skapies geglo word. Hulle gaan verdwyn soos hul bondgenoot die NP

Boerseun ·

Toring van babel kerk werk ook nie. Maar stem dat die NG klits verloor het. Move with the times in jou interpritasie dan volg jy mos jou wil en nie God se wil nie. Wat is die doel van n kerk dan? dan kan jy mos by die huis bly en glo wat wil.

Daan Mulder ·

Dis ‘n jammer feit dat die NG Kerk sy stem total verloor het. Hulle wil GEEN standpunt inneem oor NIKS nie! Gaykwessie uitgesluit – want hulle bly lojaal teenoor die Gaum- en ander sulke -families! Ons “outydse” evangeliste + manne soos oom Angus Buchan word doodgeswyg en
verneder! Hulle kon nie eers by arme dr. Sollie Osrovech staan toe daar valse leuens oor die
arme man versprei is en hy nie eers deur ‘n hof skuldig bewys is nie. Sy vrou en kinders moes
sien hoedat die eens formidabele man wegkwyn en sterf. NG Kerk dss. glo hulle preek net oor die “Liefde van Jesus” – HY wat standpunt ingeneem het oor SONDE!

yvette ·

Ja, as jy staan vir niks sal jy val vir alles.
Ek is van NG na charismaties- genadiglik het my oe oopgegaan. Verskuif na die Evangelies Gereformeerde kerk van SA.wat nog behoudend is en waarlikdie Here Jesus dien. Maar, BID vir die NG kerk- dit was ons kerk, hulle was EERSTE aangeval en verskeur, sodat die res kon gebeur.

Rupert Ashford ·

Goeie kommentaar Yvette. Bid saam met jou – jy praat soos ‘n profeet.

nhk ·

Hkm kan daar nie n week van gebede in die aand gehou wrd ni. Landwyd. Is dit oor dit na ure is of teveel moeite .

thelsa ·

Korrupsie in die staatsdepartemente – en die Kerk is stil !
Oneerlikheid en bedrog deur staatsamptenare – en die Kerk is stil !
Zenofobiese gedrag en aksie in ons stede – en die Kerk is stil !
Haatspraak teen witmense deur anderskleuriges – en die Kerk is stil !
Plaasmoorde op bejaarde blanke mense – en die Kerk is stil !
Wanorde en chaos op Universiteitskampusse – en die Kerk is stil !
Geestelike verval van kerklitmate – en die Kerk is stil !
Swak dienslewering deur openbare instansies – en die Kerk is stil !
Aborsies wat toeneem teen ‘n reusagtige tempo – en die Kerk is stil !
Grondbesetting deur wettelose inwoners – en die Kerk is stil !
Egskeidings wat nuwe hoogtes aanneem – en die Kerk is stil !
Godsdiens wat uit skole wil verban word – en die Kerk is stil !
Ons is moeg vir ‘voel-goed’ prekies
Die Kerk het guts nodig en moet dit demonstreer

PIET ·

Gay huwelike word goed gepraat en daaroor is die kerk nie stil nie.

vermeende ·

Hierdie predekant moet in sy stiltetyd baie stil raak en goed besin voor hy weer vra dat daar verdeeltheid in die ANC moet kom.
1) God alleen stel owerhede oor jou soos jy dit verdien, dus, die probleem le nie by die ANC nie maar by ons want ons het n regering deur God gekry wat ons verdien.
2) Die predekant is bekommerd oor 2800 moorde maar hoeveel aborsies bly hy oor stil. Jesus se self, laat die kinders na my toe kom want aan hulle behoort die koningkryk, ons die kerk en die predekante help om kinders te vermoor met ons stilte.
3)Prostetisie en pornografie sweig die predekant oor maar onder leiding van die senode sal hy gays trou, dit terwyl die Bybel se dat dit n griewel in die oe van God is.
Rassisme is n mens gemaakte reel onder menseregte maar nerens in die Bybel is daar enige menseregte in nie.
Die predekant het nie n idee wat n profeet is nie, profete word deur God aangestel met die gawe van profesie dit is ook hoekom die Bybel ons waarsku teen valse profete wat die predekant bevorder.
Die predekant soek God se hulp maar op sy terme, sorry dit werk nie so nie. Christelike geloof is nie n demokrasie met gelyke se nie, alles gaan oor die wil van God!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.