Agrizzi het besluit om te ‘sing’

Angelo Agrizzi, voormalige operasionele hoof van die omstrede fasiliteite-bestuursgroep Bosasa. Foto: Simphiwe Mbokazi /ANA

Ná ‘n maraton van nege dae in die getuiebank, het die voormalige uitvoerende hoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, Dinsdagmiddag die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping verlaat nadat skokkende onthullings en geheime verklap is. Hoewel die nuus vir almal wat die verrigtinge in Parktown volg, besonder ontstellend is, is dit egter nie verbasend nie.

Agrizzi se getuienis voor adjunkhoofregter Raymond Zondo het aan die lig gebring dat Bosasa omkoopgeld van tussen R4 miljoen en R6 miljoen per maand spandeer het, dat R500 000 aan president Cyril Ramaphosa se veldtog (om as ANC-president verkies te word) gegee is, en hoe miljarde rande deur tenderbedrog verkry is. Hierdie is bloot ’n paar van die gevalle van grootskaalse korrupsie wat verklap is.

Een van die grootste besprekingspunte was president Cyril Ramaphosa se beweerde verhouding met Bosasa. Agrizzi het getuig dat Bosasa R500 000 aan Cyril Ramaphosa gegee het vir sy veldtog om president van die ANC te word. President Ramaphosa word nou aangemoedig om die land in sy vertroue te neem oor die ware aard van hierdie skenking.

Dat Ramaphosa ook betrokke was by ongerymdhede, behoort egter nie nuus te wees nie. Aan die einde van 2018 is daar reeds berig dat Ramaphosa hierdie skenking ontvang het. In November 2018 het Ramaphosa in ’n brief aan die parlement geskryf dat hy onbewus was van hierdie betaling. Ramaphosa hou egter verder ook voet by stuk dat hy nie bewus was van enige staatskaping nie.

Dit is belangrik om te onthou dat Ramaphosa nie net skielik op die toneel verskyn het toe hy op 15 Februarie 2018 president geword het nie. Ramaphosa was adjunkpresident van die land vanaf 26 Mei 2014 tot 15 Februarie 2018 – in die presiese tyd wat staatskaping plaasgevind het.

Daar bestaan dus een van twee moontlikhede. Ramaphosa was as adjunkpresident dalk werklik onbewus van die staatskaping wat om hom plaasgevind het en is gevolglik onbekwaam om as president te dien – enige persoon in die tweede magtigste posisie in die land wat nie die ooglopende korrupsie om hom kon raaksien nie, kan tog nie die vernuf of vermoë besit om president te wees nie.

Alternatiewelik, en meer waarskynlik, was Ramaphosa aandadig tot staatskaping en behoort hy nie president te wees nie. Hoe verder die ondersoek vorder, hoe groter hoop die bewyse op dat staatskaping nie ’n nagevolg van die Zuma-presidentstermyn was nie, maar dat dit eerder ’n nagevolg van die ANC-bewind is.

Die enigste mense wat “verbaas” is oor die bewyse van korrupsie wat teen Ramaphosa instroom, is diegene wat glo dat Ramaphosa se 100%-aandeel in McDonald’s voldoende gerusstelling behoort te wees dat hy die land se ekonomie kan red.

En dít is niks meer as wensdenkery nie.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Daniël Eloff

Daniël Eloff werk by Hurter Spies Ing., ʼn regsfirma wat spesialiseer in openbare belang-litigasie en is tans besig met sy meestersgraad in publiekreg. Hy is ook ʼn direkteur van AGENDA, ʼn nie-winsgewende organisasie wat hulself beywer vir die ontwikkeling van debat in Afrikaans in Suid-Afrikaanse skole en op ons land se tersiêre kampusse.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Arak ·

Ja, presies; of die man is onbevoeg of hy is deel van die probleem. Ek is ook van mening dat dit die laasgenoemde is. Is daar nie iets soos ‘n eerlike politikus nie?

Gemaskerde Sopbeen ·

Uiteindelik!!! Ek sê dit al vir meer as ‘n jaar lank……….As hy ontken dat hy geweet het, is hy ‘n swak vise-president, en as hy erken dat hy geweet het en NIKS daaraan gedoen het nie…………dan is hy deel van die probleem. As ek ‘n oposisie-leier was het ek hom lankal al laat verwyder….of ten minste onophoudelik die saak gedryf om hom te laat verwyder…

James ·

Ek is nie ‘n dokter nie, maat ek sou reken dat ‘n aborsie in die laasste maand of twee, eerder ‘n induksie is? Gevolg deur moord op die (vroeg)gebore baba….

Hahaha ·

Mense mense..tot die Buiteland is al besig om kanale te skip om mense hieroor in te lig en te vra wat word daaromtrent gedoen..Hoekom dink julle skip die Buiteland die proses? Want die ANC Regering ignoreer hulle soos wat hulle die arme mense in SA ignoreer..Dis nie “Sience” nie nog minder “History”…Dis korrupsie op sy beste wat nie meer toegesmeer kan word nie..dankie vir die skrywers wat daagliks Jan en Publiek in die Loop hou…SA Politiek is al soos n sepie op TV!! ANC is so goed met korrupsie dit lyk al of dit so moet wees!! Het iemand nie vir hulle werk as Akteurs nie? Dan kan ons weer opgeleide mense in die kabinet aanstel wat wel iets weet van om ‘n land doeltreffend te bestuur!!

Dries du Toit ·

Jy kry slim korrupte politici wat sy dade kan wegsteek vir ewig. Jy kry minder slim korrupte politici wat uitgevang word na jare. Jy kry dom korrupte politici wat baie gou uitgevang word. Dan kry jy arrogante korrupte politici wat spog en ontken dat hy korrup is. Besluit maar waar val Ramaphosa, Malema, Bossasa, Mokoyane, Tom Moyane, ens in

alida ·

Hy het nou klaar die noot ingesit nou moet hy klaar sing en niemand uitlaat nie. Algehele reiniging is wat nou nodig is. Sing meneer.

ChrisE ·

Die storie laat my dink aan Wolf in skaapsklere. In die geval Jakkals nooi vir Gansie. Ek is nie ‘n aanhanger/dissipel van evolusie nie. As ek weer eendag aarde toe kom wil ek ook “angzi” genoem word. Angazi weet gewoonlik/altyd niks.

Veritas ·

Die Zondo ondersoek het nog net die puntjies van die seekoei se ore gewys. Die groot gemors kom nog en die betrokke politici kan nie bekostig dat alles op die lappe kom nie. Moenie verbaas wees as diegene wat moet getuig, skielik besluit om nie te getuig nie of dat hulle skielik êrens dood opduik nie. Die moontlikheid bestaan natuurlik ook dat die komende verkiesing weens al die beskuldigings, uitgestel gaan word. Dit blyk dat alle politici korrup is.

Dereck Le Roux ·

Die president herhinner my aan daardie beeld van die drie apies wat vier geword het intussen, niks gesien nie, niks gehoor nie, niks gese nie en niks gedoen nie, as enige iemand hom glo ten spyte van die leuens wat hy blatant op internasionale televisie vertel het dan kan hulle net so wel glo dat ‘n vrou kan swanger raak van sjokkelade en die baba Baby Chockalates noem.

Nick ·

Ag asseblief! Het julle nou nog nie geleer nie. Maak nie saak wat die outjie se nie hulle gaan almal wegkom daarmee,die landswette is mos net in plek as jy wit is. Word tog net wakker!!!!1

Werner ·

Nope, hulle het klaar die 5 lande uitgevreet en hulle van arrogansie beskudig, ook dat die ANC regering nie sal toelaat dat ander lande met ons binnelands inmeng nie. Hulle beduie nou sommer ook vir daardie lande en beduie dis niks anders as staatskaping nie. (Lyk met Staatskaping het nou ‘n gonswoord vir hulle geword, dis soos vir ons wittes wat hulle beduie ons is rassiste as hulle met iets nie hul sin kry nie.)

Daar het ons dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.