Biden – Amerika se hoofverdeler?

Pres. Joe Biden. (Foto: ANDREW CABALLERO-REYNOLDS/AFP)

Ons leef in die Era van Dwase en die Biden-administrasie is die vergestalting daarvan. Die wêreldwye gebrek aan leierskap was nog nooit so duidelik nie. Plaaslik sluit president Joe Biden gou die Keystone XL-pyplyn toe hy vir diens by die kantoor aanmeld. Hy smeek Opec op 11 Augustus om meer olie te pomp omdat gastekorte in die VSA toeneem en brandstofpryse die hoogte inskiet. Oudpres. Donald Trump het dit voorspel: “Die enigste ding wat Biden moes doen toe hy oorgeneem het, was om niks te doen nie.” Biden, vasbeslote om Trump se nalatenskap ongedaan te maak, het, volgens Ryan Zinke, voormalige sekretaris van binnelandse sake, dit reggekry om Amerika van “energie oorheersing” na “gyselaar by buitelandse entiteite vir ons energiebehoeftes” te verlaag.

“Ons het die grootste verskaffer van energie in die wêreld geword. Nou vra ons buitelandse bondgenote – soms teenstanders – om meer energie te vervaardig terwyl ons dit hier het.”

Biden se sondes het hom nou egter ingehaal en Amerikaners is ontstoke.

ʼn Hoofartikel in die Wall Street Journal (12 Augustus) – ʼn koerant wat Trump verafsku het – het teësinnig toegegee: “Voor die pandemie het die VSA daarin geslaag om die grootste olievervaardiger ter wêreld te word. Sedert die Biden-administrasie egter oorgeneem het, is die Keystone XL-pyplyn se draadjie geknip om olie vanaf Kanada en die Bakken-skalie na die raffineerders aan die Golfkus te vervoer; die olie-huurkontrak met Alaska is gekanselleer; olie-huurkontrakte op federale grond is opgeskort (selfs ná ʼn hofbeslissing dat die uitstelbetalings onwettig was); brandstof-mylafstand-standaarde vir motors is verhoog (wat elektriese voertuie bevoordeel); en die Wet vir Bedreigde Spesies is ingeroep as deel van ʼn strategie om boorwerk op privaat grond in die weste te verminder.”

Dit verg ʼn spesiale tipe onnoselheid om só iets te bereik.

Amerikaanse soldate neem ‘n blaaskans te midde van die chaos op die lughawe in Kaboel waar duisende Afghane saamgedromg het in die hoop dat hulle landuit kan vlug. (Foto: Wakil Kohsar/AFP)

Maar dit raak erger. Biden se onlangse aankondiging om sy soldate van Afghanistan te onttrek, het die Taliban aangespoor om na aksie oor te gaan. Sonder ʼn plan vir ʼn behoorlike oorname is die soldate haastig onttrek. Die gevolge is verskriklik. Obama se slordige manier waarop uit Irak teruggetrek is, is ʼn weerspieëling van Biden sʼn. Skokkende beeldmateriaal op televisie wys hoe die Taliban in Amerikaanse Humvees en pantservoertuie rondry wat agtergelaat is, en Amerikaanse wapens en ammunisie op mede-Afghane gebruik.

Op 12 Augustus kondig Biden aan dat 3 000 Amerikaanse soldate teruggestuur word om die ambassade in Kaboel te ontruim. Nóg 5 000 soldate in aangrensende lande moet op bystand wees, sou dit nodig wees om die Taliban in toom te hou. Die waarheid is dat die Taliban reeds amper die hele land beheer. Die VSA se uittog het soos ʼn klomp amateurs op steroïdes gelyk. Dit het die Biden-administrasie in ʼn yslike verleentheid gelaat in die oë van die wêreld. Biden het tot op hede steeds nie die hulp van wêreldleiers ingeroep nie. Amerika moes al lankal uit daardie onbeskaafde land onttrek het. Sy besetting sowel as terugtrekking was een groot mislukking. Die enigste (baie klein) voordeel wat die VSA hieruit getrek het, was toe Al Kaïda verwoes is. Gedurende die 20 jaar-besetting, is 7 000 VSA-soldate en 8 000 kontrakteurs dood, 20 320 Amerikaanse weermaglede beseer en duisende geallieerde troepe het hulle lewens verloor.

Voor Trump se uittrede het hy, soos net hy kon, met die Taliban onderhandel en hulle mooi vertel om nie met hom te sukkel nie. Sy terugtrekking sou strategies, goed beplan, geteiken en met minder bekommernisse gepaardgegaan het, gegewe sy buitelandse beleidsoorwinnings.

Pres. Joe Biden. (Foto: Saul Loeb / AFP)

Op ʼn heel ander gebied het die lukrake hantering van die koronavirus-pandemie Biden se gebrek aan leierskap beklemtoon weens sy burokrate se geskarrel en deurmekaar boodskappe aan die publiek, wat al hoe meer geloof verloor in die regering se gesondheidskenners. In plaas daarvan om inligting te publiseer en die publiek oor ʼn reeks beskikbare voorkomende gesondheidsmaatreëls in te lig, gebruik die burokrate die virus om mense te onderdruk en te beheer met die hulp van die sensorerende media, Big Tech se hoës en selfs wetenskaplikes. Omdat hulle bemagtig voel met die mag van die staat agter hulle, is klein besighede, skole, lughawens, gimnasiums, kerke, teaters en selfs wetenskaplike debat gesluit om hulle agendas te bevorder en hulle sal nie huiwer om dit weer te doen nie.

Die drakoniese wêreldwye inperkings, veral in Kanada, Nieu-Seeland, Australië, Frankryk, Suid-Afrika en die VSA, dien as voorbeeld hoe linkses geneig is om tirannies te regeer en wat ʼn Australiese LP “pandemiese beleidswaansin” noem. Openbare gesondheid moet op vertroue gebaseer wees, maar die inperkings het iets veel meer kommerwekkend onthul. Mense offer so maklik hulle vryheid in die naam van “naasteliefde” op, net omdat hulle banger is vir die dood as om maniere te ontdek om gesond te leef en die virus só te oorwin.

Terwyl Amerikaners met eindelose inperkings en maskermandate gedreig word, sluit Biden irrasioneel die grens na Kanada, terwyl daar op ʼn daaglikse basis duisende Covid-geteisterde, onwettige immigrante Amerika oor die suidelike grens met Mexiko binnekom, en dit in ʼn tyd wanneer hy die vreesvuur rondom die Delta-variant ordentlik stook.

Lede van die grenspolisie patrolleer op die oewer van die Rio Grande-rivier tussen die stede van Brownsville, Texas en Matamoros, Tamaulipas, Mexiko. (Foto: CHANDAN KHANNA/AFP)

Tog is daar net in Julie alleen 212 672 onwettige immigrante by die suidelike grens aangekeer. Daar het blykbaar reeds meer as ʼn miljoen oor die grens tot in die VSA gekom. Baie van hierdie migrante word snags in die geheim deur militêre vliegtuie en vervoer in rooi state afgelaai. Potensiële nuwe kiesers word met beloftes van gratis gesondheidsorg, gratis opvoeding en welstand na die land gelok. Die golf oor die grens word al vir jare deur die Demokrate as langtermynprojek gechoreografeer om die demografie van veral rooi en sogenaamde swaaistate te hervorm. Hoe meer onvoorspelbaar die Amerikaanse kieser, en hoe meer mense hulle by die Republikeinse Party skaar, en hoe meer state se wetgewende liggame hulle verkiesingsreëls verfyn om ʼn einde aan kiesersbedrog te maak, hoe meer nuwe kiesers het die Demokrate nodig om hulle aan bewind te hou.

Ongelukkig is Kubane, wat probeer om van kommunistiese heerskappy te ontsnap, nie só gelukkig nie. Met geen toegang tot enige gratis maatskaplike pasellas wat Biden aan ander migrante belowe nie – waarskynlik as gevolg van hulle openlike ondersteuning aan kommunis-hatende konserwatiewes – het Mayorkas, die Kubaansgebore DHS sekretaris, hulle gewaarsku om nie na die VSA te kom nie. “Daar is nooit ʼn regte tyd om per see te probeer migreer nie. Aan diegene wat hul lewens waag om dit wel te doen – dit is nie die moeite werd nie.” “…as julle per see wil migreer, sal dit nie na die VSA wees nie.”

Biden se ongegronde beloftes om die land te verenig het niks opgelewer nie. Deur die kritiese rasteorie reg oor staatsdepartemente, insluitende die weermag, te institusionaliseer, het Biden Amerika se hoofverdeler geword: deur wit en swart te laat wedywer, word Martin Luther King se edel nalatenskap aan vergete geskiedenis oorgelaat. Verganklike gesondheidsbeleide soos maskermandate het gemaskerdes van die ongemaskerdes geskei, ingeëntes van oningeëntes, wettiges van onwettiges, onderwysers van ouers, en Demokrate (goed) van Republikeine (sleg). Die eeueoue verdeel-en-beheer-beleid kom altyd handig te pas wanneer Demokrate in die knyp is.

Pres. Joe Biden. (Foto: Nicholas Kamm/AFP)

In plaas daarvan om met alle goewerneurs saam te werk ongeag party-affiliasie, maak Biden gedurig ʼn bespotting van voorbeeldige leierskap, terwyl swakkeres opgehef word. Sy onbetaamlike bakleiery met Ron de Santis, baie gewilde en intelligente goewerneur van Florida, en met Abbott, bekwame goewerneur van Texas, het hom lelik in die hakskeen gebyt toe albei goewerneurs die Grondwet baie doeltreffend gebruik het om terug te baklei. Biden het dit sy persoonlike missie gemaak om De Santis, moontlike presidensiële kandidaat en gevolglik ʼn bedreiging vir Biden, te verneder, veral omdat duisende uit swakbestuurde Demokratiese state vlug na die vryheid van die sonskynstaat Florida. Nie eers die CDC of die media se oordrywing van die Covid-19-infeksiekoers met 30% werk nie. Burgers is nie meer bereid om ondergeskik aan mediese outoritarisme of Demokratiese state te wees nie en stem gevolglik nou met hulle voete en kies hulle vryheid bo tirannie.

Net so het Biden goewerneur Abbott hard geslaan toe hy ʼn hofsaak teen hom aanhangig gemaak het omdat hy dit gewaag het om Biden se gevaarlike grensbeleide uit te daag wat duisende onwettige immigrante ongekontroleerd in sy staat toegelaat het. Goewerneur Cuomo, gevierde New Yorkse Demokraat, moes uiteindelik bedank nadat New York se prokureur-generaal Letitia James ʼn verslag uitgereik het oor ʼn ondersoek teen die goewerneur waar 11 vroue hom van seksuele teistering aankla. Die media, wat kort vantevore nog in beswyming was oor Cuomo se bravade teenoor die oranje dierasie aan bewind, is verbouereerd nadat nóg een van hulle helde geval het. Dit is ten spyte van die $5,1 [miljoen]-kontrak wat hy gekry het om sy eie lewensbeskrywing, American Crisis: Leadership Lessons from the Covid-19 Pandemic, te kan uitgee asook sy International Emmy Founders-toekenning vir wêreldwye erkenning vir sy Covid-19-perskonferensies.

Dit tydens ʼn pandemie wat hy hopeloos wanbestuur het en tot die dood van ongeveer 10 000 bejaardes gelei het. Sulke tipe toekennings word gereeld aan enigeen gegee wat Trump of konserwatiewes teenstaan, ongeag meriete, wat die waarde van hierdie lofbetuigings op sigself verminder. Trevor Noah en Ellen Degeneres wat ook op die lawaaiwa geklim het en as “Cuomoseksueles” identifiseer, is met rooi gesigte gelaat nadat hulle, onkrities, die heersende elite nagevolg het.

(Foto: Douliery/AFP)

Uit vrees dat ons prokureur-generaal Letitia James nou vir haar ondersoek sal bewonder, moet ons nie vergeet nie dat sy vir ʼn lang tyd al die goewerneurskap in die oog het en sy het met trots hierdie doelwit in talle van haar veldtogte bekendgemaak, én nog gespog dat sy Trump uit sy stoel kan lig.

Wat nog meer afskuwelik as die aanklagte van seksuele teistering is, is die duisende bejaardes wat aan Covid-19 beswyk het ná goewerneur Cuomo se opdrag om koronaviruspasiënte na ouetehuise te stuur. James weier om hierdie aantygings te ondersoek aangesien die Demokrate hierdie bloeddorstige skandaal geheim hou. Sy kon egter blitsvinnig die klagtes van seksuele teistering ondersoek om die politieke ideale van ʼn man – wat duidelik ʼn bedreiging vir adjunkpresident Kamala Harris en vele ander in sy party inhou – dood te druk.

Cuomo het bloot geweier om te bedank en op ʼn behoorlike proses aangedring; ʼn wetlike reg wat hy regter Kavanaugh geweier het. Ironies genoeg het die Demokratiese slagspreuk – “glo alle vroue” – hom verorber met ʼn heftigheid waarteen hy gedink het hy is immuun. Biden, wat deur sy party onder druk geplaas is om Cuomo te dwing om te bedank, het terselfdertyd Cuomo geprys as die “goue standaard” vir goewerneurskap. Nogal ʼn groot lofprysing van ʼn president wat die aanklagte van Tara Read, voormalige personeellid, vrees. Sy het haar baas vir seksuele aanranding aangekla; ʼn klag veel erger as dié teen Cuomo!

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Rhoda Kadalie

Die rubriekskrywer Rhoda Kadalie is afgetree en woon tans in die VSA. Sy is die voormalige direkteur van Impumelelo Sosiale Innovasiesentrum, menseregtekommissaris en akademikus.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Oom ·

Die dame verdien nie ‘n platform hier nie. Plaaslik was sy in die beter SA ‘n UDF ondersteuner. Nou word daar ewe vroom teen Biden te velde getrek. Nie ‘n te moeilike taak nie, want sy daaglikes leierskapsfoute verskaf al die skietgoed. Die vraag is eerder hoekom daar so ‘n dawerende stilte vanuit hierdie oord oor die plaaslike wanorde is?

James ·

Die dame verstaan hoe geo-politiek werk. Gaan kyk Rugby en hoop vir die besste. Braai en kyk Kyknet. Tensy jy lees.

Oom ·

Hoe gaan die dame se “geo-politiese insig” die Suid-Afrikaanse situasie help? Sy sit nou veilig (sic) in die VSA en kry hierdie “insigte”. Dit is tipiese ivoortoring kommentaar. Hier waar ons tent deesdae staan in Kyknet nie toeganklik nie. Nie dat ek hulle insette nodig het om ‘n rasionele opinie te vorm nie.

groenboer ·

Daar is in ieder geval altyd ‘n ietwat histeriese toon in Kadalie se berigte, wat myns insiens haar geloofwaardigheid skade berokken.

piet ·

Histeries en aggressief. Jy’s reg, tas haar geloofwaardigheid aan. Het dit gister al gese maar al my goed word mos gemodereer voor dit geplaas word. So daai kommentaar het dit nie gemaak nie.

Trotse Boervrou ·

Uitstekende berig Rhoda. Tien uit tien vir jou! Jy slaan die spyker op die kop. Amerika is verlore met so ‘n President en Regering. Net ‘n paar maande aan die stuur en dit is reeds chaos. Trump sou nooit Afghanistan net so gelaat het nie. Hy sou alle hulp aangebied het. Die huidige Amerikaanse Regering is ‘n grap. Amerika stuur af op ‘n ramp net soos Suid-Afrika.

Thom ·

Word wakker ___ Trump het voor hy gelukkig op sy peetjie gekry het onderneem om die soldate teen 1 Mei reeds uit te gehad het .

Thom ·

Ona besef sy ” waarde ” __ derde swakste Amerikaanse president in die geskiedenis .

piet ·

Thom – Ek het gedink hy was die swakste veral as jy sy 2 impeachment aanklagtes in ag neem. Hoe dit ookal sy, hy was uiters ongewild volgens gesaghebbende peilings.

Douglas ·

As jy wil argumenteer Trump sou die onttrekkingsproses beter behartig het, mag ek jou herinner aan die chaotiese manier waarop hy die VSA se magte by Syria onttrek het, sodat die Russe volle toegang tot hul verlate militere basisse kon kry? Of hoe hy sy rug gedraai het op die Kurde, hul mees lojale bondgenoot in die oorlog teen ISIS, en hul summier aan die Turkse outokraat Erdogan se genade oorgelaat het? Dit was alomwee beskryf as geskiedkundige flaters in die VSA se buitelandse beleid.

Generaal HR McMaster, een van Trump se mees ervare en bevoegde adviseurs tot Nasionale Sekuriteit, het Trump se vredesverdrag met die Taliban gekritiseer as n ‘surrender agreement’. “This collapse goes back to the capitulation agreement of 2020. The Taliban didn’t defeat us. We defeated ourselves.”

Douglas ·

Natuurlik is die Biden Administrasie nie sonder blaam nie. Hul moes die onttrekking ongetwyfeld beter hanteer het. Maar in n situasie waar die Afghan weermag eenvoudig soos mis voor die son weggekwyn het, ten spyte van die Afghan regering se aanhoudende gerusstellings dat hul hand en tand sou veg, is enige poging tot n ordelike onttrekking onmiddellik die verdoemenis ingestuur. Moes hul meer troepe die land ingestuur het, en die besluit tot n ordelike onttrekking gelos het vir n volgende administrasie? Biden is reg, hul objektief vir die oorlog was nooit nation-building nie. Amerika het $2 triljoen spandeer, en duisende soldate verloor in n stryd wat reeds lankal nie meer oor die oorspronklike rede handel waarvoor hul daar was nie. En al het hul die onttrekking eers oor 10 jaar uitgevoer, is daar n uitstekende kans die eindresultaat sou presies dieselfde gewees het.

Jaco ·

Ek het nog steeds hoop vir Biden, want hy en sy hoogheilige Demokrate het so ‘nmooi oop “human rights” georiënteerde immigrasiebeleid. Ek wonder net, dít kan mos ook tot SA se onderdrukte wit mense se voordeel wees: ramaphosa kan al SA se “rassistiese” wit mense wat so “erg ongelykheid” in SA skep, mos na die “oop” Amerika deporteer. En Biden sal dan so min of meer verplig wees om ons in te vat. Dit sal mos nou mooi wys hoe sy “non-racial, non-discriminating human rights” werk.

jou gewete ·

Ek sal eerste wees om te klim, wil net my pensioen in Dollar he daar anderkant

Jan Seerot ·

Vir eens en vir altyd Jaco, en luister nou mooi! Jy kan nie ‘n burger van ‘n land uit sy geboorteland deporteer nie. Kry nou ‘n ander frase. Die einde.

jou gewete ·

om Biden die eer te gee vir die vergestalting van dwaasheid is darem nie reg, ou cyril en die anc het dit mos darem al vervolmaak. Biden sal nooit by hulle haal nie. selfs hy is nie dom genoeg nie al probeer hy erg

Oros Soros ·

Baie goeie artikel wat vir ‘n slag op die waarheid konsentreer. Biden gaan sink omdat daar baie Amerikaners in Afganistan vasgekeer is. As van hulle gyselaar gehou gaan word, is dit koebaai. Dit is rerig treurig dat die patetiese figuur nie deur die media tot verantwoording geroep word nie. Hy word so beskerm en word weggehou van enige medie konferensie. Die Bideniete en ander (s)linkses sal seker verstik in hul koffie of enigiets negatiefs probeer aanval met hul kanseleer kultuur. Dit is te wagte, want enigiets is aanvaarbaar in die stryd teen die Christendom.

Pieter ·

Trump, beste president ooit in Amerika. Hy het net meer tyd gekort voor hy op n bedrieglike wyse uit verkies is. – My opinie.

CA ·

Ai Rhoda, die “onbeskaafde” land van Afghanistan… So die Amerikaners het toe nie daarin geslaag om dié agterlike landjie beskaafd te bombardeer nie? Selfs met al hulle ervaring van Irak, Libië en Sirië? Ek sien ook jy het vergeet om die sterfgevalle onder die onbeskaafdes te noem… Net nog iets: hulle “verwoesting” van Al Kaida was sekerlik per ongeluk, want die Amerikaners het hulle in Sirië mooi opgelei, bewapen en selfs gered as die Russe hulle probeer verwoes; hulle was darem net te handig om Amerika se vyande (soos Assad) besig te hou.

Hendrik ·

Die wereld is een groot skok vir enige liberale persoon en nog baie skokke gaan vorentoe gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.