Apologie vir apartheid – ja of nee?

Dié artikel word geskryf na aanleiding van die nuus dat ’n groep prominente Afrikaners hul berou uitgespreek het oor die pyn wat apartheid aan hul gekleurde landgenote gedoen het. Die groep het “onvoorwaardelik apologie” aangeteken.

Die verklaring volg op die herrie oor pres. FW de Klerk se aanvanklike ontkenning dat apartheid ’n misdaad teen menslikheid was en sy ommeswaai daarna. (Terloops, die bedoeling van die Engelse begrip “crime against humanity” word nie akkuraat deur die vertaling “misdaad teen die mensdom” weergegee nie. Ook in Nederlands en Duits word “misdaad teen menslikheid” algemeen gebruik.)

’n Mens sou die kwessie van apartheid, onreg en apologie uit verskeie hoeke kon bekyk. ’n Eensydige benadering, ongeag vanuit welke hoek dit kom, laat nie reg geskied aan die ingewikkeldheid van die kwessie nie.

Ten eerste sou ’n mens dit moreel kon bekyk.

As aanvaar word dat mense se regte nie op irrelevante gronde – velkleur, etnisiteit, geslag, seksuele geaardheid, ensovoorts – beperk mag word nie, was apartheid verkeerd. Volgens die beleid is swart en bruin mense dekades lank in die praktyk as minderwaardig behandel.

Aansluitende hierby, indien jy waarde heg aan wat die Bybel sê oor hoe mense mekaar moet behandel, kan die apartheidspraktyk van 1948-1990 op geen enkele manier geregverdig word nie. Lees maar byvoorbeeld die Bergrede of Paulus se vermanings oor naasteliefde, iets waarvan sy briewe deurspek is.

Die apartheidspraktyk druis ook in teen die liberale demokrasie soos dit in die laat 18de en 19de eeu in die Weste ontwikkel het, waarvolgens alle mense gelyke regte het. Dit was ’n regstreekse gevolg van die Verligting, wat algemeen as ’n groot morele deurbraak in die wêreldgeskiedenis beskou word.

As ’n mens dit alles in ag neem, moet juis Afrikaners begrip hê vir die woedende manier waarop swart en bruin mense gereageer het op die ontkenning dat apartheid ’n misdaad teen menslikheid was.

Baie Afrikaners het die Engelse nog dekades lank vir hul imperialisme, die verwoesting van die Boererepublieke en die konsentrasiekampe geblameer. Selfs vandag nog gloei die kole van verontwaardiging by sommige.

Kan ons die swart en bruin mense verkwalik as dieselfde by hulle gebeur?

Maar ons kan dit nie laat by ’n blote morele veroordeling of skuldbekentenis nie. Ek is nie bloot ’n Afrikaner of ’n Christen nie; ek is ook akademiese historikus wat wil nagaan hoekom apartheid toegepas is en waarom dit misluk het.

As historikus is dit immers nie my taak om op ’n morele regbank te gaan sit nie.

Apartheid het verskeie bronne. Die basiese een was, om ’n uitspraak van Hermann Giliomee aan te haal, “ ’n radikale oorlewingstrategie”.

Die belangrikste les wat Afrikaners uit die Anglo-Boereoorlog geleer het, was: Nooit weer mag ons in ’n situasie geplaas word waar ons oorlewing as volk in die gedrang is nie. Toe die Nasionale Party – die Afrikaners se ekwivalent van die swart mense se ANC as hul eie bevrydingsbeweging – dus in 1948 aan die bewind kom, is dadelik met die transformasie van die samelewing volgens die apartheidsmodel begin.

Daardie praktiese model het reeds bestaan in die vorm van die Britse koloniale stelsel. In alle kolonies waar hulle setlaarsbevolkings geplant het, het die Britte min of meer dieselfde beleid gevolg – die inheemse bevolking is in reservate saamgepers en daarbuite slegs vir hul laaggeskoolde arbeid geduld.

Die verslag wat ’n kommissie van ondersoek na die rassevraagstuk op versoek van lord Milner in 1905 onder voorsitterskap van sir Godfrey Lagden gepubliseer het, lees in talle opsigte soos ’n bloudruk van apartheid ná 1948.

Die verskil is dat apartheid geregverdig is op grond van die Bybel en van ’n geradikaliseerde Afrikanernasionalisme wat deur die romantiese Duitse nasionalisme beïnvloed is. Dié nasionalisme het op soek gegaan na ’n praktiese beleidsmodel – en dit in die Britse koloniale stelsel gevind, iets wat reeds volstoom aan die gang was.

Dis waar, onder die vaders van die apartheidsideologie was daar enkele idealistiese denkers wat dit gesien het as ’n versoening tussen oorlewing en geregtigheid. Hulle het gemeen apartheid – geografiese partisie – sou die Afrikaners se oorlewing verseker en terselfdertyd vryheid aan die swart mense gee.

Met die voordeel van agternakennis weet ons nou dat dit ’n hersenskim was, eenvoudig omdat die wit mense nooit bereid was om afstand te doen van die voordele van goedkoop swart arbeid nie. Geografiese partisie kon net slaag as die wit mense ’n meerderheidsbesetting in die “wit” gebiede buite die tuislande kon bewerkstellig.

Die nywerheidsomwenteling in Suid-Afrika sedert einde 19de eeu het gepaard gegaan met die geografiese vermenging van die rasse en die intrek van die swart mense in die ekonomie. Toe die NP in 1948 aan die bewind kom, was dit reeds te laat om die roereier te “ontroer”.

Te lank het die destydse regering en sy ondersteuners vasgeklou aan die illusie dat ’n beleid wat in teorie vir vryheid en geregtigheid vir almal voorsiening gemaak het, kon slaag. Die apartheidskip het hom egter onverbiddelik in die stormsee van swart verset teen die tweelingrotse van demografie en ekonomie te pletter geloop.

Die besluit van pres. De Klerk om apartheid af te skaf, was – as ’n mens die geskiedenis objektief bekyk – onvermydelik. (Of die onderhandelings realisties genoeg gevoer is, is weer ’n ander vraag wat egter nie hier aan die orde is nie.)

Maar goed, die geskiedenis lê in die verlede en ons het te make met nóú. Net soos ’n eeu gelede staan die Afrikaners weer uitgelewer aan ’n regering wat hulle onverskillig en dikwels aktief vyandig beskou.

’n Aparte volkstaat klink na ’n blink gedagte, maar die kans dat dit teen die agtergrond van die ANC se veto en ekonomiese werklikhede tot stand kan kom, is na aan nul.

Anders as in 1948, lê ’n antwoord nie voor die hand nie; duidelikheid oor ons oorlewing sal waarskynlik maar deur soek en tas, deur staan en opval moet kom. Intussen lyk Flip Buys se idee dat Afrikaners in groeipunte bymekaar moet gaan woon, na ’n moontlikheid.

Immers, so lank as wat ons mense dun verspreid oor die hele land woon, kan die regering ons minagtend ignoreer. As ons in bepaalde groter dorpe en stede konsentreer, word dit moeiliker om ons te ignoreer.

Intussen is daar niks mee verkeerd om ekskuus vir onreg te vra nie. ’n Mens sou wel kon redeneer dat die ANC ook maar vir sý verlede ekskuus moet vra, maar sy onreg kanselleer nie ons s’n uit nie.

Dalk lê die morele antwoord daarin dat ons álmal maar beskeie oor ons verlede moet wees.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Leopold Scholtz

Leopold Scholtz is 'n onafhanklike politieke kommentator en historikus. Hy is al sedert 1972 as joernalis en historikus werksaam.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Luister ·

Die vraag is: Gaan dit help? Gaan hulle ons vergewe? Gaan hulle om verskoning vra dat hulle nou huidiglik besig is om ons toekoms op te foeter?

Kiewiet ·

Luister,…. daar le die vraag wat gevra moet word. Die huidige stelsel van regeerbaarheid, trap in presies dielfde gat as wat die NP bedeling getrap het. Gaan hulle ooit die onreg wat huidiglik teen die minderhede gepleeg word erken. Ek dink nie hulle het die integriteti om dit te doen nie. Inteendeel hulle sal met alle mag die waarheid teenstaan soos ”The honarable”
Manthashe tans besig is om te doen. Hy het waarskynlik by die groot bedrier Geleer.

Amanda ·

Wie gaan dan apologie aanteken vir swartbemagtiging????????????????Dis nog erger as apartheid mense wat die besighede vernietig word weens kleur in hogere poste aangestel en hulle kan nie die werk doen nie weens onvoldoende kennis en geen opleiding om so n pos te vul nie…… Besighede gaan a g v daarvan totniet en duisende werkloos gelaat. Hoe skei jy hierdie twee by name apartheid en swartbemagtiging? Watter kategorie is die vrotste??????

Anoniem ·

Gaan hulle omverskoning vra dat hulle ‘n eens veilige, gesonde en goed funksionerende land opgevoeter het. Dit wat vandag in Suid-Afrika gebeur is ‘n 1000 maal erger as wat apartheid ooit kon wees.

marius ·

Laat die britte eers apologie aanteken EN vergoeding betaal vir hul oorlogs misdade teen Afrikaners , “whites only” borde die wereld vol en hul “segregration” beleid . Vra dan weer die vraag .

Rooikoos ·

Daarom gaan die swart oormag net se…”dus verdien julle wittes wat nou met julle gebeur…”

Andre ·

Soos daai moedertjie gesê het: “Ek is nie jammer oor enigiets wat ek gedoen het nie, en as ek dit weer moet doen dan sal ek”. Ek sal egter nie so laag daal nie.

Remondo ·

Ek is jammer maar soos ek dit sien het ons om verskoning gevra…. hulle die mag gegee om ons te wys hulle is beter – ook nie gewerk nie . as ek een maal gese het eks jammer dan is ek mos . om aanhoudend vir dieselfde ding moet jammer se werk mos nie.

Gato ·

Dankie vir die duidelikmaking van die term misdaad teen die mensdom. Dit het nog nooit sin gemaak nie want dit klink so asof net swart mense beskou word as deel van die mensdom. Misdaad teen menslikheid maak baie meer sin.
Hoe mens voel oor apartheid en BBBEE hang alles af vanuit watter hoek jy daarna kyk. As jy wit is dan klink apartheid nie so erg nie want dit het nie witmense benadeel nie. As jy swart is klink BBBEE nie so erg nie want dit bevoordeel swartmense en is dit veronderstel om die ongeregtigheid van die verlede reg te stel.
As dit opgeweeg word teen Bybelse beginsels van liefde vir jou naaste en die beginsel dat alle mense dieselfde regte het dan is apartheid en BBBEE en (on)gelyke indiensneming ewe verkeerd want dit ontneem mense hulle regte op grond van velkleur en ras.
Die werklike probleem is dat demokrasie soos dit huidiglik toegepas word ‘n mislukking is want dit kan nooit die minderhede se belange beskerm nie. Die meerderheid sal altyd die oorhand hê.

jinny jualinda ·

Die Afrikaners gaan om verskoning vra totdat hulle blou is, niks gaan help nie. Mense van my ouers se generasie het meestal arm grootgeword, hulle moes die tiekies omdraai, en baie hard werk. Daar was nie al die luukses wat vollop vandag is nie. Selfs toe my generasie die arbeidsmark betree het in die tagtiger jare, was jy ook nie verseker van n goeie werk nie. En jy het jou cv orals ingegooi by Sanlam, S.A.P, Poskantoor, Spoorwee, Staat, Verpleegkunde, Lewis stores ens, en gehoop vir die beste. Ook was dit nie beskore vir almal om verder te studeer nie, maak nie saak hoe goed jou raport was nie. Jy moes of na werk deur die pos leer, of waiter. Maar ons het nie geboue geplunder, afgebrand en gemors nie.
Almal was nie engeltjies nie, maar ek is seker die morele toestand was baie beter as vandag. Kinders het nog soort van respek gehad vir ouer mense. My pa het baie hard gewerk sodat ons n dak oor ons kop en kos op die tafel kon he. Luukses was daar nie, vollop liefde wel.

Phillip ·

Baie goeie skrywe Leopold Scholtz, jy slaan die spyker op die kop!!!

koos10 ·

Geen verskoning sal ooit aanvaar word solank ons in hierdie land dink aan hulle en ons nie. Wanneer is daar genoeg jammer gesê? Ek waarborg vandag sat as die regering aankondig dat ALLE wit mense teen 2020-06-30 moet jammer sê , dan sal alle ras klasifikasie
Ons moet jammer sê en aan hou gee, en dan is daar die EFF wat glo alles moet van alle wit mense af gevat word. Jammer genoeg is die ons einste regering wat so met kleur behep is dat bykans alle apartheidwette weer laat herleef het as BBBEE, regstellende aksie ens.

Chrisp ·

As die voorstel vandag aan die Afrikaner gestel word om apartheid net so op hom toe te pas dws eie onafhanklike land ,miljoene rande as befondsing om onafhanklik te raak deur die RSA regering, diskriminerende wette (selfs die patetiese wette van Whites /Blacks only,ens) wonder ek geensins wat die antwoord sal wees nie. My mening is dat dit ja sal wees en indien so is apartheid vir ons vandag beter as wat ons tans beleef en sou my afleiding reg wees is daar geen vergelyking tussen apartheid en die reenboog droom van die “nuwe” RSA nie.

Niemand hoef dan jammer te se nie.
Ons sal dankie se

Fluisterwind ·

Britse konsentrasiekampe was kampe wat in die Tweede Anglo-Boereoorlog van 1900-1902 deur die Britte in Suid-Afrika bedryf was. Tussen Junie 1901 en Mei 1902, van die 115000 mense in die kampe, is byna 28000 dood, ongeveer 22000 van hulle kinders. Die dodetal verteenwoordig ongeveer 10 persent van die Boerevolk. Sowat 20 000 swart mense is ook in ander kampe dood.
Amerikaners gee die Indiane deesdae die erkenning wat hul voorsate nie beskore was nie deur hulle nie meer so dikwels Indiane of Rooihuide te noem nie, maar eerder “first Americans” of “native Americans”.
Diskriminasie is ‘n subtiele swaard wat Australiërs nie net teen die inheemse mense gebruik nie. Baie ervaar diskriminasie weens hul velkleur of erfenis.
Nou waar begin “Apologie vir apartheid”? Los die verlede in die verlede, kan ons almal net asb., aan beweeg!

Johan Venter ·

‘n Mens moet goed luister as Cyril Ramaphosa praat en hoe hy woorde inspan, grondgrype. Hy het dit mos in dié tyd benadruk dat apartheid ‘n misdaad teen die mensdom is en toé daarna vir almal vertel dat diegene wat dit ontken, pleeg verraad.

Dit was nie verniet nie en toe gebruik hy dit om hul siening en propaganda betreffende die NGV verder in te dryf. Hy sê die NGV sal die ongeregtighede, wat tydens kolonialisme en apartheid gepleeg is toe slegs ʼn klein minderheid toegang gehad het tot behoorlike mediese sorg, regstel.

Hierdie sal hy vorentoe met al meer drif verkondig.

Hy gebruik dus apartheid en kolonialisme om hul plundering van die ekonomie voor te sit, om grondgrype en die voltrekking van die NGV te regverdig, dis nou na SEB en regstellende aksie. (Terloops eks’ nou 15 jaar werkloos.)

Sal-hulle daar ophou? Nee net as daar niks meer oor is nie, die staat se gesondheidsorg is in ‘n krisis, daarom is die oë op NGV, maar daars geld vir SAL en Prasa én die ander entiteite.

andre ·

Apartheid en BEE word telkens vergelyk.Baie witmense het nie n problem met apartheid nie ,want die land was goed bestuur en alle rasse het uit n werkende infrastruktuur voordeel getrek. Bruin en swartmense het weer nie n problem met BEE en ander diskriminasie teen blankes wat die regering daarstel nie.Die meerderheid van die bevolking ,meestal bruin en swart, kry egter nog swaarder as voorheen .

Johan Venter ·

Om aan te sluit by my vorige kommentaar en die artikel hier bo, ek ervaar ook die afgelope 15 jaar of so baie pyn, stress, hulpeloosheid, want ek is ‘n mens wat in diens van mense wil wees en positief mense kon aktiveer, dit het in die vergetelheid verdwyn van die gedurige skop teen die prikkels en dan verval ek nou en dan vir ‘n paar dae in depressie.

Ek dink nie mense wat my hier lees het my enigsins al so ervaar nie, want dis nie wat mense in kommentare wil lees nie, nie van my probleme nie! As ek so voel gaan sit ek eerder in ‘n hoekie en bly ek uit almal se pad.

Die ergste van als is, die tonnel waar daar aan die einde geen lig te bespeur is nie, strek tot in die ewigheid … en my toi-toi maak nie ‘n vaal kol nie.

Johan Venter ·

Nou weet ek nie of ons ook ‘n regsopinie beskore is vir hierdie hoogs tegniese saak nie, kyk wat mos nou absoluut moreel verkeerd is, is mos nou so en kan geen mens dit goedpraat nie. Ek neem aan die mense wat almal destyds gestem het dat apartheid ‘n misdaad teen die mensdom was, was gekwalifiseerd in die regte, of het hulle net op morele gevoel gestem sonder om die regstegniese in ag te neem wat ek weer aanneem hulle verstaan het?

Het hulle verstaan dat hulle apartheid in dieselfde kategorie as die Joodse Volkslagting plaas? Terloops die Volkslagting teen die Tutsi in 1994 in Rwanda val in dieselfde kategorie as daardie van die Jode.

Johan Venter ·

Die ‘Volkslagting’ teen die swart mense in Suid-Afrika?

Johan Venter ·

Hier volg interessante inligting:

Crime Against Humanity:

Encyclopedia Britannica

International Criminal Law

Crime against humanity, an offense in international criminal law, adopted in the Charter of the International Military Tribunal (Nürnberg Charter), which tried surviving Nazi leaders in 1945, and was, in 1998, incorporated into the Rome Statute of the International Criminal Court (ICC).

Vervolg …

Johan Venter ·

Vervolg van vorige kommentaar:

United Nations Office on Genocide

Crime Against Humanity

Background:
It is not clear in which context the term “crimes against humanity” was first developed. Some scholars[1] point to the use of this term (or very similar terms) as early as late eighteenth and early nineteenth century, particularly in the context of slavery and the slave trade, and to describe atrocities associated with European colonialism in Africa and elsewhere such as, for example, the atrocities committed by Leopold II of Belgium in the Congo Free State. Other scholars[2] point to the declaration issued in 1915 by the Allied governments (France, Great Britain and Russia) condemning the mass killing of Armenians in the Ottoman Empire, to be the origin of the use of the term as the label for a category of international crimes.

Vervolg …

Johan Venter ·

Vervolg van vorige kommentaar:

The 1998 Rome Statute establishing the International Criminal Court (Rome Statute) is the document that reflects the latest consensus among the international community on this matter. It is also the treaty that offers the most extensive list of specific acts that may constitute the crime.

Definition

Rome Statute of the International Criminal Court

Article 7

Crimes Against Humanity

For the purpose of this Statute, ‘crime against humanity’ means any of the following acts when committed as part of a widespread or systematic attack directed against any civilian population, with knowledge of the attack:

Vervolg …

Johan Venter ·

Vervolg van vorige kommentaar:

a. Murder;
b. Extermination;
c. Enslavement;
d. Deportation or forcible transfer of population;
e. Imprisonment or other severe deprivation of physical liberty in violation of fundamental rules of international law;
f. Torture;
g. Rape, sexual slavery, enforced prostitution, forced pregnancy, enforced sterilization, or any other form of sexual violence of comparable gravity;
h. Persecution against any identifiable group or collectivity on political, racial, national, ethnic, cultural, religious, gender as defined in paragraph 3, or other grounds that are universally recognized as impermissible under international law, in connection with any act referred to in this paragraph or any crime within the jurisdiction of the Court;
i. Enforced disappearance of persons;
j. The crime of apartheid;
k. Other inhumane acts of a similar character intentionally causing great suffering, or serious injury to body or to mental or physical health.

Johan Venter ·

Interessant, per die VN se lys van dade wat hulle hier bo, soos in my vorige kommentaar uitgelig wat as Misdaad Teen Die Mensdom verklaar is, kan mens sien, buiten in apartheid se geval, word al die ander spesifiek omskryf, of by die naam genoeg, apartheid is ‘n baie wye begrip en kan dus enige handeling of daad insluit wat na apartheid herlei of daaraan toeskryf kan word. Die VN verwys ook hier bo na ‘specific acts’.

Jaco ·

straf wit mense vir apartheid met apartheid. verander ook SA se grondwet sodanig:

-‘n tuisland vir wit mense in die wes-kaap
-onteiening sonder vergoeding van wit mense in ander 8 provinsies
-die wat steeds in daardie 8 provinsies wil bly, mag net sekere soorte werk doen en bevordering bestaan amper glad nie. plakkerskampe is voldoende behuising.
-rassisme is net rasssime wanneer wit mense lelik is met swart mense. strawwe vir sulke rassisme word duidelik in die grondwet omskryf.
-in die wes-kaap kan wit mense n wit tuisland hê. daar is ook beperkte selfregering
-buitelandse belegging word daar toegelaat. dit verbeter kanse op werk
-belastings is hoër daar as in die res van SA. So kry die res van SA ook n “sny van die koek” vanuit n florende wes-kaap. dit kan iets word soos Hong Kong en Macao in China

eks nie dronk of bedwelm nie. bedink my plan mooi. dit kan werk. dan is ons formeel gestrafde 2deklas burgers en wit en swart is finaal “uit mekaar se hare uit”

Anoniem ·

My gevoel is dat baie mense die betekenis van Apartheid verkeerd verstaan. Die woord Apartheid verduidelik homself, naamlik om apart of afsonderlik te wees. In beginsel sien ek absoluut niks verkeerd daarmee nie, mits almal dan dieselfde behandel word en dit is vir my die kruks van die saak. Die toepassing van Apartheid het nie konsekwent verloop nie, almal is nie dieselfde behandel nie en dit noem ‘n mens Diskriminasie.

Ons kan wel Diskriminasie veroordeel en sê dit was en is verkeerd.

antieke antie ·

geen verskoning sal genoeg wees nie…. en dit sal ook nie verander dat hulle voel hulle word iets ‘ge ou’ nie …. dat mense verwyder was vir groepe as hulle eie huise gehad het was verkeerd… maar daar was nog altyd onderskeid tussen arm en ryk area’s … maar sekere areas was dumps en ander was waar arm mense self opgraderings gedoen het…. ek kon nooit n eie plekkie bekostig nie…. ek het armblank groot geword… apartheid het my nooit bevoordeel nie…blankes het nooit HOP huise gekry nie …vandag word kleintjies maak n inkomste….huise is verniet vir sekeres…gratis sonkrag…. al is ek armblank en disable en pensionaris betaal ons nog vir ons leef en verbly koste… niks verniet nie….o en die pesionoen is baie min in vergelyking met ons belasting oor baie jare

J ·

Europeërs het landsgense vir Afrika op ‘n kaart getrek in 1885 . Die grense het vele van die geografiese gebiede van etniese volke deurgesny met die effek dat dieselfde volk bv in verskillende lande opgeëindig het. Só het die Tswana mense opgeeindig aan beide kante van die grens tussen Botswana en Suid Afrika. Die Tswanas wat aan die SA kant van die grens gewoon het is deur die SA Tuisland beleid gevestig in Bophutatswana. Sodoende is die ‘geskeide’ Tswana volk gekonsolideer in die tradisionele gebied waar hulle voor 1885 gewoon het. Dieselfde konsolidasie van Swart ‘nasies’ wat hulle binne SA grense bevind het , het gevolg. Sothos na Qua Qua, Bapedi na Lebowa, Bavenda na Venda, Zoeloes na Zoeloeland ensovoorts. Met die oog op die toekoms van Suid Afrika (wat geen land of nasie is nie – slegs ‘n STREEK) het ons nog nie die einde gesien van die ou Tuislande nie. Veral met die herverdeling van grond! Hou dop!

James ·

Het die Italianers (Romeine), al op hul kniee gaan wroeg voor die Franse (Galliers), Engelse (Saksers), Duitsers (Gote en Visi-Gote) vir die Misdaad teen die Mensdom wat HULLE voorvaders teen genoemde onderdruktes gepleeg het? Insluitetend natuurlik die misdade van die bou van Parys (Lutetia), en London (Londondinium) ?

Skryf bietjie vir ons oor daardie slegte, imperialistiese Italianers…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.