Word alle vergrype ‘met die nodige erns’ hanteer?

universiteit-stellenbosch

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Deur Pieter Burger

Met onlangse gebeure op kampusse in Suid-Afrika word ons weer eens geruk na tye wat heelwat ooreenkomste het met die Middeleeue. Kry jy nie wat jy wil hê nie is die logiese respons is om ʼn vloermoer te gooi, mense aan te rand, eiendom te beskadig en liedjies te sing wat roep vir die moord van ʼn sekere etniese groep in Suid-Afrika.

Maar hierdie mense hoef hulle nie te bekommer nie want hulle gaan verskoon word en kry wat hulle wil hê onder die vaandel van versoening en “multi-kulturisme”.

Die ironie: Durf jy ʼn simpel fout maak deur in ʼn oomblik van uiterste frustrasie, woede en moedeloosheid ʼn woord te gebruik wat rassisties is, gebeur die volgende: “Volgens die universiteit is die saak reeds na sy eenheid vir gelykwaardigheid verwys om onmiddellik ondersoek te word en sal met die nodige erns wat dit vereis hanteer word.”

My vraag is, word die studente wat met kriminele betogings gister in Stellenbosch “Shoot the farmer, kill the Boer” gesing het se dade ook verwys na die eenheid vir gelykwaardigheid? Sodat dit óók met die nodige erns hanteer word? Indien die twee gevalle in ʼn gelyke mate hanteer word, het ek hoop vir ons land.

Ongelukkig gaan dit nie gebeur nie. Die Universiteit van Stellenbosch gaan weer op die gebruiklike papbroekwyse swig voor die eise van die betogers wat vra dat die jong man wat ʼn dom fout op Whatsapp gemaak het se kop moet rol.

Hoe ironies is dit dat iemand wat ander mense beledigend bykom swaar gestraf gaan word, wat moontlik die einde van sy universiteitsloopbaan kan beteken, terwyl persone wat R2 500 se brandalarmglasies breek, mense aanrand en liedjies sing wat die moord van mense eis absoluut géén straf gaan ontvang nie?

Hier sit ek en dink heel naïef die betogings gaan oor klasgeld.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ansu Le grange ·

Glo my enige student sal baie bly wees om nie klasgeld te betaal nie. Ons het ons seuns Universiteit toe gestuur met huislening geld, en ons self het met lenings studeer. Die jeug van vandag het ontaard in ‘n “gee vir my ” generasie, en nie “ek moet daarvoor werk” generasie. Hulle kry selfone, hulle kry motors en hulle kry sakgeld en nuwe klere….goed ja seker nie almal , maar die groter meerderheid kry hulle sin met alles..ouers voel skuldig omdat hulle werk en kinders moet sogenaamd alleen groot word nou gee en gee ek maar net, want anders is my kind die enigste een daarsonder….en daarom as hulle nie hul sin kry breek en plunder hulle…..want hulle kom ook nog daarmee weg…

Alida ·

Ansu jammer ek trap op jou tone maar gelukkig het julle ‘n huis gehad om op te leen en werk gehad. Wat van die studente wie se ouers in plakkerskampe bly en geen maar geen bates of inkomste het nie, maar die kind wil studeer en kan nie help oor waar hy vandaan kom nie. Wat hulle tans doen is veragtelik, maar vir die eerste keer sien ek nou hoekom hulle so aangaan. Die studente is nie dom nie. Hulle lees en hoor van die miljarde wat die regering vermors en steel. Wat verwag mens.

Adolf ·

Alida,

Alhoewel ek hoor wat jy se, het derduisende dit al ontsnap deur blote harde werk. Gratis hoer onderwys, stygende minimum lone, streng werksomgewing vereistes (en ek kan aanhou), kom alles vanuit n nederige en goedbedoelde plek, maar dit IS eenvoudig NIE volhoubaar nie.

Om jou voorbeeld te gebruik, as hy uit sulke aaklige omstandighede kom, moet hy eenvoudig harder werk as die res, sodat hy n studiebeurs kan ontvang. As hy nie die nodige punte kan kry nie, omdat sy skool te sleg is, dan moet die staat daarvoor antwoord (dit is egter n gesprek vir n ander dag), en indien alles plat val en niks vir die ou reg draai nie, sal hy ongelukkig moet werk vir sy hele lewe en spaar sodat sy kinders n beter pad kan stap as wat hy het.

Dit is hoe ek vandag is waar ek is. Nie deur staat subsidies en allerande sulke dinge nie, maar deur my Oupa se pa se pa, sy seun, sy seun en elke liewe ander tot by my Pa wat dag en nag gewerk het om n beter toekoms vir hulle nageslag te verseker. Punt.

dea ·

Die leiers van die Universiteite ontbreek integriteit, mentaliteit en leierskap.
Dit is die probleem . Wim is bo aan die lys.

Lance ·

Vergrype aan mense maw verktagting vergrype aan die materieele maw steel plunder en verniel …word met geen erns hanteer nie dis hoekom dit toeneem

Elizr ·

Dit gaan nie oor klas geld nie.dit gaan oor hulle die hele land wil afbreek en vernietig.Nou gebruik hulle maar die klas geld as ‘n verskoning.Almal moet in die verlede klas gelde betaal.Al was jy arm.Ek het alleen my kinders groot gemaak..en op 1 jaar 3 seuns op Stellenbosch gehad..maar betaal moes jy.Die wat nie ‘n beurs het nie..was daar geen genade nie.Nou wol hulle alles verniet hê. Wat ‘n ripoff.n mens se bloed kook..as ‘n mens die dinge moet sien en hoor.Wat ‘n skande.Ek dink Wim moet vervang word met iemand wat nie ‘n papbroekige is soos hy nie.

schalk ·

Werklik patetiese situasie .Is daar dan nie ander instelings in die wereld waar mense aanlyn kan gaan en studeer nie? Om vandag met die universiteite te prober studeer gaan net frustrasies en moedeloosheid bevorder. Maak julle vry van die stroom en gaan aanlyn. dit verg baie selfdissipline maar kan gedoen word in meeste studierigtings.
Jammer oor die werklike student wat wil studeer en vorder maar deur die situasies gekortwiek word.

Elizabeth ·

‘n Oplossing vir die klasgeld-probleem is:
Gee afslag op klasgeld aan ALMAL wat ‘n sekere prestasie in matriek behaal het, die res betaal vol fooie. Goed en wel as die armes meer befondsing kry, MAAR indien jy ‘n vak in die eerste semester druip, betaal jy voluit in die 2e semester. Indien jy in jou eerstejaar ‘n vak druip, betaal jy voluit tot jou prestasie verbeter het. Die probleem met hoër onderwys is dat daar te veel studente in die stelsel is wat swak presteer en langer as nodig vat om graad te kry terwyl die staat vir hulle moet betaal. Ek het geen probeem met arm studente wat gratis studeer nie, MITS hulle presteer!!

Sarie ·

Ek stem saam.As jy kwaad is vir die verkwisters van geld in die regering gaan brand hulle huise en eiendom maar los die universiteitsgeboue dat dit kan behoue bly vir die gemeenskap. Respekteer ook jou mede student wat wil leer en nie aan betogings deelneem nie. Daar is ‘n reg om nie te betoog nie. Eis om met Blade in ‘n kringetjie te gaan sit soos julle met Habib gemaak het.

Susan ·

Jy is so reg. Hulle wil eintlik net hulle eie geld op luukshede spandeer. Want elkeen van die sogenaamde arm studente het ‘n selfoon en nie ‘n hierjy selfoon nie! Almal het ipads en allerhande luukshede, maar hulle klasgelde wil hulle verniet hê? Gee vir elkeen ‘n graad verniet en stuur hulle, dit sal goedkoper wees en daardie grade gaan presies dieselfde waarde hê vir hierdie mense wat in elk geval in die proses niks leer nie. Die mense wat wil leer, sal leer en ‘n sukses van hulle studies en hulle loopbane maak!

Doktor ·

Habib het niks beteken nie – kyk hoe gaan dit by Wits!!!! Net nog ‘n fool!

Anoniem ·

My ouers het nie geld gehaad om my te laat swot nie…. ek het ook op skool nie hard genoeg gewerk om n beurs te kon kry nie…. MAAR…toe wk begin werk het ek my eie studies betaal. Ek was n blanke kind wat nie eers sakgeld gekry het nie want daar was nie geld v dit nie wat nog van n selfoon of n kar. EK MOES WERK VIR ALLES WAT EK HET EN VANDAG HET EK BAIE!!!!! Al die ouens wat so als afbrand en so staak… Iemand wat ernstig is oor studies sal nie tyd mors in betoogings nie… hulle sal klas bywoon of reg maak vir eksamens. Die wat so “betoog” het hulle ooit keuring vir die instansies…???? Ek sal sê gee alle studente hulle eerste jaar verniet ja.’n Staatsbeurs. Maar hulle punte moet bo n 60-70% gemiddeld wees elke kwartaal om nie hulle beurs te verloor nie. En indien dit val onder dit word die buers dadelik opgeskort en hulle moet studies verder self betaal of opskop. So sal daar hopelik verseker word dat die wat “verniet” swot darem hard werk en hulle kant bring en moeite doen om werklik te leer. En ook dit moet geld vir ALLE RASSE!!!! Dan kan hulle soveel van my belasting geld as wat hulle wil vir onderig.

Hendrik vd Westhuizen ·

Ai die geveg sal tot “ad en finitum” aangaan. My voorstel is gee lenings aan studente. Indien hy/sy graadvang skryf lening af. Indien hy/sy ‘n jaar druip verbeur hy/sy die lening en moet begin terugbetaal. Hier begin die moeilikheid al weer. Gaan hy/sy betaal of klipgooi? Hoekom kan Solidariteit se Studenteleningskema ‘n 98% terugbetalingskoers hê? Dissipline.

Chris ·

Alida, dan gaan werk hy todat hy genoeg gespaar het om te studeer !! ‘n Arm agtergrond is nie ‘n verskoning nie… En die regte manier om ‘n regering aan te vat wat miljarde vermors is om nie vir hom te stem nie (wat baie van hulle nog steeds doen ten spyte van hulle sogenaamde ongelukkigheid) .. beslis nie vandalisme en betogings nie – ek as werkgewer sal in my lewe nooit een van hulle in diens neem nie .

Hendrik ·

Die afbrekery spruit uit frustasie omdat daar min kom van die beloftes wat die ANC sedert 1994 aan die swart jeug gemaak het. Nou kry dit gestalte in ‘n anti Europese sentiment onder hulle. Vandaar die woede jeens die Wittes, spesifiek die Afrikaners en ons dra vir hulle boonop die mantel van ‘Die verdukker’. Daars baie finansiele oplossings, maar daar sal dan net ‘n volgende ‘xxxx must fall’ ontdek word. My raad aan my kleinkindeers: Studeer by ‘n privaat instelling; kry jou graad en besluit of jy deel van hierdie Afrika land wil wees.

Klippie ·

Universiteit Stellenbosch het al talle strategiese en oordeelsfoute begaan. Ek het absoluut GEEN respek vir hierdie instelling nie. Die US se probleme het begin nadat aktiewe bemarking onder wit Engelse skole gedoen is. Dit sou die dorpsekonomie bevoordeel. Mens maai egter wat jy saai, en vandag is ek Akademia, ons nuwe Afrikaanse privaatuniversiteit, se grootste ondersteuner. Daar is geen ander opsie oor vir ons nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.