Ashwin Willemse: Op wie berus die bewyslas?

Ashwin Willemse. Foto: SuperSport

Die nuus dat Ashwin Willemse hom na die Menseregtekommissie gaan wend eerder as om die gelykheidshof te nader oorheers tans die voorblaaie.

Dit is Willemse se goeie reg om enige liggaam te nader om die geskil wat uit sy ongelukkigheid spruit, te besleg. Die feit dat hy in ’n onderhoud op 702 met Eusebius McKaiser gesê het dat die diskriminasie wat hy beleef “in die skaduwee van grysgebiede” is, is baie meer kommerwekkend.

Willemse voer aan dat hy subtiele rassisme beleef wat hom nie so duidelik voordoen as om iemand ’n rassistiese skeldwoord toe te snou nie. Volgens Willemse is dit ’n vorm van rassisme wat baie moeilik is om te bewys en dat hy ’n kenner se advies ingewin het om vas te stel hoe hy te werk kan gaan. Hy vertel verder dat hy ’n tyd gelede met Thabo Mbeki se vrou, Zanele, in gesprek was en ook aan haar gesê het dat hy tans bewyse vir die rassisme wat teen hom gepleeg is, wil inwin. Zanele het aan hom gesê dat hy nie hoef te bewys hoe hy voel nie, want “ons weet wat ons voel”.

Die gevaar van dié tipe diskriminasie, of eerder die ervaring van diskriminasie waarna Willemse verwys, is dat die sogenaamde oortreder dalk self nie bewus is van sy beweerde oortreding nie. Dit kan dalk daaraan toegeskryf word dat daar ’n gebrek aan dialoog is oor die sensitiewe punte van die verskillende kultuurgemeenskappe in Suid-Afrika, maar dit maak ’n gevaarlike deur oop.

Hoe reageer jy op ’n beskuldiging dat jy ’n menseregteskending gepleeg het wat in die sogenaamde grysgebied plaasgevind het? Hoe bewys jy jouself onskuldig op ’n klag wat die teenkant nie kan (lees: hoef te) bewys nie.

As daar na die uitsprake op sosiale media gekyk word dan blyk dit dat die wit minderheid in die land skepties is oor Willemse en Zanele Mbeki se uitsprake dat diskriminasie nie bewys hoef te word nie omdat die sogenaamde slagoffers “weet wat ons voel”. En dit is met goeie rede dat daar skepties gekyk word na die uitlatings.

Suid-Afrika se geskiedenis van dubbele standaarde wanneer dit by die hantering van rassisme kom, wek nie juis vertroue nie. ’n Goeie voorbeeld van die dubbele standaarde is die uiteenlopende wyses waarop daar met Velaphi Khumalo en ander swart rassiste te werk gegaan word teenoor die wyse waarop Penny Sparrow en Vicky Momberg hanteer is.

Suid-Afrika beweeg reeds op ’n baie gevaarlike terrein waar ’n onverdraagsaamheid heers teenoor wit mense se reg om aan ’n debat deel te neem. Diegene wat ’n pro-Afrikaanse of pro-Afrikaner-standpunt inneem, word aangesê om stil te bly, want “julle weet nie hoe ons voel nie”.

Wat Suid-Afrika nou nodig het, is robuuste debat, sonder politieke korrektheid, sodat ons beter kan verstaan hoe mede-Suid-Afrikaners voel. Ons gaan nie vordering maak as ons van die moeilike gesprekke wegskram of verskonings aanbied waar geen werklike debat plaasvind nie.

En ons kan ook nie uitgelewer word aan ’n skuldigbevinding van rassisme wat in grysgebiede plaasvind waar daar geen sprake van ’n bewyslas is nie.

“Ons weet wat ons voel” is nie genoegsame getuienis vir ’n skuldigbevinding nie.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

James Kemp

Meer oor die skrywer: James Kemp

James is die hoofredakteur van Klankkoerant, ʼn nuus en aktualiteitsprogram wat ook op Pretoria FM uitgesaai word.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

42 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nadia

Hulle sal soek wat daar nie is nie om ons te probeer vervolg. Ons enigste kans uit is om ‘n tuisland te kry wat ons ons eie land kan noem, hulle wil ons mos nie he nie.

Debadonderwerp

Al debat wat ons nou op moet fokus is oor selfbeskikking. Ander debatte het nie gewerk al vir dekades nie.

Jerry

“Julle weet nie hoe ons voel nie”. Ons weet presies hoe mense soos Willemse voel, ons beleef dit elke dag, sien dit in hulle oe, dit is haat, haat en nogmaals haat en daarvoor soek Willemse en sy tipe wraak. Al moet hulle lieg en bedrieg, hulle sal dit doen. Inteendeel hulle sal enige iets doen, solank hulle kan wraak neem. Wat apartheid aan hom gedoen het wil hy aan enige persoon terugdoen teenoor wie hy wat Willemse is, minderwaardig voel. Dit is die slotsom van Willemse en sy tipe. Hy moet dringend gaan vir trauma berading, omrede die haat… Lees meer »

Siekensat

Kan hy nie einde kry nie? Hete om so aanhoudend aandag te soek. Shame daar was seker kleintyd niemand om aandag te gee nie en hy weet in sy hart hy was geen wafferse speler nie en nog minder ‘n held. Kry dit in jou kop – ONS STEL NIE BELANG IN JOU NIE!

Heinrich

Aaaaaaag sies tog. Get over it Ashwin. Kom ek verduidelik vir jou hoe ons voel. Ons wat uit die ou bedeling uit kom het gesien hoe ‘n land wat die beste mediese dienste, onderwys, infrastruktuur, weermag, lugdiens ens gehad het weggekrummel het voor ons oë, maar as ons enige iets oor die verval sê is ons rassiste. Ja ons voel ook omdat ons die ‘currently disadvantaged’ is as dit kom by rasstellende aksie, swart bemagtiging ens. Op die ou einde van die dag kom dit neer op een ding: doen jou werk op so manier dat mense kan opkyk na… Lees meer »