Beste FW, sê dan ten minste ‘Oeps!’

Oudpres. FW de Klerk. Foto: ANA

Die Menseregtekommissie (MRK) se bevinding oor die EFF-leier, Julius Malema se uitlatings dat “die keel van die wit man afgesny moet word” en dat hulle “ten minste nie nou al vra vir die slagting van wit mense nie” het ʼn paar vrae laat ontstaan.

Een daarvan is of die MRK die regte liggaam is om die Verenigde Nasies se Menregteraad te adviseer oor wat in Suid-Afrika gebeur. Hulle vooroordeel skemer baie sterk deur as daar gekyk word na die verskillende maniere waarop hul rassistiese uitsprake deur wit mense en uitsprake soos dié van Malema, hanteer. Dan kan hul onpartydigheid met reg in twyfel getrek word en kan dié tipe inligting wat hulle na die VN deurgee, met reg bevraagteken word.

`ʼn Tweede vraag is of sommige media-instellings se prioriteite nie misplaas is nie. Hulle verloor totaal en al kop as daar ʼn ander perspektief van die voormalige eerste minister dr. Hendrik Verwoerd se beleid gebied word, maar berig slegs in die verbygaan oor die feit dat die MRK nie Malema se uitsprake tot haatspraak verklaar nie.

’n Derde vraag is waar vryheid van spraak eindig. Kan daar geargumenteer word dat Malema bloot van sy spraakvryheid gebruik gemaak het? Die antwoord is nee. Jy het die reg om omstrede standpunte in te neem en jy het selfs die reg om iets se wat deur ’n ander persoon as kwetsend of beledigend ervaar kan word. Jy het egter nié die reg om uitsprake te maak wat as ’n oproep tot geweld vertolk kan word nie.

Gebruik hierdie kriteria en gaan lees en luister gerus self wat Malema kwytgeraak het. Besluit dan self of dit wel aan die maatstaf van vryheid van spraak voldoen. Dit sal interessant wees om te sien hoe die Nelson Mandela-stigting op die MRK-uitspraak gaan reageer aangesien hulle die blote vertoon van die voormalige Republiekvlag as kwetsend beskou. Is uitsprake oor kele afsny en die slagting van ’n minderheidsgroep nie veel meer kwetsend nie?

’n Laaste vraag: Waar die wigte en teenwigte is waarna oudpresident FW de Klerk in aanloop tot die 1992-referendum verwys het? Ek het in ’n vorige artikel daarop gewys dat dit nie die moeite werd is om voortdurend ou koeie uit die sloot te grawe en aanhoudend debat te voer oor dinge uit vergange se dae soos die 1992-referendum nie. Daar moet wel daarop gewys word dat ’n groot deel van Suid-Afrika se wit bevolking, en spesifiek Afrikaners, vertroue gehad het in die destydse Nasionale Party, en spesifiek president FW de Klerk, om deur die onderhandelingsproses en die nuwe Grondwet te verseker dat minderheidsgroepe nie aan die meerderheid uitgelewer sal wees nie.

Die howe was veronderstel om een van die versekeringspolisse te wees, maar wanneer die Grondwethof uitspraak teen Afrikaanse onderrig op tersiêre vlak lewer, dan word dit duidelik dat dit nie so is nie. Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens-, en Taalgemeenskappe was veronderstel om ’n ander vorm van versekering te bied, maar is tans besig met ’n openbare deelnameproses wat ten doel het om staatsregulering by die beoefening van geloofsinstellings moontlik te maak.

En dan was daar die Menseregtekommissie…

Die gebrekkige beskerming wat minderhede geniet, maak dit duidelik dat die wigte en teenwigte wat oudpresident De Klerk beloof het, nie opgewasse was teen ’n ANC-regering nie. Dit is nie noodwendig dat die voormalige president ’n verskoning vir die gebrek aan wigte en teenwigte aanbied nie, maar miskien kon hy darem net sê, “Oeps!”.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: James Kemp

James is die hoofredakteur van Klankkoerant, ʼn nuus en aktualiteitsprogram wat ook op Pretoria FM uitgesaai word.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Hans Richardt ·

% raskwotas as wigte en teenwigte? Kon FW dan nooit voorsien het dat die % politiese swartes raskwotas altyd sal groter groei en wees vs % wit raskwotas?
Dit is dieselfde % raskwotas wat met taal, aanstellings en eiendomsbesit nou gedryf word. Ek neem aan dat % raskwotas die teenwigte is teen wit wigte die afgelope 26 jaar, waarvan FW vergeet het om in 1992 te praat…..

Jerry ·

Die Afrikaner het n trotse geskiedenis wat beskerm moet word deur nie in die verlede te bly delf nie, maar om nuut en vry sy toekoms uit te kalwe in die nuwe Suid Afrika deur te verseker dat die Afrikaner nie na die vlak van die ANC en EFF daal nie, veral nie wat rassisme aanbetref nie. Die Afrikaner is niemand se politieke speelbal nie en dit gaan Lesufi en die AIG nog met n skok agterkom. Daar waar FW se onderhandelinge geeindig het moet die opposisie partye die teuels gesamentlik vasvat en onderhandelinge voortsit om SA se demokrasie te red. Kleinlike politiek is besig om die Afrikaner in te trek, te isoleer en uit te sluit uit broodnodige onderhandelinge, nie net in SA, maar ook in die buiteland. Die Afrikaner moet verder onderhandel en hom nie laat uitlok deur sy vyande nie, omrede die Afrikaner eers sy geloofwaardigheid moet herstel en dit nie gaan regkry deur homself te vereenselwig met verdelende uitsprake van wit en swartmense. Geregtigheid vir die dooies sal geskied, maar geregtigheid vir die wat nog lewe moet nou ons prioriteit wees!

Hendrik ·

Jerry ek stem saam dat wat in die verlede is is in die verlede. Dit is nou amper nie tyd om na die verkiesing te kyk nie want dit is maar net ‘n prosdure in die huidige demokrasie. Dit is nou tyd dat daar groter gekyk word na die toekoms van die Afrikaner. Na aanleiding van die realiteit van die huidige situasie moet ons al reeds die volgende beplanning gedoen het vir die volgende paar jaar. So hang alles nie af van net organisasies soos die Solidariteitsbeweging (Solidariteit, Afiforum, Helpende Hand, FAK) ens. maar ook alle ander Afikaner belangegroepe. So ook moet die Afrikaner ook maar die realiteite van waar hy woon raaksien en besluite maak. As die algemene luiheid van denke net maar kan ophou en wakker en raak gedink word.

cr ·

fw de klerk Sal vir altyd onthou word as die grootste veraaier van die Afrikaner volk.

Blaarman ·

Nee meneer, daai eer behoort aan Roelf Meyer. Maar moenie ‘n fout maak nie, daar is ‘n paar manne wat vandag nog agting geniet onder Afrikaners wat groter verraaiers is as wat FW is.

Ek stem glad nie saam met FW gedoen het nie – het dit aktief teengestaan. Maar FW, glo ek, het darem nog probeer doen wat hy gedink het die beste vir die land is (al was hy heeltemal naïef en onopgewasse teen die ANC).

Dink self ·

Om die 1992 referendum af te maak as ou koeie is gek. Dit is ‘n keerpunt in die gedkiedenis van die wêreld. Die bedrog en onnoselheid van ‘n leier en sy mense moet tot in die fynste detail opgeteken en onthou word.

ZAR ·

Dink self, ek stem saam met jou.
Dis vir my interessant hoe die afrikaners nie hul eie plekkie gegun is nie, maar niemand het ‘n probleem met bv saudi-arabië, liberië, ens nie. Al die Europese lande moet “vlugtelinge” invat, maar afrika lande moet vir afrikane bly. Die Afrikaners het soveel vir Suid-Afrika beteken, maar word soos skuim behandel. Ek verwag ‘n verskoning van al die oud-NP lede, sowel as ‘n verskoning van al die lande wat die ANC ondersteun het.

George in Bloem ·

Hy het die laakbaarste vorm van hoogverraad gepleeg terwyl die wereld hom en Mandela goed betaal het(Nobel prys) en toegejuig het. Hy moet tog so trots wees op hom en sy groot tjommie se handewerk.

Marius ·

Ek wil tog sê ek dink dis so ietwat kras om hom ‘n verraaier te noem. Verraad is ‘n intensionele daad. Ek dink eerder naïef sou meer gepas wees. Hy het geglo dat goeie eerbare politiek vorentoe sou seëvier en dat die mense met wie hy onderhandel het nie eintlik ‘n klomp boewe was nie. Hy was verkeerd. Dis een ding om met ‘n persoon te onderhandel wat ‘n ander siening as jy het en ‘n ander ding as die een met wie jy onderhandel onderliggend in sy DNA eintlik ‘n skurk is. In terme van wat die regte ding was glo ek steeds dit was die beste. Ek sou ook op my regte gestaan het as ek ‘n swart persoon was. Die stelsel was verkeerd. Ek is egter bekommerd as ek sien hoe baie Afrikaners nou ook hul waardes inboet omdat dit ‘n “free for all” samelewing geword het. Iemand na aan my het altyd gesê as jy van beter weet doen jy beter. Dis aan die kwyn in ons eie geledere en ons waardes is nie veronderstel om af te hang van wie die kitaar slaan nie. Dis moet ook deel van ons DNA wees.

Dries du Toit ·

Nee Marius daardie verskoning vir De Klerk gaan nie af nie. Hy het die kiesers bedrieg en opsetlik laat glo dat hy nie hulle bestaansreg ooit in gedrang sal bring nie. Hy het sy eie volksgenote in die regter kant verneder en vervloek. Hy het die oproep van n menige Afrikaner wat bepleit het vir selfbeskikking blatant uitgemaak as laakbare kriminele. Hy kon later nie meer n vergadering hou onder sy eie volk sonder die beskerming van die polisie kaspers en weermag nie. Hy het ons bedrieg deur te se eie skole eie gemeenskaps fasiliteite en kultuur lewe is die hoeksteen van die NP. Hy het die goedgelowige christen Afrikaner met opset bedrieg. Hy was verseker nie naief nie. N verraaier bly n verraaier

Koos ·

Kritiek of kommentaar oor wat gebeur het om die beheer oor landsake weg te teken word altyd afgemaak as verregse verbitterdheid. Dit het daarmee niks te doen nie. Wel met die lamsakkige wil wat bestaan het om teen die wye wereld te wys wie hierdie volk is wat sy Christelike Waardes wou behou en so daarmee hul Skepper wil dien.
Daardie waardes is weggeteken met die leuens wat aan die kiesers opgedis was. Die argitek hiervan was de Klerk met sy meelopers en so sal hy bly onthou word.

Anel van der Merwe ·

Jy het die spyker mooi op die kop geslaan James Kemp! Goeie stuk om te lees want dit verwoord presies hoe ons as Afrikaanse blanke mense voel. Die Bybel sê mens mag nie haat nie maar ek sukkel daarmee as ek veral Malema en Maasdorp se uitlatings lees (en hulle kom weg met haatspraak). Ek moet myself heeltyd herhinner dat nie alle swart of gekleurde mense soos húlle dink nie en dink aan dié waarvoor ek baie lief is wat ook Christene is en wat liefde en vrede in hul harte het.

quinton ·

ek glo nie dai bybel nie, een ding wat ek rondom dai boek agtergekom het, is soos iemand wat heeltyd n wortel voor iemand se neus hou, en om heeltyd na n mirage te verwys is long ago and far away. jammer dit het my so lank gevat om te besef dat dit die bybel opsom in a nuttshell.

A ·

Ja, hy is ‘n verraaier. Maar al die duisende wat saam met sy plannetjies gestem het sit nou oorsee. En nie een van hulle sal ooit hulle fout erken nie. Almal weg met die verskoning van “‘n beter toekoms vir myself en my kinders”.

Nico K ·

En wat van Roelf Meyer. Waar is hy vandag en hoekom is hy so stil. Dit was eintlik hy wat alles geglo het wat die ANC belowe het.

Speedguard ·

Moet nie van Leon Wessels vergeet ny , Cyral het hulle omgegooi !

HPV ·

Daar was nooit wigte en teenwigte nie, dit was ‘n opgemaakte storie soos die np se ander leuens. Al die ja stemmers is ook nie oorsee nie, baie is steeds in die land soos byvoorbeeld Steve, maar hy probeer darem regmaak.

Pieter du plessis ·

Hy is en was nog nooit n leier gewees nie n impulsiewe mens van nooit aan die nagevolge gedink het van sy versnelde oorgawe ten koste van die minderhede nie.Die fw stigting is ook n mors van tyd .Die mense wit en swart gaan gebuk onder die dom besluite wat hy en sy bende geimpliminteer het.

SHL ·

Maruis, kom ons maak dit mooi duidelik, de Klerk en sy bende het presies geweet want dit is deur ander oor en oor uitgewys en gewaarsku. Die leuens en bedrog waarmee die volk en spesifiek ook die vrouens meer banggemaak en belieg is maak van hulle nie net verraaiers nie maar die grootste skurke ooit in die Afrikanervolk se geskiedenis .

Frans C ·

Dit is eenvoudig so en dit sê ek met alle respek aan alle mense wat De Klerk se beloftes
gesluk het,julle het nie jul huiswerk gedoen nie en alles vir soetkoek opgeëet.

Dit was wêreldwyd bekend dat die ANC leierskorps van die korrupste leiers bevat het.
Die korrupsie vandag onder die ANC het ‘n lang aanloop soos ‘n mens dit bv in Inside Quatro opgeteken vind.

Die NP-onderhandellaars het dit geweet en dit doelbewys verswyg en eerder teenstanders as agterlik en verkramp uitgekryt.Moenie vandag soos van geleerde
familielede sê; ‘Die land is in sy moer’ want die land is in sy moer omdat julle so behep met jul eie loopbane ens was,nagelaat het om 5 minute af te knyp en te vra :’Met wie word daar eintlik onderhandel.’
Sies baie van julle het nie eers geweet wat in die ANC se VRyheidsmanifes staan nie.

anton ·

Maruis, ruik asb. die rose!!!
de klerk en sy gespuis het presies geweet wat hulle doen!!!
Die HNP, KP, en selfs die AWB het oor en oor die NP’s gewaarsku oor die toekoms en wat aan die kom was daardie tyd. Hulle het selfs vir PW al gewaarsku dat hy in n verkeerde rigting stuur!!!
Nee wat, n mens moet blind en doof wees om te glo hy/hulle het n verskoonbare fout begaan.
Hulle het met opset die land weggegee!!!
Na Verwoerd was die NP nooit weer dieselfde nie!!!

Marius ·

Ek hoor wat jy sê Anton, maar ek glo tog dat ‘n mens steeds die regte ding moet doen en dit regstel wat jy verkeerd doen. Diskriminasie is verkeerd, soos wat ons dit ook nou aan ons basse voel. Ons land was en is demografies en geografies net so kompleks dat FW ideaalgesproke steeds die beste besluit gemaak het. Ek sê ideaalgesproke in die sin dat die samelewing en regering die oppergesag van die reg respekteer in ‘n ideale samelewing-anders as wat dit huidiglik is. Nou besef ons in retrospek dat dit miskien beter sou wees om ‘n volkstaat te beding. Op daardie stadium en huidiglik is dit egter so groot prys om te betaal. Watter groot sosiale ingryping sou dit toe en nou vereis om dit te laat gebeur het omfat ons gewoond is aan westerse lewenstandaard. Afrikaners woon regoor Suid-Afrika in stede, klein dorpies en plase. Hulle wou nie toe en ek dink nog steeds nie nou saamkom in ‘n nuwe volkstaat nie. Afrikaners is ook gewoond aan die goeie lewe. Ek luister na boere wat erge rassistiese uitlatings maak maar nog steeds die swart volkie nodig het om te boer. Ek weet noe of hulle al reg is om sonder hulle klaar te kom nie. Die dubbele standaarde grief my.

Jerry ·

Om FW langer te blameer gaan ons nie uit die gemors kry nie. Fw het n fout gemaak en ons moet nou daardie fout reg bestuur met gesonde verstand. Ons moet nie nou gaan staan en van die foute van die verlede herhaal wat kan veroorsaak dat die lelike kant van ons verlede ons inhaal en weer aan ons kleef nie, soos wat so maklik nou kan gebeur met die Afrikaner as hoofborg vir AIG. Dit maak van die Afrikaner n politieke speelbal! En diegene daarvoor verantwoordelik sal ook eendag daarvoor geblameer word. Dit is om die minste te se domastrant deur rassisme met rassisme te beveg! Dit knou ons bietjie geloofwaardigheid en verleen regverdigheid aan die geloofwaardigheid van hoekom daar teenoor ons gediskrimineer kan word, hoekom ons geisoleer en uitgesluit kan word, hoekom ons geblameer kan word, hier en in die buiteland. Om kwaad met kwaad te vergeld is seker die domste ding wat die Afrikaner op hierdie tydstip kan doen!

Gert ·

Jerry jy is heeltemal verkeerd. Dit is van op ons ruggie rol en vra moet ons asb nie seermaak nie wat ons in hierdie situasie sit. Die regte optrede is om sterk weerstand te bied teen die onderdrukking wat ons nou ervaar, soos wat Afriforum en Steve gelukkig doen. Dankie Afriforum vir julle heldhaftige optrede teen die vyande van ons volk!

Allan ·

De Klerk, Roelf Meyer en Leon Wessels – SKITTER IN HULLE AFWESIGHEID.

Hulle het in hulle gate gaan wegkruip.

Marius, hulle is ‘n klopm verraaiers wat geweet het wat hulle doen. Die foto met De Klerk en George Sorrows saam in gesprek, vertel die hele verhaal hoe ons uitverkoop is aan die Cabal. As julle nie weet wie GS is nie, gaan soek dit op die net.

Gemaskerde Sopbeen ·

ne, hoe kom jy daarby uit? Volksverraaier is nader aan die waarheid…. Hy het dieselfde minderheid wat hom toe ondersteun het, onder die bus gegooi….

Stella Berning ·

Elke kommentaar het waarheid in. Nou sit hulle met vet pensioene nog steeds uit belastingbetaler se sak veilig . Waar ookal hulle is . Né

marous ·

Wonder of hy kon onthou van 1983 toe hy en sy vrinne minagtend hul stoele omgedraai het in skoolsaal in Tzaneen na vraag oor magsdeling . Die oom wat dit gevra het was een van sy party sy vurigste ondersteuners , en het uitgeloop . Sy woorde voor dit was ” Ek is klaar met julle ” en hy was .

brt van der merwe ·

Ek het ‘n video van ‘n TV gesprek waarin dr Treurnicht vir de Klerk meer as ‘n kwarteeu gelede punt vir punt presies beskryf wat nou gebeur en dat sy wigte en teewigte niks werd is nie as hy een mens een stem sou toelaat teen ‘n oormag van meer as tien teen een. Nou wonder ek net, slaap de Klerk snags? En hoe voel hy oor homseld in vergelyking met bv Churchill soos aangetoon in die movie Darkest Hour waarin Churchill alles in die stryd werp om sy eie mense se selfrespek te behou en te beskerm – om al is die prys hoe hoog ookal, nooit sy vyand ter wille te wees nie.

SHL ·

De Klerk en sy NP volgelinge het baie, baie bloed aan hulle hande.

Theoman ·

Hoeveel keer het de klerk nie al hier en in die buiteland gese dat die huidige SA baie beter nou is as voor 1994 nie. So ironies sy pa was n Minister in Dr Verwoerd se kabinet, Hans Strydom eertse Minister na Malan was sy oom, sy broer Wimpie was die verligte redakteur van Rapport, en wat doen frikkie? saam met roelfie laat hulle toe dat die anc die land sommer net vat. Geen wonder ramaphosa het so lekker gelag toe dit gebeur het.

Cherokee ·

Is Suid Afrika dan soos England waar die koningshuis se kinders in die paleis bly?

Johanna Botha ·

Die beloofde 2de referendum het nooit gebeur soos belowe ??…..TEENWIGTE ….NOU ! !

RG ·

Stem saam met Jerry. Om verder verwyte te slinger help nie. Wat gaan ons D-O-E-N?! Dis ook lankal verby dubbele standaarde, dit het ‘n naam: vervolging.

Brett ·

Dit was veronderstel om ‘n modus vivendi tussen wit en swart te wees. Dit was nie dit vir sy vorige vrou nie, was dit? En hoeveel ander?

Nou moet ons ‘n ander plan maak.

Pietverdriet ·

Ek stem saam met Marius en Jerry. Dit is belaglik om te dink FW en kie het met opset probeer om ons te na te kom en sodoende lewe vir hulself bitter te maak nie. Indien hulle ñ fout gemaak het was dit dieselfde fout wat Piet Retief en Pretorius gemaak het deur die ander partye om die onderhandelings tafel te vertrou en staat te maak op hul woord.
Punt is, die bedeling voor 94 kon nie voortbestaan nie en om aan te hou gal braak oor die FW bende gaan niks bereik nie. Ons kort nou leiers wat die voortou neem en die Afrikaners verenig, al is daar dinge waaroor ons verskil. As ons nie nou gaan leer om verskille op sy te skuif en saam te bou aan ñ beter toekoms nie, gaan ons nie vergaan van die koue van buite nie, maar van die koue van binne!!

Cherokee ·

Johanna, ek was aktief in die politiek betrokke tydens die referendum, as voorsitter van ‘n tak van die HNP en ek was ook in beheer van die Nee-tafel by ons verkiesingslokaal.
Daar was nooit belofte van ‘n 2de referendum nie. Dit is ‘n storie wat iemand uitgedink het na aanleiding van die vraag waaroor die referendum gehandel het ‘Ondersteun u die voortsetting van die onderhandelingsproses wat deur die staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling gemik is? ‘ Nooit is daar ‘n opvolgende referendum belowe nie. Iemand het die storie begin en nou sus al die ja-stemmers hul gewetes daarmee. Wat gebeur het is dat die oorweldigende jas-stem vertolk is as ‘n blanko-tjek.
Indien daar sprake, betroubare sprake sou wees van ‘n 2de referendum, sou Dr Hertzog en Oom Jaap Marais nie so duidelik uitgespel het wat voorlê as die ja-stem wen, nie. Die KP wat meer as ‘n dekade na die HNP gestig is, het agterna ge-eggo.

Hans Richardt ·

Jy is verkeerd. Met Konstant Viljoen se 23 April 1994 Akkoord, moes VF+ in 1998 2de referendum vir Afrikaners se selfbeskikking gehou het. Instede het hul sg Volksraad ontbind, kamtig weens gebrek aan belangstelling in selfbeskikking en het Pieter Mulder adj minister van Landbou in ANC parlement geword.
Laat ons by feite hou.

JAN ·

Sopas berig gekry dat Rampaposa reeds ooreen gekom het met Nigerie om 20 miljoen te emigreer hierheen . Met hulp van Statebond en Kanada se Tredaux.
Is dit waar?
Wel hulle is darem Christelik en gebruik reeds MTN. hmm?
Hulle sal glo na Gauteng en die Wes Kaap.

Gatvol ·

Dit is nie net n Roelf of FW wat ons vaderland weggegee het nie. Dit is ons almal wat alles net aanvaar en nie ons deel byvoeg. Hierdie regering ry ons soos draadkarre rond en ons wiele begin nou af kom.
Die wêreld daar buite verstaan nie Afrikaans nie en daarom kan ons skop en slaan tot vervelens, niks daarvan gaan indruk maak nie. Ek kan MY land met my “medemens” deel maar hulle nie. Die ANC se geskiedenis wys nie dat die sogenaamde struggle om braaivleis vure, kroeë en op sosiale media baklei is nie. Ek verober alle kommentaar soos hier bo gelees as kerm, selfbejammering en vingerwys. Die soort oorlog gaan ons nêrens bring. Todat ons met daadwerklike protes aksie en nog meer begin sal niemand oor die wêreld, insluitend die regering hulle aan ons steur. Ons gee self die indruk dat ons “pushovers” is.

AFRIKANERS……… hou op kla en staan op. Veg vuur met vuur maar sit bietjie asetileen by.

Chris van Heerden ·

Ek wonder hoe dink die mense wat nou so vir De Klerk blameer waar sou ons gewees het as daar nie ja stemmers was nie en as ons steeds op die ou trant aangegaan het. Liewe aarde wil hulle steeds in apartheid leef met ’n aandklokreël? De Klerk het nie die besluite geneem nie dit is die meerderheid van die mense van Suid-Afrika. Die Jaap Marais volgelinge sit nou nog in hulle hande en huil omdat hulle nie die referendum gewen het nie plaas hulle ook ’n bietjie aan beweeg en deel word van die oplossings van hierdie land. Hulle laat my regtig dink aan ons vorige president wat nou nog vir Jan van Riebeeck blameer vir als wat verkeerd loop in hierdie land. De Klerk het verseker geglo hy deel ment mense met integriteit en dat hulle by beloftes en ’n grondwet sal hou. Niemand kon voorsien dat daar ’n Zuma en sy trawante op die horison sou wees nie.

Sak ·

Nee Chris van Heerden. Baie mense het die huidige situasie voorsien (en n Zuma) , en daarteen gewaarsku. Keer op keer op keer. Maar hulle word toe sommer “verkramp” gedoop.

SHL ·

Pietie hierbo, een ding moet jy mooi verstaan, de Klerk se bedrog sal nooit ooit vergeet word nie, met elke blanke moord roep die bloeddruppels dit uit. VERRAAD. Hou sommer op met die ander liegstorie dat die tyd van voor 1994 nie meer sou kon voortgaan, bangmaak storie wat veral gebruik is met ons vroue deur einste NP bende. Ons was reeds besig om met die grensoorlog n volslae oorwinning te behaal met nie ń honderdste aan lewensverlies as huidiglik nie. Dan praat ons nog nie eers oor al die ander gemors nie.

Annie Webb ·

Die meeste mense kry al hul inligting in die koerant. Media24, destyds Naspers, het ons laat glo die ja-stem is die regte ding om te doen. Anders was jy verkramp, rassisties en regtig onaanvaarbaar in intelligente geselskap. En dieselfde media volg steeds dieselfde narratief. Bygesê, die regering het nie regtig ‘n keuse gehad nie. Sanksies het die ekonomie geknak en die keuse het gelê tussen meerderheidsregering of ‘n bloedige burgeroorlog. Om enkele politici en onderhandelaars die “skuld” te gee vir ons land se huidige toestand, is onregverdig. Hulle hét hulle bes gedoen onder die omstandighede. Ons bly in Afrika en wat ons nou het, is doodgewoon Afrika. Ons beste kans op oorlewing vir ons LAND, is ‘n veelrassige DA-regering wat ten minste sosialisme en oop grense probeer teenstaan. Minderheidsregte kan slegs deur burgerlike instansies soos AfriForum beskerm word. Maar Afrikaners baklei steeds kliphard onder mekaar en glo ‘n partytjie soos die VF+ gaan alles weer beter maak. G’n party vir ‘n klein minderheid kan enigiets meer doen as praat nie. Maar Afrikaners sukkel om die groter prentjie te sien. Elkeen baklei oor een stukkie van die legkaart. “Die DA baklei teen juffrou Elana”? Een dom jeugverteenwoordiger is “die DA”? Dis só tipies verkiesing-slagspreuke. Maar nouja, ek sit lekker in die Kaap. Puik bestuur deur die DA. Wat weet ek nou? Behalwe dat Afrikaners die ANC die Kaap ook wil gee deur stemme van die DA na die VF+ weg te lok. Dankie vir niks.

Gert ·

Annie, die stelsel werk nie so nie! As kiesers oorstap van die DA na die VF+, raak die ANC niks sterker nie, hulle stempersentasie en verteenwoordiging bly presies dieselfde. As daar dan voorheen regeer was deur ‘n koalisie met die DA in, sal dieselfde koalisie weer kan regeer, net met ‘n kleiner DA meerderheid.
Hoe kan jy van Afrikaners verwag om te stem vir ‘n party wat AA en SEB ondersteun? Dis dan hierdie land se ondergang! Boonop is jy verkeerd dat die DA nie sosialisties is nie, gaan lees gerus hulle beleid. Ek het self al SMS’e van hulle gekry dat as hulle oorvat, sal hulle die welsynstoelae verdubbel! Dis sosialisties! Die DA is baie soos die VSA se Demokratiese party, het dieselfde beleide oor baie dinge.

Jerry ·

Indien ons burgerregteorganisasie aanhou om mense te verdeel in links en regs, soos nou weer ook met AIG wat met Steve se teenwoordigheid die ANC uitlok om die Afrikaner net verder te isoleer en uit te sluit, dan gaan die burgerregteorganisasie ook kort voor lank se, OEPS! Dit is die motief van hierdie selfaangestelde leiers sodat die enigste heenkome vir die Afrikaner by die selfbeskikkingsbeleg van die burgerregteorganisasie le. Sou die burgerregteorganisasie namens hulle lede optree sou dit nie n probleem wees nie, maar dit is n probleem wanneer hulle probeer voorgee om namens die Afrikaner op te tree, wat defnitief nie die geval is nie. Hulle tree net namens hulle lede op en tot nadeel van Afrikaners wat nie met van hulle manewales en hulle hoofmotief saamstem nie. Om die Afrikaner dmv skoorsoek met die ANC te laat isoleer, verdeel en uit te sluit ten einde die Afrikaner te dwing tot selfbeskikking en soos om hulle te dwing as hoofborg vir AIG gaan boemerang sodra die hoofmotief se taktiek wat tot dusver ingespan was, aan die groot klok gehang word. OEPS!

Dirk Breytenbach ·

Geagte Jerry, “selfaangestelde ” leiers verteenwoordig die mening van ongeveer 1.5m mense van Afrikaanse agtergrond. Jou opmerkings oor “selfaangestelde” veteenwoordigers is eintlik meer verdelend as wat dit nuttig is. As die huidige organisasies dan nie verteenwoordigend is nie, wie stel jy voor is? As daar Afrikaanses met ander menings is as in die huidige groepering van “selfaangestelde” leiers wie is hulle en wanneer hoor ons van hulle? Wat Steve betref geld vryheid van spraak en assosiasie in die grondwet nie vir Afrikaanses nie? Help my asb. om te verstaan!

Gert ·

Dis die enigste keer in die geskiedenis wat die groep wat al die mag gehad het, dit alles net weggegee het sonder enige beskerming vir bestaande belange of vetoreg.

HPV ·

Ja Gert dit in ag geneem was roelf en de klerk was nie die skerpste potlode in die blikkie nie. Hulle was egter baie skerp in stories opdis wat die meerderheid geglo het.

gatiep ·

Hy het baie goed geweet die Afrikaner gaan so opeindig.
Daar is magte wat heeltemal van ons wil ontslae raak met geskiedenis en al.

JAN ·

Kry net die waarheid.
50 jaar gelede vind staatskaping plaas met moord in die parlement.
Onder aanvoering dwang van die elite Wittes multimedia .kokkedore.
Sedertdien probeer die lot lewe blaas in hul eie septiese aborsies en ekskreta. Want hulle maak baie geld.
Ek pleit dat u terugkeer na die lewe waar dit ge eindig het.
FW was maar net die eksekuteur en balju en laksman van bankrot boedel wat hy saam met ons ge-erf het.
Begin nuut dink “back to the basics” As ons nie kan verder gaan begin ons maar weer van vooraf aan. !!
Hmm?

humor ·

Die mense wat dink de KLerk en medeonderhandelaars was naief en dit was maar net n glipsie is naief.Die saak moet as n dekadelange proses gesien word. Dit was, is nog steeds n nuwe- wereld -ordeplan. Waarom is die grensoorlog op die punt n totale oorname onverwags gestaak? Skielik was in die politiek n gedrewendheid om in n ander rigting in te slaan. Soos hand – omkeer is ons hier in Suidwes aan n ander politieke orde onderworpe gestel. Dit het meegebring dat die ene Dirk Mudge weggebreek het uit die nasionaleparty en uit die kongres gestap het. Duidelik het die NP In die RSA hierdie weggebreekte faksie met alle krag ondersteun. Hoewel die bestaande SWA NP by verre die meerderheid was, het die nuusmedia in elke opsig hierdie nuutgestigte DTA party fanaties ondersteun en is voorgehou dat hul die regerende party is. Selfs die weermag was gebruik om hierdie rigting te bevorder. Uieindelik was ons in n verkiesing met swart deelname geforseer waarin SWAPO die groot mederheid behaal het. In dieselfde tydvak het die winde van verandering in SA sterk begin waai en is van vergadering tot vergadering n “oorgawe” Reenboognasie verkondig. Die NP was ongelukkig tot n volksgod verhef en die meeste kiesers het onvoorwaardelik geglo. So dit het nie maar net by die onderhandelingstafel verkeerd geloop nie. Dit was n lang proses van valse beloftes, halwewaahede leuns en blatante verraad.

Cherokee ·

Dìt humor, sê in enkele woorde op ‘n soort van filosofiese manier wat gebeur het. Jy stel dit so netjies: “Die NP was ongelukkig tot volksgod verhef en die meeste kiesers het hom onvoorwaardelik geglo.”

HPV ·

Annie, dit verbaas mens dat kiesers stem en so baie nie eers ‘n idee het hoe die kies of stemstelsel werk nie. Ek stel voor gaan leer eers hoe werk die stelsel voor jy weer kommentaar lewer oor’n klein partytjie.

Dries du Toit ·

Annie nee man jou hart is 90% reg. Hoekom nou hierdie doodswens van jou. As jy nie vir die sogenaamde klein party wil stem nie. Hoekom gaan ons dan nie maar vir die sterkste party nie. Dan skreeu ons sommer ook vir die All blacks. Dan kan ons lekker oral oor wen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.