10 redes waarom ons vir die Puk veg (en waarvoor ons nié veg nie)

Puk10Die Noordwes-universiteit het die afgelope jare onder die leiding van dr Theuns Eloff ʼn toonvenster van uitnemendheid geword. Die hoofrede hiervoor was dat die universiteit presteer het met sy kernbesigheid van navorsing, onderrig en die toepassing van kennis.

Daar was veral twee redes hiervoor. Die eerste rede is die bestuursmodel wat die institusionele eenheid van die universiteit suksesvol kombineer het met ruimte vir diversiteit om voorsiening te maak vir die unieke omstandighede van die drie kampusse.

Die tweede rede is dat daar ʼn balans gevind is tussen die Afrikaanssprekendes se reg op moedertaalonderrig, en nie-Afrikaanssprekendes se reg op toegang. Te midde van talle uitdagings word die NWU nou onder die top agt universiteite in die land gradeer. Die sleutel hiertoe was enersyds die universiteit se model van “volhoubare transformasie” wat die rasgerigte slaggate waarin baie ander universiteite geval, het vermy het; en andersyds die “funksionele meertaligheidsmodel” wat intydse tolking ingesluit het.

Die gevolg hiervan is dat duisende studente van alle rasse en op al drie kampusse ‘n beter geleentheid in die lewe gekry het – midde-in ‘n kalm en rustige studie-omgewing. Daarvoor behoort die hele land dankbaar te wees vir die leiding van die vorige vise-kanselier, dr Theuns Eloff, wat die argitek van hierdie prestasie was en deur sy leierskap die universiteit tot ‘n samebindende eenheid saamgesnoer het. Prof Dan Kgwadi is op hierdie hoogtepunt as nuwe vise-kanselier aangestel, en die werk wat reeds gedoen is, het vir hom die weg gebaan om die universiteit na nuwe hoogtes te neem.

Eenheid na verdeeldheid

Die afgelope paar maande is daar ‘n skaduwee oor hierdie prestasies gegooi deur ‘n reeks gebeure wat begin het met Beeld-berigte oor ‘n Nazi-kultuur op die Potchefstroom-kampus van die universiteit. Dit het gelei tot groot politieke druk op die universiteit se raad en bestuur, en het ‘n bepalende invloed gehad op twee kommissies van ondersoek na die stand van die NWU. Die gevolg hiervan is ‘n onsmaaklike verdeeldheid in universiteitsgeledere, en ‘n politieke aandrang op ʼn radikale rassetransformasie van die Potchefstroom-kampus – dieselfde model wat talle ander voorheen top Afrikaanse instellings totaal laat verengels of selfs laat misluk het.

Daar word talle motiewe toegedig aan diegene wat ten gunste van die huidige bewese suksesmodel is, wat wissel van rasse-eksklusiwiteit, die uitsluiting van ander en ʼn vasklou aan die verlede tot die verafgoding van Afrikaans en selfs rassisme. Hierdie verskille het nou tot geskille en selfs gevegte ontwikkel, wat tot groot nadeel van die universiteit kan strek. Daarom is dit nodig om duidelik te stel waaroor die geveg by die Puk gaan en nié gaan nie. Omdat die kollig op die Potch-kampus se hooftaal en studentesamestelling val, sal die uiteensetting van die redes waarom ek ten gunste van die bestaande model is, ook daarop fokus.

1. Omdat ons Afrikaans is

In demokratiese lande hoef taal- of kultuurgroepe nie te motiveer hoekom hulle in hul eie taal wil studeer of universiteite wil hê waar hulle tuis voel nie. Dit word as vanselfsprekend beskou om hulle dit te gun as hulle dit wil hê. Afrikaanssprekendes het soos alle ander groepe ook die reg op menswaardigheid, vryheid en gelykheid soos vervat in die grondwet se akte van menseregte, en die ontsegging van grondliggende regte is verontregting. ‘n Taal het sy hoër funksies nodig om sy langtermynvolhoubaarheid te verseker.

2. Dis ons Grondwetlike reg

Afrikaans is ingevolge artikel 6 van die grondwet ‘n amptelike landstaal, en artikel 9 bepaal dat die staat nie regstreeks of onregstreeks teen iemand mag diskrimineer op grond van onder meer ras, taal of kultuur nie. Artikel 29 bepaal dat elkeen die reg het om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die amptelike taal van sy keuse, met inbegrip van enkelmediuminstellings.

Dit is vreemd dat die opneem en verdediging van belangrike grondwetlike regte nou as onaanvaarbaar beskou word net omdat dit in sekere kringe nie polities korrek klink nie. Ander kundiges soos professors Andreas van Wyk en Marinus Wiechers, voormalige rektore van Stellenbosch en Unisa, het ook al telkens bevestig dat universiteite of kampusse met Afrikaans as hooftaal beslis grondwetlik is. Daarom is dit ook kommerwekkend dat universiteite hul eie onafhanklikheid en akademiese vryheid laat ondergrawe deur politieke druk en staatsinmenging.

In die taalbeleid van hoër onderwys erken die ministerie in artikel 15.4 dat Afrikaans as ‘n taal van opleiding en wetenskap ‘n nasionale hulpbron is. Daarom ondersteun die ministerie die behoud van Afrikaans ten volle as ‘n medium van akademiese uitdrukking en kommunikasie in hoër onderwys, en is hulle daartoe verbind om te verseker dat die vermoë van Afrikaans om as sodanige medium te funksioneer, nie benadeel word nie.

Dit is belangrik om kennis te neem dat nog nie een histories Afrikaanse universiteit amptelik aangekondig of ‘n beleid aanvaar het dat Afrikaans afgeskaf sou word nie. Die transformasieprosesse wat gevolg is, het gepaard gegaan met gerusstellings en versekerings oor die toekoms van Afrikaans, en ‘n (aansienlik sagter) belofte dat wit en Afrikaanssprekende studente nog altyd ‘n plek sou hê. Die einde van Afrikaans by hierdie universiteite was in die praktyk eerder die gevolg van die radikale rassetransformasie en die grootskaalse invoer van Engels, wat Afrikaans later onprakties gemaak het. Tweetaligheid was in die praktyk nog altyd ‘n oorgangsmaatreël na eentaligheid.

Daarom is dit Afrikaanssprekendes se reg en verantwoordelikheid om Afrikaans as akademiese taal te bewaar, te deel en verder uit te bou.

3. Dis aanvaarde universiteitsbeleid

Die universiteitsraad het in Junie 2013 die beleid van funksionele meertaligheid vir nog vyf jaar goedgekeur. Hierdie besluit is onder meer gegrond op die afweeg van belange van studente wat ingevolge Artikel 29(2) van die grondwet hul reg op ‘n taalkeuse opneem, en die reg op toegang van studente wat nie moedertaalonderrig verkies nie. Diversiteitsteikens om hierdie taal- en kultuurbalans te ondersteun, was deel van die raad se besluit.

4. Dis ‘n suksesmodel

Dit is ‘n bewese suksesmodel wat die universiteit ‘n ongekende bloeitydperk laat beleef het in terme van sy kernbesigheid van navorsing, onderrig en die toepassing van kennis. Die universiteit het jare na mekaar die gesogte PWC-toekenning ontvang vir die beste korporatiewe regering van enige Suid-Afrikaanse universiteit, asook ‘n toekenning van die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad vir sy taalmodel. Dit bring ‘n gesonde ewewig tussen die belange van alle groepe, waarop verder voortgebou te word in plaas daarvan om dit te probeer aftakel. Hierdie model moet veel eerder ondersoek word met die oog op die verdere uitbreiding daarvan na skole en ander universiteite met dieselfde uitdagings, as om dit verder verdag te probeer maak as iets uit die verlede.

5. Demografiese verteenwoordigendheid is ongrondwetlik

Dit is duidelik dat die doel van die huidige politieke druk is dat die universiteit se studente en personeel die “rasseprofiel” van die land sal moet weerspieël. Hier word selfs nie eers na die “toepaslike” demografie, met ander woorde die toepaslik gekwalifiseerde swart skoolverlaters en dosente, nie. Daar is ook nie sprake van die “Afrikaanse demografiese profiel” nie, maar bloot van die nasionale demografie. Dit is ironies dat “diversiteit” as beweegrede hiervoor aangevoer word, want as al die instellings die nasionale demografie moet weerspieël, gaan dit eerder oor “eendersheid” as diversiteit. Die feit is dat daar min, indien enige, instellings is wat die demografie van die land weerspieël, weens voor die hand liggende redes soos persoonlike keuses, streeksdemografie, die skoolstelsel, grondwetlike taalregte, universiteitsbeleid en die ligging van ‘n kampus. Dit is wel so dat alle universiteite saam die toepaslike demografie van die land behoort te weerspieël om gelyke toegang tot opleiding te verseker.

Volgens oud-president FW de Klerk is die konsep van “verteenwoordigendheid” onversoenbaar met die grondwetlike beginsel van kulturele verskeidenheid. Hy sê in ons multikulturele gemeenskap sal “verteenwoordigendheid” daarop uitloop dat die meerderheid elke faset van minderhede se lewens sal beheer, of dit nou in hulle werk, skole, universiteite of sport is. Daarbenewens het die appèlhof ook al bevind dat verteenwoordigende rassekwotas ongrondwetlik is. Die Potchefstroom-kampus maak reeds voorsiening vir die toepaslik gekwalifiseerde swart skoolverlaters in sy opvangsgebied. Dit is ook betekenisvol dat 72% van alle studente wat aan die NWU studeer, swart is en in Engels klas loop. Van die bykans 30 000 afstandstudente aan die Potchefstroom-kampus is 92% swart! Transformasie is dus daar suksesvol geïmplementeer oor al die programme by die drie kampusse – en dit bly vreemd dat die Potchefstroom-kampus uitgesonder word vir sy voltydse voorgraadse profiel, maar dat daar niks of min gesê word oor die ander kampusse of programme.

Dit is belangrik om daarop te wys dat die gelykstelling van “inklusiwiteit” en “verteenwoordigendheid” vals is. Dit is nie so dat ‘n kampus eers volledig inklusief sal wees as hy volledig verteenwoordigend van die landsbevolking is nie. In die praktyk is so ʼn kampus dan weer eksklusief vir die meerderheid en ontoeganklik vir minderhede. Van die bewoording wat deur die voorstanders van totale transformasie gebruik is, kom gevaarlik naby aan kulturele suiwering en inlywing by die meerderheid. Daarmee saam is die verskraling van versoening op taalgebied tot verengelsing ook ongrondwetlik en blote kulturele selfmoord. Wenlande gebruik juis wedersydse taalerkenning en –respek om versoening en nasionale eenheid te verstewig.

6. Afrikaanssprekendes het ook ʼn reg op toegang

Daar word gereeld en tereg gewys op die reg op toegang van nie-Afrikaanssprekende en veral swart studente. Die reg op toegang van Afrikaanssprekende en wit studente word egter totaal verswyg. Dit is egter so dat die transformasie van talle histories Afrikaanse instellings in hoofsaaklik swart Engelssprekende instellings die reg op toegang van wit en Afrikaanse studente in veral die noordelike provinsies ernstig belemmer het. Die aantal wit jongmense by tegnologie-universiteite het sedert 1994 byvoorbeeld vanaf meer as 70% na onder die 5% afgeneem. Dit geld ook vir die vyftig ou tegniese kolleges, oftewel die kolleges vir verdere onderwys en opleiding, asook vir die talle kolleges van maatskappye wat die rasseteikens vir hul werksmagte deur die studenteprofiel van hul opleiding probeer bereik. In Gauteng en ander provinsies krimp die geleenthede vir Afrikaanse en wit studente elke jaar weens die transformasie van die universiteite, en word toegang ‘n al groter probleem.

7. Moedertaalopleiding is die beste onderrig

Dit is ‘n bewese feit dat moedertaalonderwys en -opleiding die beste onderrig is. Daardie debat is verby, en die verskynsel dat baie ouers en studente verkies om in ‘n ander taal onderwys te kry, kan nie die grondwetlike vryheid van mense benadeel om moedertaalonderrig te kies nie. Dit beteken nie dat studente nie voorberei hoef te word vir die meertalige omgewing in die werksplek nie, maar bloot dat opleiding in ‘n moedertaal beter is, en ‘n student makliker in staat stel om hierdie kennis in ‘n tweede taal toe te pas.

8. Ligging bepaal nismarkstrategie

Potchefstroom is in die platteland geleë, en die kampus se ligging is bepalend vir sy nismarkstrategie, in besonder die gehalte Afrikaanse onderrig en vormende studentelewe. Bykans 50% van die studente kom uit ander provinsies, juis vanweë die uniekheid van die kampus. Indien Potchefstroom so transformeer en in dieselfde mark moet meeding as Tukkies, TUT, Wits, UJ en Unisa, verval sy mededingende voordeel om ouers verby ander universiteite na die kampus te lok ten spyte van die duurder reis en verblyf wat hulle moet betaal.

9. Verontregting

Die gevoel bestaan dat sekere uitgediende praktyke van die Potchefstroom-kampus se ontvangs- en bekendstellingsprogram aangegryp is as ‘n hamer om die kampus se rasseprofiel radikaal te transformeer, Afrikaans gaandeweg uit te skuif, die gesonde en vormende studentelewe te kelder, en wit en bruin Afrikaanssprekendes se reg tot universiteitstoegang verder in te perk. Die aanduidings bestaan dat die Wessels-kommissie baie verder as sy mandaat gegaan het en, na wat uit koerantberigte afgelei kan word, die Afrikanergemeenskap en sy skole as geheel in die beskuldigdebank geplaas het.

Aan die ander kant was daar nog nooit sprake dat histories Engelse universiteite aanpassings moes maak om Afrikaanssprekendes te akkommodeer of hul taalbeleid aan te pas nie. Die geskiedenis van die transformasie van die histories Afrikaanse universiteite, wat gebeur het met Afrikaans as akademiese taal en die manier waarop dit gedoen is, laat menige Afrikaanssprekendes met ‘n gevoel van verontregting, vernedering en die miskenning van ons gemeenskap se menswaardigheid.

10. Waarvoor veg ons nié?

Dit is ook belangrik om duidelik te stel waarvoor ons nié veg nie! Ons werk vir die bewaring en bevordering van wat oor die afgelope eeu in en vir Afrikaans gedoen en bereik is. Ons veg nie ‘n taalstryd teen ander tale of hul sprekers nie. Ons wil nie ander mense vervreem, uitsluit, verneder, onsself afsonder of vasklou aan ou onregverdige voorregte nie. Ons wil nie in die verlede vassteek nie, maar die toekoms sonder verwaandheid maar met die nodige selfvertroue aandurf. Ons sien onsself as moderne en patriotiese Afrikaners en Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners, en verwerp die deursigtige pogings om ons voor te hou en uit te jou as agterlike rassiste.

Ons veg bloot vir die demokratiese ruimte om ons grondwetlike regte uit te oefen, op so ‘n manier dat ons nie ander hul regte ontneem nie. Beskuldigings dat ‘n strewe na aanvaarde wêreldpraktyke en –standaarde ‘n terugverlang na die voorregte van Apartheid is, is kwetsend. Afrikaners veg lankal nie meer vir ‘n beter verlede nie, maar het kulturele vryheid vir die toekoms nodig soos enige ander vergelykbare groep in die wêreld.

Dis ook nie ‘n kwessie dat Afrikaners teen demokratiese veranderings is nie. Daar is vandag algemene begrip dat daar na 1994 grootskaalse veranderings moes kom ter wille van regstelling, gelykheid, insluiting en geleenthede vir almal. Maar wat in die praktyk gebeur, gaan veel verder as gelykheid en regstelling, en tas Afrikaners en Afrikaanssprekendes se grondliggende regte en belange aan, ondergrawe ons instellings en demokratiese ruimtes, en het reeds talle Afrikaners so vervreem dat groot getalle totaal ontuis begin voel en landuit emigreer het.

Daarom kan ons baie leer uit die VN se ontwikkelingsprogram, wat al in 2004 ‘n verslag oor kulturele vryheid publiseer het met riglyne vir state soos Suid-Afrika. In hierdie verslag stel die VN dit prontuit: “As die geskiedenis van die twintigste eeu iéts bewys het, dan is dit dat pogings om kultuurgroepe weg te wens of in die meerderheid te laat opgaan, eerder die teenoorgestelde reaksie van ‘n lewenskragtige kulturele herlewing uitlok”.

Lees ook:
Die redes agter die veldtog teen Pukke

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Jessica ·

Dat Afrikaners ‘n kwarteeu later só desperaat vir ons vanselfsprekende grondwetlike regte moet voortveg, laat mens wonder oor wat van ons erfenis nóg Leon Wessels en sy maats destyds – met die huidige Bewind van Diewe se tsotsi’s in snyerspakke voor in die koor – weg-“onderhandel” het.

Max ·

This university is not just a place to study, learn and discover new things this place is my home. I am a second year english student studying a Bsc degree and I perform quite well here in Afrikaans classes while all my books and examinations are writen in english. Please do not change my home. Moet nie krap waar dit nie jeuk nie!!

Elsa Kruger ·

Logies, bereneerd, koelkop. Die feite spreek vir huself.. Dankie daarvoor. Net ‘n enkele waarneming nog: Duitse, Griekse, Joode skole is onder geen druk om verteenwoordigend van die rassesamesteling te wees nie. Inteendeel. Waarom nie dieselde minderheid- en taal/ kultuurregte aan Afrikaanse instellings gun nie? Is “hulle” bang daarvoor of wat?

Willem de Jager ·

Verseker Elsa, enige iemand kan op al die prestige Engelse, Duitse, Joodse en ander privaatskole se fotoblaaie gaan kyk -“multicultural” word uitgeleef soos in die VSA of die VK met een of twee swart gesigte per 10 leerders, net om die gewete te sus. Daar is geen sprake van demografiese verteenwoordiging nie want soos enige iemand kan voorspel, in SA sal dit ‘n alghele verandering van die institusionele karakter tot gevolg he.

Shannon ·

Die Grondwet. Die die onderwerp van talle artikels en gesprekke. Snaaks hoe – voor die 90s – daar skaars sprake van so iets was. Dit was soos `n bybel in Hollands – almal weet van die bestaan daarvan maar min stel belang in die verstaan daarvan. Ek sou raai omdat meeste mense gereken het dis basies irrelevant en dit het nie `n werklik `n uitwerking op alledaagse gebeure nie.
Vandag, nou dat die gort gaar is, beroep elke jan rap en sy maat hom op die GRONDWET. Merk ook dat diegene wie die grootste effek gehad het in die vervaardiging van hierdie GRONDWET – dis nou die vryheids vegters en ander “akademici” in die alliansie – hulself nie soveel kwel oor die GRONDWET nie. Die rede is voor die hand liggend : die hele ding is klaar in hul guns. En ek kan myself so gryns laggie op die linkse gesiggies voorstel wanneer hulle sien hoe gretig die arme Afrikaners saam speel en nie `n voetjie buit die GRONDWET sandput sit nie.

Die vraag is – “Bepaal die GRONDWET alle daagse gebeure, of het alle daagse gebeure `n groter effek as die GRONDWET ?”

Die ‘side show’ van doktors en leiers wie aan ons die GRONDWET kom vertaal laat my altyd `n traan snik .. ek voel hoe die donker wolke van verstandelike onvermoë in die koppe van die luisteraars om almal toesak terwyl een of ander spesialis sy intieme GRONDWET kennis ten toon stel met uitmuntendheid. Die hamster snel voort op sy draai wiel – veilig in die hokkie leef hy homself uit in `n fantasie van vryheid.

Een ding moet die geleerdes by PUK darem erken – selfs hierdie doktore en professore kon nie voorsien hoe hul wel gebalanseerde instelling met een enkele ou opstelletjie van `n onsensitiewe ou dom kop sg. joernalis onderstebo gegooi kon word. En als was dan so mooi toegevou volgens al die riglyne van die GRONDWET !! Ai ! weet jy !

Chris ·

Dis nou al oor-en-oor bewys dat die grondwet nie die papier werd is waarop dit geskryf is nie. Die ANC het self en dmv sy strukture alle mag.
Die NDR is besig om uiters suksesvol deurgevoer te word.

Hanno Visagie ·

Kulturele en volksverskeidenheid:- Die Here het grense tussen nasies en tussen volke gestel, en verwag van ons om dit te eerbiedig (Hand. 17:26). Dit is ‘n voortsetting van die taalverwarring wat tydens die bou van die toring van Babel ingestel is (Gen. 11:5-8). Dit was verkeerd in die oë van die Here dat die Babiloniërs ‘n wêreldstaat met net een taal wou instel, daarom het Hy vir elke groep sy eie taal gegee. Hulle het uitmekaargespat en elkeen in sy eie woongebied onder sy eie regering gaan woon. Hieruit het verskillende volkskulture ontstaan. Die erkenning van hierdie verskeidenheid is die enigste grondslag vir gesonde verhoudings tussen volke. In die evangelisering van die wêreld word ons ook na elke volk en taal gestuur sodat hulle verkieslik in hulle eie taal geëvangeliseer kan word. In die eindtyd gaan daar egter onder die aanstigting van die Satan, die Antichris en die valse profeet ‘n wêreldstaat met net een regering, een godsdiens en een ekonomiese stelsel geskep word (Op. 13:1-18). Die opkomende nuwe wêreldorde beywer homself hiervoor. Dit sal ‘n ernstige vergryp teen God se orde van onafhanklike en selfbeskikkende volke wees, daarom sal die Here Jesus die bose lewenswyse en samelewingsorde van die Antichris tydens sy wederkoms vernietig. http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Fundamentalisme.htm

Elise Venter ·

Ek stem volkome saam met Hanno Visagie. Ek dink almal moet bietjie hul oë rig op God

AfrikaansIsLekker ·

Hanno Visagie, jy is heeltemal mal in jou kop. Waar kom jy aan die snert?

Dan ·

Aan AfrikaansIsLekker – indien jy nie weet waarvan Hanno praat nie, kan jy net sowel in die see gaan spring. Ek stel voor dat jy ophou voor die televisie lê en sport kyk, en ‘liedjies’ soos Leeuloop en Pampoen luister, en jouself op hoogte bring met gebeure en feite in die verlede en hede. Dan sal jy moontlik nie so maklik ander mense se korrekte stellings as ‘snert’ afmaak en hul as ‘mal’ beskryf nie.

Ek wonder hoe ons jou moet beskryf? Het ‘n paar goeie voorstelle maar ek sal nie na jou vlak daal nie.

robynne ·

Hulle is blind en moet nog hulle oe oopmaak..as hulle kan dit doen met God en sy Word..broad is the road to destruction!

robynne ·

Hulle is blind en moet nog hulle oe oopmaak..as hulle kan dit doen met God en sy Word..broad is the road to destruction!

Willem de Jager ·

Uitstekend beredeneer, Flip. Daar is nie ‘n woord uit sy plek nie. Die sand waarop die transformasie-leuens gebasseer is kan eenvoudig nie staan teen die rotsvaste waarheid soos jy dit uiteensit nie, al het Wessels en sy trawante hierdie lopie oënskynlik gewen.

Martin ·

Baie goed gestel Mnr Buys. En om te dink as Beeld nie die hoender geruk het vroeer vanjaar nie was al hierdie walgooiery onnodig. U en Dr Herman doen uitstekende werk en ek bid dat julle hierdie wa deur die drif trek. Ek is self ‘n oud Puk en het nou klein kindertjies. Ek wil hulle vreeslik graag Potch toe stuur as hulle groot is. Ek bly in die Kaap maar al kampus wat ek op hierdie oomblik vir hulle in gedagte het is die Puk. As hierdie poging om die Puk te kelder slaag weet ek werklik waar nie waar my kinders gaan swot nie.

Deon Fourie ·

Dankie Hanno vir jou perspektief. Ek is ‘n trots Afrikaner en Christen en voel nie bedreig as gevolg van my siening nie. Soos wat Afriforum/Solidariteit tans die tegniese kollege op die been gebring het, sal ons moet kyk na ons eie opvoedkundige instelling wat Afrikaans en Christendom as kultuur voorstaan en handhaaf. Hoekom moet ons langer staatsinstellings ondersteun wat nie ‘n flenter omgee vir dit wat ons reeds bereik het as Afrikaners en die bydrae wat ons lewer in die land se ekonomie nie. Met alle respek dink ek dit gaan vir die regering eerder oor sy eie ideologië as die vooruitgang van die land in geheel, moontlik omdat hulle nie instaat is om die toekomstige gevolge van hulle inmenging te kan insien nie. Ons moet bly by ons geloof in die Here en saamstaan om ons eie voortbestaan te verseker.

Frikkie Sutherland ·

Baie geluk Flip, die waarheid baie eerlik, koelkop en reguit gestel. Onderstreep maar net weer die Regering (Nee ANC) se hele ingesteldheid: “As dit werk, bejeen dit met agterdog; as dit baie goed werk, vernietig dit; as dit nie werk – veral as dit my eie maaksel is – beskuldig iemand anders daarvoor!”

Nina Burger ·

Dankie vir almal wat veg vir die behoud van Afrikaans maar ook al die ander rasse se belange beskerm. PUK is uniek en moet so behou word. Dit is skandelik dat ‘n Afrikaner so ‘n belaglike verslag opgestel het.

Mike ·

Wat ek in hierdie skrywe mis is ‘n duidelikke oplossing vir ons probleem. Natuurlik is daar volgens my net een oplossing en dit is selfbeskikking maar ek dink sekere leiers en organisasies wil nie hê dat hulle gesien moet word as voorstanders van selfbeskikking nie en dis jammer.

Nico Pienaar ·

Ek is dankbaar vir mense soos Flip Buys wat bereid is om tyd en aandag aan problem soos die van die PUK en Afrikaners te skenk.
Die groot propbleem het al reeds begin toe die naam vam die PUK moes verander en toe Tgeniese Kolleges skielik Universiteite moes word. Die persone wat so kerm oor tradisies soos wat by die PUK al vir jare bestaan is maar tipies van daardie klomp wat die nie “ontgroening” in watter format ookal kon beleef en ervaar as eenheid of kammeraafskap bou nie. Ongelukkig is dit so dat alle rasse en kulture dit nie dieselfde ervaar en aanvaar nie. dit is dieselfde as die reaksie teen die tradisionele veldskole waarteen ook deesdae openbaar word.
Ongelukkig word die kwessie van demografie net eensydig toegepas deesda. waar is die demografiese verteenwoordiging van die parlement of in dieselfde asem die van Bafan Bafana.
hierdie is ongelukkig die skewe beeld van die demokrasie wat in ons land toegepas word na 1994.
Ek is self ‘n oud PUK en dit is jammer dat die goeie werk van die verlede en veral dit wat Theuns Eloff gedoen het so afgebreek moet word deur mense wat met oogklappe aan dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.