ABO-konsentrasiekampie: Hier is die feite

Een van die Britse konsentrasiekampe. Foto: Fotografiese versameling van die Anglo-boereoorlogsmuseum, Bloemfontein.

Deur prof. Fransjohan Pretorius

Dit is al meer as ’n eeu gelede sedert die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) tot ’n einde gekom het, maar die gevreesde konsentrasiekampe waarin meer as 48 000 mense gesterf het, haal weer die hoofopskrifte.

Die kampe is deur die Britte opgerig as deel van hul militêre veldtog teen twee klein Afrikaner-republieke, naamlik die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR – ook Transvaal genoem) en die Oranje-Vrystaat.

Nadat die Britse LP Jacob Rees-Mogg egter ʼn hele paar kontroversiële uitlatings oor die konsentrasiekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog in ʼn BBC-program gemaak het, moet daar noodwendig weer ʼn paar ou oorlogskoeie uit die sloot gegrawe word. Hoe anders gaan ons die regte feite in die hande kry?

Rees-Mogg se onlangse bewerings het groot konsternasie veroorsaak aangesien dit deurspek was met twyfelagtighede en wanopvattings. Daarom het die tyd aangebreek om Rees-Mogg se onjuiste stellings een vir een met die ware feite te weerlê deur my historiese navorsing oor die Anglo-Boereoorlog die afgelope 49 jaar.

Hier is die feite:

’n Familie in ’n Britse konsentrasiekamp. Foto: Fotografiese versameling van die Anglo-boereoorlogsmuseum, Bloemfontein.

Sterftes

Die bewering wat die grootste herrie laat losbars het, was Rees-Mogg se aantyging dat daar net soveel sterftes in die konsentrasiekampe was as in Glasgow, gedurende dieselfde tydperk. Dít is feitelik so verkeerd as kan kom.

Volgens onlangse statistieke deur die Glasgow Indicators Project (GIP) gee die Glasgow-sentrum vir bevolkingsgesondheid (GCPH) die sterftesyfer van dié stad se bevolking in 1901 as 21 sterftes per 1 000 per jaar aan.

Die sterftesyfer van die Boere in die konsentrasiekampe in Suid-Afrika was tienvoudig meer: Daar is onweerlegbare bewyse dat 28 000 wit mense en 20 000 swart mense in verskillende kampe in Suid-Afrika dood is. Tussen Julie 1901 en Februarie 1902 was die syfer gemiddeld 247 per 1 000 wit mense. Dit het opgeskiet na 344 per 1 000 per jaar in Oktober 1901 en gedaal na 69 per 1 000 per jaar in Februarie 1902.

Die syfers sou waarskynlik nog hoër gewees het as dit nie was vir Emily Hobhouse, ʼn Britse maatskaplike werkster, wat die haglike toestande van die konsentrasiekampe oopgevlek het nie. ʼn Verslag deur die Government’s Ladies Commission het gevolg en die Britse regering was genoop om die lewensomstandighede te verbeter. Nog ʼn faktor wat bygedra het om die stertesyfer af te bring, was dat lord Milner, die Hoë Kommissaris van Suid-Afrika en goewerneur van die Kaapkolonie, die administrasie van die kampe in November 1901 by die Britse weermag oorgeneem het.

Waarom konsentrasiekampe?

Rees-Mogg het nie die vaagste benul gehad waarom die Britse militêre owerhede die konsentrasiekampe opgerig het nie en het sy onkunde verklap met stellings soos:

  • Waar anders moes die mense bly terwyl die oorlog aan die gang was?
  • Mense is in kampe geplaas om hulle te beskerm.
  • Hulle is daar gehou vir hul eie veiligheid.
  • Hulle is soontoe geneem sodat hulle gevoed kon word omdat die plaasboere weg was om in die Boereoorlog te veg.

Bogenoemde stellings is bitter ver van die werklikheid.

’n Gesin kyk toe terwyl hulle huis deur die Britse magte afgebrand word. Foto: Fotografiese versameling van die Anglo-boereoorlogsmuseum, Bloemfontein.

Die oorsprong van die kampe

Nadat lord Roberts, hoofkommandeur van die Britse weermag, Bloemfontein (die hoofstad van die Oranje-Vrystaat) op 13 Maart 1900 beset het, het hy ʼn proklamasie uitgevaardig waarin hy alle Boere “genooi” het om hul wapens neer te lê en ʼn eed van neutraliteit te onderteken. Daarvolgens sou hulle vry wees om na hul plase terug te keer op voorwaarde dat hulle nie langer sou veg nie.

Ongeveer 20 000 Boere – sowat ʼn derde – het van hierdie aanbod gebruik gemaak. Hulle is die “beskermde burgers” genoem (of soos ons hulle ken, die hensoppers en verraaiers). Roberts het hierop staatgemaak in ʼn poging om die oorlog te beëindig, maar ná die Britse besetting van die Transvaalse hoofstad, Pretoria, op 5 Junie 1900, was daar geen einde in sig nie. Inteendeel. Die Boere het ʼn guerrilla-oorlog begin wat nou selfs sabotasie van spoorlyne ingesluit het.

In reaksie hierop het Roberts nog ʼn proklamasie op 16 Junie 1900 uitgevaardig wat bepaal het dat vir elke sabotasie van ʼn spoorlyn, die naaste plaashuis afgebrand sal word. Dit was die skrikwekkende begin van die “verskroeideland-beleid”. Toe dít nie na wense werk nie, vaardig hy in September daardie jaar ʼn ander proklamasie uit en beveel dat álle plaashuise binne ʼn radius van 16 km vanaf enige aanval afgebrand sal word, alle vee doodgemaak en alle oeste vernietig sou word.

Die uitvoering van hierdie beleid het skrikwekkend vererger toe lord Kitchener in November 1900 by Roberts oorneem as kommandeur. Plaashuise en hele dorpe is afgebrand, selfs al was daar geen sabotasie van enige spoorlyn nie. Só is feitlik álle plaashuise van die Boere – sowat 30 000 – in puin gelê en derduisende vee is doodgemaak. Die twee republieke was geheel en al verpletter.

Ná ʼn paar groot neerslae het die Boere begin om hul kommando’s weer op die been te kry. Een van die planne was om die hanskakies (die Boere wat hul wapens neergelê het) weer op te roep.

Roberts het gereken hy behoort dié wat die eed afgelê het, teen hul eie mense te “beskerm”, en het hulle na vlugtelingkampe geneem (die eerste twee is in Bloemfontein en Pretoria in September 1900 opgerig).

Dog, die verskroeideland-beleid het veroorsaak dat al hoe meer Boere-vroue en -kinders dakloos gelaat is. Dis toe dat Roberts besluit het om hulle ook na die kampe te bring. Hulle het bekendgestaan as die “ongewenstes” – families van Boere wat nog op kommando of reeds krygsgevangenes was – en het minder rantsoene as dié in ander kampe ontvang. Hierdie families was uiteindelik in verhouding 7:3 meer as die “beskermde burgers” en hul gesinne.

Die “ongewenstes” is natuurlik teen hul wil na die kampe geneem en gedwing om op ossewaens en oop treintrokke soontoe vervoer te word. Hulle is beslis nie, soos Rees-Mogg beweer het, weggeneem vir beskerming of vir hul veiligheid nie. Nog minder is hulle na die kampe geneem om gevoed te word. Inteendeel, hul aanhouding het alles te doen gehad met die weerstand van die Boere wat steeds besig was om teen die Britte te veg.

Die administrasie van die kampe was skrikwekkend. Kos was van ʼn uiters swak gehalte (soms vrot), sanitasie was, om die minste te sê, walglik, tente was heeltemal oorbewoon en die bietjie mediese hulp skokkend. Epidemies soos masels en maagkoors het uitgebreek en vele sterftes veroorsaak – waarskynlik weens ʼn gebrek aan voldoende kennis omtrent en behandeling van hierdie siektes gedurende daardie tyd.

Maar dis nie al nie. Rees-Mogg is ook dwaaslik onbewus van die stappe wat die Britse kommandeurs teen swart Suid-Afrikaners gevolg het. Altesaam 66 swart konsentrasiekampe is oor die Transvaal en Vrystaat opgerig waar leeftoestande net so sleg soos in die wit kampe was en die sterftesyfers soortgelyk.

Hierdie kampe is opgerig om die swart mense van die plase af te kry sodat die boere geen voorrade by hulle kon kry nie. Erger nog: hierdie gewelddadige optrede het daartoe gelei dat die Britte swart mans as werkers in die goudmyne kon gebruik.

Rees-Mogg het darem een punt reg gehad: die konsentrasiekampe in Suid-Afrika het nie dieselfde doel gedien as Hitler se uitwissingskampe gedurende die Tweede Wêreldoorlog nie. Die doel in Suid-Afrika was nié sistematiese volksmoord nie.

Maar dit verander min aan al sy ander leuens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Jack ·

Hoeveel krygsgevangenes het op plekke soos St. Helena, Ceylon en ander plekke gesterf? Dit behoort bygetel te word om die omvang van die volksmoord in perspektief te sien.

Nettie ·

@Jack – “POW”-sterfgetalle kan nie by die konsentrasiekamp-sterfgevalle gereken word nie, omrede POW’s mense was wat gevange geneem was tydens/na veldslae. Kampe soos Diyatalawa in Ceylon (Sri Lanka) en Deadwood Camp in St. Helena was groot en baie POW’s het – meer aan die einde van die oorlog – gekíés om hier aan te bly (Die Bittereinders), want hulle het geweier om die Eed van Getrouheid aan die Britse Kroon te teken en wou nie na ‘n vernietigde land terugkeer nie. Baie Bittereinders het ook in lande soos Argentinië ‘n lewe gaan skep.

Kerneels ·

Dit is regtig jammer dat nie Rees -Mogg hom nie aan die ware feite sal steur nie! Ek is oortuig daarvan en hy sal ook nie erken dat hy verkeerd was nie.
Tog sal ek baie graag by hom wou weet:
@wat gee die meeste voedsel tussen 15 beeste per gesin of 15 bully beef blikkies?
@ van wanneer af word plase af gebrand om die vyand se #”veiligheid” te verseker en te voed?

Peet Schabort ·

Ek het die grootste agting vir prof. Fransjohan wat na sovele jare steeds bereid is om verdere inligting te bekom deur te luister wat andere te sê het oor die ABO. Ek het dit eerstehands ondervind met ‘n besoek aan Spioenkop. (Terloops hang daar tesame met die Union Jack die nuwe SA-vlag by die ingang na Spioenkop wat niks te doene het met die oorlog, waarom nie die Vierkleur tesame met die engelse vlag??)
Tans in my besit is omtrent 300m konsentrasiekampdraad afkomstig van die Middelburgkampe. Nou waarom die inhok van vrouens en kinders wat ‘skuiling’ aangebied is met hierdie draad? ‘n Plaasboer het aan my ‘n stelling gemaak dat met die ‘verskroeideaarde-beleid’ die swartes geen keuse gehad het om self na die wit konsentrasiekampe te trek om te oorleef, hulle is dus nie gedwing soos met die boervrouens en kinders.
Indien enige een wonder is hierdie draad uniek en op pad na die Vrouemonument wat reeds bewus is van hierdie vonds en die geskiedenis daarvan.
Die opskrif se ‘ . . . kampie’ is seker ‘ . . . kampe’?

Pierre ·

Stem nie saam met die meening dat die kampe nie dieselfde doel gehaat het as Hitler se kampe nie. Die vroue, kinders en selfs hulle hulp was glas gevoer wat in die kos gemeng was, sal ek vir julle die foto’s aan stuur. My familie was deel van die wat daar deur moes gaan, soos baie ander se families, asb hou op om alles sagter te maak omdat dit “PC” is, die britte wou ons weg hê, hulle was verneder deur n klein nedirige volk, hulle was lafaarde, pik op die sagtes, die vrou en kinders.

Nettie ·

Ek dink ons moet nie vergeet dat baie kamp-kommandante verloopte Boere (Kroon-lojaliste) was wat die Eed van Getrouheid aan die Britse Kroon afgelë het en daarna verguising deur lojaliste moes verduur nie. Kamp-kommandante was dikwels in beheer van die verspreiding van voedsel in die kampe; dit staan my te verstane dat persoonlike verskille daartoe kon lei dat voedsel in die kampe gesaboteer kon word.

Maar dit breek nog steeds nie die konsentrasiekampe, die wreedheid en onregverdigheid daarvan, af nie. Roberts het dit begin en Kitchener het dit vervolmaak en tot in die fynste besonderheid beplan en uitgevoer; hy wou mos nie vrou vat nie en het van jong mans gehou, die ………………………….. “pansy”!

Afrikaner ·

Maroela, julle het my kommentaar aan Pierre verwyder, gaan lees gerus die feite in die boek ‘Die Rustelose Shalom” van Abraham H De Vries en vergewis julle van die feite.

Afrikaner ·

Maroela, wat ek probeer uitlig het is dat mens moet versigtig wees as jy jou eie mense se swaarkry gelykstel aan die Jode sa slagtings as jy nie die feite het nie. Julle kan julle gerus ook vergewis.

Afrikaner ·

Maroela, jammer ek weet als het perke, maar daar is niks so erg as die wat in ontkenning leef nie. Ek praat nou van die wat ons met die strafkampe van Aushwitz vergelyk en dit wat die Jode daar deurgemaak het.

Afrikaner ·

Dus verskil jy van ‘n bekroonde prof en geskiedskrywer. Dit wat met jou familie gebeur het word is tragies, maar jy stel dit gelyk met die gasfabrieke van daardie tyd in Duitsland. Ek het nog inligting geplaas, maar ditgeval nie Maroela nie.

lewies ·

My pa se moeder het self aan ons as kleinkinders vertel, dat hulle suur gegee is om te drink as hulle medisyne gevra het. Die mengsel wat hulle moes drink het gate in die tente gevreet as dit uitgegooi is.

Riena ·

Baie dankie, Professor!
Hierdie gee `n goeie perspektief en stel ons in staat om op korrekte wyse die Brit te weerle.
Ek leer hierdie sommer vir my kinders ook sodat hulle byvoorbaat ingelig is en Trots kan wees op ons verlede. Niks om oor skaam te wees nie. Nou moet ons net weer kinders kry dat ons nie onsself uitwis nie……

Afrikaner ·

Ons kan net dankie sê aan ons uitmuntende geskiedskrywers wat die gebeure van die Afrikaner se geskiedenis soos dit was dokumenteer/gedokumenteer het. Dankie ook aan diegene wat daaroor in hul rubrieke en artikels berig, so maak ons seker dat dit en die waarheid vir die nageslag behoue bly.

JAN ·

Packenham is die meesterwerk . Alles was staatsgeheime totdat die ANC oorgevat het.
In Bloemfontein NGK argiewe is afgryslike detail van die volksmoord en grondroof ontdek. Honderde be-edigde verklarings Vriend Dr Richard Louw het die kampe opgeskryf en vertel hoedat sy verligte professionele tikster telkens eers gestop het en
snikke kalmeer het – te emosioneel ontsteld om voort te gaan.
Ja dit was nie primere volksmoord nie- ‘ slegs ‘ gewapende roof agter goud en diamante van die Hollandse Vrymesselaars aan.
Bermuda was grooter Krygsgevange kampe. Googeloer gerus.

Nettie ·

@JAN – lekker man, hier leer ek ook nog vandag op my ouderdom ‘n ding. Ek het nooit geweet dat daar POW-kampe was op Bermuda nie, en ek – ‘n groot, gierige leser oor die Anglo-Boere-oorloë in SA en die kampe!

JAN ·

een Bitereinde Boer se kortloop Martini Henry .45 kal het 400 merkies op sy kolf gehad…!!! geweldig akkuraat.
Die SA koue is tot minus 30 grade celsius somer temp tot 40 grade en die kampe is aan die suide kante van die koppies gebou. Bv Tempe Bfn. Hel
Slagoffers is Maart bymekaar gemaak net voor die winter, – Oktober is die meeste kinders dood van masels en pneumonie .
Die engelse was vreeslik ontsteld daaroor maar is diep geheim gehou. – die gru detail raak nou eers ontstellend duidelik. Emily Hobhouse was amper vir hoogverraad vervolg. lees haar storie – geweldig.
Eerw Kepler was my vriend wat die swart kollaterale slagting bekendgemaak het. Met groot ontkenning van hoofstroom akademisi…
Die afrikaner se aanwas groei is totaal gestop met die ABO. hmmm ? volksmoord nie?
En wat gebeur nou? ABO light met impi huursoldate??

JAN ·

Oee Nettie oor Bermuda moet jy dan dadelik gaan lees oor die man wie Kitchener gejag en gedood het. Fritz Joubert Duquisne susterskind an Genl Piet Joubert.
hy en nog een het van Bermuda ontsnap en na VSA. Hy het baie aliasse gehad James Bond is op sy lewe basseer. Google gerus. Hy was saam met Kitherner aan boord toe hy in 1915 gereel het dat Duitse duikboot dit sink – hy is afgepik. Groot stories.

Dorothy ·

Ek wens ek kon ‘n beter prentjie kry. In my geestes oog dink ek nie die hele Suid-Arika was in konsentrasie kampe nie. My ouma’s en oupa’s was 1901’s gebore. Hulle het altyd gesê almal het nie geveg nie. Waar was almal dan?

Nettie ·

@Dorothy – lees gerus Thomas Pakenham se boek “The Boer War” of Emily Hobhouse se boek “The brunt of the War – and where it fell” (beide in herdruk nou). Kortom: die hele SA was nie in konsentrasiekampe nie; trouens – die hele SA het nie deelgeneem aan die oorlog nie. Die ABO was eerstens tussen die ZAR (die ou Transvaal) en Brittanje en daarna – as gevolg van ‘n ooreenkoms tussen die twee Boere-republieke), die Oranje Vrystaat. Aanvanklik het die oorlog op konvensionele wyse plaasgevind; met die verskeie magte wat tydens veldslae opgestel het en die blou herrie uitmekaar geskiet het, dorpe wat onder beleg geplaas is en opmarste na die gevegsfronte. Eers het Bloemfontein (die OVS hoofstad) geval en daarna het Pretoria geval. Nader aan die einde van die oorlog, het dit voortgegaan in guerrilla-gevegte.

Kampe is regoor die Transvaal, OVS, dele van die Noord-Kaap en in Natal opgerig – en 100’e en 1000’e ontheemde vroue, kinders en nie-vegtendes op die aller-brutaalste wyses daarheen vervoer en in aangehou; swartmense is eers aan hul eie lot oorgelaat, tot die Kakies agtergekom het dat sommiges hul “base” nog help as dié op die verwoeste plase aankom – daarna is swartes ook “opgeruim”. Krygsgevangenekampe het opgespring in veral Kaapstad – met die oog op ‘deportasie’ van gevangenes na plekke soos Ceylon en St. Helena. Google “The Anglo Boer War 1900 – 1902” en jy sal baie te leer kom!

JAN ·

Nettie?!
Onlangs bekend geword dat die Vrede van Vereniging deur slegs Masons gedoen is. Die Boere teen Engelsr . 60 jaar later het Grootmeester Pik die ABO gefinaliseer. Regso?

At Dippenaar ·

Prof Pretorius moet aangestel word om Geskiedenishandboeke vir ons skole saam te stel. Geniet altyd enige iets wat hy skryf!

Swartwolf ·

Goeie artikel. Die Empire het gedink die oorlog is binne 6 maande verby. Toe word dit die langste en bloedigste oorlog vir die Empire van die eeu. Op een of ander manier moes hulle die Republieke dwing tot oorgawe want op die oorlogsveld kon hulle dit nie doen nie ten spyte van hulle massiewe oormag. Toe kom die “scorched earth” strategie om die boere se bronne van voorraad af te sny, dus brand die plase en skiet al die vee. Die vrouens, kinders en oues wat die plase bewoon het word toe ‘n sekondere probleem en al opplossing was die kampe. Effektief, maar lafhartig. Dis hoekom Rees-Mogg nou kamstig vertel die kampe was vir beskerming……hy probeer verdoesel dat die Empire nie 20000 hardekwas boere in drie jaar tot oorgawe kon dwing nie. Tweedens probeer hy die tragiese gevolge van die kampe toesmeer deur kamtig ‘n goeie konnotasie daaraan te plaas. Die Empire was “embarrased” deur die oorlog en is nog steeds vandag.

Sarah ·

Ek dink die feit dat die Britte dit ‘n “scorched earth policy” genoem het weerspreek duidelik Rees-Mogg rakende die intensie van die Britse mag.

Andre ·

Lees ook, British terrorism against Boer civilians. (How Britain destroyed the two Boer Republics by starving civilians in Concentration camps during the Anglo Boer war ( 1899 – 1902 ) By E.Ross (B Ed Psychology of Education)

Andre ·

Lees ook, British Terrorism against Boer Civilians. E.Ross ( B. Ed Psychology of Education )
How Britain destroyed the two Boer Republics by starving civilians in Concentration Camps during the Anglo Boer war. (1899 – 1902 )

E.K. die eerste ·

Wat help almal se kommentaar hier – dis nie asof Rees-Mogg dit gaan lees nie. Komaan Prof nooi hom uit vir ‘n man-tot-man geselsie OP Britse tv en konfronteer hom met feite asb. DIT sal help

Shirley ·

Kanada was daai tyd deel van die mense wat baklei het saam met die Britte. In hul argiewe het hul baie fotos en ook hulle gevoelens oor die oorlog word genoem. Hulle was skaam oor die genade wat die vegters hulle betoon het en hoe hulle plase moes afbrand, diere moes dood maak terwyl hulle nie saam met die Britte gestem het nie. Dit is pragtig om te lees en ook hartroerend. En as jy bietjie Google, lees Jopie Fourie se brief wat hy geskryf het net voor hy deur die vuurpeloton dood geskiet is. Daar is ‘n boodskap in vir elke Afrikaner!

Felix ·

Getrouwe Afrikaners, vrienden en vriendinnen, bij de tijd dat gij dit schrijven ontvangt dan is Jopie bij zijn Hemelse Vader.

Om vijf uur vertrek ik van hier op de reis naar de eeuwigheid met de getrouwe Leidsman en Vriend Jezus. Ik heb u vele allen te bedanken voor de boom die geplant is en met mijn bloed benat wordt. ‘T zal opgroeien tot een groten boom en het zal heerlijke vruchten voortbrengen. Wees getrouw aan uw volk aan uw tradities, aan uw Godsdienst en aan uw God.

De Heere zal u leidenen u den weg wijzen waarheen gij moet gaan. Schrijf op mijn grafsteen deze woorden: Voor God en Vaderland. Ik ben nog jong en mijn leven is zoet. Maar dank god Hij heeft mij los gemaakt. Ik heb niets dat mij hindert, geen haat, geen liefde. God zal voor mijn geliefde zorgen, God komt de wraak toe. Getrouwe vrienden en vriendinnen weest overtuigd dat ik uw sijmpathie gebeden waardeer. Het spijt mij dat ik u allen niet de hand kan drukken maar God heeft anders gewild en Hij heeft mij kraght gegeven om mij aan zijn wil te onderwerpen. Dat is mijn laaste letters die ik schrijven zal en mijn vermaning is. Wees getrouw tot den dood. Wees getrouw aan uw tradities, aan uw volk, aan uw taal. God zij met u allen tot wij wederzien.

Jopie

John ·

… en vroue wat daagliks hul dooies op oop waentjies na die begraafplaas moes trek… ver weg. Waar was die Britse hulp! Maar die wiel draai op vreemde wyses en soms draai dit stadig om in te val by die Vader se planne vir diè planeet. ‘My kom die wraak toe,’ sè die Here. Om met so ‘n Tommie te probeer redeneer is nutteloos. Hy weet wat waar is, maar hy wil glo wat hy glo. Moenie ‘n sent op hom mors nie. Die man is ‘n dwaas.

JAN ·

Juslaaaik dis ontstellend!
Glo my die Britte walg ook daarin vandaar die gehimhouding.
Skryf in Engels op Breitbart ens die waarheid.
Die erkenning is verstommend op Disqus . sirkulasie van 5o miljoen ! hmm?

JAN ·

Verneem dat R Mogg baie konserwatief is – pro Brexit ens.
Hierdie ABO volksmoord debat het hy aspres aan die gang gesit as ope geleentheid om die waarheid bekend te maak in die bedrieglike media en hul hanteerders – die vervloekte Baal kultus .
Trump ook so : Der Spiegel het lankal reeds dit op voorblad gehad. :
[Plasing is mi nie nodig Moederatorretjie. MM doen absoluut skitterend!]

Hennie ·

Afrikaner ek stem volkome saam met wat jy sê net jammer Maroela blok ons wat ons in ons Afrikaner hart graag wil deel .Hierdie Mogg persoon moet duidelik weet en besef dat dit sy mense was wat al hierdie dood en verwoesting gesaai het onder ons Afrikaners hoe durf hy dit waag om sy voete in Suid Afrika te sit en nog stand beelde wil oprig .Alles wat prof se is die waarheid . N persoonlike waarskuwing aan Mogg bly weg uit SA jou leuenaar. Maroela ek dring daarop aan om hierdie kommentaar van my te plaas asb hoe anders kan ons keer dat so n lafaard en veraaier kom doen wat hy wil
Ons is almal vol bloed Afrikaners al is daar swart en wit mense betrokke.

Henk ·

Hierdie konsentrasiekampe was die voorlopers van die Duitsers se kampe. Myns insiens was dit net so wreed indien nie wreder nie. Die Boervroue en kinders is uitgehonger en sonder medikasie gelos om n pynvolle dood te sterf. n Dood wat dae, weke of maande kon duur. En tot vandag is nie n enkele Brit verantwoordelik gehou nie. Anders as die Duitsers wat naarstigtelik deur dieselfde Britte gejag en vervolg is. 48000 kinders en vrouens is n oorlog waartydens hulle nie eens 1000 soldate kon dood nie. En steeds duur hulle aanslag op die Boer tot vandag voort.

Koos ·

Jopie Fourie se teregstelling was in 1914, nie tydens die ABO nie

Carl Jordaan ·

Die konsentrasiekampe bly n bitter pil vir baie Engelse om te sluk, so baie van hulle leef in ontkenning. Alle lof en eer aan mense soos Emily Hobhouse wat die Britse publiek se gewete oor die saak aangeraak het en die Fewcat kommisie wat daarna veroorsaak het dat omstandighede verbeter het nie. Bannering se woorde “This is not war, it is methods of barbarism” was waar. Ek kry ook die indruk dat die kampe ook n ander doel gedien het, dat dit gyselaarskampe was, en dat die omstandighede, die boere gedwing het om die wapen neer te lê. Engeland het die morele grond vir die oorlog verloor, en dit het hulle ekonomies begin knak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.