[Meeste gelees] Top 10 Nou Pra Jy-rubrieke in 2015

Dawie Roodt. Foto: Facebook

Dawie Roodt. Foto: Facebook

Hiermee die gewildste artikels wat in 2015 op Nou Pra Jy verskyn het.

  1. Ek kies die groter vrees

Ek deel hierdie gedagtes omdat ek ʼn keuse gemaak het en ek weet ons moet ʼn keuse maak. Die tyd om ons vrees te kies is nou in belang van ons land. Ek daag jou uit om jou vrees te kies.

  1. Vrou se ope brief ná rooftog

Denise Combrink het dié ope brief geskryf nadat sy en haar man op 1 Julie vanjaar in hul huis in Pretoria oorval en beroof is.

  1. Daddy se brief aan Anneke

Daan Mostert het hierdie brief aan sy 12-jarige dogter Anneke geskryf nadat sy op Sondag 12 Julie haar eie lewe geneem het. Maroela Media publiseer die brief onveranderd.

  1. ‘n Geskiedenisles vir Zuma, deur prof. TT Cloete

Ek het nog nooit soveel leuens en teensprake uit een mond gehoor soos dié van pres. Jacob Zuma nie.

  1. Twaalf leuens oor Afrikaans

Die bekende Afrikaanse skrywer Chris Barnard het gesê: “As Engels die oorhand (in Suid-Afrika) kry, is dit meer as net Afrikaans wat in die slag gaan bly. Tien inheemse tale gaan verdwyn. Die enigste uitheemse taal (Engels) gaan bly en al elf dele van die koek kry, miskien ‘n hoflike windjie breek en verder stap Afrika in.”

  1. Geheime tienpuntplan om universiteite te verwoes

“Kaders en kamerade,” sê die voorsitter amptelik voordat hy vervolg: “Ek het skokkende nuus.” Die kaders en kamerade spits hul ore en skuif tot op die punt van hul sagte stoele.

  1. Die werklike redes vir die aftakeling van Westerse standbeelde

Ons standbeelde word nie geteiken waarvoor hulle gestaan het nie, maar wie hulle was en wie ons is, skryf Flip Buys.

  1. Kom ons praat oor die ANC se gruweldade

Miskien het die tyd aangebreek om die “twintig-tot-twee reël” in die asblik te gooi. Wat hierdie land nodig het, is minder misleiding en meer waarheid, ook oor die geskiedenis.

  1. Redakteursbrief: ʼn Brief aan elke betogende student

Met spanning wat lank reeds op verskeie terreine in die land hoog loop, het ons almal eintlik lankal verwag dat die onrus onder die oppervlak op die een of ander georganiseerde manier tot ʼn uitbarsting sou kom.

  1. Jacob Zuma laat die aap uit die mou

Tydens die ANC-hoofraadsvergadering het pres. Jacob Zuma ʼn reeks omstrede en belangrike opmerkings gemaak.

Kyk wat is alles meeste gelees op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.