As Derek Hanekom swart mense rassiste sou noem… 

Ernst Roets, adunk-uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema.

Sedert Zindzi Mandela oor wit mense op Twitter tekere gegaan het en AfriForum se daaropvolgende eis dat sy as ambassadeur in Denemarke afgedank moet word, is die burgerregteorganisasie met medianavrae oorval. Vele joernaliste vra: “Verduidelik asseblief vir ons waarom julle haar opmerkings as rassisties beskou?”

Baie klink opreg as hulle die vraag vra – dat hulle eerlikwaar nie kan verstaan hoe ons haar opmerkings as rassisties beskou nie.

“Verduidelik asseblief aan ons watter deel van wat sy gesê het, onwaar is?” vra een joernalis.

“Dit is waar dat wit mense grond gesteel het. Hoe kan dit rassisties wees?” vra ’n ander.

“Dit kan nie rassisme wees nie, want swart mense kan nie rassiste wees nie,” meen ’n paar op sosiale media.

Om ’n artikel te skryf oor waarom Zindzi Mandela ’n rassis is, voel so bietjie soos om ’n artikel te skryf oor waarom die aarde rond is, maar sommige mense blyk dit glad nie te kan begryp nie.

Eerstens, ’n paar van haar twiets op 13 en 14 Junie 2019:

  • “When you came here without land you found the original people making fire. Next, you’ll claim you taught us. Just like Chris Barnard learnt the basics of heart surgery from his Black gardener. What you’re good at is fantasy.”
  • “Dear Apartheid Apologists, your time is over. You will not rule again. We do not fear you. Finally #TheLandIsOurs
  • “Miss all these trembling white cowards, shem. Botha, Potgieter, Thieving Rapist descendants of Van Riebeeck, etc: how are you my babies?”

Die probleem hier is wat George Orwell as “dubbeldenkery” beskryf het: Die handeling om terselfdertyd twee wedersyds teenstrydige menings as korrek te aanvaar. Dit hou verband met kognitiewe dissonansie – daardie mentale ongemak wat mens beleef as jy teenstrydige menings huldig. Dubbeldenkery lei gewoonlik tot die onderdrukking van feite wat nie met jou narratief belyn is nie, asook dubbele standaarde en onsamehangendheid.

Daar is ontelbaar baie definisies van rassisme en ons hoef nie nou versand te word in ’n definisie van wat rassisme nou eintlik is nie. Om konteks te skep, gee ek egter twee verskillende definisies.

Die Afro-Amerikaanse aktivis en outeur Ta-Nehisi Coates beskryf rassisme as die behoefte om beendiep kenmerke aan mense toe te dig en hulle dan te verneder, verkleineer en vernietig. Die Indies gebore Amerikaanse en konserwatiewe outeur Dinesh D’Souza beskou die basiese definisie van rassisme as ’n ideologie van intellektuele of morele superioriteit wat op die biologiese eienskappe van ras gebaseer is. Filosowe soos Franz Fanon meen dat rassisme alles met mag te make het.

Hierdie is ’n klassieke geval van dubbeldenkery: Die blote erkenning van die feit dat Zindzi Mandela ’n swart Suid-Afrikaanse ambassadeur is en deur ’n swart president aangestel is wat ’n (grootliks) swart regering lei wat uitgesproke is oor die gebruik van staatsmeganismes om die belange van swart mense te bevorder, en terselfdertyd te argumenteer dat sy nie ’n rassis kan wees nie omdat sy swart is en swart mense geen mag het nie. As jy openhartig glo dat jy slegs ’n rassis kan wees as jy mag het, moet jy ook glo dat ’n klein regse randgroep soos die AWB nie rassisties kan wees nie. Daar is geen vorm van mag waaroor die AWB al ooit beskik het wat die ANC nie ook tot ’n eksponensieel groter mate het nie.

In haar twiets dig sy beendiep eienskappe aan wit mense in die algemeen toe in ’n poging om hulle te verneder. Dit was ’n argument van swart (morele) superioriteit wat op niks meer as velkleur gebaseer is nie. Sy het dit gedoen deur wit mense as misdadigers, lafaards en verkragters te beskryf.

“Ja, maar sekerlik moet jy toegee dat hierdie dinge waar is, dat wit mense die grond gesteel het, ensovoorts,” het een joernalis geantwoord.

Die antwoord is taamlik eenvoudig, hoewel dit moeilik blyk te wees vir sommige van ons vriende agter die mikrofone van die land se grootste radiostasies om dit te begryp. Om dit dus maklik te maak, bied ek die verduideliking puntsgewys aan:

  1. Dit is waar dat grondonteiening in Suid-Afrika plaasgevind het.
  2. Dit is egter onwaar dat alle wit mense hieraan deelgeneem het.
  3. Dit is ook onwaar dat alle swart mense se grond van hulle weggeneem is.
  4. Dit is ook onwaar dat alle grond oor die hele oppervlak van Suid-Afrika weggeneem is.
  5. Dit is ook onwaar dat alle wit mense wat grond besit, dié grond op onwettige wyse bekom het.
  6. Ons kan identifiseer waar grond op onwettige wyse onteien is.
  7. Waar dit gebeur het, moet dit deur restitusie reggestel word – juis waarom die land reeds bykans ’n kwarteeu lank ’n restitusieproses het.
  8. Ons moet egter toegee dat 84% van grondeise op stedelike gebiede ingestel word, en dat 93% van grondeisers finansiële vergoeding eerder as die grond verkies.
  9. Om ongebalanseerde grondeienaarskap as regverdiging vir rassisme teen wit mense voor te hou, is misplaas.
  10. Deur toe te gee dat sommige wit mense aan grondonteiening deelgeneem het, regverdig nie die standpunt dat wit mense misdadigers is nie, want dit kom daarop neer dat negatiewe kenmerke aan mense toegedig word wat bloot op die kleur van hul vel gegrond is.

Nou dat dít genoem is, kan ons die argument op sy kop draai om die dubbeldenkery en kognitiewe dissonansie bloot te lê waaraan so ’n groot deel van die hoofstroommedia ly:

  1. Indien ’n wit openbare verteenwoordiger – kom ons sê Derek Hanekom – byvoorbeeld sou sê dat swart mense lafhartig, misdadigers en verkragters is, sou daar geen argument wees oor of hy afgedank moet word nie.
  2. As enigiemand hul kommentaar wou regverdig deur te sê dat dit sekerlik waar is dat alle swart mense verkragters is, sal dit ook as rassisties beskou word.
  3. Die feit dat sommige mense die misdaad van verkragting gepleeg het, regverdig op geen wyse die standpunt dat die hele ras nou ook as verkragters bestempel word nie. Dit is die einste definisie van rassisme.

Jy hoef nie ’n genie te wees om dit te verstaan nie. En die blote feit dat dit nodig is om ’n hele artikel te skryf om te verduidelik waarom dit rassisties en onaanvaarbaar is om ’n hele ras mense as verkragters te bestempel, is bewys van die krisis wat in die Suid-Afrikaanse narratief heers.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Ernst Roets

Dr. Ernst Roets is beleidshoof van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

marco polo ·

Logies vir ons, Ernst, maar dalk nie logies vir die mense wat die afgelope 25 jaar bewys het dat hulle nie logies kan dink nie.

JohanL ·

Ernst, baie dankie vir ‘n puik en weldeurdagte artikel en antwoord. Die realiteit is egter dat vele swartmense en joernaliste nie die denkproses agter die artikel sal of wil verstaan nie. Of hulle kognitief nie daartoe in staat is of nie, en of hulle bloot nie feite wil aanvaar nie, weet ek nie. Hulle moet maar self antwoord.

Hans ·

Me Pandor “berispe” net Z Mandela oor haar uitlatings-ongelooflik!!!

Andreas ·

Martin Luther het op 31 Oktober 1517 die sogenaamde 95 stellings teen een of meer kerkdeure in Wittenberg vasgespyker, so moet alle skrywes en artikels soos hier bo, insgelyks, teen die deure van Luthuli-huis, ons parlement en die Unie Geboue vasgespyker word.

lewies ·

“die Suid-Afrikaase narratief, word as ‘n probleem geidentifiseer in hierdie artikel. As die probleem deur Intergeneratiewe trauma veroorsaak is, is dit ‘n GROOT PROBLEEM wat nie met afdanking reggestel kan word nie. ‘n Hofsaak vir rassime is moontlik, maar is dit wenslik ?

Andreas ·

Ja, gegewe dat jy andersins geen kans op voortbestaan het nie. Die ANC, met Cyril aan die voorpunt, noop jou daartoe, die EFF en die BLF.

Die krisis ·

Ek hou baie van hierdie artikel – baie dankie. Ek glo egter dat niks net gebeur nie. Politiek het ‘n plan en gebruik altyd mense om hul vuilwerk te doen. Daar is hoegenaamd niks onskuldigs of onwetends aan mense se rasistiese sosiale media inskrywings nie. Alles word met ‘n plan gedoen. Niemand is so onkundig om nie te verstaan wat rasisme is nie. Geen persoon sal vir 30 jaar bly vasklou aan land stelers en sogenaamde verkragters nie. Niemand is so oningelig nie. Veral nie ‘n ambassadeur nie. Die swart mense wat so rasisties is weet presies wat hulle doen. Die joernaliste weet presies wat aan die gang is. Hulle hou ons net besig om omself die hele tyd te regverdig en terme te verduidelik en lag tien teen een in hul mou vir ons. Ek wens almal wil die voglende toepas: Ignoreer elke liewe rasistiese inskrywing op sosiale media. Laat mense soos Solidariteit en Afriforum en VPPlus hulle hof toe vat. En in die agtergrond – doodse stilte. Hoe meer lawaai wit mense maak hoe meer speel jy in hulle hand. Hoe stiller hoe minder weet hulle wat regtig aan gaan.

Lanie ·

This article needs to be translated in English and published on twitter- now you preach for the converted. We know the above mentioned- but the ignorant people out there making statements like me.Mandela, dont and wont/ cant read it in Afrikaans. Educate them by using their own platform and a language they understand

Jerry ·

Die narratief is blatante “reverse discrimination” geskoei op wraak vanaf die nommer 1 tot by die laaste nommer. Dit word oorgedra van geslag tot geslag, soos van Winnie na Zindzi. Dit is dus aanvaarbaar vir swartmense en die liberale radikale wereld om kwaad met kwaad te vergeld omrede regverdiging gevind word in die oorspronklike onreg. Hulle sien dat slegs wraak uiteindelik geregtigheid vir die oorspronklike onreg bring. Deur die nageslagte van witmense te onderdruk tot derde rangse burgers en uit te moor bring geregtigheid teen die voorsate van die nasate! Witmense wat dit verstaan, verstaan die rede hoekom daar nie verder skoor gesoek moet word nie en ook die rede om eerder te emigreer indien daar verder skoor gesoek word! Dit gaan nie oor reg of verkeerd nie, dit gaan oor geregtigheid deur wraak en enige verskoning daarvoor is n aanvaarbare verskoning in die oe van ons vyande! Ons en ons nageslagte het nie vriende nie, nie vir solank as wat ons in SA vasklou nie!

@Jerry ·

100%. Jy gaan òf hier bly en die diskriminasie aanvaar en jou lewe daarvolgens skik, òf jy gaan jou goedjies pak en landuit. Einde aan hierdie rassisme is daar nie.

Andre ·

Sy word nogal geag n Ambasadeur te wees vir Suid-Afrika en sy beskik nie eens oor Geskiedkundige feite oor die land nie. Dit is n skande dat so n persoon in ag geneem is vir so n pos.

Gert ·

Dis wel waar dat mens nie ‘n genie hoef te wees om hierdie in te sien nie. Dis ook waar dat jy ‘n mate van begrip benodig.

Boerseun ·

Onthou om altyd by te voeg dat swartmense net soveel skuldig is aan grondonteiening as wittes, indien nie meer nie. Albei het die Koisan uitgemoor en verdryf. Swartes het boonop ander swart stamme ook uitgemoor by die miljoene en hul grond ingepalm.

Boer-in-die-Wind ·

Hierdie klas van artikel moet in Engels in die bree media geplaas word?!

Petrus ·

Die nie-Afrikaner gemeenskap stel nie meer belang in skrywes met self-regverdiging as tema nie. Wat vorentoe moet/kan gebeur weet ek nie, maar almal moet nou kophou of die gemors gaan buite beheer word.

Antoon ·

As die grond kwessie oor historiese besit gaan, is dit seker logies om dit in die oorspronklike toestand terug te besorg.
Ek stel dus voor dat alle verbeterings (wat in elk geval Westers is) verwyder word voor oorhandiging

Andreas ·

Ek het tog die vrymoedigheid om hierdie nota te los, dit sal wel deur iemand wat hier lees na verdienste gebruik kan word. Ons lees die afgelope dae wat hierdie dame kwytgeraak het, of sy nou ‘uitgelok’ was al dan nie. Ook die manier waarop dit nou na die tyd deur die minister hanteer is laat veel te wense oor, maar dit strek veel verder. Mens kan nie, veral die ‘minderhede’ (kom ons gee hulle ‘n naam, witmense of die Afrikaner) genoeg daarop attent maak nie, soos jy/julle meer as een keer in die verlede oor geskryf het om omsigtig met woorde om te gaan.

Laat ons weer hieruit leer, laat dit ons aanspoor om nog ‘n keer en nog ‘n keer, al is dit tot vervelens toe, aan ons menswees te slyp dat ons van ‘n hoër standaard ingestelheid kan wees, waardes uitleef en dat ons nie vieslikhede uiter nie, ook nie teenoor ander nie, dat ons nie rassisties is nie, ook moet ons waak teen ‘n twiet, skriftelik, of iets wat ons direk aan ‘n ander toesnou. As mens waardig uit so ‘n situasie opstaan, leer mens jouself nie net soveel beter ken nie, mens put daaruit en dit maak jou net nog ‘n beter mens.

Andreas ·

MAROELA, as julle die bogemelde van my plaas, waarom gee julle nie my reaksie vir die lesers waarom dit gaan en waarom ek dit sê nie?

Adinda Oosthuizen ·

Ek wil saamstem. Hoe minder ons n bohaai maak, hoe gouer kan Afriforum die mense hof toe vat en dan sodoende fondse bymekaar maak vir die volgende hofsake!!!

lewies ·

“Jerry” en “Die krisis” Dit is ‘n onrusbarende prentjie wat besig is om voor ons oe te ontvou. As die “HEDE” kenmerkend is van die “VERLEDE” is die “TOEKOMS” menslik gesproke onvoorspelbaar, ons is dit eens dat enige maatreel wat in plek gestel word sal tydelike verligting bring.

Die geskiedenis van die Afrikaner is die enigste hoop waaraan ons kan vashou, want die meganismes wat ons voorsate in plek gestel het om te oorleef in die tye van GROOT krisisse is nou deel van ons gene. Met die hulp van BO sal daar ‘n deurslag kom. Wat dit ookal mag wees “Soli Deo gloria” Tot eer van God alleen

Emanuel Botha ·

Ernst, baie goeie artikel. Stem saam. Ek hou vol rassisme is hoog aansteeklike siekte. Net die wat rassisties is, is vas gevang met die siekte, en glad nie vry nie. Die gene het regtig hulp nodig. Die res van ons waak teen die siekte, bou op gesonde verstand.

Petrus ·

Voor 1994 was daar rassisme, nou is daar weer rassisme. Oor 50 jaar gaan daar nog steeds rassisme wees.

anton ·

Baie goed uiteengesit Ernst!!!
Maar is dit nie tragies dat groot mense met n lepel gevoer moet word om dit te verstaan nie?
En die heel ergste is, dat sommiges steeds nie kan verstaan nie!
Of is dit maar bloot n houding van…..Ek gaan dit nie so verstaan/aanvaar nie want dit pas my nie!!!
En hoe se die spreekwoord?…….Daar is mos nie pille vir Domgeid nie.

Boer ·

Soms is daar ‘n artikel van Maroela wat ook in Engels beskikbaar gestel behoort te word.

Hierdie is een daarvan.

nabetragting ·

Stille diplomasie was in die verlede ‘n beproefde resep vir nepotisme. As jy nie deel was van die “mannekring” nie was jou bevorderingspad op die spel. Die kring bestaan vandag nie meer nie, kan ons nie maar weer stille diplomasie probeer nie. Hoe minder hulle van ons weet, hoe beter is ons kanse op oorlewing. ‘n Mens raak nou moeg om die “vark in die verhaal te wees.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.