Afrikaners kan in 2018 saam hoop skep

Afrikaner

Argieffoto: Adéle Changuion

Die geskiedenis van Afrikaners is deurspek met voorbeelde van mense wat onder moeilike omstandighede moed gehou en vasgebyt het en wat deur hoop en harde werk gedryf is om groot uitdagings te oorkom.

Dink maar aan hoe hulle ná die verwoesting van die Anglo-Boereoorlog weer opgestaan het om hul plase te herbou of hoe hulle in die depressiejare planne gemaak het om, ondanks erge armoede, te oorleef.

Afrikaners is vandag weer by ’n kruispad waar hulle as minderheidsgroep uitgeskuif, verwerp en vervreem voel en polities en toenemend ekonomies ontmagtig is.

Maar soos die geskiedenis bewys het, is dit in sulke tye wat die innerlike krag, innoverende denke en ’n oorlewingsdrang Afrikaners nie verlam nie, maar inspireer om hoop vir die toekoms te skep.

Tydens die burgerregte-organisasie AfriForum se afgelope nasionale takkongres, was dit juis die boodskap van hoop wat honderde kongresgangers geïnspireer het om na hul gemeenskappe terug te keer om saam hande te vat en ’n verskil op elke vlak te gaan maak. Op die kongres was die boodskap duidelik dat ons self vir ons toekoms verantwoordelik is en dat ons op plaaslike regeringsvlak moet werk om te sorg dat ons dorpe en stede nie verder verval en agteruitgaan nie. Afrikaners is ook self vir hul eie veiligheid verantwoordelik en daarom is daar opnuut ’n beroep op mense gedoen om by buurt- en plaaswagte aan te sluit om die veiligheid in hul omgewings te verbeter.

In die woorde van Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is ons almal bewus van die uitdagings wat daar is soos druk op Afrikaanse skole, haatspraak en beledigings teen minderhede, paaie wat verval, belastingbetalers wie se geld gesteel en vermors word, waterbronne wat onder druk is, riool wat in die strate afvloei en munisipale dienste wat nie gelewer word nie.

“Al hierdie dinge kan ons baie moedeloos maak. Maar as ’n mens tou opgooi, kan dit ’n selfvervullende profesie word en kan ons later glo dat ons niks aan ons omstandighede kan doen nie. Ons moenie toelaat dat ons slagoffers van die geskiedenis word nie. Ons moet saam beplan en saam hoopvol bly.”

Afrikaners se oorlewing in die toekoms gaan ook afhang van hoe hulle konsentreer en organiseer om saam sterker te wees.

Flip Buys meen Afrikaners moet eers verstaan wat hul bestaansvraagstuk is en daarvolgens oplossings vir hul probleme kry.

Afrikaners se probleem is nie verdeeldheid, klein getalle, die swak ANC-regering of selfs besluite wat vorige leiers tydens die onderhandelingsproses geneem het nie. Afrikaners se probleem is dat hulle nie ’n eie gebied het wat hulle besit, bewoon en bewerk nie. Hulle is ’n kwesbare minderheid tussen die meerderheid.

Afrikaners se probleem is demografies en daarom is demografiese oplossings nodig.

Dit het reeds spontaan begin gebeur met Afrikaners wat nader aan mekaar trek om ’n Afrikaanse lewe te lei. Afrikaners het nog altyd getrek. Van Europa af hierheen, van die Kaap na die binneland. En nou trek hulle na groter dorpe en sentra waar Afrikaners gekonsentreer is. Dit is dié tendens wat vra vir ’n behoorlike strategie wat nou ontwikkel word om in die toekoms die nodige fisieke, maar ook kulturele infrastruktuur daar te stel waarbinne Afrikaners sal kan leef.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

19 Kommentare

Eish ·

In die afgelope twee, drie jaar het ek tevergeefs probeer aansluit by n plaaslike tak van die burgerregtegroepering ten einde juis deel te wees van die verbetering van ons situasie. Helaas moes ek telkemale op my navrae hoor daar is nie voldoende belangstelling in die gebied om so n inisiatief te loods nie.
Waarookal ons heentrek, indien ons nie selfbeskikking het nie, is ons steeds aan dieselfde drakoniese en rassistiese beleid en wetgewing onderworpe. Meer nog, ons betaal huur vir n plek waar ons nie mee verlief neem nie en slaan tent op in die agterplaas.
Selfbeskikking en n eie gebied is eenvoudig die enigste werkbare uitkoms uit die kookpot. Ek dink die gesaamkoekery op enige plek in die helhool is slegs n troosprys en het dieselfde effek as om van jou omstandighede te ontsnap deur jou oor te gee aan die beswymende euforie van dwelms.
Die totale losmaak en oorbegin is dalk nog n bietjie taai om te verteer vir diegene in goedbesoldigde beroepe, maar die groot gelykmaker, wanneer ons, ons in lewensbedreigende omstandighede bevind, en jou lewe en nie jou bates nie, lotsbepalend is, maak die keuse baie makliker. Oorbegin beteken oorbegin, maak nie saak wat jy nou doen nie.
Dit en dit alleen is ons paspoort na n menswaardige bestaan. Tot dan, gooi ons , ons geld en bates in n bodemlose put sonder n waarborg van verbetering.

Gerhard ·

Die probleem is dat die wat die besluite neem teveel bele is in die NSA en onwillig is om hulle finansiele en emosiele belegging op te gee al gaan dit van hulle gevat word.

Wyse kommentaar ·

Wyse kommentaar Eish. Ek wens net almal wil besef dat die fokus moet skuif na selfbeskikking want die kokende pot gaan ontplof vir alle groepe in die land en dat daar geen hoop vir die land is soos kommuniste oorvat.

John ·

Hoe op aarde wil mense na ‘n ander gebied skuif en sommer so hul huise verkoop… aan wie… en weer lekker goedkoop plekke elders kry waar alles reg staan: skole, kerke en werk want sonder geld bly drome net visoene. Sodra mense hoor dat massas mense na hul dorp toe wil verhuis skop die eiendomsagentskappe se planne in vir winsneming en die verkopers lag, terwyl die angstige kopers/verkopers groot verliese sal ly. Hoe holderstebolder wil mense vlug? Wie gaan vir die nuwe infrastruktuur betaal of glo die nuwe leierskap die Afrikaners sal al hul spaargeld uithaal en wys terwyl daar ook geen werksgeleenthede in die nuwe droomvolktuiste sal wees nie, wat nog kos. Die ANC sal lekker lag want hulle sal die woonhuise en skole en wat ookal net so passela vat. Ons weet almal wat ons bedreig en ons bestaansvraagstukke hoef nie deur hogeres uitgespel te word nie. Hier is Afrikaners/Afrikaanses wat brand om die vrees en probleme van hul medeburgers uit te buit. Hoeveel Masada’s het Afrikaners nodig. ‘n Mens veg nie ‘n oorlog as jy vooraf weet jy gaan dit verloor nie… soos die Anglo-Boereoorloe. Diegene wat te veel flieks kyk kan maar voortneuk. Dink wie gaan die meeste uit so ‘n stormloop baat… virseker nie die Afrikaners nie.

Gerhard ·

Die mense het nie n keuse nie. Trek of vergaan. As die Groot Trek nooit plaas gevind het was ons lankaal bokveld toe.

Realis ·

Goeie en belangrike vrae vir oorweging deur diegene wat al weer wil trek!

Francois vRvO ·

@ John
Baie goeie problem stelling , stem 100% saam dat ons almal nie kan verkoop en trek na ‘n spesifieke gebied nie.
Die oplosing moet wees om net ‘n klein groep te mobiliseer en te konsentreer , die heug.
Vir die skool verlaters wat nog nie ‘n plekie oorsee bespreek het nie , moet ons konsentreer.
Daar is ‘n baie groot behoefte in Afrika vir kundigheid om ekonomiee te herbou.
Ons konsentreer ons kinders met ‘n Kiboets en leer hulle die basiese vaardighede nodig om ‘n onafhanklike ekonomie te kan skep. As die land in duie gaan stort , het ons kenners nodig om te herbou. As ons suksesvol ons eie ekonomie kan bou , sal hierdie ginerasie kinders uitvoerprodukte wees om die res van Afrika ook te kan help herbou.
Ons as Afrikaners moet ‘n geslag kweek wat leiers is in ontwikkeling , watter ander volk het meer onderfinding om met die swartes te kan werk?

Breytenbach ·

John niemand hoef sy eiendom te verkoop of te trek nie, dis elkeen se keuse maar daar is tog mense wat sterk voel oor selfbeskikking in verskeie fasette en vorms. Al die tekens dui daarop dat ons klein minderheid in die visier is vir onteiening van hul kultuur, taal, basiese regte en eiendom. Dit sien mens tog elke dag in die uitsprake van politici en gewone burgers in die media. Kan mens dan net sit en wag daarvoor vir iets om te gebeur goed of sleg, of behoort mens iets daaraan te probeer doen terwyl daar nog tyd is?

Paul ·

John, jy is ‘n pragmatis, ek is 100% met jou, maar as ons bly vertrap word, wanneer is genoeg, genoeg? Ek lees ook wat Eish sê, hy het nie ‘n onoorkomelike droom nie, die Voortrekkers het die onbekende ingegaan en kyk wat het hulle vermag. Ons het vandag meer om mee te begin as wat ons voorsate gehad het, baie meer.

Hans Richardt ·

Ek steun Orania en Afriforum in hul Art235 voorlegging voor parlement op 3 en 4 September.
Daar is nou nuwe grondwetlike ooreenkoms nodig.
Of Maroela media daarvan hou of nie, dit gaan gebeur.

Jerry ·

Volg n vriendskaplike benadering en skep n vriendskaplike omgewing en daaruit dan, spruit sekerheid en daarmee saam, hoop!

Breytenbach ·

Jerry Max of op Mars dalk, die probleem is nou hier of jy dit wil ignoreer of nie. Blanke Afrikaners word geteiken vir vergelding en haat wat moet hulle anders doen? Lafhartig gaan le? Definitief nie!

Hanno ·

Ons kan saam hoop skep en saam bou maar dit sal net werk as selfbeskikking deel van die planne is.

rassie ·

Sien daarna uit om die presiese details te verneem van die “behoorlike strategie wat nou ontikkel word”

Vir geruime tyd reeds het verskeie artikels verskyn waarin beloftes gemaak is oor opvolgartikels met gedetaileerde planne wat eersdaags bekend gemaak sou word. Moontlik het ek hierdie opvolgartikels misgelees en sal dit waardeer as iemand my moontlik daarna kan verwys.

Francois vRvO ·

@rassie , ek wag ook op daardie opvolg artikels , lys van groeipunte , strategie.
Onthou Solidariteit is maar net ‘n unie , dis nie eintlik hulle hoofdoel om ‘n volk te regeer nie.
Wees ook maar versigtig om nie uitgebuit te word vir jou lojaliteit teeroor jou volk nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.