AfriForum verklaar ʼn dispuut met MultiChoice

ernst-roets-afriforum-deur-reint-dykema

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van Afriforum. Foto: Reint Dykema.

Die adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum Ernst Roets het hierdie brief aan Joe Heshu, groep-uitvoerende hoof van MultiChoice, gerig oor die dispuut wat die burgerregte-organisasie verklaar het omdat die private mediamaatskappy nie sy politieke beleid konsekwent op kunstenaars toepas nie. Lees meer hieroor op Maroela Media.

Geagte mnr. Heshu

Soos u weet, is AfriForum ’n nieregerings- en burgerregte-organisasie wat binne Suid-Afrika met ’n besondere klem op die beskerming van die regte van minderheidsgemeenskappe werksaam is. AfriForum bestaan tans uit meer as 220 000 individuele lede, wat ons nie net die grootste burgerregtegroep in Suid-Afrika maak nie, maar ook op die Afrika-vasteland. Ons is ook bewus daarvan dat ’n beduidende deel van ons lede kliënte van MultiChoice is.

Die doel van hierdie brief is om formeel ’n dispuut met MultiChoice te verklaar aangaande die inkonsekwente toepassing van sy sogenaamde “politieke beleid” (’n term waarop u in die media aangehaal is).

Soos u weet, het MultiChoice onlangs aangekondig dat die maatskappy ’n politieke beleid het waarvolgens persone wat verdelende opmerkings maak, onmiddellik van MultiChoice se kanale verban moet word. Hierdie is veral met betrekking tot een individu, Steve Hofmeyr, aangekondig. Dit is aangekondig dat MultiChoice opdrag gegee het dat geen inhoud wat Hofmeyr insluit, op enige van MultiChoice se platforms gebeeldsend sal word nie.

Aangesien MultiChoice ’n privaat maatskappy is, is dit wel binne sy reg om ’n politieke beleid te ontwikkel en implementeer. Dit is nie waaroor AfriForum bekommerd is nie. Ons bekommernis is dat hierdie beleid op ’n inkonsekwente en diskriminerende wyse geïmplementeer word. Bestaande en voornemende kliënte het ook die reg om aan te dring dat die beleid konsekwent en sonder diskriminasie uitgevoer word.

Soos u sekerlik bewus is, is daar verskeie kunstenaars en musikante daarbuite wat opmerkings gemaak het wat as verdelend gesien kan word, om nie eens politieke partye te noem nie.

Die kunstenaar Ntsiki Mazwai publiseer gereeld rassistiese en aanhitsende sosialemediakommentaar teenoor minderhede, en tog is sy onlangs as aanbieder van die kletsprogram Show me Love, wat op Moja Love (DStv-kanaal 157) uitgesaai word, aangewys.

  • Op 6 November 2017 het Mazwai getwiet: “With all the whites assaulting blacks..does it make it fairground to go on a white beating spree? Beat them bonke man, woman or child?” (sic).
  • Op 18 Februarie 2018 het Mazwai getwiet: “There is no such thing as White Excellence…only thing whites are excellent at is stealing and copying”.
  • Op 1 Februarie 2019, met verwysing na die tragiese voorval waarin leerders van Hoërskool Driehoek dood is toe ’n brug ineengestort het, het Mazwai getwiet: “guys it’s an afriforum school….” (sic).
  • Op 20 Maart 2019 het Mazwai getwiet: “When you learn the history of Afrika…….and it’s indigenous people. The people who actually BELONG here . You know In other African countries whites were escorted to the their ships. One day that’s gonna happen here too” (sic).
  • Later op dieselfde dag het Mazwai getwiet: “Don’t ever forget: WHITES LIE!!!!”.

Om aan te voer dat die verbanning nie op Mazwai toegepas moet word nie oor sy ’n aanbieder van Moja Love is wat nie ’n MultiChoice-kanaal is nie (soos reeds gedoen is), is kortsigtig en nie ter sake nie, aangesien Hofmeyr ook nie ’n aanbieder op enige MultiChoice-kanale is nie. Indien ’n openbare aankondiging gemaak word dat Hofmeyr dan onmiddellik, gebaseer op sy sosialemedia-opmerkings, verban moet word, moet ’n konsekwente toepassing van hierdie besluit ook Mazwai en ’n lang lys van ander kunstenaars insluit.

Die konsekwente toepassing van MultiChoice se beleid sal ook beteken dat die maatskappy nie meer betrokke sal wees by enige verdere borgskappe van politieke partye wat verdelende stellings maak nie. Dit sluit die ANC in. In hierdie verband kan ons verwys na adjunkpresident David Mabuza se dreigement dat daar ’n gewelddadige oorname sal wees sou wit mense nie hul eiendom vrywillig aan swart mense gee nie, asook die aantyging van Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, dat wit mense die afstammelinge van kolonialiste is en wat “ons” (swart mense se) rykdom gesteel het. Om dan nie eens van die openbare uitlatings van EFF-leiers te praat nie.

Dit is binne hierdie konteks wat AfriForum ’n dispuut met MultiChoice verklaar. Ons dring ingevolge die dispuut aan dat die maatskappy se politieke beleid óf aangepas óf konsekwent toegepas word.

Ek sien uit na u terugvoering.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Ernst Roets

Dr. Ernst Roets is beleidshoof van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Jimmy ·

Die tyd het aangebreek dat die swart regeerdes wittes moet bystaan om weer in Europa te hervestig. Dan is die wit probleem opgelos.

kolla ·

Dalk kan Afriforum ons help om ons weer in Europa te laat vestig deur middel van gesprekke met die regering. Dalk moet ons vir Ramaphosa sê ons sal graag gaan met ‘n bonussie in die sak, dan is hulle mos ontslae van ons.

Henry ·

Jis kolla!
Vir wat dit werd is – ek stem tot dusver allie pad saam met jou kommentare onder hierdie berig. Wat’s jou geheim?
Ieder geval, mooi man!

Ja vir massa terugtog ·

Ja kom ons onderhandel met Europa om ons in massas terug te vat, dan sal ons Europa met hulle krimpende bevolking probleem help en ons sal gespaar bly, en die plaaslikes sal besef wat ons waarde was.

charmaine ·

Baie goeie brief en die waarheid net jammer almal hou nie van die waarheid nie.
Sterkte AfriForum julle sal hulle in die stof laat byt.

Heinrich ·

Dankie Ernst, waardeer dat julle opsteen teen onewehandigheid en sommer ook blatante diskriminasie. “Silence means consent”, hierdie is nie reg nie en ek is dankbaar dat julle ook my frustrasies kan lug.

H. Rust ·

Ja, en WIT KAPITAAL? maar ons packet kos ons R809.00 per maand en dit net omdat ons wil voetbal kyk maar die sokker is ingedeel by die goedkoper pakette. Die TV, is ons enigste afleiding ver van oral en ‘n dorp.(bedrag is regtig die helfte te veel vir ou mense) Kyk net hoeveel gelde kan dus spandeer word aan projekte, vir nie een van my minderheidsgroep nie!Dit is diskriminasie en dstv: Wat dan nou van die wit kapitaal?julle vat dit tog te graag hmm? Ons wil ook na alternatief soek as julle ons nie kan die helfte laat betaal nie,ander wil.

kolla ·

Dit bly steeds jou keuse of jy van hulle dienste gebruik wil maak of nie. Die produk is nou so saamgestel soos dit is, aanvaar dit of los dit.

B-man ·

Ek sê los dit en gaan kyk die “voetbal” op die stadion. ‘n Seisoenkaartjie en reiskostes gaan jou dalk goedkoper uitwerk per maand. Dan sal die stadions ook weer voller word…

Siener ·

Afriforum het ook my stem. Raai ook alle julle lede om DSTV te boikot en hulle dekodeerders af te skakel.

Vryheid van Spraak ·

Shareholder Activism. Multichoice is nou op die beurs genoteer, die een manier op hulle sensuur te beveg is om hulle aandele te koop (jy het net een nodig ) en dan mosies in te dien of ten minste die algemene jaarvergadering by te woon en ‘n paar moeilike vra vir die bestuur te vra.

Aandeel akkedis ·

Vryheid van spraak , ek is ook n aandeel akkedis , almal moet inkoop in multichoice se aandele . en dan hulle gas gee by n JV, ek het al heelwat geld gemaak deur multichoice , maar hulle gaan bars by n jv

Attie. ·

Daar bestaan regtig min afrikaanssprekendes wat bereid sal wees om sy rugby te verruil vir sy volk en taal. Ons aanbid mos koning rugby.

Charles ·

Attie-dankie-jy slaan sowaar die spyker op sy kop- EK HET NIKS MET DIE RUGBY OF KRIEKET STORIETJIES TE DOEN NIE- DAARSONDER IS EK WEL-AF – SONDER MY TAAL EN MENSE – IS EK EGTER NIKS.

kolla ·

Ek dink jy maak ‘n fout. Almal wat ek ken en voorheen mal was oor rugby is nou so louwarm. Persoonlik kyk ek skaars ‘n wedstryd deesdae, beter dinge om te doen. En dis nie net rugby nie, alle sportsoorte. Hoe minder ek kyk, hoe meer kom ek agter hoeveel tyd ek voorheen op sport gemors het. Maar ek dink ook ‘n ou se belangstellings/prioriteite verander soos jy ouer word.

Mammon ruggas ·

Ons het ons siel verkoop vir got ruggas toe ons ja gestem het. Ons skole ag rugby hoer as akademie en daarom het ons ons mag verloor. Verslawing aan rugby het ons ons alles gekos.

Johan Neuteman ·

Dit kan ‘n gesonde uitwerking op die samelewing hê as mense minder TV kyk, meer gesels, meer stokperdjies doen wat mens se kundigheid en vaardigheid slyp en lewensvreugde kan gee, gesinne meer gesprekke voer, kinders onbewus vaardighede – van handvaardighede, musiekinstrumente speel tot konflikhantering, leierskap, organisasie, bestuur en vele ander onbewustelik leer en oefen deur met mekaar te speel, te gesels en saam dinge te doen. Noem my dan maar outyds hieroor, is dit al gewoond. Was self jare lank TV-gedrewe, en is asof nuwe lewe het na TV verwyder het. En ja, is nie teen ‘n video op YouTube af en toe nie.

Farmer Brown ·

@Johan Neuteman

Jy is nie outyds nie , ek dink ook so.
Ons gesin het 2 jaar gelede al ons DSTV gekanseleer en dit was die beste besluit ooit.
TV roof ons kosbare tyd wat ons met mekaar kan spandeer , jou dag is soveel langer as die TV af is.
LEDIGHEID IS DIE DUIWEL SE OORKUSING

kolla ·

Klip in die bos. Dis ‘n private maatskappy wat sy eie beleidsrigtings formuleer en toepas. Behoort hulle dan nie ook die prerogatief te hê om die beleide toe te pas soos hulle wil nie, al kom dit voor dat dit nie konsekwent toegepas word nie? Vra maar net. Indien ‘n individu verontreg voel of benadeel word, kan hy mos die howe nader.

@kolla ·

Kolla, jy is 100% reg en ek komplimenteer jou voorstel heelhartig. Private maatskappye moet definitief hulle eie beleide kan toepas soos hulle wil. Regtig, terwyl ons dit heelhartig ondersteun kan ons asseblief dan ook BBEEE en al die ander verwante regstellende aksies ook dan afskaf?? Gaan dit ook maar net weer oor sekere maatskappye wat sekere reels kan volg??

Wys-jou-net ·

Al 3 jaar gelede DSTV gekanselleer. Was aanvanklik vir my sportlief-man moeilik. Ek kyk seker al laaste 5 jr geen tv nie – mis dit nie eers nie. Wat het ek intussen met my tyd gedoen? ‘n Honneurs en meestersgraad op my ouer dag verwerf. Interessant: Geen van my volwasse kinders besit n tv nie.

Boer ·

Multichoise laat my dink aan ‘n prostituut wat haar pimp aankla van uitbuiting van vroue, terwyl sy haar lyf vir geld verkoop.

Johan ·

Kan ons dit wat hulle speel rugby noem? Die stadions lok al mense met goedkoper kaartjies dan is daar nogsteeds minder mense as by n Affies en Grey Kollege wedstryd!! Krieket… Ons ou spannetjie is sat gespeel by IPL en voel n veer vir die wereldbeker…

Inge ·

Ek wil graag weet of AfriForum ‘n antwoord van MultiChoice gekry het.

Pop ·

Almal mors hulle asem, afriforum inkluis. Maar afrif. kry darem baie “high fives” hier op maroela.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.