Aktiewe gemeenskappe kán ons dorpe en stede red

Plaaslike regerings in Suid-Afrika verkeer tans in ‘n ernstige krisis. Belastingbetalers word landswyd gekonfronteer met swak dienslewering, korrupsie, wanbesteding, onveilige woonbuurte en ʼn natuurlike omgewing wat toenemend besoedel word.

Ons kan nou aan die begin van 2014 op een van twee maniere hierop reageer. Eerstens kan ons in moedeloosheid verval en onsself laat glo dat ons niks hieraan kan doen nie. Só ‘n reaksie sal beteken dat ons plaaslike regerings net verder sal verval en dat ons maar moet aanvaar dat die omgewings waarin ons bly in 2014 net verder agteruit sal gaan.Munisipaliteite1

Die tweede moontlikheid is dat ons besluit om nie die agteruitgang goedsmoeds te aanvaar nie en 2014 omskep in ‘n waterskeidingsjaar waarin aktiewe gemeenskappe ‘n positiewe rol gaan speel om ons dorpe en stede te help red. AfriForum het besluit om hierdie rigting in 2014 met nóg groter vasberadenheid in te slaan. Natuurlik is dit nie ‘n maklike pad om te loop nie, maar deur goeie beplanning en toewyding is dit moontlik. Die suksesse wat AfriForum se 120 takke landswyd die afgelope paar jaar in plaaslike gemeenskappe behaal het, bevestig dat aktiewe gemeenskappe nie net plaaslike regerings verantwoordbaar kan hou nie, maar ook self prakties dinge kan doen om hulle lewensomstandighede te verbeter.

Ná maande se beplanning, navorsing en loodsprojekte het AfriForum tydens sy Nasionale Takkongres in 2013 ʼn Gemeenskapplan en Handleiding vir Gemeenskappe bekend gestel. Die eerste is ʼn riglyn vir die ordelike inrigting van gemeenskapsorganisasies en die tweede is ʼn lewende dokument wat ʼn aantal praktiese “resepte” bevat oor hoe om spesifiek uitdagings in gemeenskappe aan te pak. Dit is onder meer ‘n poging om die apatie in gemeenskappe teen te werk deur gemeenskappe en gemeenskapsleiers te bemagtig en by te staan in die stryd teen swak dienslewering.

Georganiseerde gemeenskappe kry dit reeds toenemend reg om ʼn verskil in hul gemeenskappe te maak. Ek noem maar ʼn paar enkele voorbeelde:

Die gemeenskap van Dealesville in die Vrystaat het ernstige watervoorsieningsprobleme ondervind omdat die munisipaliteit versuim het om die tersaaklike infrastruktuur te onderhou. Die AfriForum-tak het ’n waterpomp gekoop en geïnstalleer, en Dealesville se waterprobleme is sedertdien iets van die verlede. Die kostes hiervan is van die Tokologo Munisipaliteit verhaal. Ook in Louis Trichardt is die gemeenskap vir maande sonder water gelaat, maar AfriForum het deur middel van bedinging, regsaksies en uiteindelik ‘n skikking, wat ‘n bevel van die hof gemaak is, die owerhede gedwing om hulle te verbind tot ‘n praktiese plan om volhoubare watervoorsiening te verseker.

Die Mogalakwena Stadsraad het ’n senior amptenaar van Potgietersrus in sy pos behou ondanks die feit dat hy skuldig bevind is aan 26 aanklagte wat verband hou met bedrog en wanbesteding. AfriForum het ingetree en die hooggeregshof genader vir die hersiening en tersydestelling van hierdie besluit. Die munisipaliteit het AfriForum gevolglik meegedeel dat hy nie die aansoek sal teenstaan nie en het die amptenaar van sy pos onthef.

Die gemeenskappe van Steynsburg en Burgersdorp in die Oos-Kaap was in oproer nadat hulle kennis gekry het dat hul elektrisiteit afgesny sou word omdat die Gariep Munisipaliteit nie hul Eskom-rekenings betaal het nie. Met ’n donker vooruitsig het AfriForum ʼn tak in Burgersdorp gestig. Daarna is die hooggeregshof in Grahamstad genader om ʼn dringende interdik te verkry om die afsny van elektrisiteit te stuit. Die munisipaliteit het egter op die drumpel van die hof tot ander insigte gekom en ’n skikkingsooreenkoms onderteken waarin die munisipaliteit beloof het om die rekenings te vereffen. Eskom het die ooreenkoms aanvaar en het sy personeel, wat reeds op pad was om die elektrisiteit af te sny, beveel om nie met die proses voort te gaan nie. Dieselfde roete is ook onlangs gevolg om te verseker dat inwoners van Lydenburg se elektrisiteit nie deur Eskom afgesny word nie.

In Piet Retief het die AfriForum-tak ʼn ooreenkoms gesluit met die Mkhondo Munisipaliteit om van die paaie in die omgewing te herstel. Ingevolge die ooreenkoms het AfriForum-lede die arbeid en brandstof voorsien, en Mkhondo die teer. Oor ʼn tydperk van twee weke is van die belangrikste paaie in Piet Retief herstel.

AfriForum se tak in Vryburg het gehelp om ʼn buurtwag, in samewerking met die SAPD en besighede in dié landboudorp, op die been te bring. Met die instelling van patrollies, ʼn radionetwerk en ʼn motorwagstelsel het misdaad binne maande met 47% afgeneem. As gevolg van die druk wat daar op die Naledi Munisipaliteit geplaas word, word straat- en verkeersligte vinniger herstel. Ander sake in Vryburg sluit ’n veldtog om die stortingsterrein te sluit en te rehabiliteer in én die daarstelling van ʼn nuwe stortingsterrein asook die herstel en opgradering van die rioolsuiweringswerke.

AfriForum se tak in Kuruman het ‘n skoonmaakprojek geloods om Kuruman reg te ruk, sodat die gemeenskap weer trots kan wees op hulle dorp. In Volksrust het AfriForum ingetree om boere by te staan met buitensporige heffings op grondbelasting. ʼn Skrywe is aan die munisipaliteit gerig met voorgestelde tariewe om die onderhandelings tot ʼn positiewe beslissing vir die boere te bring. In Brits het AfriForum ʼn bedrogverslag oor die Madibeng Munisipaliteit bekend gemaak nadat die munisipaliteit dit eers probeer toesmeer en toe gemanipuleer het om die skuldiges te beskerm. Beweerde bedrog van meer as R250 miljoen is ter sprake.Munisipaliteite2

Geen belastingbetaler hoef terug te sit en toe te laat dat ons aan onbeholpe owerhede uitgelewer word nie. AfriForum verkies om in vennootskap met owerhede te werk om beter en veiliger dorpe en stede te help teweegbring. Indien owerhede nie hul samewerking gee nie, dan neem ons nie net regstappe nie, maar organiseer ons gemeenskappe om self hul probleme op te los.

Dit het tyd geword dat ons almal in 2014 begin om ons strate, dorpe en stede te help red deur onbeholpe stadsrade verantwoordbaar te hou én self te doen wat ons kan om ons omgewings te verbeter. Jy word uitgenooi om deel te word van die groeiende groep mense wat betrokke wil raak om volhoubaar ‘n beter toekoms in 2014 en daarna te help verseker.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Kallie Kriel

Kallie Kriel is die Uitvoerende Hoof van AfriForum.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

johann everitt ·

Although I keep my home and pavement clean, I don’t see why I must clean up after others. I spoke to some people that were leaving a park bench full of papers and tins from their meal and asked them why they don’t use the dustbin RIGHT next to the bench. They told me “we’re creating wek”. I rest my case. Today there are full time cleaners in all the public toilets in the malls to clean up behind scumbags that bugger everything up after them and steal the toilet paper whenever they can. No – for the communities to take over the role of the municipality, would mean that the despicable FAT CATS can steal even more….!!!!

Wally Schultz ·

Great story … i am a proud member of AfriForum … and proud to be Chairman of the Louis Trichardt branch of AfriForum.
Sadly in all communications I read regarding AfriForum achievements I notice that the monumental achievements that we as one of the smaller active branches have to record … many landmark moments … never get featured or even acknowledged by ead Office.
I believe that the man hours we have put in to solving a 4 year old water crisis can not be matched by any branch in SA.
We consistently lead yr National analysis of media coverage … featuring in local papers EVERY week and we are heard consistently in interviews on local and national radio.
I believe this Louis Trichardt branch has simply set new standards for EFFECTIVE POSITIVE ENGAGEMENT with Local Government … and continue to do so.lease visit our VERY ACTIVE AND PASSIONATE FACEBOOK GROUP. WE DO NOT JUST ‘TALK THE TALK … WE ‘WALK THE WALK’!!!
… proud to be ”making a difference’!!!
http://www.facebook.com/groups/168667493267967/

Danie ·

Daar is nog veels te min mense wat aan Afriforum behoort.Sowat 70000,dis veels te min.As ons omgee vir ons dorpe en stede,en vir ons mense,vir ons land,dan moet ons in baie groter getalle aansluit.Ek het aangesluit en dit laat my goed voel,want ek weet ek ondersteun die mense by Afriforum, wat n werklike verskil maak.Eendrag maak mag.Dankie Afriforum,ek is met julle al die pad.Ek gee om vir my mense,dis hoekom ek my maandelikse bydrae betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.