Al weer die grondsteel-debat

Carl Niehause. Foto: Independent Newspapers

Deur TLU SA

Skielik het ʼn lang vergete veteraan van die ANC, en iemand wat die Afrikaner se bloeddruk al voorheen diep in die rooi gedruk het, weer op die politieke toneel verskyn.

Dit is Carl Niehaus.

In die beginjare van die nuwe bedeling het hy met sy keurige Afrikaans die taal van die vyand gepraat en Afrikaners veral behoorlik die harnas in gejaag.

Teen alle verwagting in het hy geen minister geword in die kabinet van Mandela nie. Dié het hom eerder in ballingskap gestuur as ambassadeur in Nederland.

Ná sy terugkoms het hy redelik stil geword en genadig van die politieke toneel verdwyn. Dit blyk toe dat Niehaus toe ook nie heeltemal so eerlik was nie, en hy het wel in ʼn stadium gebieg oor sy oneerlikheid.

Nou is hy terug, en nogal in die uniform van die ANC se Umkhonto we Sizwe, oftewel MK. Hy het skielik lid van die uitvoerende bestuur van die MK-veterane geword, en dit is vir hom genoeg rede om onmiddellik weer politieke uitsprake te maak, wat, soos in die verlede, veral Afrikaners die joos in maak.

Verstommend genoeg kry hy nog publisiteit ook. So het hy die naweek ʼn hele onderhoud gevoer, nogal met ʼn Afrikaanse koerant.

Aangesien daarvan dat hy absoluut soos ʼn afgeloopte Zuma-naprater en apologeet klink, kom hy ook met die uiters aanvegbare stelling dat die grond waarop die boere ook kos vir hom produseer, gesteelde grond is en daarom genasionaliseer moet word. Hy word verder woordeliks aangehaal dat hy sou gesê het: “Dit was in baie gevalle algehele diefstal en ek dink nie ons moet voortgaan met ’n beleid van betaal vir grond wat in werklikheid gesteel is van die meeste swart mense van die land nie.”

Dit is nie die eerste keer dat daar vanuit ANC-geledere gesê word dat die boere in wese diewe is wat op gesteelde grond boer nie.

TLU SA het in dié verband al ʼn brief aan pres. Jacob Zuma geskryf en hom gedaag om met die feite van sy stelling in dié verband vorendag te kom, of die gevolge van regsaksies te moet dra. Zuma het toe stil geword, maar ander ANC-lojaliste van hom gaan steeds voort daarmee.

Ook het TLU SA al ʼn beloning van R100 000 uitgereik vir enigeen wat kan bewys dat enige van sy lede, of enige ander boer, sy grond gesteel het. Niemand het nog na vore gekom om dit op te eis nie, maar mense soos Niehaus, wat skynbaar weer vry vir ʼn politieke posisie, gaan voort daarmee, in ʼn tyd dat boere aangeval, gemartel en vermoor word. Hoekom sal hulle dan nie? Boere is dan immers diewe wat geen genade van die samelewing hoef te verwag nie.

Sodanige uitsprake kan nog verwag word van ʼn Jacob Zuma of ʼn Julius Malema. As dit egter kom van ʼn Carl Niehaus, wat van beter behoort te weet, is dit soveel erger.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Cobus ·

So as al die grond gesteel is, gaan al die hereregte kostes wat die regering ontvang het oor die jare dan terugbetaal word?

Albaster ·

Die geldgierige element gaan nog lekker tronk toe na die volgende nasionale verkiesing, saam met sy korrupte maters.

Terloops ·

Dit is duidelik uit alle sfere van regering dat sosialisme gedryf word. Die vraag is waar laat dit die minderheidsgroepe en in besonder die Afrikaanse blanke? Die maanskyn en-rose-prentjie van ‘n liberale stemme kyk die realiteit rakende die onderdrukking van minderheidsregte totaal mis en ongelukkig val baie vir dit. Die wit Afrikaner raak al hoe minder in sy geboorteland en terwyl die aanval op sy kultuur ens. (psigologiese oorlog) suksesvol deurgevoer word, skilder die akademici pragtige prentjies en sê ons moet ons nonsens laat staan en integreer. Die sielkundige oorlog teen die wit Afrikaner is amper net so erg soos die moorde op ons boere. Ons word geestelik gemartel. Al wat ons nog kan red is om ons stem te verenig. Moenie dat eiegeregtigheid, klein verskille en ego die besonderse volk van ons ten gronde laat gaan nie. Dink aan ons kleinkinders en hulle kinders.

Cas ·

As daar nie ‘n skuldige gewete is nie. Hoef die Afrikaner nie te vrees vir beskuldigings van diefstal van grond nie. Ek sal ook graag wil sien dat die beskuldigers met konkrete gevalle na vore kom.

As ‘n mens aanhou met ‘n leuen gebeur dit gewoonlik dat hierdie ongegronde suggestie deur oningeligtes geglo kan word.

BAREND ·

hy skuld mos geld vir die a.n.c ek het gewonder wat het van die ding geword
net een word vir hom onthou reel nr 1

danie ·

Die ANC opereer soos die gangsters. Jy moet eers ‘n misdaad pleeg (en verkieslik tronkstraf uitdien) voor jy gereken kan word in die party.

Eish ·

Die boere sal hul maar moet staal vir die aanslag wat verseker gaan kom. Ek voel nou al so onwelkom in die helhool soos n Christen in Saudi Arabië. As Vrystater, gaan dit vreeslik interressant wees om te sien hoe die situasie hom hier gaan uitspeel. Hier is geen grondeise uitstaande nie. Moet maar nie te gerus wees oor die TLU se onlangse R100 000 belonging uitdaging nie. Daardie skrywe is so bewoord dat dit slegs boere wat TANS lid is of TANS n boer elders in die land is, omsluit. Met ander woorde slegs huidige boere. Dit is dus vanselfsprekend dat daar geen gemene spel sal wees nie, daarvoor is ons wetgewing, prosedures en kodifisering onomseilbaar. Die water word egter troebel wanneer ons die horlosie terugdraai na die 1830’s. Die troebel water is waar Mnr. Niehaus myns insiens in ronddryf saam met sy kaders. Persoonlik dink ek gesprekvoering is broodnodig oor die kwessie ten einde vir eens en altyd die feite op die tafel te kry. In die Vrystaat se geval is die geskiedenis pragtig gedokumenteer en dan is daar ook nog waardevolle manuskripte van sendelinge van die tyd soos Eugene Kasalis en Arbousset van die Paris Evangelical Mission. Die probleem in die Vrystaat is dat indien die plase afgeneem word, impliseer dit terselfdertyd dat dit aan Lesotho terug besorg moet word vanweè historiese grense. Voorwaar n yslike tameletjie. Sterkte aan ons boere wat knaend in die visier bly. Prof. Scholtz kan maar kom help ontsyfer.

Nico ·

Hy moet maar saam met die veterane kom ons is reg vir hulle daai tyd het hulle buiten dien weggegeharloop en in buurlande weggekruip en dit vir die kubane gelos

Gideon ·

Hy soek maar net weer ‘n plekkie by die trog. Al argument wat dit sal meebring. Verder is hy maar beperk in bemarkingswaarde. Lang vingers en gebrekkige vermoens beindruk nie potensiele werkgewers nie. Ook is hy nie te fluks nie.

alwyn burger ·

Carl Niehaus wat in die mooiste Afrikaans gelieg het oor sy Nederlandse “doktorsgraad”. Onbeskaamd, sonder om te blik of te bloos. ñ Politieke opportunis.
Die beskrywing van Shakespeare in Macbeth kom by my op ” the worst rank of manhood”
Ons moet hom summier verban uit die Afrikanerdom!

Cilla ·

Cobus, eintlike gaan die “regering” en die banke dan met mekaar moet afreken want meeste plase is dik in die skuld by die bank en het hulle mos ook ‘n aanspraak op die eiendom!

Afrikaanse Knaap ·

Die ANC leen biljoene by China.
Al wat Chinese soek, is grond.
Nie een Afrikaan anders as ‘n politikus sal 1 hektaar in sy naam sien nie.

Naam loos ·

Gee vir hom n plaas verniet .laat sy vrou En kinders die land geniet. Totdat sy maaitjies Se maaitjies kom rondvroetel op die plaas

Hoofregter ·

Slapgat….is die woord wat by gedagte aan hierdie vent opkom.

Janneman ·

Carl is ‘n gewonde mens. Iewers in sy verlede lê die pyn baie diep. ‘n Mens kan in sy manier van praat agterkom dat daar geen sprake is dat hy regtig glo wat hy sê nie. Dit kom uit ‘n diep en seer plek in hom. Dis amper soos wanneer jy jou sussie terg tot sy woedend is. Jy weet jy bedoel niks wat jy sê nie maar jy hou steeds aan. Carl weet hy kan nooit sê waar die pyn in sy verlede regtig lê nie, nou hou hy maar aan op die enigste wyse wat hy ken om sy pyn aan te spreek: maak Afrikaner-mense woedend deur hulle as kriminele uit te kryt. Baie van ons politici se emosionele intelligensievlak weerhou hulle daarvan om te besef hulle leef en praat leuens.

edward ·

Carl.Carl.Carl….. die skelm van die nag. Hoe kan so n mens verval in die beleid van valshede.Ons skaam ons vir oom Carl. Skuil agter die onheil se mag. Blaf baie hard deesdae.Miskien soek oom Carl net liefde . Maar oom Carl moet pasop want as hy aanhou blaf gaan iemand hom dalk byt.
Hoe kan een mens so behep wees met die haat van n rassegroep as hy voor gestaan en dans het met sy maatjie mandela en die reenboog nasie onhels het. Wanneer gaan die anc sien dat hulle beleid n afrika raamwerk het en dit duidelik nog nie eenkeer gewerk het in afrika nie. Mags behep en die volhoue onnosel raamwerk waar “ineptocracy”(google dit) net die ondergaan gaan wees. en as die volk ui die land vaar en hulle kinders ook , dan moe die kinders van Mugabe,zuma en kie mooi na hul mense kyk.

Domvraag ·

Waar lê mens se skaamte. Is dit onder die vel, renostervel? Een wat nie skaamte het kan nie vertrou word nie? Naby vriende het dit uitgevind toe hulle geld moes gee of was dit leen?
Wens die media wil hom geen dekking gee want wat hy sê kan hy nie staaf?

John ·

Waarom wil mense die woord van vroee uitlandse sendelinge gebruik om die grondkwessies uit te klaar? Van die Franse sendelinge bou bv yslike boerdery op nadat boere van hul plase verjaag is en vreemde werkers gelok word om die grond te bewerk onder die dekmantel van sendingwerk. Eerwaarde Rolland het bv ‘n sekere boer, Botes, wat reeds etlike jare naby die Caledon boer, se huis beset toe die boer gedwing word om na die Kaap reis. Botes teken protes aan maar word vermoor. Die Franse sendelinge voer aan dat Mosjesj, ‘n uitgeweke skelm Zoeloe, baas oor die gebied is en verskaf perde en gewere aan meelopers om boere van hul grond te verdryf. Die veelbesproke Britse sendeling dr Philip, speel saam. Goewerneur Grey ondersoek die saak en bevind dit is Boeregrond. Lees wat Prinsloo skryf oor die tydperk rondom pres Brand se tydvak. Brand, ‘n meesterbouer, het selfs ‘n huis vir Mosjesj gebou, maar verhoudinge versuur toe Franse prospekterende ‘eerwaardes’ diamante in die nou Lesotho vind. Afrikaners is besig om hulself deur die kop te skiet deur ons vyande se woord as waar te vaar. ‘Slim’ raadgewers gaan weer betrokke raak en ons boere van hul grond af ‘beraad’… en dan is daar die ewige ‘witdoek’-(terug)kruipers…

Eish ·

Ek wil dit gebruik aangesien daar n metodiese opteken van die geskiedenis van die Vrystaat vasgevang is in hul werk. Ek wil dit gebruik aangesien daar bewysbare feite in vasgevang is. Ek wil dit gebruik aangesien dit in keurige taal, logies uiteengesit is, is met Christelike waardestelsel as basis. Ek wil dit gebruik want dit is ooglopend n geskikter verwysingsbron, aangevul deur nagevorste geskiedenis, sonder vooroordeel. Ek wil dit gebruik want Cassalis en Arbousset was manne van formaat. Ek wil dit gebruik want die geskiedenis vra dat alkante van die saak gehoor word. Ek wil dit gebruik want dit is beskikbaar vir diegene wat bereid is om navorsing te doen.Ek wil dit gebruik om n eie mening te vorm en nie omdat n prof of politikus so sê nie. Ek wil dit gebruik, want ek wil die waarheid weet.

Veritas ·

Eish ek stem saam. Jy het duidelik navorsing hieroor gedoen en jou sê, gesê. Mooi so!

Hans ·

Kan nie sien dat iemand sy eie nasie so kan haat nie,die duiwel regeer suid afrika.

Vermeende ·

Dit is n feit soos die hemel blou is, hulle gaan grond sonder vergoeding vat soos in Zim.
Maar die groot vraag is, wat doen die TLU en ander organusasies om die blankes en boere te bemagtig in so n onteiening.
Dit kom voor of die wil totaal ontbreek om ons volk op hoogte te hou, indien die regering daarin slaag om grond sonder vergoeding te vat dan sal hiperinflasie volg en dit sal almal raag, al jou spaargeld, besigheid en werk is daarmee heen, jy sal vandag n miljoener wees en more sal jy net genoeg geld in die bank he om n halwe brood te koop, en dit is feite!

Saamstaan ·

Uit al die kommentaar kan ek net een opmerking byvoeg.
Soos Cas sê – Vertel ‘n leuen lank genoeg en die oningeligtes begin dit glo. Sien dit orals – almeer swartmense (en selfs witmense) vertel dat boere grond “gesteel” het. Miskien moet die boere met ‘n ander leuen begin wat ook oral verkondig word. Is daar dan geen wet wat sulke uitsprake kan vasvat nie. Rassediskriminasie of geld daardie “kaart” sleg vir swartmense? Carl Niehaus – daar is baie Carl Niehause in ons samelewing. As ‘n persoon eenkeer ‘n verraaier is bly hy/sy ‘n verraaier. Carl het sy Afrikanerdom jare terug verraai. Miskien is dit die “pyn” waarvan Janneman hierbo praat. Feit is, hy het hierdie posisie vir homself geskep en nou moet hy maar die gevolge dra. Ja ek stem saam – ons kan beslis sonder sy “soort” klaarkom.

John ·

Eish! Om sowaar te glo alle geestelikes is eerbare Christene, veral diegene wat letterlik honderde briewe na buitelandse koerante geskryf het in hoogdrawende Engels maar onderteken is met ‘n X, glo deur Mosjesj homself, waarin die Boere swartgesmeer is… En uiteindelik sal Afrikaner self hierdie nonsens glo en hul eie mense uit hul eiendom werk…

Eish ·

Jy is korrek deur te sê dat nie alle geestelikes eerbare Christene is nie; net soos nie alle bestuurders goeie bestuurders is nie en net soos alle prokureurs nie goeie prokureurs is nie. Mosheshwe het sendelinge gesoek om in sy gebied te kom woon. Adam Krotz, n Griekwa het die klompie Franse daarheen geneem. Daar is n sendingstasie by Moria gestig. Onthou dat die Basotho’s se taal op die stadium nog nie gekodifiseer was nie, daarom het Cassalis namens Mosheshwe briewe geskryf, ja. Gewoonlik in of die eerste persoon of in die derde persoon. Die briewe is juis geskryf aangesien daar nie gehou was by ooreenkomste nie en grense voordurend verskuif was. As jy die Basotho ken, sal jy weet grond word nooit verkoop nie, jy kry slegs verblyfreg. Dit is hoekom daar soveel oorloë teen die Basotho was, maar nie eens die magtige Brittanje kon hul oorwin nie. Mosheshwe was n briljante strateeg en die bordjies is verhang aangesien hy oor soortgelyke tegnologie as die aggressors beskik het. Lou Wepener, wat een van die offensiewe gelei het, is bo-op Thaba Boshiu gedood. Hoekom dink jy is dit die enigste kol in die land wat n onafhanklike land is. Ek probeer slegs die ware motiewe agter alles bepaal. Soos Mosheshwe vir een van die goewerneurs gesê het toe hy aangespreek is oor veediefstal. ” As jy n ander man se kombers steel, moenie kla oor die vlooie daarop nie” Sela my storie is nou uit.

Eish ·

Ja, dit is baie, baie waar, nie alle geestelikes is eerbare mense nie, nie alle prokureurs is eerbaar nie, nie alle politici is eerbaar nie. Dit is ook waar dat Eugene Casalis meeste van Mosheshwe se briewe namens hom geskryf het. Wat anders moes hul doen? Die taal was nog nie gekodifiseer nie, dit is oor baie jare deur die einste sendelinge gedoen. Die briewe is geskryf oor twee redes, eerstens die voortdurende verskuiwing van vasgestelde grense en tweedens oor gewapende offensiewe. Dis met ander woorde, politiek. Soos tans tussen Amerika en Noord Korea.

Eish ·

Tweede kommentaar verkort. Gedink ek het nie nie tongtippietoets geslaag nie.

Boetman ·

Haal asb die man se gesig van die blad af. Hy is ñ verleentheid vir ñ blanke

Chris Ws ·

Boetman ,ek stem saam met wat jy se .Hy IS ‘n verleentheid – ‘n GROOT een daarby!

Frans C ·

Yep ‘n ou spindoktor word afgestof en siedaar daar het die ANC ‘n ‘nuwe spindoktor’ en sommer ‘n blanke op die koop toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.