Wie trek Nommer Een se toutjies?

President Jacob Zuma tydens die WEF in Davos, Switzerland. (21 Januarie 2016) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma tydens die WEF in Davos, Switzerland. (21 Januarie 2016) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Dit is nie veel van ’n verrassing as jy lees dat ’n ANC-komitee pres. Jacob Zuma help om die land te regeer nie.

Ons president het volgens mediaberigte vroeg in Januarie ingestem dat die ANC se integriteitskomitee Zuma help om die land te regeer. Name wat genoem word om Suid-Afrika te help regeer sluit onder andere Andrew Mlangeni, Frene Ginwala en Mendi Msimang in.

Dit is rede tot ernstige kommer.

Suid-Afrika se Grondwet bepaal dat die president die staatshoof, hoof van die regering en hoof van die weermag is. As dit waar is dat Zuma voortaan net seremoniële magte sal hê, is die vraag: ”Maar wie is dan in beheer van die regering en die weermag?”

Terloops, gewoonlik is die topleiers van die ANC die president se raadgewers om belangrike besluite te neem. Duidelik is daar verwarring oor wie nou eintlik in beheer is.

Afgesien van die feit dat Mlangeni as politieke aktivis ook ’n goeie vriend van oudpres. Nelson Mandela was en tans die voorsitter van die ANC se integriteitskomitee is, weet ons nie regtig enigiets van Mlangeni se vermoë om ’n land te regeer nie. Hopelik kan Ginwala, die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, meer beteken. Die ANC glo seker dat Msimang, wat sedert 1997 die ANC se tesourier is, se finansiële kennis hopelik ’n positiewe bydrae sal lewer.

Die feit bly, iemand anders is in beheer van die land.

Bronne binne die ANC het erken dat ons president al meer seremoniële magte sal hê as staatsleier. Dit beteken eintlik dat daar ’n skeiding gemaak word tussen die president as leier van die wetgewende gesag.

Dit is niks vreemds nie. Brittanje het ’n premier en ook ’n staatsleier (die koningin).

Talle lande tref onderskeid tussen die leier van die staat en leier van die regering, wat gewoonlik die eerste minister is.

Die verskil is, in Suid-Afrika is ons nie bewus hiervan nie. Dit sal dalk goed wees as die ANC meer duidelikheid hieroor kan gee, want dit sal ’n grondwetlike oortreding wees as die president nie meer beheer oor die land het nie.

Dit is alombekend dat Zuma se beeld onder die publiek en in die media bly versleg. In sy staatsrede verlede week het ’n mens (weereens) die gevoel gekry dat hy glad nie in pas is met wat in sy kabinet, die staatsdepartemente en uiteindelik in die land aangaan nie.
Zuma het (weereens) herinner aan ’n skoolseuntjie wat ’n mondeling voorlees wat sy ma opgestel het, terwyl hy nie regtig weet wat sy geskryf het nie.

Dit is duidelik dat die ANC nie (nou) van Zuma wil of kan ontslae raak nie. Daar is waarskynlik verskeie redes hiervoor.

Miskien is daar net nie iemand wat Zuma tans kan opvolg nie. En as die ANC dalk besluit op iemand soos Cyril Ramaphosa, sal hy nie veel kan doen nie. Die ANC se strukture bly dieselfde.

Miskien is Zuma se mag binne die ANC te sterk. Ons het reeds gesien hoe raak hy ontslae van dié wat téén hom staan. So, enigiemand wat hom kon teenstaan, is geëlimineer. Sommige meen selfs sy steun binne die ANC is so sterk dat hy tot die einde van sy termyn in 2019 sal aanbly.

Dit is drie jaar van nou af met ’n president wat net seremoniële magte het.

Miskien sal dit ook nie goed wees vir die ANC om in ’n verkiesingsjaar van sy Nommer Een ontslae te raak nie.

Het ons land so leierloos geword dat ons nie eens meer weet wie in beheer is nie?

’n Mens verwag van die president om ’n plan vir sy land se welvaart te hê, leiding te neem, te luister na sy raadgewers en die bes moontlike besluite in die belange van sy land te neem.

Zuma kan dit eintlik nie meer doen nie (al wil hy).

Armand Cloete

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johannes van Patmos ·

En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. Vers 3: En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan….. Vers 4: En hulle die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: “Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?”

neelsie ·

Die wat na die staatsrede gekyk het sou gesien het dat die man nie in staat is om n land te regeer nie.

Lynni ·

Eintlik speel ons so reg in Malema se kraal. Ons beledig die ANC en Malema trek voordeel. So hoor sekere mense dat Zuma en die ANC sleg is en daar begin hulle stem vir Malema vir ‘n “beter toekoms”. Onthou Malema trek voordeel uit die situasie. En as Malema aan bewind kom gaan ons hoop die ANC was nog aan bewind. Daai man het geen respek vir enige reels nie. Kyk hoe lyk UCT. En voor iemand my kop afbyt, ek is nie ANC nie. Natuurlik moet ons mening lug oor dinge wat nie reg is nie, ek sê net: “careful what you wish for”.

André ·

Wat verwag mens anders van ‘n Staats President wat GEEN amptelike skool onderig gehad het nie?

Martin ·

Lynni, die feit is ons weet wat ons het, ons weet nie wat ons gaan kry nie.

Trolle ·

Mense met baie geld beheer nie net vir Zuma nie maar die hele wereld.Presedente is net daar om almal die idee te gee dis hy wat regeer.In Suid Afrika is dit die Guptas en in die weste is dit die Oligaards.Dis hoekom Putin hulle destyds uit sy land uit gegooi het want hulle koop almal om.Geld is die magtigste en evilste ding in die wereld en tog bring dit geen geluk in jou lewe nie.
Almal jaag net agter geld aan vandag en vamielie beweeg weg van mekaar,want ek is nou te ryk om te meng met my arm broer of suster,netnou wil hy geld leen.

Sieg ·

“Junk status” kom. Beleggers wil weet wie regeer, wat die persoon dink en wat hy kan doen.

Chris W ·

Ek beskou zuma as die swakste regeerder van
n land in die ganse wereld.

steve ·

U ken skuinlik nie vir Salva Kirr nie. Of vir Omar Bashir. Museveni, Kenyata …die lys is lang. In SA kan n mens noch oopenlik teen die President praat ….wag net vir Malema. Dit wort erger

TTh ·

Die ANC in samewerking met die SAKP het ‘n leiers (leidings)vacuum geskep wat SA vatbaar maak vir ‘n staatsgreep. Dit is moontlik dat hierdie situasie vanuit die buiteland bestuur word (toutjies trek) dink ek. My vraag sou wees, na aanleiding van die ‘beplande’ swak beheer, swak beplanning, swak bestuur, patetiese weermag en polisie, wanorde en verval, en menigte gebreke in die ANC leierskap, hoe lank gaan die samelewing (-verwoesting) dit uithou voordat ‘n staatsgreep plaasvind en alles in geweld en verwoesting inplons ???

charmsine ·

Wie trek no1. se toutjies? Die Guptas en die Chinese? Hulle vat alles oor. In elke dorp is n china-mall, Klein wimkeltjies met gemors wat se “made in china”, hulle wil ons minerale(dit wat nog oor is)ook kom afrokkel. Geld is mag.

Oom Boer ·

My siening is dat Nr1 as die swakste Leier en President van alle tye nog, in die geskiedenis boeke aangeteken sal word. Die toutjie trekkers is die SAKP, Guptas, China, Indië, Rusland, Oom Bob (Mugabe) en elke moontlike kommunistiese vereniging. Vir hul gaan alles oor Mag, vuurwapens, Minerale en gevegte teen Christelikes wat nie aan hul doelwitte voldoen nie.

Steve ·

Verskoon asb die Engels: Christians/Calvinists verwaag: rule of law vs rule of man, decentralised civil government , checks and balances to counter corruption. Absolute power corrupts. ANC has made super municipalities thereby centralising power and cutting out checks and balances. Male ma wants government all in Pretoria in the name of economics. U want good house keeping? Keep government divided in 3 clear categories: legislative, judicial and executive . Stop communist centralisation of power and bring back:”In humble submission to Almighty God…”(God’s law – not corruptible man’s law) Dankie

matie willemse ·

Laat ek almal regstel, Zuma word voorgesê deur die Shaick familie, een hoof van intelegensie, ander hoof van kommunikasie en ander een Shabir-sy “chom” Moslems regeer ons land, dit is hoekom ons slapgatte is waar ons is, te bang vir die Moslems en ons as Christene wil nie ons standpunt inneem omdat dit teen ons kamstige Christelike beginsels is. Kyk maar in parlement wie is almal hoofsprekers en wie gee opdragte deur – Moslems. Die ander is maar net pionne wat hulle daar rondskuif. Almal skreeu Nkantla Nkantla, wat van die R2000mil wapenskandaal, net mooi niks, wie is betrokke? Zuma en Moslems, Gupta’s? Zuma en Moslems, Russiese kernkrag? Zuma en Moslems? Myne? Zuma en Moslems, Grondhervorming? Zuma en Moslems, SARS? Zuma en Moslems, ek kan nog baie opnoem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.