‘Afrikaans? Só voel ek oor DA-parlementslid se artikel’

pieter mulder

Dr. Pieter Mulder, voormalige leier van die Vryheidsfront Plus.

Prof. Annelie Lotriet van die DA het ’n goeie artikel geskryf oor die swak posisie van Afrikaans en veeltaligheid in Suid-Afrika (Maroela Media 8 Maart 2019).

Ek stem met die meeste punte saam en sou beslis nie soveel lelike woorde gesê het terwyl ek die artikel gelees het, as sy die artikel namens die VF Plus, AfriForum of FAK geskryf het nie. Om as DA so ’n artikel te skryf, is van die mees blatante opportunisme voor ’n verkiesing wat ek nog ervaar het.

“Woorde wek, maar voorbeelde trek,” is ’n mooi Afrikaanse gesegde.

Lotriet het baie mooi woorde oor Afrikaans in haar artikel. Ek soek egter tevergeefs na voorbeelde waar dit wat sy predik, in die praktyk deur die DA gedoen is. In die afgelope 30 jaar is die enigste voorbeelde wat ek kon kry die DA se Afrikaanse verkiesingsplakkate by elke verkiesing. Dit bevestig natuurlik my punt dat Lotriet se artikel net om Afrikaanse verkiesingstemme gaan.

Maar laat ek nie met woorde argumenteer soos Lotriet nie, maar met voorbeelde. Daar is ongelukkig net ruimte vir enkele voorbeelde:

1. Grondwetonderhandelinge

Tydens die grondwetlike onderhandelinge van 1994-1996 was ek lid van die spesifieke komitee wat oor taal in die Grondwet moes besluit.

Verskeie niepolitieke organisasies het voorleggings aan ons komitee gemaak dat Engels, soos in Namibië, die enigste amptelike taal vir Suid-Afrika moet wees. Dit, terwyl Engels maar die vyfde grootste taal in Suid-Afrika was, met isiZulu eerste, gevolg deur isiXhosa en Afrikaans as derde grootste taal.

Ek het namens die Vryheidsfront verskeie voorstelle gemaak oor hoe landwyd, maar veral in provinsies, erkenning aan al die verskillende tale van Suid-Afrika gegee kan word, wetende dat Afrikaans en Engels nooit weer alleen op so ʼn posisie sou kon aanspraak maak nie.

Senator Errol Moorcraft het namens die Demokratiese Party ʼn voorstel by die komitee ingedien. Die Demokratiese Party se voorstel was dat Engels die hooftaal of lingua franca van Suid-Afrika moes word. Die Burger berig op 3 Augustus 1995 hieroor onder die opskrif “DP se omstrede Engelse taalbeleid gou bespreek.”

Hierdie voorstel van die Demokratiese party het in die ANC se hande gespeel en dit vir ons baie moeilik gemaak om veeltaligheid te bevorder. Ná openbare skok en druk het die Demokratiese Party heelwat later hierdie taalbeleid moes verander.
Hierdie voorbeeld is darem baie oud en daarom onbillik, kan geredeneer word.

2. Wes-Kaap: Hansard-beleid

Kom ek gee dan ’n meer onlangse voorbeeld: Die Wes-Kaap is die enigste provinsie wat ’n eie provinsiale grondwet het. Die Grondwet van die Wes-Kaap gee gelyke erkenning aan Afrikaans, Engels en isiXhosa.

In Maart 2016 besluit die DA in die Wes-Kaap dat Engels sy voorkeurtaal sal wees en dat sy Hansarddienste daarom voortaan slegs in Engels beskikbaar sal wees. Hansard is die diens waardeur alle toesprake wat in die wetgewer gehou word, gepubliseer word. Dit terwyl die sensus toon dat die meerderheid mense in die provinsie Afrikaans praat (49%) teenoor slegs 20% Engels. Selfs isiXhosa op 25% word meer as eerste taal in die Wes-Kaap gepraat as Engels.

Dit is ironies dat alhoewel die Wes-Kaapse Grondwet gelyke erkenning aan Afrikaans, Engels en isiXhosa verleen en dat die DA in die Wes-Kaap in beheer is, hulle nie meertaligheid bevorder nie, maar kies om Engels alleen te gebruik. Dit terwyl ʼn ANC-beheerde provinsie soos die Vrystaat besluit het om Hansard in Sesotho, Afrikaans en Engels uit te gee.

3. Afrikaans by Universiteite

Met die aanslag teen Afrikaans as voertaal by universiteite, is die DA se standpunte verwarrend met geen werklike DA-druk op universiteitsowerhede nie.

Volgens die onderwysvakbond SAOU slaag genoeg wit, bruin en swart Afrikaanssprekendes jaarliks matriek met universiteitstoelating sodat dit twee tot vier universiteitskampusse regverdig wat klasse in Afrikaanse aanbied.

Van die 36 universiteitskampusse in Suid-Afrika is slegs een, die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus, nog oorwegend Afrikaans. Dit beteken dat die meeste kursusse daar nog van die begin tot die einde in Afrikaans voltooi kan word met tolkdienste na Engels.

Onlangs besoek die parlement se portefeuljekomitee oor hoër onderwys en opleiding die NWU se Potchefstroom-kampus.

In hul verslag, ná die besoek, plaas die parlementêre komitee baie druk op Afrikaans met talle ingrypende aanbevelings oor hoe die Potchefstroom-kampus getransformeer moet word. Toe die komitee se verslag in die parlement bespreek word, verras dit almal deurdat die DA al die ingrypende aanbevelings steun. Dit is slegs die VF Plus wat op die implikasies van die aanbevelings vir Afrikaans op tersiêre vlak wys en daarteen stem. (Kyk 27 Nov. 2014, Nasionale Vergadering Notule). Is een oorwegend Afrikaanse kampus dus vir die DA te veel gevra?

4. Tukkies en Afrikaans

Dalk moes ons nie verras gewees het nie. Hierdie optrede stem ooreen met die Tukkie DA-jeuglede se entoesiastiese ondersteuning vir die #AfrikaansMustFall-veldtog by die Universiteit van Pretoria. Sover ek kon vasstel het die DA nooit teen hulle opgetree nie.

5. Vaaldriehoek en Afrikaans

Dieselfde vrae moet gevra word oor waarom die DA doodstil was toe die Gautengse LUR vir Onderwys, mnr. Lesufi, met sy onredelike aksies ’n krisis in die Vaaldriehoek vir Afrikaanse skole geskep het. Uiteindelik moes die hof ingryp en red.

6. Parlementêre Koukus

In haar artikel nooi Lotriet ons uit om ’n vergadering van die DA se parlementslede by te woon om te sien hoe veeltaligheid prakties toegepas word. Hier moet ek vir dr. Laurie Bosman, voormalige DA-parlementslid en ander DA’s wat na die VF Plus oorgeloop het, as getuies nader trek. Hulle getuig presies die teenoorgestelde van hoe Afrikaans nie meer in die DA se parlementêre koukus toegelaat word nie.

Dit klop ook met die feite dat 99% van die DA toesprake in die Parlement net in Engels is. Hierdie feite kan in Hansard en deur die sprekerslyste wat taalgebruik aandui, getoets word.

Die VF Plus praat Engels en Afrikaans in die Parlement omdat ’n voorstel van my en druk van die VF Plus daarin geslaag het dat die parlement ’n vertaaldiens in al elf tale ingestel het. Tot die EFF maak meer gebruik van hierdie tolkdienste as die DA deur in hul moedertale toesprake te hou.

7. Taalmonument se begroting

Die parlementêre portefeuljekomitee vir kuns en kultuur, waarop ek gedien het, moet jaarliks verskeie monumente se begrotings goedkeur. Toe die Afrikaanse Taalmonument en -museum in die Paarl aan die beurt kom, maak die ANC en die EFF ernstig beswaar. Die ANC argumenteer dat dit “an evil” monument is wat aan apartheid herinner en dat geen verdere geld aan die monument goedgekeur moet word nie. Dit het ingrypende implikasies vir alle besoekers aan die monument asook vir die twintig personeellede wat onmiddellik hul werk en salarisse gaan verloor.

Op my en ander lede se voorstel is besluit om die Taalmonument te besoek voor so ʼn drastiese besluit geneem word.

Die bestuur van die monument het moeite gedoen om ons in te lig oor al die aktiwiteite van die monument. Nadat ek die simboliek van die Taalmonument aan die ander politieke partye se parlementslede verduidelik het, was die ANC-voorsitter se opmerking teenoor my: “Dr. Mulder, this is an honest monument.” Daarna is die begroting goedgekeur. Dit beteken dat die monument met sy goeie werk kon voortgaan en dat al die werknemers, waarvan die meerderheid bruin is, se poste verseker is. Die twee DA-lede van die komitee het verkies om ander verpligtinge na te kom en het die besoek nie meegemaak nie.

Is ek dalk onnodig krities oor die DA? Sien ander wat buite die politiek staan, ook raak wat ek sien?

8. Hermann Giliomee

Prof. Hermann Giliomee, as gerekende objektiewe historikus, is so ’n persoon wat buite die politiek staan. Hy skryf in Augustus 2017 ’n artikel met die titel “Afrikaans is in crisis and the DA is silent”. Daarna spreek hy sy kommer oor Afrikaans uit in die dagblad Beeld (2/9/2017). Daarin skryf hy dat hy teleurgesteld is in die DA se rol en onbetrokkenheid om die agteruitgang van Afrikaans te help keer — siende dat so baie Afrikaanssprekendes vir die DA stem.

Ten slotte

Hopelik verstaan lesers nou my frustrasies met die Lotriet-artikel oor die DA “wat veg vir Afrikaans.” Miskien moet ek moedswillig wees en in die lig van al die voorbeelde hierbo met Ralph Emerson se aanhaling in Engels afsluit: “Your actions speak so loudly, I cannot hear a word what you are saying”.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Pieter Mulder

Dr Pieter Mulder is ’n voormalige VF Plus-leier, voormalige parlementslid en professor.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

125 Kommentare

Christiaan ·

Hulle (DA) regeer steeds beter en skep meer werksgeleenthede. Beide doen die VF+ nie. Met ‘n werk kan ek eet, nie met ‘n taal nie. As mense môre moet kies tussen ‘n taal of om veilig/voorspoedig te wees…kies hulle elke dag veilig/voorspoedig. Afrika is nie meer “ons” sin nie en die VF+ met al sy hoe-ha skryf nie beleid of stel wetgewing in werking nie. Terwyl julle met ou politiek te werk gaan, moet ons môre gaan werk!

Wim Kotze ·

Bog, twak, en onsin. Die DA skep nie meer werk nie, daar word meer werks geleenthede geskep in die Wes Kaap. Kyk asb na die bevolkingsamestelling van die Wes Kaap om by die waarheid uit te kom oor wie die werkskeppers is. Dit is natuurlik heel moontlik dat die DA meer baantjies vir boeties skep in eie strukture.

Skuilnaam ·

As jy so min voel oor Afrikaans en slegs omgee oor werksgeleenthede kan jy maar emigreer. Die enigste rede hoekom ek nog in Suid-Afrika is is omdat dit die enigste land is waar ek my taal en kultuur kan uitleef.

Afrikaner ·

Die DA is net op plaaslike vlakke bekend vir hul dienslewering, maar op nasionale vlak beteken hulle niks vir die minderheidsgroepe se regte nie, daar val hulle heel uit die bus, want hulle het soveel here wat hulle dien dat hulle bang is hulle affronteer hul swart kiesers indien hulle bv die wit kiesers se aspirasies en regte in af sou neem,

Judge Dredd ·

Wil DA nou krediet vat vir werk wat deur die privaat sektor geskep word?
En wat is die kleur/taal samestelling van daai werkskeppers?

Delila de Lange ·

Christiaan, hierdie artikel gaan nie oor werkskepping, veiligheid, voorspoed of selfs ou politiek nie. Dit handel oor ‘n blatante leuen wat nou netjies in 8 punte blootgele is. Dankie vir hierdie sobere blootlegging dr. Mulder, die DA het met Lotriet se artikel laer gedaal as wat ek gedink het hulle kan. Dit behoort niemand meer te verras of verbaas nie – hulle boots bloot die ANC na, soos wat hulle doen met hulle beleid en uitsprake. Nou kan ons blatante leuens ook by die lysie voeg.

Loeis ·

Christian, die artikel gaan oor taal, nie oor werkskepping nie. Maar terwyl jy daarvan praat: jou geliefde DA steun BEE, ‘n beleid waarteen VF+ baklei.

Ek sien uit na jou kommentaar.

Gert ·

Nou hoe moet die VF+ beter as die DA regeer as hy nêrens regeer nie? Hoekom stem jy dan nie vir die VF+ sodat jy kan sien wat hulle kan doen nie?

Christiaan ·

Feit: Ek het nog nooit DA gestem nie.
Feit: Die DA het meer werk geskep in die WK as in die ANC provinsies.

Al wat ek kan sê van die VF+ mense wat hier troll en mense sleg sê….as die jakals tjank is die skoot raak! :-)

James ·

Die skille plak maar nogal dik aan Christiaan se oë as dit kom by die DA, want hul skep nie werk nie. Die VF+, aan die ander kant is nie aktief genoeg in hul bevordering van Afrikaans nie. Ek dink Afrikaans kort sy eie staat. Afrikaans as taal het ‘n eie grondgebied nodig waarin dit ontwikkel kan word.

Heinrich ·

Christiaan, dis maklik om klippe na gooi na strooipoppe; die VF+ is nog nie die amptelike opposisie nie, so hulle is nog nie die geleentheid gegee om hulle staal te bewys nie.
Wat in die artikel gesê word is dat die VF+ geveg het vir bestaande werksgeleenthede by die taalmonument, vir die beskerming van ons taal waarvoor ons voorvaders met hulle bloed betaal het teen die Engelse sodat jy die reg mag hê om jou taal en kultuur in vrede te mag beoefen. Al wat jy bewys met jou opmerking is dat jy ‘n aanhanger is van die ANC en EFF se anti-wit kultuur en populisme. Dit gaan nie net oor taal nie broer, jou blanke velletjie is saam gekoppel aan jou idee van DA werkskepping; jou DA sê reguit vir jou dat jou wit vel nie welkom is nie maar jy kies nog steeds om op te kom vir die ANC Lite. Kyk na die groter prentjie toe?

riaan ·

@Christiaan

jy moet regtig jou skoolgeld gaan terug vra! Soveel gemors het ek lanklaas gehoor.

Jy erken eindlik ook dat da ‘n streeks party is wat net in Weskaap effens suksesvol is?

Hoekom vry hulle dan so na ons stemme hier in Transvaal?

Reinhardt ·

‘n Regering kan nie werksgeleenthede skep nie. Waar kom jy daaraan? ‘n Regering kan slegs die omgewing skep vir n ekonomie om in te floreer, dus is die vryemark te danke vir al die werksgeleenthede in die Wes-Kaap. Die DA is nie n voorstaander van n vryemark nie (al sê hulle so), want n vryemark sal nie nuttelose wetgewing soos RA en SEB hê nie. Hulle koop in op identiteitspolitiek en sosialisme, wat gaan veroorsaak dat jou werk binnekort nie meer bestaan nie.

John ·

Pieter No 1 was van toeka af in die parlement en hierdie is sy langste vertoè tov Afrikaans, maar ons moet hom maar die laaang stilte vergewe… Hy is nou ‘n staatsdienspensioenaris en gerugsteun deur Gerrie se wakker brein en AfriForum se fondse kan hy ‘n woordjie waag… Pieter No 2 is ok darem daar… Hy sal terugslaan as Pieter No 3 dalk te bang is.

Dries du Toit ·

Christiaan ou maat. Dr. Pieter het een maar een onderwerp aangespreek. As jy weer gaan lees sal jy agterkom hy het breedvoerig met bewyse gereageer oor n klomp blatante leuens wat prof. Lotriet aan die wereld kwyt geraak het. Ek dink dit is bietjie ongeskik en onregverdig om nou oor totaal ander kwessies soos jou joppie, ,’n hoogs eerbare man aan te val. Ek verseker jou ou maat, dr Pieter Mulder sal al daai vragies wat jou bekommer eerlik en met bewese feite antwoord. Hy is baie lank in die politiek en hy was nog nooit n leuenaar nie.

Nelia van Zyl ·

Mnr Mulder, ten einde my stem te kry, moet die betrokke politieke party my veiligheid kan waarborg, ekonomiese stabiliteit voorsien, geborge toekoms, my taal en kultuur erken en vir my leefruimte gee in ‘n land waar respek, integriteit en menswaardigheid ‘ n gegewe is. Daar is nié so party nie.

Neels ·

Ja Christiaan , ek weet nie waar sien jy veilig/voorspoedig in hierdie land nie . Gelukkig kan ek nog my kop gebruik , ander mense hoef nie vir my te dink nie .

Oud-stryder ·

Uitstekend geagte Dr. Mulder!!
Dit is tog ‘n gegewe dat ‘n sekere mate van intellek en begripsvermoë moet bestaan om enige gesprek te kan volg. ‘n Mens kan luister sonder om te hoor, of lees sonder om te verstaan, kyk sonder om te sien, ensomeer!
Hou asseblief vol met u werk; daar is beduidende ondersteuning, al word daar dikwels in die media gepoog om dit verdag te maak en te ontken.

bolla ·

Groenewald praat deesdae meer Engels as Afrikaans in die parlement. Moet sê sy Engels is nogal beter as wat ek verwag het.

sweis ·

Daarom stem ek nooit weer DA nie en gaan hierdie jaar vir die eerste keer VF+ stem.

Stem ·

Wanneer twee Engelsmanne op ‘n eiland strand, stig hulle ‘n klub. Wanneer twee Afrikaanse manne op ‘n eiland strand, stig elkeen se eie politieke party :/
Hou op stemme mors! Dink wat julle doen!

Skuilnaam ·

Kyk eers hoe die Suid-Afrikaanse kiesstelsel werk voordat jy ons daarvan beskuldig dat ons stemme mors.

Heinrich ·

Stem, en wanneer jy deelneem aan politiek dan stem jy heelhartig vir die party wat jou taal en kultuur ondermyn, en jou kinders uit universitieite en werksgeleenthede hou oor hulle velkleur. Welgedaan ou maat. Koalisie-regering is ‘n baie beter idee om almal se belange op die hart te dra as wat die regerende party en die hoof oposisie se doelwitte presies dieselfde is en slegs een politieke siening aanhang; dink bietjie dieper toé.

Deon ·

Wittes, en veral Afrikaners, se getalle is aan’t afneem en die wat hier bly word ouer. Teen 2030 sal alle openbare skole slegs Engels gebruik. Teen die einde van hierdie eeu sal hoogstens 300 000 mense wat hier woon na hulself verwys as Afrikaners. Kulturele selfbeskikking gaan die proses nie keer nie. Geografiese selfbeskikking is die enigste oplossing om dinge om te draai, maar dan dit moet voor 2025 begin vorm aanneem. Na 2025 is dit te laat en ons sal dan maar net voortgaan om te kla terwyl die VF+ mooi briefies skryf en niemand belangstel in hul parlementêre Afrikaanse toesprake nie. Daadwerklike optrede is nodig, ons kan nie net rondloop en vir mekaar vertel hoe belangrik ons is nie.

Ben ·

Daadwerklike optrede is om die VF+ in regering in te stem om die mooi briefies te laat waarheid word.

Afrikaans het sedert 1980 tot 2011, meer as 1.9 Miljoen nuwe sprekers gekry as moedertaal, daar is weinige sprake van dat dit besig is om te kwy.

Afrikaans word egter deur die wat tans in regering is, vermy as gevolg van populistiese redes.

Deon ·

Ben, my argument gaan om die dalende aanwas van wit Afrikaansprekendes waar my belang lê, nie die stygende bruin aanwas wat die getal moedertaalsprekers laat vermeeder het nie. Sedert 1995 het die getal wittes verminder volgens StatsSA, Flip Smit, die Akturele Assosiasie en vele ander demograwe. Die wit Afrikaanssprekende bevolking is aan die kwyn, feit. Wie gaan teen 2030 vir Afrikaans baklei. Die bruines? Indien wel, kan Pieter Marais sommer nou al gekies word om die VF+ te lei. Dit kan die politieke dinamika wel verander.

Andile ·

Hoe hartseer om te sien hoe Afrikaners verdeeld is en hoeveel self nou nog nie die skrif aan die muur kan sien nie.

Trekarbeider ·

Dr Mulder – net weereens ‘n bewys van u intellek en waardigheid ! Hoe jammer dat ons Parlement (wat reeds baie min daarvan het) nou nog minder het vandat u afgetree het.
Ek is ‘n trotse VF+ ondersteuner wat gelukkig nog nooit vir die DA se mooipraatjies geval het nie.

Andre C ·

Die DA se verkiesingsplakkaat in my straat is in Xhosa.Ons DA raadslid en al die inwoners is Afrikaans of Engels.

In die Xhosa woonbuurt is die DA plakkate in Engels en Xhosa ,my gevolgtrekking is die DA probeer die afrikaanssprekende vervreem .

Jason ·

My gemeenskap en selfs stad van Kaapstad is daar baie plakkate in Afrikaans.
Ekt nog net Engels en Afrikaans gesien, nog nie ń enkele Xhosa een nie.

Afrikaner ·

Dankie Dr Mulder, maar die groot probleem is dat die wit mense en Afrikaans herinnder die swart mense nog te veel aan apartheid, dis hoekom ons, ons taal en kultuur misken word en ek wil my verstout om te sê hulle eerder die ‘uitheemse’ Engels voorstaan, dit is om konfrontasie en ongelukkigheid vermy al sou hulle Afrikaans met van die ander inheemse tale gelykstel. Dis maar nog ‘n manier om die Afrikaner pak te gee.

Cherokee ·

Annelie Lotriet, jy gaan die DA selfs verder verneder as wat jou vorige skrywe gedoen het, as jy nie die moed het om terugvoering te gee op hierdie artikel nie. Ons wag vir jou.

IK ·

Netso Cherokee!
Ek gaan stem vir die party wat die minste beloftes maak want dis die party wat my die minste gaan teleur stel . . .

Marietjie Blignaut ·

Annelie Lotriet klink of sy ‘n stoere VF+ lid is. Dalk is dit hoe sy rerig in haar hart voel oor ons mooi taal. Kan julle dink hoe sy haar gewete moet verkrag as ‘n DA parlementslid? Eintlik is die skrywe van haar tog so bejammeringswaardig.

Henk ·

Die DA gee so min om vir Afrikaans as wat hulle omgee vir die bewaring van bye in antartika. Dan spog Annelie Lotriet daarmee dat daar DA parlementslede is wat Afrikaans met mekaar praat! Kan jy nou meer?

Tong innie kies ·

Ek het gedog daars ‘n slang in die gras toe die DA kom skenkings vra het om bye in die Antarktika te bewaar. Jikkels, ‘n hele twintig rand daarmee heen.

DA ondersteuner ·

Ek was en is en sal altyd afrikaans wees en DA stem.

Sanet ·

Siestog,nehhhh…
En nou val ons maar eerder met die mond aan,kritiseer al wat ander politieke party is en is SOOO BESIG met vuil politieke bekgevegte dat ons skoon vergeet om eerder ÍETS DAADWERKLIKS te begin doen aan ons eie 0,98% die afg 30 jaar

Dries du Toit ·

Dis mooi Sanet. Kom ons doen dan iets daadwerkliks. Enige voorstelle Sanet

Gollie ·

Dis net soos jy daar sê.Bekgevegte het niks reg gemaak nie.

Henry ·

Asseblief tog!!!

In hierdie droewe land met ‘n vyandiggesinde regime, kan ons alhoe kleinerwordende minderheid dit kwalik bekostig om ondersteuning vir ons taal, uit watter oord ookal, eenkant toe skop.

Indien jy ‘n VF+ ondersteuner is, hoef jy mos nie vir die DA of enige ander party te stem, bloot omdat hulle hul steun/begrip aan jou en jou party se Afrikaans/Afrikaner strewes wil betoon nie.

Alliansies in die toekoms met ander partye om die ANC regime se oorheersing te beveg, is tog ‘n gegewe. Hoe hard daar ookal geraas en geblaas word oor die DA se toenadering.

Gwen ·

Die punt van dr. Mulder se skrywe is juis dat die DA uit meer as een mond praat en dat hulle aksies nie ooreenstem met dit wat uit prof. Lotriet se mond (of dan pen) kom nie. Die DA wil graag alles vir almal wees, maar gaan eindelik niks vir iemand wees nie. Ek stem VF+ want dit is die party wie se waardes naaste aan myne is en kwessies aanroer wat vir my belangrik is (vanuit dieselfde oortuigings as myne).

Enigeen is natuurlik welkom om vir watter party ook al te stem, maar die verantwoordelike ding om te doen, is om navorsing oor al die opsies te doen voor enersyds ’n mening uitgespreek word en andersyds, en selfs belangriker, gestem word.

Sanet ·

Liewe SKUILNAAM en dr.Mulder ek praat van die VF+wat ini laaste verkiesing NIÉ EERS ñ skamele 1% kon haal nie, SIESTOG!
Wát het JULLE as politieke party nou régtig verander,of regtig verbeter,oor die afg paar jaar…?
LOS EERDER DIE VUILBEKpolitiek en ander parye uit beywer julle vir IETS wat julle ñ beter stembusoorwinning kan besorg!
WAAROM die DA nou wil roskam??
WORRY eerder oor julle LP ini Kaap!
WORRY eerder oor die ANC+ EFF wat JULLE GAAN PLATVEE VANI TAFEL

HOU OP MOOI ###praatjies en beloftes maak as JULLE nié eers 1% haal nie????????????

Dries du Toit ·

Sanet verduidelik vir my wat beteken 1%. 1% van Wat ???? 1 % van die vyandig gesinde anti wit is hoeveel. Ons mikpunt is nie daai 1 % nie. Ons soek 60% van die verdrukte minderheids groepe. Dan kan ons aan die Wereld gaan wys ons praat namens n volk.

ADT ·

Sanet jy is ook van die onderwerp af. Dr Mulder het reageer op prof Lotriet se artikel en daardeur baie mooi bewys dat sy blatant leuns verkondig vir stemme. Jy val nou sommer aan oor totaal ander onderwerp. Kom ons bly by die onderwerp dan vertel jy ons. GLO JY PROF LOTRIET EN DIE DA SE SIENING OOR AFRIKAANS. ek hlo jy sal seker nie hierdie wil antwoord nie

Gwen ·

Sanet, as u u vinger net van die bokasslot kan afhaal, kan ’n mens dalk gesprek probeer voer. Soos dit nou gaan kom u besete voor.

Skuilnaam ·

So om met voorbeelde te wys dat die DA se mooi praaitjies oor Afrikaans slegs praaitjies is, niks meer nie is vuilbek politiek? Ditwil voorkom of jy glad nie kritiek kan hanteer nie. Die DA het ook klein begin en is slegs waar hy vandag is omdat die NP in duie gestort het. Die Vryheidsfront Plus sal baie beter doen hierdie verkiesing en omdat die DA al hoe nader aan ANC beleid en retoriek beweeg sal selfs jy tien teen een VF Plus in 2024 stem. ?

Sanet ·

Kán defnitief sien,vir wátter party jý staan GWEN ? wat álmal afmaai en beledig wat nie saamstem nie en ander graag kritiseer van besete tot skreeu…
SIESTOG jou arme mens,jul mentaliteit gaan jul ongelukkig nie laat seëvier nie

riaan ·

@sanet

En wat het da die afgelope dertig jaar reg gekry? Buiten om Kaapstad en kaapprovinsie met die VF se hulp te regeer NIKS!!!! Kyk hoe lyk Pta en Johannesburg en kyk hoe gaan dit daar. As die da trots is op wat het in PTA en JHB gedoen het ‘I rest my case)!

Onthou ook net dat die verkiesing kom nog en dan praat ons weer as die rooi overall brigade Pta en Jhb vat omdat ons, wat vantevore die da gehelp het om te kom waar hulle is, ons rue op hulle draai agv hulle rasisme en houding teenoor blanke afrikaners.

Van lekker lag kom lekker huil!!!

Henry ·

Ek is bewus van die inhoud van dr Mulder se skrywe, asook watse punt(e) hy wil maak.

Dat die DA, soos alle politieke partye uit verskeie monde praat, is eweneens ‘n gegewe.

Mees onlangse tragiese en ekstreme voorbeeld, is die uitsprake en beloftes wat voor en na die Referendum deur die voormalige NP kwyt geraak is. Derduisende goedgelowiges se ‘navorsing’ het hulle destyds oortuig dat die ondernemings en beloftes wat deur hul leiers gemaak is, sal ‘n aanvaarbare en veilige toekoms – met wigte en teenwigte :-) – verseker.

Ek herhaal weer. Om positiewe uitsprake van ander opposisie partye soos die DA aan te hoor en te aanvaar, verhoed u nie om bedenkinge te koester nie en steeds ‘n kruisie agter u gekose party te plaas nie.

Dat perdekuttels as vye deur alle politici en hul gesmous word, bly egter ‘n feit soos een of meer van oom Daantjie se koeie.

Gwen ·

Goed gestel, Henry. Dr. Mulder se poging om die DA se “positiewe uitsprake” oor Afrikaans uit te wys was baie effektief. Kyk maar na Sanet, Eunice en Anna se geskree elders in hierdie kommentare.

Henry ·

Gwen ja, sedert Kodesa het Afrikaans die een geveg om oorlewing, na die ander verloor. Die VF+ op wie alle Afrikaanse hoop gevestig is, het duidelik nie oor genoeg steun en stemme beskik om die slagting te verhoed nie.

Die DA en hul Prog Party voorgangers, het nog nooit die belange van Afrikaners as ‘n doelwit gehad nie. Hul mikpunt is duidelik. Om steun van die ANC weg te rokkel in die hoop om die huidige regime uit te skakel. Hoe ookal – mbv alliansies, beheer oor plaaslike regerings ens.

Wanneer hulle Afrikaanserige geluide tydens verkiesings maak, moet mens tog seker begrip hê dat hulle, soos alle politici en hul organisasies – veral voor verkiesingstyd – enige moontlike sprokie sal smous, om groter stem getalle te bekom. Alle partye en hul politici doen dit, sonder uitsondering. Soos die souties sou sê: “It’s the nature of the beast”. Is maar hoe dit is…

So. Ontspan julle kuite en moenounie so vreeeeslik ontsteld raak wanner Prof Lotriet haar djoppie kom doen om op uitnodiging van MM haar party se beuel kom blaas nie.
Waarom raak julle so vreeeeeslik ontsteld as en wanneer ‘n ander party hul kuttels as vye kom smous???

Almal maak so wêreldwyd. Vanaf hierdie droewe land se korrupte regime af, tot by die kleinste party.
:-)

Frik Lotz ·

Sanet, n party bly nie klein nie en groei soos meer mense vir daardie party stem. In 1999 het die meerderheid blanke kiesers vir n piepklein DP, vandag die DA, gestem en niemand het toe gese die party is te klein om voor te stem nie. So, eintlik moes niemand dan vir die DP(DA) destyds gestem het nie, volgens sommige mense se redenasie.

Eunice ·

Juis Frik,juis…dis my groot kommer!!!
Wát het die VF+ behaal en gedoen sedert 1994…?? Daar was darem groei bydi DA.
Hóékom het die meeste vir ñ ander party gaan stem…as vir die VF+???

ANNA ·

Nou wat sou jy reken,het aanleiding tot die DA se groei gegee om kon groter groei, Frik…en die VF+ het stagneer sedert’94?

Therese van Schalkwyk ·

Eunice en ANNA

Die DA het o.a. oningeligte kiesers mislei met die waarskuwing dat ‘n stem vir ‘n kleiner party ‘n vermorste stem is. ‘n Bedrieglike leuen en totale wanbegrip van koalisievorming.
Verder, die kort geheues in hierdie verband verbaas.
Die DA het destyds met behulp van die Vryheidsfront aan bewind gekom in die Wes-Kaap, en kon vanuit daardie posisie ‘n (dikwels oordrewe) reputasie opbou van bogemiddelde regering.
Met ‘n groter teenwoordigheid in die regering is daar geen einde aan wat die Vryheidsfront vir sy kiesers kan beteken nie.
Maar probeer dít nou vertel vir die liggelowiges.

Skuilnaam ·

Eunice en ANNA, die DA het die met die NP saamgesmelt en in 2014 amper presies dieselfde gekry as wat die NP in 1994 gekry het. Die DA het nog nooit stemme van die ANC afgevat nie behalwe bruin stemme wat oorspronklik NP gestem het.

B ·

Het julle gesien wat in Kroonstad gebeur het, waar die DA die Afrikaanssprekende VF+ stilgemaak het omrede sy Afrikaans gepraat het, en die ANC het vir haar gesê om voort te gaan in Afrikaans?

JV ·

2019 gaan my stem vir VF+, en so al my familie lede wat regoor die land bly en wat voorheen DA gestem het.

Frik Lotz ·

Goeie besluit,JV. Stem VF Plus en maak die party groter en sterker!

Cornelia ·

Baie dankie Dr. Mulder. Die waarheid bly, dat u ‘n “fuik” uit die water gelig het sonder ‘n “vis” daarin! “Al loop die leuen so snel, die waarheid agterhaal hom wel.” Dankie vir die inligting wat u met die lesers deel oor hierdie spesifieke aspek. Dit bly ‘n stukkie inligting waaroor net u beskik het in u hoedanige amp. As dit nie was vir die aanspraak van prof. Lotriet nie…het ‘n mens dalk die hoek gevat. Die gedeelte oor die interpretasies vd. Taal monument is werklik interessant. Meer nog die rol wat u gespeel het om wanpersepsie en totale onkunde diplomaties om te keer na kennis en begrip. Dankie daarvoor Dr. Mulder.

Gert ·

Uit die kommentare bo is dit duidelik dat daar nog ‘n groot groep Afrikaners is wat steeds die venynige aanval op die VF+ voortsit wat vir jare uit die DA geledere kom. Ek wens hulle wil besef as hulle die VF+ uitroei, gaan dit hulle steeds nie naby 50% bring nie. Hulle aspirasies is om die verkiesing te wen, en dit gaan hulle net regkry as hulle die Afrikaner vaarwel toeroep en voluit gaan vir slegs swart kiesers.
Die feit bly, in ‘n diverse land soos hierdie kan een party nie almal se belange bevorder nie. Oorspronklik was die DA ‘n party wat probeer het om minderheidsbelange te bevorder, totdat hulle besluit het om eerder te gaan vir die groot prys, en toe moes hulle noodwendig teen hulle eie ondersteuners draai en die ANC se beleide slaafs begin ondersteun.

Dries du Toit ·

Uitstekende waarheid kwytgeraak Gert. Ek kon dit nie beter stel nie. Mooi man

GRIET ·

AAAAG,TWAK MAN!
AS MENS ÉÉRS MOET BEGIN ARTIKELS TE SKRYF,OM Ñ ANDER PARTY, AF TE KRAAK,HET JY KLÁÁR VERLOOR!!!
BUITEN DAT DIE HELE SPUL MOOI BROODTJIES BAK EN SPEK SKIET, VERKIESING NA VERKIESING!!!
EN WÁT EN WÁÁR IS AL DIÉ WONDERLIKE BELOFTES HEEN, AD ONS NA SA NOU KYK!!
STEM SOVEEL SOOS JULLE WIL, PRAAT SLEG VAN DIE ANDER PARTYE, REDENEER MAAR SLIMJANNIES ONDER MEKAAR…JULLE GAAN VERSWELG WORD DEUR DIE EFF EN ANC STEMME

Gert ·

@Griet, onthou die SA wat ons nou het is te danke aan die groot partye, die groot 3 oorheers die ander in die parlement en het byna identiese beleide.

Skuilnaam ·

Jy bewys nou net Gwen se punt deur alles in hoofletters te skryf. Sanet het ook baie woorde so geskryf. Dit is vreemd dat julle glad nie kritiek kan hanteer nie. Dr Mulder gee voorbeelde van hoe min die DA vir Afrikaans omgee maar vir julle is dit vuilbek politiek. Om oor feite te skryf is nie dieselfde ding as afkraak nie.

riaan ·

@Griet

Ten spyte van jou caps lock wat vashaak maak jy nie sin nie?

Wat is jou punt met hierdie tirade???

JohanL ·

Ek het ‘n jaar of 3 gelede ‘n voorstel aan my DA wyksverteenwoordiger op die Tshwane Munisipaliteit gestuur (in Afrikaans) oor verbeterings wat Tshwane aan kan dink om padveiligheid by twee plekke op die Ou Johannesburg-pad te verbeter. Die DA-lid se reaksie? Sy het my versoek om dit na Engels toe te vertaal. Ek het geweier aangesien die Grondwet my die reg gee om in Afrikaans te skryf en ek meer gemaklik voel om die boodskap oor te dra in my moedertaal. Die DA-lid se verdere reaksie? Sy het nie tyd om aandag aan die saak te gee nie.

Dit was terloops nie die enigste keer wat ek met die DA-lid oor Afrikaans vasgesit het nie.

Daarom stem ek 100% saam met Dr Mulder. Ek hoop my kommentaar word nou geplaas, want my soortgelyke reaksie wat ek ‘n ruk gelede by prof Lotriet se berig geplaas het, is nie geplaas deur MM nie.

Hoe gaan die gesegde: “Talk is cheap, but the proof lies in the pudding”?

Katerina ·

VF+ julle is ook maar nes die NP! SPUL spekskieters,broodskieters,bedrieërs, rugstekers soos kan kom!
En ná die verkiesing is die politieke sirkus met sy leuenagtige spul narre weer tjoepstil

Andreas ·

Ek het idee jy sê hierdie omdat jy nie aan iets anders kan dink nie. Waarom sê jy dit?

Buite Stander ·

Vir ‘n pakket van R1 500 000 per jaar wil ek ook parlement toe!!!

Skuilnaam ·

Katrina jy is maar ook ‘n skaap wat blindelings die DA volg en het geen argumente nie, net ongegronde beledigings. Die Vryheidsfront Plus is niks soos die NP nie, maar die DA is letterlik ‘n samesmelting tussen die DP en kortbroek se NP!

Katerina ·

@Skuilnaam…jaa ek sou ook geskuilnaam het as ek,jý was,jou dapper sleutelbord vegter met min byt ?
Ek stem,vir jou inligting, toevallig nou gladnie DA nie,so nie jy of Mulder of die VF+grootmonde het niks van my beledig of omgekrap nie,boeta of sussa Skuilnaam.
Ek kry maar net lag viri opgewonde spul politieke sirkus narre wat blaf en woef en chouww vir al die ander partye ?

riaan ·

@Katarina

het jy vanoggend met die verkeerde voet uit die bed geklim of is jy maar van nature so misluk?

GRIET ·

Mulder hou jou mond eerder van Lotriet af en konsentreer op iets meer possitiefs toe?
Werk aan jou swak kieserskorps bydi stembus,sonder om ander swart te smeer
SIES MAN!!!!

Cherokee ·

GRIET, jy, Katerina, Sanet en kie raak nou desperaat! Julle wens julle kon iets sê in aanvegting van wat Pieter Mulder sê. Annelie Lotriet is slime genoeg om tjoepstil te bly maar lees dit self en kyk wat doen julle an julself. As julle maar net ‘n debat kon voer sou julle leesbaar gewees het, maar julle is nie in staat daartoe nie.

Sanet ·

JYS netso vervelig al en desperaat ou cherokee’ki en ñ pyn ini jeep

GRIET ·

Mulder hou jou mond eerder van Lotriet af en konsentreer op iets meer possitiefs toe?
Werk liefs eerder aan jul eie swak kieserskorps getalle bydi stembus,sonder om ander swart te smeer
SIES MAN!!!!

Pieter van Dalen MP ·

Ek wil ook graag bevestig dat ek Afrikaans praat in die DA Koukus en dat dit dan perfek vertaal word deur Dr Annelie Lotriet. Baie dankie vir jou vertaaldienste.

Gert ·

Annelie, help asseblief hier. In Afrikaans sê ons LP, nie MP nie!

Lana ·

Dr. Mulder, baie goed gestel uit jou ongelooflike poel van kennis – soos altyd!!!
Jy bewys keer op keer dat KWALITEIT heers oor KWANTITEIT.

Dries du Toit ·

Dis reg Lana. Kwantiteit teenoor Kwaliteit. Dit het ons nou gesien in die gespreksvoering van die 3 dames

Martin ·

Het nog altyd net DA gestem, en was baie gelukkig met hoe hul in my eie area (kaap) regeer, maar sal self hierdie jaar vir die eerste keer VF+ stem. So ook meeste van die mense in ons vriendekring en kerk.

Die DA is def nie meer ‘n party wat vir my en my gesin staan nie en gee nie veel om vir my kultuur en taal nie. Raak vir my te veel soos die regerende party.

Ek gooi liewer my stem by ‘n party wat lyk of hul integriteit het en vir my kultuur sal baklei terwyl hul saam met die DA in koalisie regeer of baklei teen die ANC en EFF.

Iemand moet die DA en hul leierskap op hul tone hou!!!

Jerry ·

Wanneer gaan die VF leer dat n minderheidsgroep nie afkraak politiek moet bedryf nie. Hou op om mede Afrikaners en koalisievennote aan te val. Die VF het die Afrikaner en koalisievennote nodig, nie andersom nie. Ons word aangeval deur die ANC/EFF, ons het n gemeenskaplike vyand, kom ons loods teenaanvalle teen die ANC/EFF! Afrikaners wat dit oorweeg het om VF te swaai sal na al hierdie aanvalle en beledigings teenoor Prof. Annelie Lotriet dit beslis ernstig heroorweeg. Die meerderheid Afrikaners is ordentlike mense wat hulle eerder sal skaar by politieke korrektheid en ordentlikheid. VF, wanneer gaan julle begin om die boodskap te kry om n party vir alle Afrikaners te wees en nie net vir gomgatte nie? Julle wil terugslaan, maar julle kan nie en dit frustreer julle en dit is alles te danke aan die beledig en afkraak benadering wat julle volg. “Slaan terug” met die hoed in die hand, met goeie bedoelings, woorde en dade teenoor mede Afrikaners en koalisievennote! Versag julle harte teenoor mede Afrikaners en koalisievennote en “slaan saam terug” om die ANC/EFF bloedneus te gee! VF, julle moet julle huis in orde begin kry, mede Afrikaners is nie die vyand nie, al verskil hulle van julle!

Eunice ·

Darem…EEN WYSE sinvolle kommentaar sover Jerry!
Stem 100% saam met jou mening en bedagsaamheid,wat sal moet inskop vir mekaar as koalisie vennote.
Welgedaan Jerry, jou wysheid maak sin

Sê maar net ·

Jy verstaan iets van politiek en die afrikaner se afbreekmentaliteit teenoor koalisie vennote Jerry,maar ongelukig is EGO ñ groooot probleem in sa

riaan ·

@Jerry

Ons sal na die verkiesing sien wie het vir wie as koalisie vennote nodig?

da sal dan maar hoed in die hand terugkryp!

Dries du Toit ·

Jerry. Die VF+ se huis is in orde. Ordentlikheid en goeie deurdagte argumente soos jy duidelik kan sien aan dr. Pieter Mulder se artikel is aan die orde van die dag. Eerlikheid is altyd te bespeur by die VF+ se leierskorps. Jou aanval op die VF+ is onregverdig. Die gatvol kiesers se imosionele kommentare op hierdie forum is maar net uit frustrasie wat veral tot uitbarsting kom as ons sulke blatante leuens moet aanhoor van n hooggeplaasde in die DA

TATA DA ·

Die DA ( ANC – lite) vermors kosbare tyd, energie en skaars hulpmiddele om ʼn stelsel wat al vir 25 jaar lank op honderde verskillende maniere bewys dat dit nie gaan werk nie te ondersteun en te probeer máák werk. Daarby stel hulle nie net die probleme van vandag uit vir die volgende generasie om te hanteer nie, maar sorg inderdaad dat die probleme ESKALEER sodat die volgende generasie met ʼn groter agterstand sal begin. Stem nóú reg en stuur vir die siek regering van vandag ʼn duidelike, on-ignoreerbare boodskap dat hulle nou op ʼn lyn staan wat net met slegte gevolge oorgesteek gaan word.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

As ek so na al die aggressie kyk en kommentare JERRY besef ek,die afrikaner mis die totale grootprent wat jy skilder, soos in totaal,hulle klim onder mekaar in en veg lelik,terwyl die ANC+EFF lekker lag en kan saamstaan.
Dankie vir JOU sinvolle,wyse kommentaar

Frik Lotz ·

Dr. Pieter Mulder het n puik artikel geskryf en als mooi uiteengesit. Ongelukkig is daar n paar mense wat gal braak en nie logies en sinvol kan beredeneer as hul kommentaar lewer nie. Feit van die saak is ons moet opstaan vir Afrikaans en n party soos die VF Plus ondersteun wat onbeskaamd veg vir Afrikaans.

Deon ·

Frik, wat nuuts kan die VF+ na die tafel bring na 25 jaar? Vertel ons asseblief. Taalregte gaan nie kos op die tafel plaas nie. Ek soek iets meer prakties. Indien Groenewald erken hy kan niks meer doen nie sal ek dit so aanvaar. Hier word nou met emosies gespeel soos wat die NP, die HNP en later die KP gedoen het, en dit is onverantwoordelik in hierdie donker tye.

Sanet ·

WELGEDAAN vir ñ briljante oopkop kommentaar,Jerry ??
Bevrees min afrikaners ‘click’ wat jy probeer sê,van SAAMSTAAN met ander partye en mekaar wedersyds respekteer.
Hulle skop en veg nét vir afr en afr alleen

RG ·

Goed opgesom. Ek stel voor al die kommentators lees meer en praat minder. Lees “Die Afrikaners” deur Hermann Gilliomee. As jy nie daarna die volle prentjie sien nie, wel, stem dan maar nog steeds DA.

Frans C ·

Wat is die toestand van die opposisie teen die ANC regering in Suid Afrika.Dit is beroerd.
Kyk na die volgende en neem kiesersgetalle inag.
In 1994 daag 19 726 579 mense by die stembus op,waarvan 19 533 498 stemme aanvaar word.Uit die stem totaal kry die ANC 12 256 824 (62.7%)stemme terwyl die opposisie 7 276 674 (37.30 %)stemme trek. Die ANC kry 252 setels en die opposisie 148 uit 400.Dit beteken dat die ANC vir elke 48 638 stemme een setel verower. Die opposisie kry een setel vir elke 49 166 stemme.

Hoe lyk dit in 2014 ,20 jaar later?18 654 771 mense gaan stembus toe.18 402 497 geldige stemme word uitgebring.Hiervan kry die ANC 11 436 921 (62.15 %) en opposisie 6 965 576 (37.85%)stemme.

Die ANC verower 249 setels en die opposisie 151.Na 20 jaar verloor die ANC 3 setels en kry die oppisie 3 meer. Dit kan kwalik as vooruitgang bestempel word.Hierdie keer verower die ANC 1 setel met 45 931 stemme en die opposisie 1 setel met 46 129 stemme.

Dit sê vir my dat dit die domste ding ooit was om in ‘n een-man-een-stem bestel in te gaan want met die wegdoen van volke sal ‘n vereenigde swart stem altyd gegewe die
apartheidgeskiedenis die ANC of opposisie na aan hom kies bo enige opposie party.

Sê maar net ·

Jaaaaa…Frans C dis feite.
Dankie vir ordentlike statistieke en bedagsame kommentaar

JohanL ·

Frans, jy is heeltemal reg en ek glo die kern van jou boodskap is in die laaste paragraaf. Die syfers glo ek staaf net jou argument.

Meeste van die ANC steun kom vanaf landelike gebiede waar die gemiddelde (swart) kieser nie altyd ingelig is oor wat aangaan nie. Verder stem van hulle volgens instruksies van die hoofman wat in beheer is van die stuk grond waarop hy woon. Dit tesame met die sentiment dat die “ANC ons swart mense bevry het”, maak dat hy onvoorwaardelik vir die ANC of dan soos Frans skryf enige ander swart party sal stem.

Van die swartmense is ook onder die indruk, dat sou ‘n blanke party wen, dan gaan apartheid terugkeer.

So my opsomming is dat SA uitgelewer is aan ‘n “ras getalle speletjie” in ons sogenaamde demokratiese stelsel van een-man-een-stem. Daar is geen sprake van evaluering van hoe ‘n party doen in sy ampstermyn en daarvolgens sy/haar stem aanpas nie (soos bv meer geneig is om te gebeur in ware Westerse beskawings).

Die blanke kan maar net probeer om “skade beheer” toe te pas deur te poog dat die party in beheer nie ‘n twee-derde meerderheid behaal nie. Dit is geen waarborg nie, want sou die “swart stem” (veral ANC + EFF) saam meer as twee derdes wees, dan het die blanke steeds probleme (dink aan sprake van grondonteiening wetgewing).

kokkie ·

Ek dink die VF+ oorskat sy rol as moontlike koalisievenoot. Met so min stemme kan hul maklik heeltemal uit die bus uitval, pasop.

Cornelia ·

Om ‘n “leuen” te weerlê met feitelike bewyse @Jerry, kan nie as belediging beskryf of geïnterpreteer word nie. Die VF+ onthul die WAARHEID. As waarheid op die lappe kom, kan slégs die skuldige of leuenaar geblameer word vir die vuil water teen sy windskerm. Dankie dat Dr. Mulder nie kompromieë aangaan met leuens nie! Die meeste ordentlike Afrikaners sal nooit saamstem oor politieke prioriteite nie. Dit is ook nie ‘n vreemde verskynsel nie en ook nie ‘n verlies nie. Die positiewe kommentare wat gelewer word neem deel aan die kern van die inhoud vd skrywe deur Dr. Mulder. Dankie vir die van u wat koers hou en nie die gesprek deurspek met ongrondige woede aanvalle nie! Dit pas net nie.

Henry ·

Goed gestel Cornelia
Stem allie pad saam.
Jammer dat daar altoos ‘n siel of meer is wat nie kan debatteer sonder die gebruiklike negatiwiteite en beledigings nie. Hoe ookal, die ou lotjie se pogings vertel uiteindelik meer van hulself as wat daar enige bruikbare argumente gelewer word.

Frans C ·

JohanL maak geldige kommentaar,want die EFF is maar in wese ‘n splintergroep van die ANC.Saam het die twee partye 12 606 180 stemme.Dit is 68.50 % van die geldige stemme van 18 402 497.

Die opposisie wat werklik dat ANC teenstaan en nie net soos die EFF ‘n keffertjie is wat
om die groot ANC-hond rondspring en irriteer het dus in werklikheid 5 796 317 of 31.5% steun gekry.

Daar is ‘n duur les uit dit te leer.As jy in Afrika die leidsels oorhandig het aan sg. bevrydingspartye gaan jy hul moeilik uit die saal lig,want uit hul oogpunt is dit onpatrioties om die regering teen te staan as jy die verkiesing verloor het en moet
jy volgens ons geagte President ‘almal saamwerk sodat die regerende party in sy doel kan slaag’.

Dit is mi so goed asom jou eie ondergang te bewerkstellig op alle gebiede,want weg is jou taal veral op onderwysvlak ens en word jy ‘n bywoner in jou land,want eintlik is jy net ‘n gronddief en diewe behoort in die tronk.
Die ironie van die saak is dat ons nou ons eie tronke skep agter hemelhoë staalheinings verskans met veiligheidmaatreëls en is mense nie eers meer in veiligheidskomplekse veilig nie.

Is dit die prys wat betaal moet word om in ‘n sg demokrasie te leef en werk?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.