Afrikaner-voorspoed berus op internasionale regte

Verlede jaar het AfriForum voorleggings aan die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland, gemaak om die internasionale gemeenskap oor minderheidsregbrandpunte in Suid-Afrika in te lig.

Ernst Roets and Alana Bailey in Genève.

Ernst Roets and Alana Bailey in Genève.

In 2008 het die VN se Forum vir Minderheidsaangeleenthede ʼn eerste konferensie aangebied om aan regerings en burgerlike organisasies die geleentheid te bied om die bevordering van minderheidsregte te bespreek.

Sedert 2010 neem AfriForum jaarliks aan hierdie Forum se konferensies deel om plaaslike brandpunte in die internasionale kollig te plaas en só druk op die ANC-regering te plaas om aandag daaraan te gee.

By die 2013-konferensie het ek en Ernst Roets onderskeidelik verslae oor die ANC se misbruik van godsdiens vir politieke doeleindes en plaasaanvalle ingedien, asook die AfriForum-petisie waarin tienduisende lede van die publiek vra dat plaasmoorde in Suid-Afrika tot ʼn prioriteitsmisdaad verklaar word.

Die hooftema van die konferensie was godsdiensvryheidsregte. Skokkende mededelings is aangehoor oor minderhede wat wêreldwyd vervolg word op grond van geloof. Burgerlike organisasies het vertel van diskriminerende praktyke, byvoorbeeld dat kinders aan ʼn spesifieke geloofsoortuiging moet behoort om hoegenaamd in sekere lande te mag studeer. Elders word ouers selfs voorgeskryf watter name hulle hulle kinders mag gee. In die ergste gevalle kom marteling en moord voor.

In Suid-Afrika is die situasie nie so ernstig nie, maar juis daarom moet daar onverbiddelik teen enige skending van mense- en veral minderheidsregte opgetree word. Deur organisasies soos die VN kan internasionale druk op die regering geplaas word om betyds teen vergrype op te tree.

Dit is van die grootste belang dat enige voorlegging aan die internasionale gemeenskap geloofwaardig moet wees. AfriForum se verslae berus dus altyd op deeglike wetenskaplike navorsing. Ongelukkig het randfigure en –organisasies die Afrikanersaak groot skade aangedoen met vals bewerings en onregverdigbare argumente. AfriForum moet dikwels van voor af vertroue en steun vir Afrikanerregte wen.

Artikels wat sedert November 2013 in die internasionale media verskyn het, bewys dat daar toenemend krities na die ANC-regering gekyk word. Dit skep die geleentheid vir geloofwaardige argumente om veld te wen.International-Law

Afrikaners se strewe om vry, veilig en voorspoedig voort te bestaan, berus op internasionaal erkende regte. Bondgenote onder regerings, organisasies, meningsvormers en die media buite ons landsgrense is noodsaaklik om te verseker dat vordering met AfriForum se internasionale strategie gemaak word om dié strewe volhoubaar moontlik te maak.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Alana Bailey

Alana Bailey is lid van die Afrikaanse Taalraad en adjunk uitvoerende hoof van AfriForum (verantwoordelik vir internasionale skakeling, taal en kultuur).

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Stephen ·

Baie dankie !!!!! Julle is puik. Dankie wat julle vir ons doen.

Pieter ·

Na, hoeveel jaar is dit ? Vier jaar en no niks reggekry ? Eish

Alana ·

Pieter, daar is nie kitsoplossings op die vlak nie. Suid-Afrika is ook nie juis die middelpunt van internasionale belangstelling nie. Ons uitdaging is dus om kwessies wat vir ons brandpunte is in die kollig te probeer plaas en hou. Ek weet nie wat jy as “iets regkry” beskou nie, maar as daar diplomatieke druk op die SA regering geplaas word om sekere wetsontwerpe nie te aanvaar nie, of aan sake aandag te gee, is dit reeds ‘n groot mylpaal. Soos Gemsbok onder meld, gaan die werk hier deur ons gedoen moet word om ‘n volhoubare toekoms vir ons mense te skep. Internasionale riglyne skep wel vir ons riglyne oor opsies en internasionale druk is ‘n nodige middel in die proses om dit tot stand te bring.

Barry Saayman ·

@ Me Alana Bailey

>>”In die ergste gevalle kom marteling en moord voor. In Suid-Afrika is die situasie nie so ernstig nie…”

Kan ons gesels oor hierdie stelling van u asseblief? Marteling en moord kom wel in SA volgens u eie organisasie, AfriForum, voor-

“Die buitengewone wreedheid van plaasmoorde is in die meeste gevalle totaal buitensporig, gemeet aan die waarde van items wat gesteel word.”

http://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Bloed-op-die-grond-20131130

Het AfriForum van mening verander en indien wel waarom?

>>”Deur organisasies soos die VN kan internasionale druk op die regering geplaas word om betyds teen vergrype op te tree.”

Ek is onbewus van enige suksesse deur AfriForum op internasionale forums.

Ek twyfel ook of die saak van minderhede wat dedreig voel/bedreig word wel met oortuiging en professioneel internasionaal gestel word en of dit bestand is teen die SAKP?ANC regering se amptelike inligtingsmasjien wat organisasies soos AfriForum ook met groot gemak en sukses as blote ‘randfigure en –organisasies (wat) die Afrikanersaak groot skade aangedoen met vals bewerings en onregverdigbare argumente’ neutraliseer .

>>”Sedert 2010 neem AfriForum jaarliks aan hierdie Forum se konferensies deel om plaaslike brandpunte in die internasionale kollig te plaas en só druk op die ANC-regering te plaas om aandag daaraan te gee.”

Dit is myns insiens ‘n geweldige groot verantwoordelikheid om iemand anders se saak sonder ‘n behoorlike mandaat te stel – des te meer op internasionale forums. Dit sal oneties van u wees om namens enigiemand behalwe uself en u lede op te tree.

>>”Afrikaners se strewe om vry, veilig en voorspoedig voort te bestaan, berus op internasionaal erkende regte. Bondgenote onder regerings, organisasies, meningsvormers en die media buite ons landsgrense is noodsaaklik om te verseker dat vordering met AfriForum se internasionale strategie gemaak word…”

U neem klaarblyklik aan dat u ‘Afrikaners’ verteenwoordig.

Het u ‘n plan om ‘n mandaat van minderhede te bekom of om wye konsensus oor sake wat kwel te bewerksteiilg en indien nie wonder ek of dit raadsaam is dat u voortgaan om namens ‘ons’ met die internasionale gemeenskap skakel.

Dalk berokken u in werklikheid ‘ons’ saak skade ten spyte van u verweer/versekering dat ‘AfriForum se verslae berus … altyd op deeglike wetenskaplike navorsing’.

Ek voorsien dat diegene wat dieselfde weg as u in die toekoms kies gaan u ook op hulle beurt beskuldig dat u die ‘Afrikanersaak groot skade’ berokken het. Hoe gaan u daaroor voel?

Alana Bailey ·

@ Barry Saayman – dankie vir u kommentaar, ek probeer dit so volledig as moontlik beantwoord.

> Die marteling en moord waarna in die artikel bo verwys word, is waar owerhede burgers se reg tot godsdiensvryheid ontken en die burgers op grond daarvan onderdruk, martel of vermoor. Dit verwys nie na misdaadinsidente in Suid-Afrika nie. AfriForum se uitsprake gaan oor misdaadinsidente, onder meer plaasaanvalle.

> AfriForum het al deelgeneem aan internasionale forums oor onder meer haatspraak, mediavryheid en taalregte vir Afrikaans. Dit is alles kwessies waar internasionale druk wel plaaslik positiewe gevolge gehad het. Soos bo genoem, dit is deurlopende prosesse waar daar geen kitsoplossings is nie, maar dit beteken nie burgerlike organisasies soos AfriForum kan daarom die handdoek ingooi nie. Verantwoordelike betrokkenheid is ‘n vereiste om die regering verantwoordbaar te hou.

> AfriForum stel nie iemand anders se saak nie, ons stel die saak van ons 90 000 lede. Die lede onderskryf die inhoud van AfriForum se burregtemanifes. Dit is die gronde waarop ons versoek of versoek word om aan internasionale forums deel te neem en die internasionale organisasies betrokke beskou dit as ‘n grondige mandaat vir ons deelname.

> Ervaring in Zimbabwe het geleer dat ‘n swygende burgerlike samelewing selfvernietigend is. So ook die versinsel van feite. AfriForum doen moeite om slegs deeglike wetenskaplike navorsing deur internasionaal erkende instellings en navorsers, asook bewysbare inligting te gebruik vir ons voorleggings aan enige forum. Kommentaar en voorstelle is altyd welkom.

Gemsbok ·

Ons regte wat internasionaal erken word is inderdaad ‘n belangrike element wat ons kan bystaan in ons stryd om gelyke erkenning en selfbeskikking.

Dit is egter soos ons Grondwet eerder ‘n skild as ‘n swaard.

Daarmee bedoel ek dat dit die atmosfeer kan skep waarbinne ons die ruimte gegun word om ons heil uit te werk en ons toekoms op ‘n vaste voet te plaas. Ons sal egter steeds die harde werk moet doen om vir ons op vaste grond ons eie instellings deur eie arbeid staan te maak.

Shannon ·

Alana, nie seker of my ontsettend ontstellende woorde in jou oë sal verskyn nie – ek is aan `n uiters emosionele sensor onderworpe – maar in elk geval die volgende :
Doktor Pieter Mulder van die VF+ is nou reeds 18 .. 19 jaar druk besig binne die grondwet bestel om `n verskeidenheid van mylpale te bereik – o.a. blykbaar ten voordeel van die Afrikaner.

Wat is die verskil tussen syne en julle sin ?

Is die verknogtheid aan grondwet, onderhandeling en internasionale verhoudinge nie maar bloot `n manier om weg te kom van die werklike probleem op grondvlak nie ?

Alana Bailey ·

@ Shannon

Dankie – die kommentaar het my bereik. Beide politieke partye soos die VF+ en burgerlike organisasies soos AfriForum het ‘n rol om op die internasionale terrein te speel. Sommige forums is net vir die een toeganklik, ander forums net vir die ander. Elkeen lewer dus ‘n unieke bydrae tot die debat en sorg dat minderheidsregkwessies op die agenda gehou word.

‘n Grondwet is maar regte op papier as niemand sorg dat dit in die praktyk gestalte vind nie en onderhandelinge en internasionale druk is langsame prosesse sonder waarborge. Om die rede glo AfriForum dat gemeenskappe aan die een kant owerhede verantwoordbaar moet hou, maar aan die ander kant ook op grondvlak verantwoordelikheid moet aanvaar om in stand te hou wat vir hulle belangrik is. AfriForum se projekte is voorbeelde van wat gemeenskappe in die verband kan doen – sien http://www.afriforum.co.za.

Frik Lotz ·

Die VF Plus doen geweldig baie vir die Afrikaner en dien ook as inspirasie vir ander minderhede om op te staan vir hul regte. VF Plus staan sterk op minderheidsregte en selfbeskikking en veg vir die belange van minderhede. Die VF Plus is beslis die party om voor te stem!

selfbeskikking ·

@ Shannon hoekom volg jy nie die VF+ op hul Facebook blad of op Voorblad nie, want hulle het al hofsake geslaag en daar is baie positiewe artikels daaroor – vertrou jy sal die FB blad of voorblad maklik opspoor.

Coenraad ·

Alana, wat se soort ontvangs kry julle daar in die internasionale forums? Is die mense nie maar baie skepties oor ons gekla nie?

Alana Bailey ·

Coenraad, die ontvangs is oorwegend baie goed. Burgerlike organisasies wat in ander lande werksaam is, het begrip vir ons frustrasies omdat hulle dikwels soortgelyke ervarings in hulle lande het. ‘n Mens sou goed oor kwessie soos haatspraak, taalregte en eiendomsregte kon saamwerk met hulle in die toekoms. Diplomate is besonder deeglik op hoogte van die probleme hier, maar hulle is diplomaties en luister meerendeels simpatiek. kenners oor kwessies soos bo genoem is gretig om kennis te deel en advies te gee oor beste praktyke vir optrede teen beoogde wetgewing en menseregtevergrype. Dan tref jy ook gehore wat min of niks van Suid-Afrika weet nie. Dus, verskillende gehore het verskillende reaksies, maar by almal laat jy ‘n boodskap en by almal leer jy iets.

Mike ·

Ek sou graag wil weet wie hierdie randfigure en organisasies is “Ongelukkig het randfigure en –organisasies die Afrikanersaak groot skade aangedoen met vals bewerings en onregverdigbare argumente” Ek weet van twee die ou Nasionale Party en FW de Klerk.

Alana Bailey ·

Mike, daar is helaas verskeie. Van die mense het goeie bedoelings, ander minder so. Daar is byvoorbeeld webwerwe wat met rassistiese uitlatings en oordrewe emosie probeer steun werf, of verslag doen oor misdaad in Suid-Afrika met foto’s van “slagoffers” wat nie eens in SA geneem is nie. Sulke misleiding kom op die ou einde aan die lig en maak enige klagte daarna oor die gruwels wat tydens plaasmoorde gebeur minder geloofwaardig – onregverdig, maar dis soos dit is.

selfbeskikking ·

FW de Klerk >>>>> Afrinet >>> Solidariteit >>>> Afriforum

chris visser ·

Afriforum. Dankie vir wat julle doen. Julle sal altyd beterweters en kritiek ook kry, maar julle organisasie verteenwoordig beslis myself en ek is trots en tevrede met julle werk. Doen so voort!

Demokraat ·

Alana, Mike het ‘n geldige punt gemaak tov die randfigure en -organisasies “wat in baie gevalle die Afrikaner se saak skade aandoen met vals bewerings en onregverdigbare argumente”

Het Afriforum hierdie randfigure en -organisasies al identifiseer en is daar na sodanige figure en organisasies uitgereik met die oog op samewerking ?. Wat was tot dusver die uitkoms om samewerking te bewerkstellig ?

Alana Bailey ·

Hallo Demokraat, ons gesels graag met almal wat met ons wil gesels. Van die mense gebruik egter skuilname en is moeilik om te identifiseer. Ander het eie agendas en wil nie saamwerk nie. Met ander duur die gesprek voort.

Ek sien Theresa vra ook onder van wie ek praat. Tans is daar juis weer ‘n e-pos wat rondgestuur word oor plaasmoorde met eksplisiete foto’s, vloekwoorde, lang rye uitroeptekens, die ydelike gebruik van die Here se naam en growwe veralgemenings. Wie die oorspronklike sender is, is nie duidelik nie. Enige rasionele mens wat dit in sy Inbussie kry, gaan een kyk gee en dit uitvee. Ongelukkig wanneer hy of sy volgende keer weer so ‘n e-pos oor dieselfde tema ontvang, word dit dalk ook uitgevee omdat dit met die eerste geassosieer word. Vergelyk dit met die dokumentere rolprent “War of the Flea”. Laasgenoemde is gestroop van sensasiesoekery, maar juis daarom tref dit jou dubbeld so hard en word plaasmoorde na die kyk daarvan ‘n kwessie wat jy nie kan of wil ignoreer nie.

Theresa Papenfus ·

Ek sal ook graag wil weet wie die randfigure en -organisasies is wat gefabriseerde inligting verskaf en enige saak met meriete beduiwel.

Mark ·

Die geskiedenis leer dat die internasionale gemeenskap eers optree as daar grootskaalse skending van menseregte plaasvind, en dit wat met blanke Afrikaners gebeur registreer ongelukkig nog nie op daardie skaal nie. Tot dan is ons uitgelewer aan die korrupte gespuis wat tans ons regering is. En die komende verkiesing gaan niks daaraan verander nie.

@Shannon, dr. Mulder/VF+ het absoluut niks vir die Afrikaner bereik nie – net vir homself n mooi pensioen voorsien. Die DA gaan waar die wind hom waai. En Solidariteit laat hoor sy stem wanneer dit hom pas (SMS aksies wat die geldkoffers volmaak maar nie veel vir die Afrikaner lot verander nie).

WAAR is ons politieke leiers wat die Afrikaner volksmoord kan verhoed ?

Mike ·

Ek dink Front Nasionaal voldoen aan hierdie vereiste van jou Mark. Die grondeis wat hulle ingedien het bewys dat hulle ernstig is oor afrikaner oorlewing. Ons kan nie meer politici in mooi pakke klere wat sit en glimlag in die parlement bekostig nie, ons het nou leiers nodig wat bereid is om vas te skop en te sê tot hiertoe en nie verder nie.

Die verdeeldhied binne afrikaner geledere maak ons situasie soveel meer ernstig en daarom blyk dit nou dat die afrikaner nie meer net wil ja en amen sê nie hulle wil nou vreeslose leiers hê met integriteit.

Stoney ·

Die klomp wat so kla en negatiewe kommentaak lewer glo ek is pasiewe Suid Afrikanesrs wat geen positiewe bydra lewer ten opsigte van n beter SA nie.
Mense julle rug is teen die muur en Potgieter trek noord en Pretorius trek Suid. Een ding wat ons by die nasie kan leer is om saam te staan vir n gemeenskaplike doel,reg of saak. Indien nie sal julle maar in die huidige nuwe en toekomstige SA moet voort ploeter met die huidige Afrika bestel.
Ek hou van die een van Mandela se stellings wat sin maak. “Sodra die ANC doen aan julle wat die Apartheidsregering aan julle gedoen het moet julle dit met dieselfde mag en krag beveg”
Dalk n saak wat die Wit Afrikaner sal moet bestudeer en nastreef of in die mengelmoes van “Geen Plan”verswelg word.

Walter ·

Stoney, wie is ‘die klomp’ waarna jy verwys en wat is dit nou presies wat jy voorstel hulle doen ?? Wat is die gemeenskaplike doel waarna jy verwys ?? Dis presies die probleem : almal praat $^#$^ maar niemand het ‘n plan vir die blanke Afrikaner nie, ook nie ons politieke leiers nie.

selfbeskikking ·

@ Shannon hoekom volg jy nie die VF+ op hul Facebook blad of op Voorblad nie, want hulle het al hofsake geslaag en daar is baie positiewe artikels daaroor – vertrou jy sal die FB blad of voorblad maklik opspoor.

selfbeskikking ·

@ Walter – daar is reeds planne om selfbeskikking te verkry, al van 1994 af was dit wettig onderhandel, Akkoord geteken en steeds geldig, MET ‘n voldoende mandaat > Afrikaners en blankes moet net hul selfbeskikking opeis, die pad neem tot by die VN . Heelwat werk is in gesit in die Volkstaatraad van 20 lede wat aangestel was. Toevallig is in dieselfde tydperk nog ‘n Akkoord geteken namens die zulu’s, koning Zwelithini wat ‘n monarchy gevra het. Beide akkoorde hang in die lug. Maar intussen is daar 11 afsonderlike kulturele Trustgebiede vir slegs 11 swart etniese groepe gestig, wat deur Trustwette bestuur word.

Vanaf 1994 tot nou toe is daar meer moorde en korrupsie gepleeg dan ooit. Selfbeskikking kan nie op ‘n politieke vlak wees nie want dan sluit mens dele van jou volk uit en kom dit eers in werking waar hierdie eis in die parlement ingedien word en daarna aan die VN voorgele word. Daarna as dit goedgekeur word, is daar verkiesing waar politiek weer ‘n rol speel.

Nico ·

Ons het beslis Afrikaanse leiers nodig. As leier moet jou worterls/ fondament in God gevestig wees, ons moet alle mense en hul geloogsoortuiginge respekteer. Elke mens het hierdie ingeboude “DNA” in hom wat se – ja dit is verkeerd om te moor , te steel , te verkrag ,…. en jy wil graag he dinge moet verander . Daar word oor en weer gestry en gebaklei en modder word gestrooi MAAR die punt word heeltemal misgekyk en voorwaar ek is oortuig sodra ons almal die wil van God soek daar n verskil gaan kom ” Miracles comes from GOD” Ons moet regtig ons saak ( ons land se probleme ) na God vat en HY sal ons help !!! Ons is moeg om vermoor,verkrag ,verneder,vermy vermors ver…. te word. Die tyd het aangebreek dat ons na GOD moet gaan en n gelofte /verbond met Hom moet maak !!

SY de Wet ·

Wanneer het dit “goed ” gegaan met die witman in SA ? Was daar n tyd toe n Amerikaner 8 Dollar moes betaal vir n Rand ? Was SA uit die gemenebes van nasies ? Was SA die 4de grootste wapenvervaardiger in die wereld ? Was SA se werkloosheid syfer 2 of so present ? Wie was die Eerste minister ? Was SA se geld aan n goudstandaard gekoppel ? Wie het die’ voorspoed in die wiele gery ? Snaaks genoeg , het iemand gekla oor sy regte toe . Ons kan onsself besig hou met baie , Kom ons kyk in die spieel . Ek is seker daar was eenstemmigheid in die walaer toe die Gelofte afgele was die dag . Halleluja daar was geen predikant of politikus by nie . Sit die vrou terug in die huis . Ons het nog n ent om te gaan . Daar is nog baie witmense oor , in die Skrif het duisende op n slag gesterf wanneer hulle ongehoorsaam was aan die God van hemel en aarde .

Ja, elkeen het sy eie siening . Daar is basies twee “sienings”. Ons siening en God se “siening “. God se weg en ons eie. Ons doen wat ons wil……HY Straf ons volgens sy Wet.

Luk 12:47 En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word;

Isa 1:5 Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank.

Dan_12:7 Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende: ‘n Tyd, tye en ‘n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word.

Kom ons kyk weer in die spieel..

R Pfaff ·

Nico . As ek se dat my wortels in Volkswagen is as fondament dan sou ek seker een ry ook , weet waar sit die stuurwiel en so aan . Maar ons weet nie waar sit die stuurwiel nie en weet nie waar ons heen gaan nie . Bittermin Afrikaners sal weet hoe lyk n volksleier , al word hulle met hom gegooi . As dit die tradisionele God van die witman is . ..Waar in sy Boek staan daar iets van die DNA van jou ? Is dit in elke” mens” gegee ?

Die DNA van jou ? Wie moor en verkrag ? Lyk my dis nie vir hom verkeerd nie . Ons is geleer dat God se Wet dan nou verdwyn het of ” aan die kruis vasgenael is ” Nou wel ,die moordenaar , verkragter , rower , kindermolesteerder ens voel ook so ,” After all ” .Jy gaan dit mos nou respekteer ,en dis in sy DNA .Al gewonder hoekom ? Psa 58:3 (58:4) Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af.
En respekteer ander se geloogsoortuiginge ?Hy gaan nie my geloofsoortuiginge respekteer as ek self dit nie doen nie OF weet wat dit is nie . Kyk bietjie hoe het Joshua die Kanaaniete se geloofsoortuiginge gerespekteer . .Kyk bietjie na koning Dawid se tawwe immigrasie beleid .

tom ·

Was die konstitusie, en wel ter erkenning, Julle konstutisie (Nie myne nie), die maatsaf gewees het vir die versekering van ons regte (Vryheid) nie???????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.