Afrika se Singapoer

Kigali, Rwanda. Foto: Adrien K/Wikimedia Commons

ʼn Kwarteeu gelede was die land hoofnuus met sy volksmoord wat tussen ʼn halfmiljoen en agthonderd duisend lewens geëis het, maar nou is sy hoofstad, Kigali, al beskryf as Afrika se Singapoer.

Rwanda word vandag gesien as Afrika se suksesvolste kennisgebaseerde ekonomie. Hy is ook een van die wêreld se sewe lande wat die afgelope 15 jaar vinniger vooruitgang gemaak het om die sterftesyfer van kinders jong as vyf jaar te verlaag.

Dit is te danke aan pres. Paul Kagame, wat die bewind in 2000 oorgeneem en met hervormings begin het. Daar is ook in ʼn referendum besluit dat daar geen beperking op sy presidentskap is nie. Ja, dit klink baie na Afrika en diktators, maar dit lyk tog of hy ʼn uitsondering is.

Kagame het spoedig sy Visie 2020 aangekondig met die mikpunt om die land in ʼn kennisgebaseerde middelklasland te verander. Hy het dit bereik met hulp van, onder meer, China, Singapoer en Thailand, asook van Westerse tegnologiese reuse soos Google, Facebook en Amazon. (Terloops, sy skuld aan China beloop sowat een derde van sy bruto nasionale produk. China doen niks gratis nie!)

Rwanda het besonder goed gevaar om bevolkingsvertroue in sy gesondheidstelsel te bou. Luidens ʼn verslag van die Welcome Trust en die Gallup Institute geniet die land die hoogste vlak van vertroue in hospitale en gesondheidsklinieke ter wêreld. Dis ook die land waar die grootste persentasie van die kinders inentings kry.

Zimbabwe swakker, SA sukkel ook

Dit lyk of Suid-Afrika, en veral Zimbabwe, ook op die gebied van gesondheid agter in die koor is. Ons buurland se inflasiekoers is by die 290%. Die gesondheidsektor is in flarde weens die gebrek aan toerusting en medisyne en stakings deur dokters wat sê hospitale het lewensgevaarlik geword. Daar heers ʼn algehele gebrek aan handskoene, naalde, pynstillers en water.

Voornemende pasiënte wat dit kan bekostig, word gevra om die nodige toerusting saam te bring. Dokters werk in sommige gevalle met hul kaal hande. Zimbabwe se erflating was ʼn robuuste en funksionerende stelsel.

In Suid-Afrika word daar nou hard beloftes gemaak van ʼn nasionale gesondheidsvereniging (NGV) waartoe almal gratis toegang sal hê. Soos gewoonlik is beloftes van “werkskepping” die suiker om die pil. Skeptici vra vrae soos hoe die ANC met sy lang lys mislukkings met die suksesvolle uitvoering van enigiets vertrou kan word. En waar die geld vandaan gaan kom. En of die ANC se hoë kaders nog na privaat hospitale sal gaan.

Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het ʼn week gelede nog erken die hoofrede vir die tekort aan medici is dat die begroting die afgelope dekade nie in reële terme gegroei het nie. Immigrasie is een van die redes vir die tekort, hoewel niemand weet hoeveel immigrante – wettig en onwettig – daar in die land is nie.

Die ANC wil ook melk uit die mediese fondse se reserwes van R60 miljard, soos sy pogings om ook die staatspensioenfonds vir tekorte te tap. Kenners het op ʼn bespreking op RSG gesê die geld vir die skema sal beteken dat BTW tot 22% verhoog sal moet word . . .

Die NGV se wettiging gaan ʼn groot invloed hê wanneer dokters besluit om te bly of te gly. Kritici van die ANC se plan sê 43% van die respondente in die mediese veld sal immigrasie oorweeg. Die algemene immigrasiesyfers onder medici het in Junie en Julie van 17% tot 30% gestyg.

Kagame wil nog verder gaan

Pres. Paul Kagame. Foto: (AP Photo/Ben Curtis)

Die volksmoord tussen Hutu’s en Tutsi’s – wat reeds nie ooghare vir mekaar gehad het nie – het begin weens ʼn vliegtuigongeluk waarin die Hutu-president dood is. Dit het gelei tot ʼn honderd daagse bloedige vergeldingsaksie teen die Tutsi’s.

Vir Kagame se suksesse is, onder meer, gefokus op die opvoeding van die gewone Rwandees oor die gebruik van die toonaangewende inligtingstegnologieë in hul lewens. Die land se BBP het tussen 2001 en 2014 met 9% gegroei.

Kagame wil ook in Singapoer se voetstappe volg deur Afrika se “tuinstad” te word met die promosie van groen ekonomie oor die hele land. Daar is begin met ʼn maandelikse “huisskoonmaakaksie” van vullis en die totale verbod op plastieksakke. Die land is ook deur die Wêreldbank geplaas as tweede op Afrika se lys van die land waarin die maklikste belê kan word.

Die volksmoord in 1994 was een van die donkerste hoofstukke in die moderne geskiedenis. Ironies genoeg het dit gelei tot nasionale eenheid en ʼn land wat uit die rommelhoop opgestaan het.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Org Potgieter

Org Potgieter is ’n vryskutjoernalis.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

schaun ·

SA en Zim het onbevoegde leier wat ingestem word vir n sak meel en n t hemp ongeag van hulle vermoë om n land suksesvol te regeer, hoe swaarder die arm mense kry hoe meer klou hulle aan die regime,gee ons n onafhanklike tuisland dan dan kan die wêreld sien watter land in die nuttelose afrika word die leier op alle vlakke.

Regtig ·

Ai Schaun, Orania is soos ‘n tuisland, maar niemand wil daar bly nie. Daar woon minder as 2000 mense. Hou op droom en leef bietjie!

Dolf ·

Regtig, vir ‘n lewensvatbare tuisland is 20,000 vierkante km nodig, verkieslik teen die see. Orania is sowat 9 vierkante km groot, plus landbougrond rondom die binnelandse dorpie. Dis onvoldoende vir ‘n tuisland.

@Dolf ·

Wie gaan 20 000km2 aan ons beskikbaar stel – koop of verniet? En wie gaan werklik soontoe trek? Die meeste van ons leef te lekker op die oomblik in die nuwe SA en het geen behoefte aan ‘n tuisland nie.

Suid-Afrika het sy probleme, maar kan weens vele redes nie met Zimbabwe vergelyk word nie.

Kerneels ·

Jy hoef nie te trek nie @Dolf, want jy leef mos al te lekker. Maar daar is baie van ons wat nie jou geluk deel nie. Die realiteite het ons ingehaal en daarom moet alternatiewe oorweeg word.

Frik ·

@@Dolf. Niemand sal die 20,000 vierkante km vir afstigters gee nie. Dit sal ‘n proses wees wat lank sal neem. Gaan besoek gerus die ULA se webtuiste en leer iets.

Aan Frik ·

Frik, ek het al daar gaan loer. Dis regrig belaglik. Sterkte met jou planne! Dalk kan jy vir positiewe Kobus hieronder in Zimbabwe gaan join – volgens hom gaan dit beter daar.

Piet left the Building ·

@Aan Frik, intussen moet jy maar aanploeter in jou geliefde land. Maar die ANC sal mooi vir jou sorg, ek belowe.

Neels ·

@Aan Frik, dinge in die binneland boer agteruit. Jy woon seker lekker in Kaapstad.

Kobus ·

SA sal eventueel opbreek, @Aan Frik. Die Zoeloes sal eerste wegbreek, daarna die res. Jy sal dan jou keuses moet maak. Moet net nie dat iemand namens jou besluit nie.

Kobus ·

Ek woon in Pretoria en hier oorskry die vraag na water reeds die aanbod, met nog meer mense wat instroom. Die infrastruktuur is besig om te vou. Ek leef nie meer lekker hier nie en sal dalk my mooi dubbelverdiepinghuis moet opgee en verhuis. As ek so rondom my kyk is ons reeds by Zimbawe verby.

@Kobus ·

Nou toe man, Zimbabwe is lekker naby. En aangesien dit beter daar gaan as in Pretoria is dit dalk die oplossing. Geniet dit!

Petrus ·

Ja, die mens in Zim rand darem nie vreemdelinge aan nie. Daar is wet en orde.

anton ·

Stem saam jou Kobus.
Die vraag is net waarheen verhuis mens waar dit beter sal wees, dis nou as jy nie landuit kan gaan nie?

thinus erasmus ·

@dolf jy is reg – Orania is te klein vir almal wat begeer om daar te bly. Ek was al daar en is enige tyd bereid om soontoe te trek. Die probleem is net dit is nog nie soewerein nie. Ek bly nou in “anker dorp” maar helaas ons munispale dienste en sake is chaos – as ons dit maar net self kon beheer!

Deon ·

Dis die kernprobleem. Dienste sal nie gou, indien ooit, verbeter nie. Daar moet na alternatiewe oplossings gesoek word. Die konsep van ankerdorpe sal net in die Wes-Kaap behoorlik werk. Selfs bruinmense sal die idee steun. Dolf het ‘n punt beet. Maar dit lyk my Afrikaners het hul lot aanvaar. Dis tragies indien mense nie uit die boks begin dink nie. Maar dis soos sosialistiese en kommunistiese denke seker maar met ons koppe smokkel.

Objektief ·

Dis te verstane dat mense negatief is oor SA, maar dis ook nie nodig om belaglik te raak nie. En weet ook dat daar baie Afrikaners is wat gelukkig is in SA, en wat uit keuse hier bly. Gun hul hul geluk. Geluk is in jou binneste, en word nie bepaal deur swartsakke wat nie opgelaai word nie of infrastruktuur nie. Maar as sulke dinge jou priotriteit is, gaan gerus. Onthou net jy gaan saam!

Jimmy ·

30 jaar gelede het my oom in Zimbabwe presies dieselfde gesê. Maar nou ja, hy het sy plaas verloor en verbitterd gesterf. Die res is gekiedenis.

Taxpayer ·

Ek reken ons probleme is heel moontlik groter as die van Rwanda, want daar gaan dit sekerlikoor swart teenoor swart met baie dieselfde kulture ens. In SA is die deversiteit baie groter met n Afrikakultuur teenoor Westerse kultuur waarin versoening beteken die prysgawe van die eiendomlike.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.