Arbeidsverhoudinge: Lesse geleer uit 20 jaar van demokrasie

Oudpresidente Nelson Mandela en FW de Klerk tydens vredesamesprekings op 6 Augustus 1990 Bron: AlJazeera

Oudpresidente Nelson Mandela en FW de Klerk tydens vredesamesprekings op 6 Augustus 1990 Bron: AlJazeera

Gedurende Suid-Afrika se 20 jaar van demokrasie is verskeie politieke besluite en inisiatiewe geneem en toegepas om ʼn relatief suksesvolle politieke oorgang te bewerkstellig. Hierdie tien lesse wat uit die tydperk van politieke verandering geleer is, kan toegepas word op arbeidsverhoudinge in Suid-Afrika om vrede en stabiliteit te bevorder.

1. Slagspreuk van 1994-verkiesingsveldtog: “Jou stem is jou geheim”

Geheimhouding het belangrik geword in arbeidsverhoudinge weens ʼn toename in geweld en intimidasie wat met werknemers se vakbondaffiliasie verband hou. Een oplossing vir hierdie probleem is om werknemers te beskerm deur vakbonde se name van werknemers se salarisstrokies te verwyder. Daarby moet ʼn geheime stakingstemming voor en tydens ʼn staking verpligtend wees.

2. Vryheid van assosiasie – ʼn fundamentele grondwetlike reg

Die reg op vryheid van assosiasie moet gehandhaaf word om te verseker dat werknemers deur die vakbond van hul keuse by die werkplek verteenwoordig kan word. Daar moet dus weggedoen word met die huidige praktyk waar vakbond-erkenningsooreenkomste ʼn beperking kan plaas op ʼn ander vakbond se reg om namens sy lede op te tree.

3. Politieke demokrasie versus nywerheidsdemokrasie

In Suid-Afrika word ʼn politieke party met minder as 1% steun in die parlement verteenwoordig. In nywerheidsdemokrasie is ʼn drempel van 50%-verteenwoordiging normaalweg op vakbonde van toepassing om volle organisatoriese regte in werkplekke te verkry. Aangesien hierdie ondemokratiese “wenner-vat-alles”-beginsel ʼn onderliggende rol gespeel het in die onlangse arbeidsonrus, sal die fokus hopelik verskuif na die implementering van die “beduidende rolspeler”-beginsel om ander vakbonde in staat te stel om erkenning binne ʼn werkplek te verkry.

4. Kodesa – toonbeeld van onderhandelinge wat te goeder trou plaasvind

Tydens die Kodesa-onderhandelinge was daar meer op die spel as wat daar in loononderhandelinge op die spel is. Kodesa se eindproduk was ʼn treffende voorbeeld van ʼn onderhandelde skikking. Die huidige salarisonderhandeling-tendens is om onderhandelinge te kwader trou te voer wat dan op voorbedagte stakings uitloop. Van ons vakbondkamerade moet tot loononderhandelinge begin toetree met die doelwit om ʼn skikking te bereik in stede van die doelwit om bloot die proses te bespoedig ten einde ʼn staking teweeg te bring.

5. Hoofonderhandelaars by Kodesa en Grondwetlike Vergadering

Die hoofonderhandelaars by Kodesa en die Grondwetlike Vergadering (die liggaam wat die finale Grondwet beding het) was nie die leiers van die onderskeie belanghebbers nie, maar was bedrewe onderhandelaars wat deur elke party aangestel was. Uitvoerende beamptes vervul deesdae die rol van die tradisionele arbeidsonderhandelaars en kabinetministers word genoop om die mediasierol van die KVBA te vervul. Bevoegde arbeidsverhoudingespesialiste moet toegelaat word om arbeidsonderhandelinge te behartig, en uitvoerende beamptes en senior politici moet slegs as mandaatgewers en gesaghebbende kommentators betrokke wees.

6. Veelpartybetrokkenheid by beleidmakingsprosesse

Alle politieke partye wat in die parlement verteenwoordig word, neem aan debatte van parlementêre en portfoliokomitees deel. Arbeidsverhoudinge strukture is geneig om meer gefragmenteerd en eksklusief te wees en Solidariteit kon sodoende nie aan die adjunkpresident se Arbeidsverhoudinge Indaba op 4 November 2014 deelneem nie, omrede ons nie by een van die drie erkende vakbond federasies geaffilieer is nie. Daarbenewens is dit glad nie ideaal dat ʼn prominente hoofstroomvakbond soos Amcu selektief kan wees oor die forums waaraan hy deelneem nie. Daar is ʼn behoefte aan statutêre, sektorspesifieke arbeidsverhoudingeforums wat verby blote sosiale dialoog beweeg en op konstruktiewe uitkomste fokus.

7. Politiek, vakbonde en besigheid moenie meng nie

Twyfelagtige swart ekonomiesebemagtigingstransaksies en omstrede regeringstenderprosesse verrig onder meer skade aan Suid-Afrika se beeld as ʼn beleggingsbestemming. In die Aurora-debakel, byvoorbeeld, is “sakeskelms” met politieke konneksies toegelaat om mynboubates en die lewens van duisende mynwerkers te verwoes. Vir wat dit werd is, het president Jacob Zuma in sy onlangse staatsrede aangekondig dat daar ʼn verbod geplaas sal word op politici wat met die staat sake doen. Na aanleiding hiervan behoort vakbonde en vakbondleiers ook nie sakebelange te hê wat botsende belange meebring nie. Daarmee saam moet vakbonde nie politici as mandaatgewers hê nie.

8. Onverdraagsaamheid en bedreiging van oppergesag van die reg

Politieke en faksiegevegte was algemeen tydens die vroeë 1990’s, maar sterk en besliste leierskap, wat deur goedbestuurde regeringsingryping gesteun is, het die situasie onder beheer gebring. Hedendaagse arbeidsonrus hou ʼn bedreiging vir die grondwetlike reg op lewe en menswaardigheid in. Die polisie en werkgewers moet ʼn benadering van geen verdraagsaamheid teenoor stakingsverwante geweld en intimidasie volg ten einde die oppergesag van die reg te herstel.

9. Leierskap – Nelson Mandela se voorbeeld

Oudpresident Nelson Mandela was ʼn goeie voorbeeld van ʼn leier wat bo verskille en sy eie belange kon uitstyg. So benodig Suid-Afrika nou sterk en etiese vakbondleiers wat die aanvaarbare pas aangee vir hul lede, sakeleiers wat soek na volhoubare en langtermynoplossings en politieke leiers wat by arbeidsaangeleenthede betrokke raak, hul politieke vooroordele opsysit en in die land se beste belang optree.

10. Stel Suid-Afrika eerste

ʼn Lae werkloosheidskoers moet Suid-Afrika se hoofprioriteit wees. Daarom moet alle weerbare, volwasse Suid-Afrikaners dieselfde doelwit hê, naamlik om ʼn goeie werk te hê en vir hul kinders en kleinkinders om eendag ʼn werk te hê. Hierdie doelwit kan slegs bereik word as ideologiesgedrewe vakbond- en politieke leiers hul vernietigende revolusionêre agendas opsysit en sakeleiers die belange van hul werknemers vooropstel.

Ten slotte

In die lig van hierdie lesse hoop ek dat die Arbeidsverhoudinge Indaba wat op 4 November 2014 plaasgevind het, weereens nie net ʼn forum was vir vrugtelose gesprekvoering nie, maar ʼn Kodesa-tipe geleentheid was waar al die areas waar arbeidsverhoudinge skeefgeloop het geïdentifiseer en wen-wen-oplossings gesoek word ten einde Suid-Afrika se 20 jaar van politieke demokrasie aan te vul.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Gideon Du Plessis

Meer oor die skrywer: Gideon Du Plessis

Gideon du Plessis is hoofsekretaris van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

12 Kommentare

Chris ·

Hanno ek moet saamstem. Ek dink oorlede Gerrit Viljoen sou ‘n groter sukses by Kodesa gewees het as die patetiese Roelf Meyer en Leon Wessels’e. Almal weet FW de Klerk se oog was eerder op sy ‘vriend’ se vrou as op die onderhandelinge.
Die gewese NP-leier in die Vrystaat, Inus Aucamp skryf in sy boek dat FW de Klerk en sy meelopers net eenvoudig oorgegee en so hul kiesers in die steek gelaat het. So ook die bekroonde Herman Giliomee.

Ant ·

Dit verbaas my dat ons steeds probeer om sake te bereder. SA bestee 60% van die begroting aan welsyn, en gebruik die geld wat hulle meestal by blanke ondernemengs en wit mense vat om hiervoor te betaal. Dieselfde wit mense wat sleg behandel word en nie geag word as gelyke burgers in SA nie. En ons probeer steeds om hierdie ding te laat werk.

Hoeveel swaarder moet ons kry voor ons wakker gaan word? Solidariteit sal nie ‘n plek gegun word in die sosialistiese arbeids dienste nie. Dieselfde sosialistiese vakbonde is die hart van die regerende party. Suid Afrika kan nie meer omdraai van hierdie beginsels nie. As ons die europese waardes wil behou sal ons ‘n eie plek moet skep daarvoor.

Rudie.peens ·

Die verwysingsraamwerk is verkeerd.Daarom is die uitkoms n droom.

Rudie.peens ·

Die verwysingsraamwerk is verkeerd.Daarom is die uitkoms n droom.

Sarel ·

Net idiote dink nog dat blankes sinvolle toekoms in die eenheids staat kan he.

Sarel ·

Net idiote dink nog dat blankes sinvolle toekoms in die eenheids staat kan he.

charlenefourie55 ·

dit is so aaklig dit is nie meer tussen wit en swart nie. Ek is so getraumatize vanaf 2007.die biologiese pa het by nelia welma gaan kla (die eenheidsbestuurder by medi klinik kloog hospitaal) dat ek hom aangespreek het van daar die tyd af is ek totaal sielkundig gemolesteur deur nelia welman,in 2008 is ek ontslaan uit die teater eenheid en AL medi klinik hospitale,ongelukkig kon ek niks onthou nie want ek het aan amnesia gelei agv menegitis,die 2 desember is ek in twane hospitaal opgeneem en hulle het alle toetse gedoen vir enige verdowings kon niks vind nie.Die 14 Desember 2008 het ek daar wakker geword en KON NIKS ONTHOU VANAF NOVEMBER 2008.Ek net na my woning gegaan na ontslag my kinders en my hond en AL my goed is weg en daar bly ander huurders, ek het na die NG kerk gegegaan vir hulp en nadat my hele lewe verwoes is na 30 jaar se verpleeging bly ek in n homeles huis in die stad…….dit is nou 2014 tussen welman arno schullenburg en beria verpleeging agendskap het hulle seker gemaak ek kry NOOIT WEER WERK in die LAND hulle het my geblok by LIFE,NETCARE,MEDI KLINIK HOSPITALE EN AL DIE VERPLEEEGINGS AGENDSKAPPE,omdat hulle die status en geld het, nou het ek lipco teenwoordiges wat ook nie veel kan doen nie,dis vreeslik man, vanaf 2008-2014: het ek n regter elmboog vervanging gehad by stefe bico,my rg raduis humerus been total fraktuur,my ribbes gebreek,deur n hond gebyt, en is aangeval deur n swarte met n mes gesteek en amper geryp in die nag nadat ek by urology teater gewerk het. ek het aangehou veg het in junie maand 2 nagte by jakaranda hospitaal gewerk in hulle icu, deur internurse pretoria ek is nog steeds nie betaal nie,almal weier om die ure vir lipco te gee,shoe eks ook net n mens wat vir my kinders wil sorg die land en die wereld het siek geword vir rykdom en roem,wat as ek more sommer van n gebou gaan afspring,dan sal daar net staan: woman commit suicide,en niemand sal weet hoekom nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.