Akademie veroordeel geweld: Afrikaans lyk na die slaansak

Studente wat aan die #PrayerWalk by die Universiteit van Pretoria deelneem (Februarie 2016) Foto: ANA

Studente wat aan die #PrayerWalk by die Universiteit van Pretoria deelneem (Februarie 2016) Foto: ANA

Deur Dr. Dioné Prinsloo

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is ernstig besorg oor die huidige vlaag van redelose geweld op kampusse en die skadelike uitwerking daarvan op gehalte-onderrig en navorsing in die nasionale tersiêre opvoedingsektor.

Geen Suid-Afrikaner, van watter kultuur, godsdienstige of politieke oortuiging ook al, ook die oproeriges, het belang by die aftakeling van ons universiteite nie. Sinnelose eise wat volgens berigte deur groepe ten koste van Afrikaans as onderrig- en administratiewe taal gestel word, is klaarblyklik polities geïnspireer en alle aanduidings is daar dat rassisme (teen wit mense) ’n onderliggende faktor in die konflik is.

Dit getuig ook van totale onkunde oor Afrikaans as taal wat deur ’n meerderheid Suid-Afrikaners wat nie wit is nie, gebesig word.  Byna 7 miljoen Suid-Afrikaners is moedertaalsprekers van Afrikaans en miljoene Suid-Afrikaners gebruik Afrikaans in die werkplek as tweede of derde taal. Dit lyk of Afrikaans gebruik word as slaansak om ander doelwitte te bereik.

’n Dringende beroep word op leiers van alle politieke partye gedoen om hul faksies tot orde te roep en te sorg dat ’n kosbare bate – die tersiêre opvoedingsektor in Suid-Afrika – sy status van uitnemendheid in landsbelang behou.

Die regering van die dag, by name die minister van hoër onderwys, moet in hierdie geval sy magte gebruik en ’n sterk standpunt inneem en nie toelaat dat universiteitskampusse letterlik slagvelde vir ideologieë word nie.

Die SA Akademie besef dat besture van universiteite, by name die rektore, onder geweldige druk verkeer en nie in werklikheid toegerus is om bogenoemde konfliksituasies te hanteer nie. Daarom is dit des te meer die regering se taak en plig om dissiplinêr in nasionale belang op te tree.

  • Dr. Dioné Prinsloo is die uitvoerende hoof van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

avrilS ·

Ek stem heerhartlik saam, waar is onse geagte min. BLADE (die kommunis) nou. Kruip in sy kantoor weg, want Stalin het nie voorgeskryf hoe om vandalisme te beheer nie.

anna ·

boelies is gewoonlik maar patete avril. geen selfesteem en gewoonlik die grootste papbroeke wanneer hul aangevat word. die urk weet nie waarheen om te vlug nie. was nog altyd n maaksel en sal so bly

John ·

Ek dink die tyd is verby vir kampus-studie. Die UNISA-sty/e-leer is goedkoper en onwrig nie die lewe van leerders in der mate nie. Hoekom grootmense (want hulle is dan al mense wat stemgeregtig is) ver van die huis af in ‘hotelle’ moet gaan bly om ‘n lektor te ‘sien’, is in die hendedaagse opset met kringtelevisie, rekenaars en video’s onnodig. Die studente-getalle groei jaarliks wat die oprig van geboue ‘n onbegonne taak maak. Die probleme kan grootliks opgelos word deur tegnologie in te span. So kan elkeen in sy verkose taal opleiding ontvang. Indiensopleiding is moontlik en diegene wat werk, kan van die kursusse na-ure volg. E-leer is orals reeds gunstig ontvang.

Rooijan ·

John dit is ń uitstekende idee as jy in die VSA of Europa woon. Dit gaan ongelukkig nog nie hier werk nie, nog vir ń geruime tyd nie, en dit is juis die arm studente wat nie toegang het tot tegnologie nie. Maar dit is ń oplossing wat ek dink Akademia moet ernstig oorweeg, sodoende kan hulle hul aantal kursusse vinnig vermeerder en ń groter aantal Afrikaanse studente landwyd bereik, dit is so dat meer afrikaanse studente toegang het tot die nodige tegnologie. Hierdie model word reeds met sukses by verskeie groter universiteite in die VSA en Europa gebruik.

André Badenhorst ·

Ek stem saam John. Die begroting van Akademia behoort toegespits te wees daarop om Afrikaanse tersiêre opleiding na die virtuele te neem. Die uitgediende residensiële model is eenvoudig nie skaalbaar nie.

juan ·

grense, taal & kultuur – as n volk dit nie kan uit leef nie gaan hulle nie kan voortbestaan as n identiteit nie!
Sodra jou getalle minder as 75% word gaan jy pak kry! Dit is die feite, dit is die realiteit! Ek daag enige iemand uit om met feite my verkeerd te bewys!

Poplap ·

In beide Burundi en Rwanda verteenwoordig die Tutsi’s wat in beide state aan bewind is, slegs 15% van die totale bevolking. Naburige Uganda se staatshoof is nie eers lid van die grootste etniese groep -Buganda – nie. Terloops Buganda verteenwoordig slegs 17% van Uganda se bevolking. Afrgesien van hierdie enkele voorbeelde is daar talle Afrikastate wat eweneens nie eers naby jou 75% storie kom nie.
Nigerië, Kongo, Angola, Mosambiek ens ens
Afgesien van België en Kanada is daar talle voorbeelde van state en hul bevolkings wat jou aannames verkeerd bewys.

juan ·

Liewe Poplap, jy praat snert! enige Kanadees wat sy Franse kultuur wil uitleef moet dit in Qubec doen, geen aanname dit is n feit!
Burundi & Rwanda is natuurlik die voorbeeld van harmonie, 1966 Een party Staat, “ethnic cleansing”, 2 burgerlike oorloe & volksmoord in die 1970’s & 1990’s en die gevolg is een van die armste lande in die wereld – hoekom het dit gebeur in Burundi & Rwanda want die Duitsers het geen respek gehad vir grense, taal & kultuur nie aan die ander kant het die Kanadese & Belge wel die insig gehad om grense, taal en kultuur te respekteer en toegelaat dat Franse, Vlaminge, Hollanders hulle identiteite kan uitleef in sekere geografiese gebiede waar grense, taal & kultuur bevorder en in stand gehou kan word.
Afrika is die enigste plek in die wereld waar n minderheid deur die loop van n geweer n verkiesing kan wen – is dit wat jy vir jou kinders wil he poplap?
Elke voorbeeld wat jy vir my gegee het kan ek uitmekaar trek, ek het nie die tyd daarvoor nie.
Geen volk kan homself handhaaf as hy nie die meerderheid is in n gegewe grens nie, hetsy kultuur, akedemie, sport, munsipaliteit of land nie. As die ander mense nie bereid is om met jou te assimileer nie is dit tickets met jou.

Veritas ·

Poplap ek dink jy verstaan Juan verkeerd. Ek stem nie met hom saam soverre dit die 75% betref nie. Ek glo ‘n meerderheid van 60% + is voldoende om jou taal en kultuur, binne bepaalde grense te laat voortbestaan. Hy is reg wat dit betref in ‘n vrye demokrasie. In die geval van Afrikaans word egter nie net die taal van die Afrikaner aangeval nie. Sy kultuur en tradisies is die eintlike teiken. Die agressie wat ander volksgroeope (Engelssprekendes ingesluit) teenoor die Afrikaner toon, is niks anders as afguns nie. Hulle is afgunstig omdat die Afrikaner uitstyg bo sy beperkinge en hom nie laat onderkry daardeur nie. Slegs in ‘n gebied waar die Afrikaner die grootste deel van die samestelling verteenwoordig, sal hy in vryheid toegelaat word om sonder onderdrukking voort te bestaan.

Johan 2 ·

Waar rasse (of eerder kultuurgroepe dalk) interaksie het is daar altyd konflik. Ek wonder net soms of daardie konflik nie maar deel van Afrikaner wees is nie? Van die vroegste tyd is ons in konflik met die om ons en hulle met ons (Zulu, Xhosa, Koi, Britte, BaSotho…). Dit lyk v my of ons baie goed is daarin om in gaos te oorleef en moet aanhou om dit so te bestuur. Grense sal lekker wees en is dalk nodig (ons het darem so 30 jaar se relatiewe vrede gehaat), eks net bevrees ons is deel van Afrika met al sy streke. As ons die stryd reg veg oorleef ons as ons dit goed veg floreer ons, maar aanhou veg moet ons maar, kinders en al.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.